{"id":7115,"date":"2015-03-02T09:22:00","date_gmt":"2015-03-02T07:22:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/"},"modified":"2018-04-10T10:09:50","modified_gmt":"2018-04-10T08:09:50","slug":"dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/","title":{"rendered":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die vyedief<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die son is skaars op of Buks blaf histeries agter die huis. Amelie loer by haar kamervenster uit. Vanaf die tweede verdieping kan sy sien iets by die vyebome ontstel die hond.<\/p>\n<p>\u201cSjuut, voertsek!\u201d hoor sy \u2019n gedempte stem in die vroegoggendstilte. Buks steur hom nie aan vermanings nie. Hy blaf en knor al kwaaier. Amelie sien hoe hy onder die vyeboom in storm. Sy hoor benoude gille. Dan is daar stilte as Buks en die boomklimmer mekaar \u2019n paar sekondes betrag. Dis net genoeg om Buks \u2019n tweede asem te gee. Dit klink nou of hy die mens in die boom wil verskeur.<\/p>\n<p>\u201cJos, Ugo,\u201d roep sy. \u201cJulle hond het iemand in \u2019n vyeboom in die tuin vasgekeer. Kom help!\u201d<\/p>\n<p>Gewapen met \u2019n raket en Mia se hokkiestok volg die seuns Amelie op \u2019n veilige afstand die vrugteboord in.<\/p>\n<p>Buks is baie bly om sy mense te sien en om sy dapperheid te toon, klouter hy teen die stam uit tot in die eerste mik van die reuse vyeboom. Amelie begin hard lag as sy die spektakel in die tweede mik van die boom sien: Magdel Els.<\/p>\n<p>\u201cM\u00f4re, m\u00f4re! Wat maak jy in my boom?\u201d<\/p>\n<p>Magdel lyk soos \u2019n vrugtedief wat op heterdaad betrap is. Trouens, die vol mandjie vrugte onder die boom toon sy is wel skuldig aan die daad.<\/p>\n<p>\u201cE &#8230; ek dog ek hoor iemand in julle tuin. Jy weet, met die spokery en so het ek gedink ek kom kyk liewer voor iemand julle uitmoor.\u201d<\/p>\n<p>Jos en Ugo staan en proes onder die boom. Amelie kry Buks aan sy nekband beet en trek hom uit die boom terwyl sy hom paai.<\/p>\n<p>\u201cMooi so ons honne, mooi so.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy het my amper verskeur! Hy is gevaarlik, daai hond van julle.\u201d<\/p>\n<p>Amelie vryf Buks oordadig-prysend.<\/p>\n<p>\u201cJa, hy is, hy is opgelei om indringers vas te trek.\u201d<\/p>\n<p>\u201cPleks trek hy die ware skelm vas wat in julle tuin was. Nou jaag die simpel hond my. Ek wou maar net kom kyk &#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn ons is so dankbaar vir jou bekommernis, Magdel. Ek hoop Buks vang die vrugtedief volgende keer. Kyk, hy het sy mandjie onder die boom vergeet. Hy wou seker konfyt gaan kook met al die vet geelperskes en vye. Jossie, vat die mandjie vir Mamma in die huis in. Ons sal maar die vrugte moet eet wat die vrugtedief gelos het. Bring vir die tannie sommer \u2019n glas water vir die skok. Ek kan sien die vrugtedief en Buks het haar laat skrik.\u201d<\/p>\n<p>Magdel klim sukkelend uit die boom. Haar mollige lyf is beslis nie meer gewoond aan bome klim nie.<\/p>\n<p>\u201cLaaste keer wat ek julle probeer help,\u201d mor sy en trek haar rok reg.<\/p>\n<p>\u201cMaar ek waardeer dit, Magdel, regtig. Mens kry nie meer bure wat oor \u2019n heining sal klim om hul bure te beskerm nie. Ag, die arme mens was dalk honger en die bome se takke breek skoon van al die vrugte. Jy moet net s\u00ea as die seuns vir jou ook van die vrugte moet pluk. Ek sal die vrugtedief se mandjie leegmaak en sorg dat die seuns later vanoggend vir jou die vetste vye en perskes pluk.\u201d<\/p>\n<p>Magdel se pof wange is rooi van die opwinding. Sy sluk die glas water wat Jos aandra, gulsig af. Amelie geniet die oomblik terde\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cEk sien julle pak die stoorkamer uit? Net \u2019n spul ou rommel, het my ou man gister vir my ges\u00ea. Hy s\u00ea vir my, Magdel, s\u00ea hy, daai mense gaan vir jare wegry aan die gemors wat ou Amelia vergaar het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee wat jong, ons gaan niks wegry nie. Ons gaan alles hou. Daar is kosbare oudhede en waardevolle dokumente in die stoor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaardevol? Dis dan net stukkende ou goed. My ou man &#8230; Hy s\u00ea dis flenter stoele en bokse met ou boeke.