{"id":70799,"date":"2017-04-28T11:44:15","date_gmt":"2017-04-28T09:44:15","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=70799"},"modified":"2017-04-28T11:44:15","modified_gmt":"2017-04-28T09:44:15","slug":"jy-kan-trauma-verwerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/","title":{"rendered":"Jy kan trauma verwerk"},"content":{"rendered":"<p>Vir die meeste Suid-Afrikaners is trauma \u2019n ou bekende. Koerante, sosiale media en TV-skerms konfronteer ons daagliks met ontstellende gebeure. In jou werk- en vriendekring is daar waarskynlik \u2019n paar mense wat \u2019n ongeluk, misdaad of ander traumatiese gebeurtenis beleef het \u2013 of dalk het j\u00fd dit aan eie lyf gevoel.<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n skokkende voorval jou lewe omverwerp, is die samelewing op die oog af simpatiek. Maar terselfdertyd word daar van jou verwag om \u2019n greep op jouself te kry, jou dapper gesiggie op te sit en normaal met jou dagtaak voort te gaan. Ons hoor dikwels dat onverwerkte trauma tot <strong>post-traumatiese stressindroom (PTSS)<\/strong> kan lei, maar besef nie altyd wat PTSS kan veroorsaak en hoe die simptome lyk nie.<\/p>\n<p>Trauma kan gesien word as \u2019n situasie of gebeurtenis wat jou normale vermo\u00eb om die lewe te hanteer oorskry en gevoelens van hulpeloosheid sneller. Dis nie noodwendig so dramaties soos blootstelling aan geweld nie \u2013 \u2019n kind wat van \u2019n fiets afval, kan getraumatiseer wees.<\/p>\n<p>\u201cOns is elkeen uniek,\u201d s\u00ea Eleen Polson, voorligtingsielkundige van Pretoria. \u201cEk het al gesien dat \u2019n man wat in die huis aangehou en in die voet geskiet is, minder getraumatiseer is as sy vrou wat elders was. Verskeie faktore, soos onverwerkte trauma uit ons kinderjare, be\u00efnvloed ons veerkragtigheid.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Veg, vlug of vries<\/h4>\n<p>Die oplossing is nie om ons en ons geliefdes teen trauma te beskerm nie \u2013 dis onmoontlik! \u2013 maar om die sielkundige en fisieke gevolge daarvan te verwerk. \u2019n Kykie na ons oerouers en die diereryk is insiggewend. As \u2019n grotman \u2019n sabeltandtier sou te\u00ebkom, het die <strong>veg-of-vlug-reaksie<\/strong> onder meer sy hart vinniger laat klop en sy spiere laat saamtrek. Het hy weggehardloop of die kat beveg, het di\u00e9 aksie die streshormone in sy lyf ontlaai en is sy normale fisieke balans herstel.<\/p>\n<p>Maar veg of vlug is nie die enigste oorlewingsreaksie wat deur streshormone veroorsaak word nie. As \u2019n bokooitjie \u2019n leeu raakloop en besef dis te gevaarlik om te veg of te vlug, kan sy vries. Stap die leeu weg, is die streschemikalie\u00eb steeds in die bok se lyf. Dan sal sy onwillekeurig skud en bewe tot die hormone en spierspanning haar lyf verlaat.<\/p>\n<p>Ons 21e-eeuse leefstyl stel ons voor uitdagende spertye, veeleisende kollegas, kommer oor ons kinders of huwelik, en so meer. As ons deur \u2019n kwaai bestuurder oor die kole gehaal word, reageer ons liggame nes di\u00e9 van die grotman op die sabeltier. Hoewel streshormone ons op veg of vlug voorberei, kan ons nie die bestuurder te lyf gaan of uit die vertrek hardloop nie. Ons vries. Dalk bewe ons \u2019n bietjie n\u00e1 die onderonsie maar ons kry dit onder beheer voor iemand dit dalk sien. Die oorvloed streshormone bly in ons lyf sit; ons brein aanvaar ons word steeds bedreig en laat ons spiere nog meer saamtrek. \u2019n Bose kringloop ontstaan.