{"id":7183,"date":"2015-02-12T14:17:00","date_gmt":"2015-02-12T12:17:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-groot-drie\/"},"modified":"2016-03-01T14:04:04","modified_gmt":"2016-03-01T12:04:04","slug":"die-groot-drie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/","title":{"rendered":"Die groot drie"},"content":{"rendered":"<h4>Anna-Mart van der Merwe<\/h4>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/voorbladvroue-toe-en-nou\/\">Anna-Mart<\/a> se bekendheid is nie net toe te skryf aan haar uitmuntende vertolking van televisie- en rolprentkarakters nie (of selfs die \u201cLekker man, lekker\u201d-skets nie).<\/p>\n<p>Di\u00e9 liefling van Suid-Afrikaanse gehore is natuurlik ook \u2019n teateraktrise met wie jy rekening moet hou. Sy is binnekort weer te sien in macbeth.slapeloos, regisseur-ontwerper Marthinus Basson se verwerking van Macbeth. Haar kennismaking met die verhoog was in 1987. Sy was \u2019n lid van die Griekse koor in Dieter Reible se produksie van The Women of Troy. \u201cDit was vir my baie spesiaal, veral omdat Babs Laker, by wie ek klas geloop het, die rol van Hecuba vertolk het. Babs het my met \u2019n intense liefde en respek vir die teater ge\u00efnspireer.\u201d<\/p>\n<p>Dis 27 jaar later en steeds fassineer die verhoog haar. \u201cDie onmiddellikheid van teater is magies. Ek kry elke aand kans om my storie weer te vertel en my karakter te herontdek. Met rolprente en televisie is dit heel anders. Daar word in gedeeltes gewerk en daar is nie kontinu\u00efteit nie. Op die ou end vertel die regisseur en vervaardiger die finale storie.\u201d Elke karakter wat sy vertolk, of die rol nou lig en laf of uitdagend is, het \u2019n eie bekoring, maar party stel ho\u00eb eise &#8230; \u201cMy rol as Abbie in Begeerte was een van die uitdagendste van my loopbaan. Ek het die verhoog met Marius Weyers en Jan Ellis gedeel. Die tema van kindermoord, gebrek aan selfwaarde en ontrouheid het my na \u2019n baie donker plek geneem.\u201dMet Anna-Mart se rol as Vrou Macbeth in macbeth.slapeloos, het die regisseur Marthinus Basson die dwarslat ook hoog gestel.\u201cDie rol van Vrou Macbeth is \u2019n reuse-uitdaging en voorreg. Shakespeare se karakters is groot leermeesters. Marthinus se verwerking van hierdie stuk is geniaal. Ek speel die karakter van \u2019n vrou wat deur haar man lewe. \u2019n Bonus is die kans om weer saam met Dawid Minnaar die verhoog te deel. Hy is formidabel as Macbeth.\u201d Maar alles op die verhoog is nie net donker en pyn en uitdagings nie. Daar is ligter oomblikke ook, en wat op manier soms b\u00e1ie van \u2019n akteur verg.<\/p>\n<p>\u201cEen aand met die opvoering van Doodsnikke, het \u2019n skoen die verkeerde akteur getref. Gys de Villiers, wat my man gespeel het, was glad nie voorbereid op die skoen wat hom met \u2019n spoed getref het nie. Ondanks \u2019n uitroep van pyn uit Gys se hoek, moes ons maar op ons tande byt en aanhou speel asof niks verkeerd is nie!\u201dSy bestempel Jaco Bouwer en Saartjie Botha se Altyd Jonker as een van haar gunstelingproduksies, maar breek ook \u2019n lansie vir Marthinus Basson. \u201cEk sonder elke produksie van Marthinus uit as geniaal. Hy stel \u2019n ho\u00eb standaard vir ons teaterlandskap. Of iemand van al sy werk hou, of nie, hy sal nie sy siel verkoop nie.\u201dAnna-Mart dra haar karakters soos \u2019n jas \u2013 gesny uit toewyding, passie en suiwer talent &#8211; van Maryna tot Vrou Macbeth &#8230;<\/p>\n<h4>Jana Cilliers<\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/02\/FEBDivas02RR(2).jpg\" alt=\"\" width=\"533\" height=\"800\" \/><br \/>\nJana is volksbesit. Sy lewer al immers vier dekades lank kragtoer na kragtoer op die verhoog en het aan soveel onvergeetlike karakters gestalte gegee. So sal haar rol as Maria Callas in Terrence McNally se Master Class teatergangers lank bybly. Jana bestempel hierdie karakter as haar uitdagendste rol.<\/p>\n<p>\u201cDit is so \u2019n slim toneelstuk. Soveel inligting word deur middel van \u2019n meestersklas aan die gehoor deurgegee. Mense het my n\u00e1 die tyd gekomplimenteer omdat die karakter so lewendig en teenwoordig was. Ek het bloot op \u2019n besondere goeie teks gereageer. Om iemand so geliefd en legendaries te vertolk, was intimiderend, om die minste te s\u00ea. Tog sal ek daardie vyf maande saam met die regisseur Mark Graham vir niks verruil nie. Ons het uiteindelik ook Opdrag: Ingrid Jonker, saam aangepak. Hierdie produksie het met verdere speelvlakke soveel gegroei.\u201d Behalwe di\u00e9 twee lywige karakters, het sy die rol van Pous Johanna II baie geniet. Hierdie stuk van Esther Vilar het groot gehore getrek.