{"id":71057,"date":"2017-05-05T10:51:37","date_gmt":"2017-05-05T08:51:37","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=71057"},"modified":"2017-05-05T10:51:37","modified_gmt":"2017-05-05T08:51:37","slug":"kaapse-draai-10-hoogtepunte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/","title":{"rendered":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte"},"content":{"rendered":"<h4>1. Haas in Roelandstraat<\/h4>\n<p>By die ingang groet \u2019n groot <strong>sementhaas<\/strong> jou en die dekor bestaan uit ou leunstoele, skoolstoele en -bankies, koffietafels en sittafels. Agter teen die muur is \u2019n lang toonbank\u00a0 waar varsgemaalde koffie by die sakkie gekoop kan word. Dit is \u2019n koffiewinkel, ligte middagete- of sommer net koek en teeplek. Die mooiste kuns word uitgestal en Tretchikoff-kussings, keramiek en leerware is altyd beskikbaar vir koop. Van fietsryers tot fietse lyfies versamel hier, maar vir besigheidsmanne is daar \u2019n lang tafel met glasafskorting waar groot planne bespreek kan word. Almal is welkom en as jy in een van die diep leunstoele wegsak, moet jy jouself inhou om nie voete-op-die-koffietafel te sit nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_71141\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-71141\" class=\"size-full wp-image-71141\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/haas.jpg\" alt=\"kaapse-draai-haas\" width=\"448\" height=\"336\" \/><p id=\"caption-attachment-71141\" class=\"wp-caption-text\">Foto: facebook<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2. Truth Caf\u00e9, Roelandstraat<\/h4>\n<p>Letterlik \u2019n paar tree ho\u00ebr op van Haas sit die <strong>beste koffiewinkel in die w\u00eareld<\/strong>. Nee, dis nie \u2019n erge rek van die waarheid nie. Dit het die titel twee jaar gelede reeds gekry van die<em> New York Times<\/em> en is onlangs ook vereer deur \u2019n hele 10 minutelange insetsel op CNN.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-wereld-se-beste-koffiewinkel-in-kaapstad\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Die w\u00eareld se beste koffiewinkel in Kaapstad<\/a><\/p>\n<p>Die tema is <em>Steampunk<\/em> &#8211; dis nou kelners met leervoorskote, pluiskeile, kantfrilletjies en outydse sakhorlosies, en \u2019n rastalok of twee. Die baristas het die kuns vervolmaak om koffie te maak met die beste bone en jou melkskuim kom in <em>designer<\/em>-prentjies. Die mooiste van alles is egter die hele koper en staal reuse koffiemeul-kontrepsie. Dit staan tot teen die dak en neem die helfte van die vertrek op. Gelukkig is daar nog volop plek vir tafels, kaal gloeiligte en outydse staalregalia. Die koffiesakke is hoog opgestapel in die agterste hoek en bone word daagliks vars gemaal.<\/p>\n<p>Hier word ook\u00a0 ontbyt en ligte middagetes bedien. Een maal \u2019n maand is daar \u2019n vintage kleremark in die aand. Net die besoekers alleen is \u2019n meestersgraad in menslike studies werd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-71149 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/trut-coffee-company.jpg\" alt=\",aapse-draai-truth-coffee-company\" width=\"448\" height=\"252\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3. Grand Daddy Hotel, Langstraat<\/h4>\n<p>Die geheim is om teen sononder bo-op die dak te gaan skemerkelkies drink en die kroegman te vra om jou op \u2019n toer deur die <strong>Airstream<\/strong>-karavane te neem wat daar staan. Elkeen se dekor is volgens \u2019n tema, en as jy vir \u2019n nag wil inboek kan jy kies van Goue Lokkies tot Rock \u2019n Roll of Boeresjiek. In die somer is daar ook \u2019n opelug fliek en met Tafelberg langs jou, kan jy van die ou<em> classics<\/em> geniet.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_71156\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-71156\" class=\"size-medium wp-image-71156\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/HS4-1-500x205.jpg\" alt=\"kaapse-draai-grand-daddy\" width=\"500\" height=\"205\" \/><p id=\"caption-attachment-71156\" class=\"wp-caption-text\">Foto: granddaddy.co.za<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4. The Stack, Weltevredenstraat, Tuine<\/h4>\n<p>Hierdie <strong>ou herehuis<\/strong> is vandag die <em>Cape Town Club<\/em> en om in die boonste onthaalareas ontvang te word moet jy lid wees van die eksklusiewe klub. Almal is egter welkom vir drankies op die stoep en in die restaurant. Sit onder die heerlike koel bome en bestel eksotiese skemerkelkies uniek aan The Stack. Vra vir \u2019n staptoertjie deur die gebou en verlustig jou in die juweelkleure van die sitkamers, oorspronklike kuns wat ook gereeld geruil word en neem \u2019n foto onder die bont buffelkop van rubberplakkies bokant die kaggel. Sluit die aand af met \u2019n gourmet ete in die restaurant en \u2019n looplikeurtjie in die onderste kroeg \u2013 eintlik te \u201cgrand\u201d vir so \u2019n naam.