{"id":7099,"date":"2014-11-28T10:15:00","date_gmt":"2014-11-28T08:15:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/"},"modified":"2018-04-10T10:21:59","modified_gmt":"2018-04-10T08:21:59","slug":"krismis-op-avondster-hoofstuk-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/","title":{"rendered":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2"},"content":{"rendered":"<p>Mary sit op die stoeptrappie. \u2019n Groot tas klere staan langs haar. Haar ma sit in die huis en huil omdat sy haar enigste kind in haar toestand op \u2019n bus sal moet sit. Die troos is dat daar nie \u2019n keuse is nie. Hulle wil die noodlot nie uittart nie. Dis net \u2019n genade dat Daddy nog nie agtergekom het dat Mary \u2019n hoogswanger lyf onder haar klere wegsteek nie.<\/p>\n<p>Die harde rap-musiek wat uit die verte aankom, verraai dat Josh op pad is. Mary wil hom nie sien nie want sy voel hy laat haar in die steek noudat sy hom die nodigste het.<\/p>\n<p>Die ou Toyota hou met \u2019n stofwolk stil. Die bure loer soos gewoonlik by die vensters uit om hulle misno\u00eb oor die lawaai te wys.<\/p>\n<p>Mary stap uitdagend na die hek.<\/p>\n<p>\u201cToe? Wat soek jy hier? Ek het mos ges\u00ea ek gaan vandag. My ma het vir my geld gegee en antie Stella gaan my stad toe vat om die kaartjie te koop.\u201d<\/p>\n<p>Josh staan nader, maar voor hy iets kan s\u00ea, rammel Mary woedend voort.<\/p>\n<p>\u201cEk weet jy sal te besig wees om te jol, s\u00ea maar vir jou mammie sy moet uitkyk vir my ma. Daddy \u2026 Maar ek moet gaan. Hy sal my \u2026 My <em>baby<\/em> moet leef.\u201d<\/p>\n<p>Josh lig albei sy arms in die lug op asof hy oorgee.<\/p>\n<p>\u201cWag! Wag! My Mary, ek gaat saam. Kevin s\u00ea die kar sal Sutherland maak.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk dog jy wil nie?\u201d<\/p>\n<p>Josh rek sy o\u00eb groot asof hy \u2019n spook gesien het.<\/p>\n<p>\u201cGisternag. Ek het \u2019n vreeslike <em>nightmare<\/em> gehad. Ek sien myself op die bed l\u00ea. En so \u2019n <em>spotlight<\/em> skyn op my gesig. \u2019n Ingel gryp vir my by die skouers en klap my deur die gesig. Ek sien hy wil my dood donner. Sy o\u00eb gloei soos vuur. Dis \u2019n <em>sign<\/em>, Mary, \u2019n <em>sign<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Mary lag hom uit.<\/p>\n<p>\u201cBleddie bangat. Dis net \u2019n <em>nightmare<\/em>. As jy kom, moet jy wil kom.\u201d<\/p>\n<p>Josh huil nou snot en trane en kniel smekend voor Mary.<\/p>\n<p>\u201cEk het gedink Mary, aan ons <em>true love<\/em>. Ek wil. Ek wil my <em>baby<\/em> sien. Jy is reg, hy gaan nie \u2019n Cape Flat boikie wees nie. Nie ons laaitie nie.\u201d<\/p>\n<p>Mary gooi haar arms om sy nek.<\/p>\n<p>\u201cHy sal dinge <em>change<\/em>, ons kind. Jy sal sien. Dis \u2019n vredeskind hierdie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMammie s\u00ea sy bid vir ons vir die pad. Sy s\u00ea ok ek moet liewer gaan. As jou Daddy weet &#8230; Hy sal my doodmaak. Daai daddy van jou: Op die preekstoel is sy woorde hard, maar sy vuiste slaan harder.\u201d<\/p>\n<p>Mary se ma kom by die voordeur uit. Sy druk Josh teen haar vas.<\/p>\n<p>\u201cEk het geweet jy sal Mary nie <em>drop<\/em> nie. Toe toe, julle moet ry voor die pastoor kom. Ek bel gou vir Stella om te s\u00ea sy hoef nie meer te kom nie. Dankie Joshie, dankie. Pas my kind op.\u201d<\/p>\n<p>Sy druk Mary styf teen haar vas. Hulle huil.<\/p>\n<p>\u201cEk wens Mamma wou saamkom \u2026\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Josh en Mary is skaars in die buitewyke van Kaapstad of Josh maak die padkos oop.<\/p>\n<p>\u201cDis <em>exciting<\/em>! Nes \u2019n <em>holiday<\/em>! Toe <em>girl<\/em>, kry vir jou! Hoe lyk jy so oeserig? Als gaan mos ok wees?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk voel bietjie naar. Seker al die <em>tension<\/em>. Kan ons die musiek bietjie sagter draai, dit maak die <em>baby<\/em> onrustig. Voel net hier hoe draai en skop hy vandag.