{"id":7173,"date":"2024-03-07T13:29:17","date_gmt":"2024-03-07T11:29:17","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/"},"modified":"2024-03-07T13:35:00","modified_gmt":"2024-03-07T11:35:00","slug":"wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/","title":{"rendered":"Wanneer trooswoorde nie troos nie"},"content":{"rendered":"<p>Ons samelewing kyk die dood\u00a0nie graag in die o\u00eb nie. Dis vir\u00a0ons nie meer deel van die\u00a0natuurlike kringloop van kom\u00a0en gaan nie; dis iets waarvan\u00a0ons niks wil weet nie; wat ons so ver moontlik\u00a0van ons af probeer hou.<\/p>\n<p>Mense sterf nie meer tussen die mure\u00a0van ons huise nie, maar in bejaardesorgeenhede,\u00a0hospiese en hospitale waar die mediese\u00a0wetenskap elke greintjie kennis inspan om\u00a0dit te voorkom. Dit laat baie van ons onbeholpe\u00a0n\u00e1 iemand se dood. Ons soek na\u00a0woorde. Wat s\u00ea jy tog? En dis nog erger as\u00a0dit ek en my nabymense is wat rou &#8230;<\/p>\n<p>\u201c\u2019Jy sal meer moet huil. Dis nie normaal dat jy so min huil nie\u2019 of \u2018S\u00f3 kan jy nie aangaan nie. Jy huil te veel. Dis nou al drie maande, jy moet oor die ding kom. Onthou, Martin sou nie wou gehad het dat jy so baie huil nie.\u2019 D\u00eds die \u2018goeie raad\u2019 wat welmenende vriende en familielede uitdeel aan mense wat \u2019n geliefde aan die dood afgestaan het. Dis asof hulle \u2019n model in hul koppe het oor hoe \u2019n mens behoort te rou. Moenie te veel huil nie, maar ook nie te min nie. Moenie te gou ophou huil nie, maar moet asseblief tog ook nie te lank aanhou met die huilery nie.\u201d S\u00f3 s\u00ea ds. Braam Klopper, \u2019n pastorale terapeut met \u2019n meestersgraad wat in rou spesialiseer.<\/p>\n<p>\u201cMense rou verskillend. Daar is \u2019n verskeidenheid reaksies op rou en almal is heeltemal normaal. Sekere faktore bepaal die maniere van rou:<\/p>\n<ul>\n<li>Jou verwantskap tot die persoon\u00a0wat oorlede is: jy rou anders oor jou kind as\u00a0oor jou ouers of eggenoot, broer of suster.<\/li>\n<li>Die manier waarop die persoon oorlede is:\u00a0het dit onverwags gebeur, of n\u00e1 \u2019n lang siekbed?\u00a0Was dit die gevolg van natuurlike oorsake\u00a0of van \u2019n motorongeluk, misdaad of selfmoord?<\/li>\n<li>Die verhouding met die persoon:\u00a0was dit \u2019n positiewe verbintenis, of gespanne?<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cWaarskynlik die twee heel grootste faktore\u00a0wat iemand se manier van rou be\u00efnvloed,\u00a0is persoonlikheid en geslag.\u00a0\u201cIntroverte en ekstroverte rou gewoonlik\u00a0baie verskillend. Introverte is meer geneig om\u00a0hul emosies op te krop. Hulle gee glad nie\u00a0uiting daaraan nie, of doen dit in privaatheid.\u00a0Al rou hulle intens, is die mense om hulle\u00a0meestal onbewus van hul pyn. Die afleiding\u00a0dat hulle nie genoegsaam rou of nie emosioneel\u00a0genoeg is nie, is meestal \u2019n valse afleiding\u00a0of wanpersepsie van hul rouproses.<\/p>\n<p>\u201cEkstroverte is in die algemeen mense\u00a0wat maklik hul emosies wys en nie noodwendig\u00a0hul hartseer vir hulself sal hou nie. Hulle\u00a0sal voor ander aan hul emosies uiting gee.\u00a0Verder praat en huil hulle maklik en herhaaldelik\u00a0oor die persoon en die gebeure, ook oor\u00a0hul gedagtes en herinneringe aan die oorledene.\u00a0Dit help hulle ook met die verwerking\u00a0daarvan.<\/p>\n<p>\u201cMans en vroue rou feitlik altyd verskillend.\u00a0Dis belangrik vir di\u00e9 wat in die rouproses\u00a0is om hiervan bewus te wees, nie net diegene\u00a0wat besig is om te rou nie, maar ook mense\u00a0wat by hulle betrokke is.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n veralgemening, maar mans rou\u00a0gewoonlik tog op \u2019n rasionele wyse en vroue\u00a0op \u2019n emosionele wyse. Mans wil gewoonlik\u00a0soveel moontlik inligting oor die omstandighede\u00a0en oorsaak van die dood h\u00ea sodat hulle\u00a0hierdie inligting iewers in \u2019n spesifieke vakkie\u00a0in hul brein kan \u2018liasseer\u2019. Sodra dit gedoen is,\u00a0wil hulle met die lewe aangaan. Vir baie mans\u00a0is dit baie moeilik om die emosie te hanteer\u00a0wat met rou gepaardgaan en hulle probeer\u00a0dikwels om potensieel emosionele situasies\u00a0te vermy. Daarom sal hulle nie graag met \u2019n\u00a0berader gesels nie &#8211; die moontlikheid is net te\u00a0groot dat hulle emosioneel kan raak wat vir\u00a0hulle \u2019n <span style=\"color: #333333;\">groot<\/span> verleentheid sal wees.