<\/p>\n<p>En nou vir<em> something completely different<\/em> maar\u2026 oooo so lekker!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_71160\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-71160\" class=\"size-medium wp-image-71160\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/stack-home-500x225.jpg\" alt=\"kaapse-draai-the-stack\" width=\"500\" height=\"225\" \/><p id=\"caption-attachment-71160\" class=\"wp-caption-text\">Foto: thestack.co.za<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5. Boeresjiek, Kiewietstraat, Okavango-afrit, Brackenfell Industri\u00eble gebied<\/h4>\n<p>Nee, moenie die rekenaar toeslaan nie, die lekkertes van die lewe l\u00ea dikwels opgesluit in die mees onwaarskynlike plekke.<\/p>\n<p>Sonja Fourie se dekadente geskenke &amp; koek-en-tee-plek is eintlik \u2019n \u201c<em>warehouse<\/em>\u201d vol outydse porselein, serpe, juwele, meubels, prente, blompotte en elke dekorstuk wat jy nooit eens geweet het jy MOET h\u00ea nie. Daar is ook die mooiste meters en meters uniek-gedrukte tafeldoeke, en elke week dek Sonja drie of vier nuwe tafeltemas vir spesiale vierings soos kombuistees of verjaardae.<\/p>\n<p>Asof die dekor en huisware jou nie deurmekaar genoeg het nie, is daar ook \u2019n groot tafel vol koek en quiche met slaai. <strong>Elke koek lyk soos \u2019n skildery<\/strong> en selfs die kolwyntjies is amper te mooi om te eet. LW: amper &#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-71151 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/20161014_141457-e1493967077447.jpg\" alt=\"kaapse-draai-boeresjiek\" width=\"252\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6. Bistro Sixteen82, Steenbergpad, Tokai<\/h4>\n<p>Vat die M3 en mik in die rigting van Muizenberg. Verby Constantia en Tokai is die afrit na Steenberg Wynlandgoed met die heerlikste wyne, vonkelwyn en <strong>1862 Bistro<\/strong>. Op \u2019n windstil dag sit jy op die stoep en tuur oor die wingerde, of andersins geniet jy bobaas <em>cuisine<\/em> in die restaurant. My persoonlike <em>favourite<\/em> is \u2026 allles op die spyskaart.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-71138 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/steenberg.jpg\" alt=\"\" width=\"302\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7. Kalkbaai-dekadensie<\/h4>\n<p>Om een plek hier uit te sonder is moeilik, maar ek het definitief \u2019n paar witbroodjies. Gepraat van brood:<strong> Olympia Bakkery<\/strong> het onpaar stoele en lendelam tafels, maar hier koop jy die heerlikste brode of smul aan wat ookal op die spyskaart is vir die dag.<\/p>\n<p>Kalkbaai is besaai met <em>quirky<\/em> winkeltjies vol antieke boeke, ou LP&#8217;s, snuifblikkies, wierook en kopbeenkerse. Parkeer enige plek en maak seker jy stap die straat op en af.<\/p>\n<p>\u2019n Besoek aan Kalkbaai is \u2019n mors van tyd as jy nie by die <strong>hawe<\/strong> wag vir die vissersbote om in te kom en iets koop vir die kole nie.<\/p>\n<p>Sluit die dag hier af met skemerkelkies by <strong>Cape to Cuba<\/strong>. Die kroeg se vloer het wit seesand en \u2019n stoepie wat reg langs die treinspoor hang. Stap deur na die restaurant en toets die reuse swaai in die middel van die vloer. Die dekor is vol helder stoele en<em> over the top<\/em> kristalkandelare. Teen die mure pryk ikone, en buite wag een van die dissipels jou in met sy sementkleed.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_71143\" style=\"width: 291px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-71143\" class=\"size-full wp-image-71143\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/cape.jpg\" alt=\"kaapse-draai-cape-to-cuba\" width=\"281\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-71143\" class=\"wp-caption-text\">Cape to Cuba (foto: facebook)<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8. Silo Hotel, V&amp;A Waterfront<\/h4>\n<p>Vars gebou met vyfsterstatus en \u2019n dakkroeg met \u2019n<strong> 180 grade uitkyk <\/strong>op Tafelberg, die res van die hawe, en in die vertes stippellyngeboue van Bloubergstrand. Die <strong>Willaston Bar<\/strong> bied ligte etes met turkoois fluweelbanke en art deco-lampe. As jy vooraf bespreek, kan jy die dakkroeg natmaak met \u2019n skemerkelkie of selfs Dom Perignon.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-71146 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/Silo-Hotel-Willaston-Bar-1.jpg\" alt=\"Kaapse-draai-Silo-Hotel-Willaston-Bar\" width=\"336\" height=\"420\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9. Props to the Stars, Soutrivier<\/h4>\n<p>Oukei \u2026 hierdie is nou nie almal se geroeste koppie nie, maar as jy \u2019n kykie in die lewe van die filmwer\u00eald wil h\u00ea, is dit die plek. Elke denkbare en kitsch <em>prop<\/em> wat nog ooit benodig is vir \u2019n filmstel of opvoering is hier te kry. By die ingang staan \u2019n vliegtuig, olifanttande en duisende rolle seemanstou. Binne is drie reuse sale vol opgestopte bokkoppe, geroeste winkeltrollies, plastiekvrugte en rakke vol bakke en huisgereedskap uit enige denkbare era.