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy rap saam, man, die kind laaik die <em>music<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Mary raak tranerig. Sy voel ellendig om haar ma by Daddy te los.<\/p>\n<p>\u201cEk was nog nooit ver weg van die huis af nie, weet jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJeez, ek dog jy was al by jou antie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cSy het by ons gebly tot sy getrou het met die man van Sutherland. Ons is <em>close<\/em>, soos susters. Sy mos baie jonger as my ma.\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs dit hoekom jy nie \u2019n sustertjie of broertjie het nie?\u201d<\/p>\n<p>Mary raak \u2019n rukkie stil.<\/p>\n<p>\u201cMy ma het twee verloor. Dood gebore.\u201d<\/p>\n<p>\u201cLiewe Jirre! Jou pa?\u201d<\/p>\n<p>Mary draai dwars in die sitplek sodat sy Josh in die o\u00eb kan kyk.<\/p>\n<p>\u201cGaat jy my eendag trou? Het jy my lief, Joshie?\u201d<\/p>\n<p>Josh vat haar hand en soen dit.<\/p>\n<p>\u201cEk is lief vir jou Mary, <em>genuine<\/em>. As ek terug is in die Kaap en ek word <em>promote<\/em>, trou ons. Ek het oom Douglas laat weet ek moet jou wegvat. Hy verstaan. <em>Sharp<\/em> omie daai.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy gaat nie vir my slat nie, gehoor, ek gaan nie soos my ma leef nie. Ons <em>baby<\/em>, gaan \u2019n <em>happy<\/em> huis h\u00ea. <em>Promise<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk <em>promise<\/em> Mary Mary quite contrary, ek promise.\u201d<\/p>\n<p>Mary buig vooroor en soen hom op die wang.<\/p>\n<p>\u201cEk het gedog jy gaan my alleen oppie bus sit.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSorrie man, ek het geskrik. Ek het nie gedink die <em>baby<\/em> kom nou al nie. Weet jy, ek was ok noggie weg van my mammie nie. Nou\u2019s ek en jy op \u2019n groot <em>adventure<\/em>! Ek en jy.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Magdalena staan by die wasbak. Deur die venster kan sy Krisjan se bakkie van die tweedelaaste hek af al sien aankom. Sy kry die ou korrelkop so jammer. Hy mis Kris baie. Veral noudat dit Kersfees is. Hy sukkel al sedert Kris medies gaan studeer het om te aanvaar dat sy seun nie \u2019n boer wil word nie. Maar sy weet in sy hart is hy trots op hul seun wat nou in Engeland verder studeer as spesialis.<\/p>\n<p>Die honde woel opgewonde rondom die bakkie. Sy kyk glimlaggend hoe haar ou knorpot \u2019n paar se koppe vryf. Hy sal dit nooit voor haar doen nie. As sy by is, jaag hy hulle altyd weg.<\/p>\n<p>\u201cMagdalena! O, hier is jy. Hiers jou gemmer. Anna stuur ook di\u00e9 ganseiers vir jou. Heeltemal te veel ganse daar by die statte. Die goed vreet te veel, ek het haar ges\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDankie, Krisjan. Los Anna en haar ganse, my man. Sy maak \u2019n goeie geldjie met die donskussings. Dis vir David se geleerdheid.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHet met haar gepraat oor David se houding. Hy kort \u2019n goeie vasvat.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy\u2019s \u2019n goeie kind. Los hom. Hy het sy drome.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan gaan sit langs die kombuistafel en kyk afwagtend in die koers van die ketel. Magdalena skakel dit aan. Woorde nie altyd nodig op Avondster nie. Krisjan skuif die hopie boeke op die kombuistafel eenkant en trek die beskuitbak nader.<\/p>\n<p>\u201cAlewig met \u2019n boek tussen die skape. Jy moet David uitlos, vrou. Die boeke. Jy sit goed in sy kop. Sy mense is skaapmense. Goeie plaasvolk.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy doen goed op skool, hy wil gaan leer. Gun hom die kans.