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMiskien moes hy dieper in die stoor gekyk het, daar is trommels met kosbare skatte.\u201d<\/p>\n<p>Amelie l\u00ea moedswillig klem op die woord \u201cskatte\u201d.<\/p>\n<p>\u201cSkatte? Watse skatte?\u201d<\/p>\n<p>\u201cGoed wat duisende rande werd is as jy weet waar om dit te verkoop. En die dokumente en briewe. Dit gaan al die geheime van Amelia Marceaux oopkrap.\u201d<\/p>\n<p>Amelie kan sien Magdel vat die aas.<\/p>\n<p>\u201cAmelia se geheime? Wat weet jy van haar geheime?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAl die antwoorde is in haar dokumente en briewe.\u201d<\/p>\n<p>Amelie byt haar kies effe oor die wit leuen. Magdel hoef nie te weet sy het nog nie die briewe gelees nie.<\/p>\n<p>\u201cJy speel met vuur. Los die mal ou vrou se goed. Sy gaan vir julle uitspook.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, Magdel, sy gaan ons nie uitspook nie. Ons gaan haar help om tot ruste te kom. Ek gaan haar storie in \u2019n boek skryf sodat almal kan lees wat op Sederfontein met haar gebeur het.\u201d<\/p>\n<p>Magdel se klein ogies rek so groot soos wat dit seker moontlik is om te rek.<\/p>\n<p>\u201cVir wat los jy alles nie soos dit was nie? Ons het nie moeilikheid op die dorp nodig nie. Ons het vrede vandat ou Amelia dood is. Jy wil nie oorlog maak teen Myra Groenewald nie, dit kan ek jou belowe. Niemand wen \u2019n oorlog teen Myra nie.\u201d<\/p>\n<p>Magdel stap haastig die tuinpaadjie af om by die voorhekkie uit te gaan. Amelie, die seuns en Buks is op \u2019n drafstap agter haar.<\/p>\n<p>\u201cPleks klim jy sommer weer oor die heining, Magdel! Lyk my hy is hoeka al platter gery. Seker die vrugtediewe!\u201d<\/p>\n<p>Buks groet sy slagoffer by die hek met \u2019n laaste grommerige blaf.<\/p>\n<p>Amelie en die seuns staan nog by die hek en lag toe Hannes stilhou.<\/p>\n<p>\u201cHallo! Klaar ingetrek?\u201d<\/p>\n<p>\u201cNog besig jong, kom drink gou bietjie koffie. Jammer ons is nog in ons nagklere. Ons moes gou \u2019n vrugtedief vaskeer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMagdel Els? Ek sien sy is haastig hier uit.\u201d<\/p>\n<p>Amelie vertel hom laggend van die spektakel in die vyeboom. Die lang maer man maak hom tuis by die kombuistafel terwyl sy die ketel aanskakel.<\/p>\n<p>\u201cKom, hier is lekker stadsbeskuit.\u201d<\/p>\n<p>Buks gaan sit voor Hannes en bedel. Amelie probeer keer.<\/p>\n<p>\u201cGaan nou, Buks, jy het genoeg aandag vir die oggend gekry.\u201d<\/p>\n<p>\u201cLos hom, klink my jy het \u2019n goeie waghond hier op ons dorp nodig.\u201d<\/p>\n<p>Twee beskuite later, begin Hannes uitvis of al die stories wat hy op die dorp hoor het van Amelie du Raan en haar kinders waar is.<\/p>\n<p>\u201cHoor jy het Albert de Lange op die ko\u00f6perasie se stoep aangerand? Nou het jy al jou kanse om \u2019n ryk boer vas te trek verbeur want die boere glo nou vas jy het \u2019n swart gordel in karate.\u201d<\/p>\n<p>Amelie het van die eerste oomblik wat sy en Hannes saam in sy kar geklim het om huise te gaan kyk van die man gehou. Hy het \u2019n goeie sin vir humor en \u2019n innemende geaardheid. Sy voel vreemd genoeg sy kan hom vertrou.<\/p>\n<p>\u201cDit was nie moeilik om die besope man \u2019n sensitiewe skop te gee nie. Hy en sy vriende lyk in elk geval nie na my soort nie. Te .. jy weet .. te veel soos boere?