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-71140 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/props1.jpg\" alt=\"kaapse-draai-props-to-the-stars\" width=\"336\" height=\"338\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10. First Thursdays \u2013 middestad Kaapstad<\/h4>\n<p>As jy dit so gelukkig tref om Kaapstad op <strong>die eerste Donderdag van die maand<\/strong>\u00a0te besoek, is alle kunsgalerye oopgegooi vir die aand. Die middestad trek \u2019n feestelike baadjie aan en as jou voete seer geloop is, kan jy musiek en \u2019n <em>Jelly Baby cocktail<\/em> by die <strong>Tjieng Tjieng Bar<\/strong> geniet saam met die<em> hipsters<\/em> van die Kaap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-71153 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/tjieng.jpg\" alt=\"kaapse-draai-tjieng\" width=\"336\" height=\"336\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Natuurlik is daar altyd Tafelberg, die Rooi Bus, Kaappunt, Clifton, Houtbaai se vis en tjips, en Kirstenbosch. Die gemiddelde vrou het egter ook \u2019n behoefte aan &#8220;quirky&#8221; eethoekies, snuffelwinkeltjies met kitsch en kultuur, en ongewone mengeldrankies. Hier is tien ervarings wat nie in die toeristebrosjures beskryf word nie &#8211; en volgende week kan die lysie weer aangepas word! Teks en foto&#8217;s deur Beatrix Roux. <\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":71148,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[157,158],"class_list":["post-71057","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-vakansie","tag-reis"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Natuurlik is daar altyd Tafelberg, die Rooi Bus, Kaappunt, Clifton, Houtbaai se vis en tjips, en Kirstenbosch. Die gemiddelde vrou het egter ook \u2019n behoefte aan &quot;quirky&quot; eethoekies, snuffelwinkeltjies met kitsch en kultuur, en ongewone mengeldrankies. Hier is tien ervarings wat nie in die toeristebrosjures beskryf word nie - en volgende week kan die lysie weer aangepas word! Teks en foto&#039;s deur Beatrix Roux.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-05-05T08:51:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"360\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Kaapse draai: 10 hoogtepunte\",\"datePublished\":\"2017-05-05T08:51:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/\"},\"wordCount\":1154,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/hoof.jpg\",\"keywords\":[\"vakansie\",\"reis\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/\",\"name\":\"Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/hoof.jpg\",\"datePublished\":\"2017-05-05T08:51:37+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/hoof.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/05\\\/hoof.jpg\",\"width\":640,\"height\":360,\"caption\":\"kaapse-draai-steenberg\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kaapse draai: 10 hoogtepunte\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose","og_description":"Natuurlik is daar altyd Tafelberg, die Rooi Bus, Kaappunt, Clifton, Houtbaai se vis en tjips, en Kirstenbosch. Die gemiddelde vrou het egter ook \u2019n behoefte aan \"quirky\" eethoekies, snuffelwinkeltjies met kitsch en kultuur, en ongewone mengeldrankies. Hier is tien ervarings wat nie in die toeristebrosjures beskryf word nie - en volgende week kan die lysie weer aangepas word! Teks en foto's deur Beatrix Roux.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-05-05T08:51:37+00:00","og_image":[{"width":640,"height":360,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte","datePublished":"2017-05-05T08:51:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/"},"wordCount":1154,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg","keywords":["vakansie","reis"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/","name":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg","datePublished":"2017-05-05T08:51:37+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/hoof.jpg","width":640,"height":360,"caption":"kaapse-draai-steenberg"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kaapse-draai-10-hoogtepunte\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kaapse draai: 10 hoogtepunte"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71057","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=71057"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/71057\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71148"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=71057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=71057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=71057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}