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, soos Krisjan, dan foeter hulle oorsee. Kan mos nie \u2019n dokter in sy eie land wees nie. Nou wil jy Anna se kind ook laat wegggaan? Dis vandat jy aan David karring dat die skape nie meer goed genoeg is vir hom nie. In elk geval, David kort nie geleerdheid om \u2019n goeie werk te kry nie, miskien het die regering \u2019n joppie vir hom!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena kan sien in watter koers haar man die gesprek stuur. In hulle huwelik is daar sedert demokrasie twee kampe. Krisjan se kamp leef van 1994 af terug in die verlede, en sy leef vooruit. In \u2019n toekoms, wat sy glo, hoop gaan bring.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan nie vandag politiek praat nie. Dis Kersfees. Tyd vir vrede.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGha! Ja, en \u2019n tyd vir familie. Ek sien jy het \u2019n feestafel gedek. Vir twee! Twee armsalige oumense!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena weier om haar deur haar swartgallige man te laat ontstel voor Kersfees.<\/p>\n<p>\u201cDie statte se kinders kom m\u00f4re sing. Jy gaan lees en bid. Soos jou pa en oupa gedoen het. Liefde vir jou medemens, Krisjan. Soos hulle gehad het.\u201d<\/p>\n<div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<div><strong>XXXXXXX <\/strong><\/div>\n<p>Die son skroei die Toyota vuurwarm. Josh moes al \u2019n paar keer stilhou omdat die enjin warm word. Nadat hulle die eerste keer verkeerde koers gery het, het \u2018n boer hulle \u2018n waterkannetjie gegee ingeval die enjin weer kook.<\/p>\n<p>Die pad strek van een bult na die ander voor hulle uit. Dit verdwyn in die wasigheid van hittegolwe wat uit die teer opstyg.<\/p>\n<p>Dan gee die kar \u2019n paar slukke en kom hortend tot stilstand.<\/p>\n<p>\u201cBleddie steeks donkie! Kom nou!\u201d<\/p>\n<p>Die aansitter wil na \u2019n ruk nie eens meer draai nie.<\/p>\n<p>\u201cAg Jirretjie, hier by Godverlaat se vlakte. Dit het jy nou Mary! Nou sit ons Krismis in die veld!\u201d<\/p>\n<p>Josh probeer weer antie Gwen se nommer skakel.<\/p>\n<p>\u201cOk nie \u2019n <em>cell<\/em> sein nie. Wat \u2019n bleddie mislike Krismis!\u201d<\/p>\n<p>Mary hoor die frustrasie in sy stem. Om hulle is net vlaktes met hier en daar \u2018n trop skape. Nie \u2019n huis in sig nie.<\/p>\n<p>\u201cAg, Joshie, dissie so erg nie. Dis m\u00f4re eers Krismis. Ons sal dit maak.\u201d<\/p>\n<p>Na \u2019n rukkie voel dit of die kar in die teer in gaan smelt. Mary probeer haar koud waai met met die Tupperware-bak se deksel.<\/p>\n<p>\u201cJosh, try weer, dis vrek warm. Phew! Ek braai van binne uit, kyk hoe geswel is my voete.\u201d<\/p>\n<p>Josh probeer weer, maar daar is nou net \u2019n sagte klikgeluid.<\/p>\n<p>\u201cJirrekie, wat gaan ons maak? Niemand ry hierdie pad nie, dis die pad na n\u00earens Mary, daai mense het ons die pad in ons moere in beduie!\u201d<\/p>\n<p>Mary gooi nog \u2019n bietjie water op \u2019n sakdoek en vee dit oor haar gesig.<\/p>\n<p>\u201cJy beter gaan hulp soek, ek voel nie te lekker nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cStadig met die water, ons weet nie waar ons is nie.\u201d<\/p>\n<p>Josh gooi die reisdeken oor die windskerm om bietjie skadu te probeer maak. Hy maak al die deure oop sodat die lug deur die kar trek.<\/p>\n<p>\u201cJosh! Kyk! Jy moet gaan hulp kry, ek is <em>serious<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>Josh staar verskrik na die nat sitplek.<\/p>\n<p>\u201cHet jy in my kar gepie? Hel nee, jy kan mos uitklim?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis my water. Die <em>baby<\/em> se water. Hiers groot moeilikheid!\u201d<\/p>\n<p>Mary buig vooroor en begin kreun.<\/p>\n<p>\u201cO my Jirretjie. Mary jou kan nie nou die <em>baby<\/em> kry nie. Stop die besigheid! Ek moes nooit na jou geluister het nie.\u201d<\/p>\n<p>Mary huil en kreun.<\/p>\n<p>\u201cLoop kry iemand om te help!\u201d<\/p>\n<p>Josh se stem klink of hy ook wil huil.