<\/p>\n<p>\u201cDie vriesreaksie het ook op sellul\u00eare vlak \u2019n uitwerking,\u201d s\u00ea Eleen. \u201cWanneer jy byvoorbeeld vasgebind word in \u2019n aanval en nie die instinktiewe aksie &#8211; soos om los te skeur of terug te slaan \u2013 kan uitvoer nie, bly die behoefte om daardie aksiesiklus te voltooi in jou liggaamselle vasgevang. Selfs net om vas te val in swaar verkeer terwyl jy weet jy is laat vir \u2019n belangrike afspraak, kan die vriesreaksie en die hormonale, sellul\u00eare en sielkundige gevolge daarvan ontketen.\u201d<\/p>\n<p>Die simptome &#8211; wat jare kan duur &#8211; sluit hoofpyn, diarree, angs, depressie, woede, irritasie, swak konsentrasie, slaaploosheid, sosiale isolasie en oormatige waaksaamheid in.<\/p>\n<p>\u201cOm gedurig in \u2019n oorlewingstoestand te leef verswak ons immuunstelsel en maak ons vatbaarder vir siektes en sielkundige versteurings.<\/p>\n<p>\u201cOnbehandelde trauma kan sekond\u00eare patrone tot gevolg h\u00ea, soos depressie of vermydingsgedrag. Iemand het byvoorbeeld \u2019n angsaanval op die snelweg gekry en systap daarna enige snelweg. Dis dikwels hoe fobies ontwikkel; onder elke fobie skuil daar trauma.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Moet jy lewenslank met die nagevolge van trauma saamleef?<\/h4>\n<p>Gelukkig nie! Daar is \u2019n hele rits behandelingsopsies beskikbaar. Omdat die oorsaak fisiek sowel as sielkundig is, is dit wys om trauma op albei vlakke te hanteer.<\/p>\n<p>\u201cEk fokus die afgelope ses jaar sterk op liggaamsielterapie\u00eb wat awareness sowel as die liggaam by sielkundige behandeling inkorporeer,\u201d s\u00ea Eleen. \u201cDie liggaam is nie-verbaal en tap die onbewuste makliker. Dit bied onontginde deure na genesing en kan doeltreffend met sielkundige terapie gekombineer word. PTSS word gewoonlik van die kopkant en met medikasie behandel, maar wanneer medikasie jou laat ontspan, is dit op biochemiese eerder as sellul\u00eare vlak. Dit behandel slegs die simptoom.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die \u201critteltit\u201d<\/h4>\n<p>Een van die modaliteite wat Eleen gebruik is <strong>TRE <\/strong>of<em><strong> Tension Release Exercise<\/strong><\/em>. TRE is gegrond op die natuurlike reaksie van die bokkie wat die leeu raakgeloop, gevries en toe van die stres ontslae geraak het deur te sidder.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/verminder-trauma-met-tension-release-exercise-tre\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Verminder trauma met Tension Release Exercise (TRE)<\/a><\/p>\n<p>\u201cAlle soogdiere toon hierdie reaksie op trauma. Dis \u2019n ingebore oorlewingsrespons wat die senustelsel kalmeer en spierspanning verminder. Mense doen dit ook! Maar ons is sosiale wesens, en in \u2019n stadium het ons slegte konnotasies begin heg aan iemand wat skud en bewe. Dit maak ons ongemaklik; ons dink die persoon ly aan \u2019n toestand soos epilepsie, is \u2018swak\u2019, of het beheer verloor. Ons wil nie kwetsbaar voorkom nie &#8211; dis hoekom volwassenes nie graag voor ander huil nie.<\/p>\n<p>\u201cTRE is betreklik nuut. Dr. David Berceli, \u2019n internasionale kundige op die gebied van trauma-intervensie en konflikoplossing, het die terapie ontwikkel. Hy werk al dekades in gebiede waar oorlo\u00eb, natuurrampe en ander krisisse mense traumatiseer. Hy wou \u2019n tegniek beskikbaar stel wat in groot groepe gebruik kon word en nie opvolgbesoeke aan \u2019n terapeut sou noodsaak nie. TRE is sover doeltreffend gebruik onder soldate, noodwerkers, mense in sielkundige en ander hulpprofessies, onderwysers, gevangenes, mense met PTSS en atlete.