<\/p>\n<p>\u201cEk het die produksie deur die jare vier keer gedoen. Daar was Afrikaanse en Engelse weergawes en korter en langer tekste. Ek het die eensaamheid van \u2019n langafstandatleet ervaar. Dit was net ek en die verhoog. Die ryk teks het gese\u00ebvier en uitdagings het oorwinnings geword \u2013 keer op keer.\u201d<\/p>\n<p>Maar soms is die rolle darem geruil en sit Jana in die gehoor. <em>A long Day\u2019s Journey into Night<\/em>, wat sy in Berlyn gesien het, bly haar gunstelingproduksie. \u201cDie spel was merkwaardig \u2013 gestroop van sensasie en skouspelagtigheid. Die meelewing van die gehoor was tasbaar. Aan die einde van die stuk is die akteurs lank en opreg toegejuig \u2013 en hulle het nederig hul buiging gemaak. Gedeelde dankbaarheid na albei kante. Dit was \u2019n hoendervleis-oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.\u201dDeur die jare op die verhoog het Jana se pad met die room van Suid-Afrikaanse akteurs en aktrises gekruis.\u201cEk het \u2019n besondere sagte plek vir Cobus Rossouw. Ek hou van sy manier van dink en sy vermo\u00eb om mense met woorde weg te voer. \u2019n Man met geniale akteurstalent, sou Cobus die beste opsom. Bill Flynn, my oorlede man, was ook geniaal \u2013 uniek en legendaries.<\/p>\n<p>My mede-akteurs in macbeth.slapeloos is ook \u2019n poel van ongelooflike talent en ondervinding. Buitendien ken hulle my geite en ek hulle s\u2019n!\u201cEk dink Marthinus se aanslag is skreiend maar opwindend mooi. My karakter as Karakter A bly \u2019n uitdaging. Ek moet verskillende karakters se sienings sinvol integreer in die eeu oue stryd tussen goed en kwaad. \u201cEk is geweldig dankbaar dat ons uiteindelik hierdie tragedie by die Baxter in Kaapstad kan aanbied. Tog sou dit vir my persoonlik my afskop as jong aktrise in \u2019n volle sirkel gebring het as ons hierdie robuuste Afrikaanse Macbeth in die Markteater in Johannesburg kon aanbied. Veral met talentvolle Kaapse akteurs soos Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellerman, Dawid Minnaar, Stian Bam en Charlton George.<\/p>\n<p>\u201cAs dit vir rugbyspelers moontlik is om so tussen provinsies te speel, hoekom nie vir ons nie? Die kunste lewer \u2019n fundamentele bydrae tot ons land. Ja, ek praat hier van geld &#8230; \u201d<\/p>\n<h4>Antoinette Kellerman<\/h4>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBDivas03RR1.jpg\" alt=\"\" width=\"533\" height=\"800\" \/><\/p>\n<p>Hierdie bekroonde silwerkopaktrise wou reeds van skooldae af verhoog toe.<\/p>\n<p>\u201cToe ek in graad sewe was, het ek iemand sien mimiek doen. Die mense het geskater en ek het net daar en dan besluit dit is wat ek ook wil doen \u2013 mense laat lag. Later, in graad nege, is my vermoede bevestig. Ek wou verhoog toe. My ouers het my ten volle ondersteun. Ek was \u2019n gelukkige meisie.\u201dAntoinette het nie net \u2019n graad in drama nie, maar het drie jaar gelede haar meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is ook \u2019n dosent by die dramadepartement. Sy het voor die dae van televisie haar toetrede tot die vermaaklikheidsbedryf gemaak. \u201cDie toneelstuk Twee Dosyn Rooi Rose, was my vuurdoop in 1975. Ek was in \u2019n groep saam met Johan en Lida Botha en \u2019n geselskap van drie spelers. Ons het Namibi\u00eb plat getoer!\u201dAntoinette is verlief op die magiese element van die verhoog.\u201cDis \u2019n w\u00eareld waarin ek as speler in die vel van iemand anders kan klim en transformeer binne die veilige ruimte van iemand anders se lewe. Ek kan dit na hartelus ontgin en eksperimenteer. Al my fantasie\u00eb kry vlerke, en as ek gelukkig is vlieg ek, en neem die gehoor saam met my.\u201cDie verhoog en rolprente het albei \u2019n eie bekoring. Televisie is \u2019n wonderlike medium en omdat ek eintlik baie min ervaring voor die kamera het, bly dit vir my opwindend en leersaam.\u201cDie onmiddellikheid van verhoogwerk en die adrenalien en gepaard-gaande spanning is vir my net so bevredigend en opwindend. Natuurlik ook omdat jy weet jy kan binne \u2019n speelvak verder groei en aan \u2019n vertolking skaaf.\u201dIn \u2019n koekstruif van karakters waaraan sy al gestalte gegee het, kan sy nie \u2019n gunsteling aanwys nie.<\/p>\n<p>\u201cElke karakter bring sy eie uitdagings en uiteindelike bevre-diging \u2013 tesame met die vrees en pyn.<\/p>\n<p>\u201cDieselfde geld die mees opdraande rolle van my loopbaan. Ek vergeet soms die geveg wat ek met \u2019n rol gehad het. By nabetragting, romantiseer ek dikwels die produksies en my bydrae daartoe. Elke rol bied \u2019n andersoortige uitdaging. Aangesien Bloed en Rose so vlak in my geheue l\u00ea, was die rolle wat ek moes vertolk sekerlik een van my grootste uitdagings.