<\/p>\n<p>\u201cWanner laas het jy \u2019n huis gesien, h\u00ea? Hies net skape. Wat nou? Wat maak ons nou?\u201d<\/p>\n<p>Hy probeer die kar desperaat aanskakel. Hy maak die enjinkap oop en vat verbouereerd aan \u2019n paar drade.<\/p>\n<p>\u201cVandag is daar moeilikheid. Hoor jy Mary? Hoor Jy? Mary? Mary! Word wakker! Jy kan nie nou uitpaas nie!\u201d<\/p>\n<p>Hy hoor eers nie die perdehoewe in die verte nie.<\/p>\n<p>David, maak die kamp se hek oop en lei die perd deur. Die skape staan nader asof hulle vir hom gewag het. Hy fluit en klim weer op die perd.<\/p>\n<p>\u201cKom julle swerkaters, di\u00e9 kant toe. Dikgevreet n\u00ea? Lekker gekuier hier langs die grootpad? Kom, kom! Ons gaan huis toe. Nou-nou kom stop die een of ander honger skermunkel en gaps julle. Hei, ou dikke, hol jong, of wil jy skaaptjoppies vir \u2019n skelm se Krismis word?\u201d<\/p>\n<p>Dis eers as al die skape deur die hek is en hy weer die hek toemaak, wat hy die kar se toeter \u2019n ent verder hoor. Hy ry nader. \u2019n Jong man staan en wuif by die kar.<\/p>\n<p>\u201cHelp! Help\u201d skree hy tot David naby is.<\/p>\n<p>\u201cDags\u00ea! Het julle karmoeilikheid? Eks David, hier van Avondster.\u201d<\/p>\n<p>Josh huil en praat gelyk.<\/p>\n<p>\u201cSoos \u2019n bleddie steeks donkie hier kom vasssteek. Ons het hulp nodig. My <em>girl<\/em>. Sy gaan \u2019n <em>baby<\/em> kry! Jy moet ons help!\u201d<\/p>\n<p>David staan nader. Die meisie l\u00ea slap skuins oor die sitplek. Haar hare is sopnat van die sweet.<\/p>\n<p>\u201cO helletjie ja, sy lyk nie goed nie! \u2019n Baba s\u00ea jy?\u201d<\/p>\n<p>David karring nou ook voor in die enjin.<\/p>\n<p>\u201cProbeer nou?\u201d<\/p>\n<p>Die aansitter draai halfhartig en raak dan stil.<\/p>\n<p>\u201cMy ou, hoe ver is die huise van hier af? Kan jy iemand gaan roep?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n ent. Mevrou, ek sal Mevrou moet gaan haal! Los maar daai foon, hiers nie sein op Avondster nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoe lank? Hoe ver is dit voor jy iemand kan bring?\u201d<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Halfuur opstal toe te perd, ek en Mevrou sal met die bakkie kom.\u201d<\/p>\n<p>Josh staan huilend en kyk hoe David wegjaag.<\/p>\n<p>\u201cJirre, jy kan nie nou vir my Mary drop nie. Jyt vir haar <em>gepromise<\/em> sy sal ok wees.\u201d<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>In Avondster se plaaskombuis staan Krisjan voor die stoof. Hy lig al die potte se deksels en loer in. Magdalena staan hom geamuseerd en bekyk. Sy weet hy hou van lekker eet en sien sekerlik eintlik uit na die Kersete.<\/p>\n<p>\u201cVir wie maak jy al hierdie kos? Dis net ons?\u201d<\/p>\n<p>\u201cAg, Krisjan, mens weet nooit wie die liewe Here op sy verjaarsdag na ons tafel stuur nie.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan brom, maar proe met \u2019n lepel uit \u2019n pot.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan weke hieraan eet.\u201d<\/p>\n<p>Hulle hoor perdehoewe buite. Magdalena kyk deur die kombuisvenster.<\/p>\n<p>\u201cDis David! Wat maak hy di\u00e9 tyd van die dag hier? Hy is mos padkamp toe?\u201d<\/p>\n<p>David kom by die kombuis ingehardloop.<\/p>\n<p>\u201cHiers groot moeilikheid! Daar by die pad. Mense se kar het gaan staan. Daars \u2019n meisie, sy gaan \u2019n baba kry! Ons moet jaag! Meneer, dis groot moeilikheid!\u201d<\/p>\n<p>\u201cBedaar eers, David. Praat stadig. Wat gaan aan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMeneer, daar het mense by die grootpad gaan staan. Jongmense. Die meisie lyk nie lekker nie. Sy is <em>pregnant<\/em>. Daai baba kom vandag! Ek s\u00ea Meneer!\u201d<\/p>\n<p>\u201cDavid, is jy seker? Wie is hulle? Waar kom hulle vandaan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVan die Kaap Meneer. Capys. Daai meisie \u2026asseblief Meneer!