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk dog dan dis wat jy op die dorp kom maak? Altans, dis wat die skinderbekke s\u00ea jy hier kom maak het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat? S\u00ea hulle ek het \u2019n ryk boer kom soek? Nou het ek als gehoor! Ek het dan pas uit die skeihof gestap! S\u00ea vir hulle ek het met groot moeite pas van een ryk man ontslae geraak en ek sien nie kans vir nog een nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk sal die nuus by die tannies van die dorp oordra. En Phillip Groenewald? Jy het seker al gehoor hy los geen vrou uit nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHannes! Jy grap seker? Jy weet mos die man sou my eerder uit die dorp begelei as om by my aan te l\u00ea. Sy ma hou buitendien klaar nie van my nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk hoor weer jy het Myra amper in die hospitaal ingedryf? Die tannies van die dorp s\u00ea jy het soos \u2019n tierwyfie by die Groenewalds tekere gegaan?\u201d<\/p>\n<p>Amelie en Hannes skater soos hulle lag.<\/p>\n<p>\u201cHoe oorleef jy dit op hierdie dorp, Hannes?\u201d<\/p>\n<p>\u201cO ek? Ek is nog net tien jaar hier. Die meeste beskou my steeds as \u2019n buitestaander. Jy sal nog sien mens raak nie maklik hier deel van die gemeenskap nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn jou gesin? Is hulle gelukkig hier?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis net ek. Ek vlieg solo deur die lewe.\u201d<\/p>\n<p>\u201cO, ek het nie bedoel &#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cMens, dis niks erg om die dorp se oujongk\u00earel te wees nie. Ten minste dra die tannies baie koek aan.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSeker veral die met hubare dogters?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVergeet dit, die hubare dogters op die dorp hang net by die ko\u00f6perasie uit. Dis waar die ryk hubare boere is, jy sien.\u201d<\/p>\n<p>Hannes trek Magdle se mandjie nader en begin invaar in haar sappige ryp vye.<\/p>\n<p>\u201cEk vat \u2019n paar om vye-tert te gaan bak, hoor?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVye-tert?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMy ma se resep, as jy en jou kinders my vir ete nooi, bring ek dit vir nagereg.\u201d<\/p>\n<p>Amelie is \u2019n minuut uit die veld geslaan. Haar keel trek toe by die gedagte van \u2019n vreemde man vir aandete. Maar die man is nie heeltemal vreemd nie. Dis Hannes. En hy lyk heel onskuldig.<\/p>\n<p>\u201cDit klink vir my na \u2019n goeie plan, Hannes, maar jy beter sorg dat dit \u2019n groot tert is. Onthou ek het vier kinders.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie kinders? Gaan hulle aanpas hier? Die mense is baie eng. Ek het jou gewaarsku.\u201d<\/p>\n<p>\u201cUgo en Lolla is goed aangepaste kinders en hulle het baie selfvertoue, ek het hulle voorberei op die rassisme wat kan opduik, maar soos jy nou al weet, die mense op die dorp is klaar skrikkerig vir my. Ek dink nie hulle sal gou met my kinders moeilikheid soek nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet, Amelie, maar jy het nie \u2019n idee hoe aaklig die mense op die dorp kan wees nie. Hulle staan saam. Hulle het Amelia se lewe hel gemaak.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat weet jy als van haar? Van Amelia Marceaux?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het haar net \u2019n paar keer gesien. Sy het soos \u2019n kluisenaar geleef. Het al haar kruideniersware in ander dorpe gaan koop. Die enigste mense wat haar regtig geken het, was die Room Katolieke gemeenskap van die township.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie ding tussen haar en die Groenewalds? Dink jy daar was iets tussen haar en Phil Groenewald?\u201d<\/p>\n<p>Hannes gee \u2019n dro\u00eb laggie.<\/p>\n<p>\u201cDit my liewe mens, is die groot vraag op die dorp. Die groot vraag wat niemand durf vra nie. En die wat die antwoord ken, sal nie daaroor praat nie.\u201d<\/p>\n<p>Amelie vertel Hannes van die briewe, maar s\u00ea vir eers niks oor die foto\u2019s van die jong Amelia nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het nog nie begin lees nie, maar ek is seker in haar dokumente en briewe gaan daar antwoorde wees.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWeet die Groenewalds van die briewe? Ek meen, weet hulle jy het dit gekry? Ek is seker daarvan as hulle geweet het die ou stoor bevat iets anders as rommel het hulle al kom grawe. Jy beter versigtig wees, daar staan dalk goed in daardie dokumente wat jou en die kinders se lewens in gevaar kan stel.