\u201dAntoinette sonder Wilna Snyman as rolmodel en formidabele teaterlegende uit. \u201cHaar lang loopbaan getuig van uithouvermo\u00eb, durf, deursettingsvermo\u00eb, ongelooflike hartstog en respek vir haar beroep en vir ander. Boonop is sy \u2019n menslike siel wat die lewe met albei arms omvou.\u201dAntoinette is binnekort in twee toneelstukke te sien. Samsa en macbeth.slapeloos. \u201cIn Samsa vertolk ek die rol van \u2019n huisvrou en ma wat weens haar omstan-dighede by haar dogter en skoonseun moet intrek. In die proses moet sy die agteruitgang van haar man, fisiek en geestelik, probeer verwerk en probeer aanpas by \u2019n byna onaanpasbare situasie. Dis \u2019n universele tema wat deesdae aan baie van ons se deure kom klop. \u201cEk vertolk twee rolle in macbeth.slapeloos. Hier deel ek die verhoog met die room van ons teateroes. Hulle werksetiek is \u2019n inspirasie en hul vrygewigheid op die verhoog spoor my net tot groter hoogtes aan.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Anna-Mart van der Merwe Anna-Mart se bekendheid is nie net toe te skryf aan haar uitmuntende vertolking van televisie- en rolprentkarakters nie (of selfs die \u201cLekker man, lekker\u201d-skets nie). Di\u00e9 liefling van Suid-Afrikaanse gehore is natuurlik ook \u2019n teateraktrise met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12929,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[147,1702],"class_list":["post-7183","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-bekendes","tag-suid-afrikaanse-akteurs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die groot drie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die groot drie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Anna-Mart van der Merwe Anna-Mart se bekendheid is nie net toe te skryf aan haar uitmuntende vertolking van televisie- en rolprentkarakters nie (of selfs die \u201cLekker man, lekker\u201d-skets nie). Di\u00e9 liefling van Suid-Afrikaanse gehore is natuurlik ook \u2019n teateraktrise met [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-02-12T12:17:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-01T12:04:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"625\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"526\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die groot drie\",\"datePublished\":\"2015-02-12T12:17:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:04:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/\"},\"wordCount\":1532,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521795828.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"suid afrikaanse akteurs\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/\",\"name\":\"Die groot drie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521795828.jpg\",\"datePublished\":\"2015-02-12T12:17:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-01T12:04:04+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521795828.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201521795828.jpg\",\"width\":625,\"height\":526},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-groot-drie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die groot drie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die groot drie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die groot drie | rooi rose","og_description":"Anna-Mart van der Merwe Anna-Mart se bekendheid is nie net toe te skryf aan haar uitmuntende vertolking van televisie- en rolprentkarakters nie (of selfs die \u201cLekker man, lekker\u201d-skets nie). Di\u00e9 liefling van Suid-Afrikaanse gehore is natuurlik ook \u2019n teateraktrise met [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-02-12T12:17:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-01T12:04:04+00:00","og_image":[{"width":625,"height":526,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die groot drie","datePublished":"2015-02-12T12:17:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:04:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/"},"wordCount":1532,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg","keywords":["bekendes","suid afrikaanse akteurs"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/","name":"Die groot drie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg","datePublished":"2015-02-12T12:17:00+00:00","dateModified":"2016-03-01T12:04:04+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201521795828.jpg","width":625,"height":526},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-groot-drie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die groot drie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7183"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7183\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12929"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}