\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs jy heeltemal <em>stupid<\/em>? Hulle wil jou daar weg kry om \u2019n skaap te steel!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena tree tussenbeide.<\/p>\n<p>\u201cWag nou, my man. Ons kan die mense nie so in die son los nie. David, gaan haal die bakkie, ek bring handdoeke en water! Kom, Krisjan!\u201d<\/p>\n<p>\u201cVrou! Hoor julle nie wat ek s\u00ea nie? Capys! David het jy hulle na die huis beduie? Wil jy h\u00ea die mense moet ons kom vermoor!\u201d<\/p>\n<p>\u201cMeneer, daai kar is vrek. Hy gaan n\u00earens nie. En die meisie, Meneer sy lyk regtig sleg. Ek gaan kry die bakkie.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena haal \u2019n paar bottels water uit die yskas.<\/p>\n<p>\u201cKom jy Krisjan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs julle almal mal op hierdie plaas! Wag, ek kry my geweer.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Josh gooi die laaste bietjie water oor Mary se gesig uit. Sy kreun en kom verskrik regop.<\/p>\n<p>\u201cJeez, Mary, ek dog jy is dood! Die mense van die plaas hier naby kom nou help. Kom, ek skuif die <em>seat<\/em> agtertoe. Dis vrek warm hier.\u201d<\/p>\n<p>Mary begin weer keun. Sy hou haar maag vas.<\/p>\n<p>\u201cJoshie, ons gaan doodbrand vandag. Dis my hel die, oor ek gesondig het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee man, los nou daai praatjies. Dis jou Daddy wat so in jou kop praat.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDaddy het gewaarsku van die brede weg. Daai <em>painting<\/em> in my ma se kamer, ek het al gedroom hoe stap ek met my rooi dansrok op daai <em>highway<\/em> na die hel.\u201d<\/p>\n<p>Josh trek Mary se sandale uit en vee met die nat lap oor haar geswelde voete.<\/p>\n<p>\u201cKomaan girl, jy weet God is nie so nie. Hy is nie soos jou Daddy nie. Jyt self al so ges\u00ea. Onthou wat jy innie Bybel gelees het? Hy het jou gebless met hierdie baby.\u201d<\/p>\n<p>Mary kreun en snik gelyk.<\/p>\n<p>\u201cDis vir Maria wat God gebless het. Oor sy Jesus se mamma is. Maar ons kind. Ons kind is \u2019n Cape Flats baby.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, Mary, hoe praat jy dan nou so? Nei man, jy\u2019s mos \u2019n <em>Christian<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>Hy vryf oor Mary se voorkop en waai haar koud met die deksel.<\/p>\n<p>\u201cJoshie, s\u00ea nou daai mense kom nie? Ek kan nie meer nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHulle kom, jy sal sien. I promise. Jy moet net glo, God is my witness, Hy gaan jou uit hierdie warm kar kry.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBid vir my, Joshie. Bid vir my en die baby.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKom nou Mary, wat praat jy so? Mary? Mary? Ag hel moenie weer uitpaas nie! Ag Jirretjie, hoor my vandag aan. Ek weet ek is bietjie rough around the edges, maar my Mary is \u2019n goeie girl. En onse baby, ag Jirre, die het mos niks verkeerd gedoen nie? Moenie lat die son vir ons vandag hier doodbrand nie. Jirre. More is dit Krismis. The happy season my Lord. Wys \u2019n bietjie compassion for a sinner.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div><strong>XXXXXXX<\/strong><\/div>\n<p>Magdalena en Krisjan ry \u2019n ruk in stilte. David sit agterop die bakkie en spring elke keer af om die hekke oop te maak. Dan begin Magdalena prewelend bid.<\/p>\n<p>\u201cRy vinniger Krisjan, ek voel hier is vandag iets vreeslik verkeerd. Die arme mense. Dis so warm.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan brom onderlangs.<\/p>\n<p>\u201cBid jy net dis mense wat regtig in nood is. Dit kan \u2019n lokval vir \u2019n plaasaanval wees. Dan is ek en jy en jou David vandag dood.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena kyk geskok na haar man.