<\/p>\n<p>\u201cSommige mans is ook geneig om eerder\u00a0op woede of wraakgedagtes te fokus. Dis vir\u00a0hulle \u2018makliker\u2019 om woede pleks van intense\u00a0hartseer te hanteer. Die fokus op woede is \u2019n\u00a0soort verdedigingsmeganisme.<\/p>\n<p>\u201cVroue se rou is gewoonlik baie meer\u00a0emosioneel. Emosionele belewenisse help\u00a0hulle met die verwerking van hul hartseer.\u00a0Hulle doen emosionele dinge soos kerse aansteek,\u00a0fotoalbums maak, skryf, dig of praat\u00a0oor die geliefde wat dood is. Die uiting van hul\u00a0emosies is vir hulle belangrik en terapeuties.\u201d<\/p>\n<h4><span style=\"color: #333333;\">Wanneer \u2019n paartjie trou<\/span><\/h4>\n<p>\u201cMans en vroue se roupatrone het \u2019n groot\u00a0uitwerking op mekaar. Hulle kan onwetend\u00a0mekaar se patrone in stand hou. Dit gebeur\u00a0gereeld in my spreekkamer dat vroue vertel\u00a0hoe bekommerd hulle oor hul mans is wat na\u00a0hul mening \u2019nie genoegsaam rou nie\u2019.<\/p>\n<p>\u201cIndien ek \u2019n geleentheid kry om met hierdie\u00a0mans te praat, kry ek feitlik altyd die volgende\u00a0reaksie: \u2018My vrou rou net\u2019 of \u2018Die rou\u00a0het haar hele lewe oorgeneem. Dis al wat sy\u00a0doen.\u2019<\/p>\n<p>\u201cDis gewoonlik glad nie waar dat hierdie\u00a0mans nie rou nie. Hulle rou \u2019na binne\u2019 of op\u00a0tye en plekke waar hul vroue dit nie sien nie.\u00a0Hulle het dikwels \u2019n spesiale plek waar hulle\u00a0alleen kan huil, of besoek selfs die graf of\u00a0gedenkmuur sonder dat hul vroue daarvan\u00a0bewus is.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens moet bedag wees op die wisselwerking\u00a0of wedersydse invloed wat \u2019n man en\u00a0\u2019n vrou in hierdie geval op mekaar het. Die\u00a0vrou se intense, emosionele rou kan daartoe\u00a0lei dat die man sy rou terughou of onderdruk\u00a0en slegs uiting daaraan gee op \u2019n tyd of plek\u00a0wanneer hy seker is dat sy nie daarvan sal\u00a0weet nie. Sy motief kan wees dat hy haar wil\u00a0beskerm en haar nie nog verder wil ontstel\u00a0nie, of dat hy voel hy moet ter wille van haar\u00a0en die res van die gesin \u2018sterk\u2019 wees.<\/p>\n<p>\u201cIn die geval van die vrou werk dit\u00a0gewoonlik so: hoe minder sy dink haar man\u00a0rou, hoe meer sal sy voel dat daar behoorlik\u00a0oor die dood van \u2019n kind getreur moet word.\u00a0Sodoende rou sy al meer en al hoe intenser.\u00a0Dis asof daar dan by haar \u2019n dringende lojaliteit\u00a0ontstaan teenoor die kind wat dood is; sy\u00a0\u2018mag\u2019 nie minder rou nie. Dis asof sy alleen\u00a0oor hul kind moet treur.<\/p>\n<p>\u201cDi\u00e9 hantering van haar verlies veroorsaak\u00a0dat haar man al hoe meer terughoudend\u00a0word en haar rouproses al hoe pynliker. Dit\u00a0kan baie help as haar man haar kan gerusstel\u00a0dat hy wel rou, of &#8211; nog beter &#8211; as hy \u2019n\u00a0gedeelte van sy roubelewenis met haar kan\u00a0deel of voor haar kan uitdruk.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Tweede saak is die hantering van intimiteit.\u00a0\u201cIntimiteit is gewoonlik vir vroue baie\u00a0meer van \u2019n emosionele belewenis en aangeleentheid\u00a0as \u2019n fisieke kwessie. Vir mans geld\u00a0die omgekeerde die meeste van die tyd.<\/p>\n<p>\u201cN\u00e1 die dood van \u2019n geliefde is \u2019n vrou gewoonlik\u00a0so ontsteld dat sy dikwels sal s\u00ea dat\u00a0intimiteit \u2018die laaste ding is waaraan sy kan\u00a0dink\u2019 of \u2018waarvoor sy kans sien\u2019. Sy redeneer\u00a0dikwels dat haar man onredelik is om enigsins\u00a0\u2018van haar te verwag\u2019 om intiem te verkeer.<\/p>\n<p>\u201cMans vind juis weer troos in intimiteit en\u00a0kan tydens hul rouproses selfs \u2019n verhoogde\u00a0behoefte aan seks h\u00ea. Dis \u2019n fase waarin albei\u00a0maklik verwerp en afgeskeep voel. Dis so \u2019n\u00a0sensitiewe saak dat mense gewoonlik glad nie\u00a0hieroor praat nie, selfs nie eens met beraders\u00a0nie. Dit lei tot spanning en tot skuldgevoelens.<\/p>\n<p>\u201cWanneer \u2019n paartjie rou, is daar \u2019n frase\u00a0wat talle vroue as \u2018gewraakte woorde\u2019 ervaar.