\u201d<\/p>\n<p>Amelie weet Hannes is waarskynlik reg, maar dit voel of sy nie regtig beheer oor die situasie het nie.<\/p>\n<p>Dis asof Mon Abri en sy geheime haar en die kinders reeds in \u2019n soort web vasgevang het.<\/p>\n<p><a id=\"75&amp;h=Verhale&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a>Lees hoofstuk 1 tot 5 HIER.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vyedief Die son is skaars op of Buks blaf histeries agter die huis. Amelie loer by haar kamervenster uit. Vanaf die tweede verdieping kan sy sien iets by die vyebome ontstel die hond. \u201cSjuut, voertsek!\u201d hoor sy \u2019n gedempte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12683,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[72,1628],"class_list":["post-7115","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-rooi-rose-verhale","tag-dans-met-die-rooirok"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die vyedief Die son is skaars op of Buks blaf histeries agter die huis. Amelie loer by haar kamervenster uit. Vanaf die tweede verdieping kan sy sien iets by die vyebome ontstel die hond. \u201cSjuut, voertsek!\u201d hoor sy \u2019n gedempte [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2015-03-02T07:22:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T08:09:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6\",\"datePublished\":\"2015-03-02T07:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:09:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/\"},\"wordCount\":1876,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153292246.jpg\",\"keywords\":[\"rooi rose verhale\",\"dans met die rooirok\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2015\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/\",\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153292246.jpg\",\"datePublished\":\"2015-03-02T07:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:09:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153292246.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20153292246.jpg\",\"width\":640,\"height\":613},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose","og_description":"Die vyedief Die son is skaars op of Buks blaf histeries agter die huis. Amelie loer by haar kamervenster uit. Vanaf die tweede verdieping kan sy sien iets by die vyebome ontstel die hond. \u201cSjuut, voertsek!\u201d hoor sy \u2019n gedempte [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2015-03-02T07:22:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T08:09:50+00:00","og_image":[{"width":640,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6","datePublished":"2015-03-02T07:22:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:09:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/"},"wordCount":1876,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg","keywords":["rooi rose verhale","dans met die rooirok"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2015","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/","name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg","datePublished":"2015-03-02T07:22:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:09:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20153292246.jpg","width":640,"height":613},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/dans-met-die-rooirok-hoofstuk-6\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dans met die rooirok: Hoofstuk 6"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7115","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7115"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7115\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12683"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7115"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7115"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7115"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}