<\/p>\n<p>\u201cWanneer het jy so hard en bitter geword, my man? Glo jy dan nie meer aan mense nie?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan vat die geweer wat tussen hulle staan met sy linkerhand vas.<\/p>\n<p>\u201cEk glo wat ek sien en hoor. Honderde wit kruise teen \u2019n klipkoppie. Plaasmoorde. Dit glo ek. S\u00ea nou David is in op die ding? Ons vat \u2019n kans vandag, my vrou.\u201d<\/p>\n<p>\u201cKrisjan, luister na jouself. David het voor jou grootgeword. Op ons huis se vloere leer kruip en loop.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan snork.<\/p>\n<p>\u201cHoeveel mense is deur hulle eie plaaswerkers vermoor? Jy wil nie hoor nie my vrou, laat enigeen by die huis toe.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weier om \u2019n draadhok om my huis te span. Soos \u2019n dier in \u2019n hok op jou eie plaas? God het ons nog altyd bewaar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDink jy nou wragtag al die honderde wat in plaasmoorde gesterf het, het nie ook vir beskerming gebid nie? My vrou, jou stiksienigheid gaan nog ons dood beteken.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk hoor jou my man, maar ek weier om in vrees te leef, hoor jy my! Ek weier om te glo almal is sleg.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa vrou, jy met jou goeie hart. Kyk! Kyk daar voor. Daar staan hulle. Krok van \u2019n kar. As ek stop, bly jy in die bakkie. Hou die geweer gereed. En bid, my vrou, anders vrek ons vandag hier.\u201d<\/p>\n<p>Josh swaai verwoed met sy arms. Hy hardloop die bakkie \u2019n ent tegemoet.<\/p>\n<p>\u201cAg praize the Lord, daar kom hulle! Help! Help!\u201d<\/p>\n<p>Krisjan stop \u2019n ent weg van die motor. Hy klim alleen uit. David spring van die bakkie af en hardloop na die kar met \u2019n bottel water.<\/p>\n<p>\u201cMy bra! Dankie! Dankie! Sy het weer uitgepaas. Waars die antie? Eee \u2026 hallo Oompie, ek prys die Jirre dat julle gekom het!\u201d<\/p>\n<p>Krisjan staan dreigend nader.<\/p>\n<p>\u201cWie is julle? Wat maak julle hier? Is julle alleen? As jy iets probeer skiet ek jou vandag vrek!\u201d<\/p>\n<p>Josh begin smekend huil.<\/p>\n<p>\u201cHei nee my Oompie, ons is nie skelms nie. Kom kyk. Mary, sy lyk sleg, Oompie!\u201d<\/p>\n<p>Krisjan stap nader aan die kar. Hy steek vas by die oop deur aan die passasierskant.<\/p>\n<p>\u201cMagdalena! Kom! David gee aan daardie water!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena hardloop nader. Sy gooi yswater op \u2019n handdoek en gooi dit oor die natgeswete meisie.<\/p>\n<p>\u201cAg hemel, Krisjan, dis die hitte, sy kook. Bring die bakkie nader!\u201d<\/p>\n<p>Josh staan versigtig nader.<\/p>\n<p>\u201cAntie? Leef sy nog? Ag Jirrekie!<\/p>\n<p>Magdalena gooi komberse op die bak oop.<\/p>\n<p>\u201cKom, laai haar agterop. Ek sal by haar sit. Ry mooi, my man! Ons sal haar vashou hier agter.\u201d<\/p>\n<p>Josh hou Mary se hand vas. Hy bid en huil deurmekaar.<\/p>\n<p>\u201cOns gaan vir jou help, Mary, net bietjie vasbyt, my girl.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena spat nog yswater oor Mary se gesig. Die meisie kreun sag.<\/p>\n<p>\u201cIs haar naam Mary?\u201d<\/p>\n<p>Josh knik.<\/p>\n<p>\u201cMary? Mary? Ons is amper daar. Ons gaan jou help. Hoor jy?\u201d<\/p>\n<p>Die bakkie hou naby die kombuisdeur stil. David en Krisjan spring voor uit om die meisie te kom help dra.<br \/>\nMargadena beduie wat elkeen moet doen. \u201cKom, dra haar na Kris se kamer toe. David, bring al die waaiers! Ons sal Dok Swiegers moet kry. Sy lyk sleg. Krisjan! Moenie so versteend staan nie. Gaan bel vir Dok!\u201d<\/p>\n<p>Sy trek Mary se klere uit en gooi \u2019n klam laken oor haar. Die waaiers maak die vertrek koel.<\/p>\n<p>\u201cKom nader, Josh, sy gaan nou beter voel, jy sal sien. Vat die waslap en doop dit gereeld in die yswater. Dan vee jy haar gesig af.