\u00a0Dis die frase \u2018om aan te beweeg\u2019. Vir mans en\u00a0vroue het hierdie woorde gewoonlik radikaal\u00a0verskillende betekenisse. Vroue hoor dat hul\u00a0mans die geliefde wat dood is, wil agterlaat\u00a0en aangaan met die lewe asof alles reg is.\u00a0Mans bedoel gewoonlik hiermee dat hulle\u00a0saam met hul vroue ook weer aandag moet\u00a0gee aan ander aspekte van hul lewe en dat\u00a0alles nie moet stilstaan en oorheers word\u00a0deur die rou nie.<\/p>\n<p>\u201cAs mense van hierdie verskille bewus is,\u00a0kan hulle mekaar makliker vind.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tienerselfdoodvoorkomingsweek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Tienerselfdoodvoorkomingsweek<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons samelewing kyk die dood\u00a0nie graag in die o\u00eb nie. Dis vir\u00a0ons nie meer deel van die\u00a0natuurlike kringloop van kom\u00a0en gaan nie; dis iets waarvan\u00a0ons niks wil weet nie; wat ons so ver moontlik\u00a0van ons af probeer hou. Mense sterf [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":143332,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651],"tags":[135,1519,1692,1693],"class_list":["post-7173","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","tag-verhoudings","tag-rou","tag-trooswoorde","tag-troos"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-03-07T11:29:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-03-07T11:35:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1706\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"2086\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Wanneer trooswoorde nie troos nie\",\"datePublished\":\"2024-03-07T11:29:17+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-07T11:35:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/\"},\"wordCount\":1308,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"rou\",\"trooswoorde\",\"troos\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/\",\"name\":\"Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg\",\"datePublished\":\"2024-03-07T11:29:17+00:00\",\"dateModified\":\"2024-03-07T11:35:00+00:00\",\"description\":\"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/03\\\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg\",\"width\":1706,\"height\":2086},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wanneer trooswoorde nie troos nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose","description":"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose","og_description":"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-03-07T11:29:17+00:00","article_modified_time":"2024-03-07T11:35:00+00:00","og_image":[{"width":1706,"height":2086,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Wanneer trooswoorde nie troos nie","datePublished":"2024-03-07T11:29:17+00:00","dateModified":"2024-03-07T11:35:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/"},"wordCount":1308,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg","keywords":["Verhoudings","rou","trooswoorde","troos"],"articleSection":["Verhoudings"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/","name":"Wanneer trooswoorde nie troos nie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg","datePublished":"2024-03-07T11:29:17+00:00","dateModified":"2024-03-07T11:35:00+00:00","description":"Is daar \u2019n \u2018regte\u2019 of verkeerde\u2019 manier om te rou wanneer iemand sterf? Ons het met \u2019n rouberader oor die verskille tussen mense se rouprosesse gesels.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/pexels-liza-summer-6382633-scaled-e1709811115633.jpg","width":1706,"height":2086},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wanneer-trooswoorde-nie-troos-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wanneer trooswoorde nie troos nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7173","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7173"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7173\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/143332"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7173"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7173"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7173"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}