\u201d<\/p>\n<p>Mary begin kreun en maak haar o\u00eb oop. Josh val op sy knie\u00eb langs die bed.<\/p>\n<p>\u201c Ag Jirre, dis a <em>miracle<\/em>! Mary!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJosh? Waar\u2019s ons?\u201d<\/p>\n<p>Magdalena hou \u2019n glas water voor Mary se mond.<\/p>\n<p>\u201cKom, vat \u2019n paar slukkies yswater. Eers net \u2019n bietjie. So ja.\u201d<\/p>\n<p>Mary sluk gulsig.<\/p>\n<p>\u201cHoe voel jy nou, my kindjie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cDie kar, die vreeslike hitte, s\u00ea nou my baba is dood?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan kom staan by die deur. Hy beduie Magdalena moet hom volg.<\/p>\n<p>\u201cDok Swiegers is Kaap toe. Suster Matty is ook nie op die dorp nie. Ek het David gestuur om Anna te gaan haal. My vrou, wat maak ons as die Capy meisie vanaand in ons huis doodgaan? Kyk hoe lyk sy!\u201d<\/p>\n<p>\u201cLiewe vader, Krisjan, dit is iemand se kind.! As dit my kind was, sou ek bly wees as iemand haar help. Sou jy wou h\u00ea sy moes langs die pad doodgaan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJys reg hulle is net kinders. Seker weggeloop! Ek bel sommer die polisie. Netnou het ons groot moeilikheid. Jy weet hoe is di\u00e9 mense. Nou is ons huis vol Capys!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena staan woedend voor haar man met haar hande in die sye.<\/p>\n<p>\u201cMy man, ek kan nie glo wat ek hoor nie. Waarheen moes ons haar vat? Stalle toe?\u201d<\/p>\n<p>Krisjan praat sag, asof hy die vrees onderdruk.<\/p>\n<p>\u201cEk s\u00ea jou as hierdie meisie vanaand onder ons dak doodgaan is daar moeilikheid! Haar mense kom van die Kaap af en brand ons huis af!\u201d<\/p>\n<p>Magdalena gee haar man \u2019n moordende kyk. Hy retereer want hy ken sy vrou as sy so vir hom kyk.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n mens in nood en ek gaan haar help. Sy is in kraam en ly aan hitte-uitputting. Ons is te ver van hospitale en ons kan haar buitendien nie in die toestand vervoer nie.\u201d<\/p>\n<p>Krisjan waag dit om weer sy mening te gee.<\/p>\n<p>\u201cVrou, jy het nog nooit \u2019n baba gevang nie. Dis baie anders as \u2019n lam! Sy is nog bloedjonk en sy is swak. Ek s\u00ea jou hierdie is net moeilikheid.\u201d<\/p>\n<p>Magdalena stoot hom uit die pad sodat sy verby kan kom.<\/p>\n<p>\u201cJa, my man, dit is moeilikheid, maar dis nou ons moeilikheid. Ons het nie \u2019n keuse nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy bedoel jou moeilikheid. Die vent kan saam David huis toe gaan. Hy slaap nie ook hier nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cWaar is jou hart, Krisjan. Dis sy baba ook.Jy kan hom nie nou statte toe jaag nie. Skaam jy jou nie?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy doen in elk geval wat jy wil, Magdalena. Karring maar aan, ek gaan slaap.\u201d<\/p>\n<p>Hy stap knorrig die gang af. Magdalena staan \u2019n rukkie geskok in die gang.<\/p>\n<p>\u201cKris, ek moet Kris bel. Hy sal weet wat ek moet doen!\u201d<\/p>\n<p>Sy stap kombuis toe en begin haastig die nommer in Londen bel.<\/p>\n<p>\u201cTel die foon op seun! Wees asseblief daar. Nee! Here jy moet my help, ek voel hulpeloos.<\/p>\n<p>Die hospitaal, dalk is hy aan diens.\u201d<\/p>\n<p>Sy bel weer. Dit voel vir haar \u2019n ewigheid voor sy foon begin lui.<\/p>\n<p>\u201cEe, hallo, can you put me through to the ER? Thank you. Is dr. Naude available? Oh, he\u2019s not working toninght. Ok, Thank you.\u201d<\/p>\n<p>Sy laat sak haar gesig in haar hande. Daar is \u2019n klop aan die deur.<\/p>\n<p>\u201cDavid! Waars jou ma?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMevrou, dis asof die hel vandag los is op Avondster. Oom Koos het \u2019n toeval gekry en ma help Ta Meentjie. Hy lyk glo sleg.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHemel David! Ons kry nie dok Swiegers of suster Matty nie. Vanaand is dit net ek en ek het nog nooit \u2019n mensbaba gevang nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMevrou sal dit kan doen, Mevrou kan enigiets doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div>\n<p><strong>XXXXXXX<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<div><strong><a id=\"65722&amp;h=Krismis-op-Avondster:-Hoofstuk-1&quot;&quot;\" target=\"\"><\/a><u>Lees ook hoofstuk 1 hier<\/u><\/strong><\/div>\n<div><\/div>\n<div><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mary sit op die stoeptrappie. \u2019n Groot tas klere staan langs haar. Haar ma sit in die huis en huil omdat sy haar enigste kind in haar toestand op \u2019n bus sal moet sit. Die troos is dat daar nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12626,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[97,1592,1616],"class_list":["post-7099","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-krismis-op-avondster","tag-kersverhaal","tag-hoofstuk-1"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Mary sit op die stoeptrappie. \u2019n Groot tas klere staan langs haar. Haar ma sit in die huis en huil omdat sy haar enigste kind in haar toestand op \u2019n bus sal moet sit. Die troos is dat daar nie [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-28T08:15:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T08:21:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"362\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"362\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"20 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2\",\"datePublished\":\"2014-11-28T08:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:21:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/\"},\"wordCount\":3963,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20141128101526.jpg\",\"keywords\":[\"Krismis op Avondster\",\"Kersverhaal\",\"hoofstuk 1\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/\",\"name\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20141128101526.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-28T08:15:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T08:21:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20141128101526.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20141128101526.jpg\",\"width\":362,\"height\":362},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose","og_description":"Mary sit op die stoeptrappie. \u2019n Groot tas klere staan langs haar. Haar ma sit in die huis en huil omdat sy haar enigste kind in haar toestand op \u2019n bus sal moet sit. Die troos is dat daar nie [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-11-28T08:15:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T08:21:59+00:00","og_image":[{"width":362,"height":362,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"20 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2","datePublished":"2014-11-28T08:15:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:21:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/"},"wordCount":3963,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg","keywords":["Krismis op Avondster","Kersverhaal","hoofstuk 1"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/","name":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg","datePublished":"2014-11-28T08:15:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T08:21:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20141128101526.jpg","width":362,"height":362},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/krismis-op-avondster-hoofstuk-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Krismis op Avondster: Hoofstuk 2"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7099\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12626"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7099"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}