<\/p>\n<p>\u201cVerstommend genoeg help dit met ou sowel as onlangse trauma. Dit werk ook vir sekond\u00eare trauma, soos wat dokters en ander mense in hulpprofessies beleef wanneer hulle met pasi\u00ebnte se trauma te doen kry.\u201d<\/p>\n<p>TRE vind in \u2019n veilige omgewing plaas, individueel of in groepe van \u2019n paar tot \u2019n paar honderd mense. Geen voorafkennis of spesiale klere is nodig nie. \u2019n Sessie behels strekoefeninge wat die liggaam opwarm en laat ontspan. Deelnemers gaan l\u00ea op die vloer en word gewys hoe om die natuurlike skudrefleks te aktiveer.<\/p>\n<p>\u201cDie onwillekeurige bewegings kan 15 tot 45 minute aanhou. Fasiliteerders kyk dat almal veilig bly, en kan byvoorbeeld iemand se kop vashou of drukking op hul voete plaas om die proses aan te help.\u201d<\/p>\n<p>Die \u201cbewerasie\u201d laat die greep van diepliggende spierkontraksies en strespatrone verslap, en verminder stres in die ruggraat, nek, skouers en\/of bekken. Wanneer spanning uit die liggaam vloei, registreer die brein minder pyn en vervaardig dit hormone wat genesing aanhelp.<\/p>\n<p>Mense se belewenis van TRE verskil. Soms is dit \u2019n neutrale ervaring, terwyl dit ander emosioneel kan raak. \u201cDikwels gebruik ons ons spiere onbewustelik om onaangename herinneringe te onderdruk. Wanneer die betrokke spiere ontspan, kan woede, hartseer of vrees na vore kom om vrygelaat te word. Emosies ontlaai in golwe; hulle kom en gaan, en die proses kan dan na \u2019n ander liggaamsdeel verskuif.<\/p>\n<p>\u201cAlles wat gedurende TRE beleef word, kom uit jouself en is versoenbaar met jou eie ego. Dis nooit asof iemand anders se <em>horror movie<\/em> hom voor jou afspeel nie. Die wonderlike is dat jy nie \u2019n traumatiese voorval hoef te herleef om die verligting te ervaar nie. Soms weet jy nie eens waaroor dit gaan nie.<\/p>\n<p>\u201cWanneer die tremoring iemand buite beheer laat voel, s\u00ea dit baie van hul behoefte om oral en altyd in beheer te bly. Indien jy kwetsbaar voel, is dit maklik om die skudbewegings te stop. Jy maak net jou bene reguit en sluit jou knie\u00eb, staan op en loop rond, of gaan eet iets. TRE-praktisyns leer mense om die skudrefleks maklik te aktiveer en ewe maklik te laat ophou. Verreweg die meeste mense vind TRE aangenaam en kalmerend en voel agterna uitstekend.<\/p>\n<p>\u201cNa raming is die ontlading tydens TRE 80% fisiek, 10% kognitief en 10% emosioneel. Omdat die meeste mense trauma uit hul kindertyd saamdra, beveel ek aan dat hulle TRE met sielkundesessies kombineer. Die ideaal is minstens ses weeklikse, individuele sessies, of anders groepsessies, waarna kli\u00ebnte tuis gereeld kan tremor om die voordele verder te ervaar.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat het TRE Eleen geleer?<\/h4>\n<p>\u201cEk doen dit al \u2019n paar jaar gereeld as \u2019n vorm van persoonlike ontwikkeling. Swaarkry het baie van ons geleer om ons van ons liggaam af te sny sodat ons minder pyn ervaar \u2013 ons vries. TRE nooi jou om weer jou hele liggaam te voel. Dit veroorsaak nooit pyn nie, <em>but it connects the dots<\/em>. Dis \u2019n langtermynproses &#8211; ek ontdek steeds nuwe lae van aliveness in my liggaam, en hoe helend dit is om volkome te kan ontspan. Gereelde TRE ontlont daaglikse stres, maak jou meer buigsaam en veerkragtig en bevorder innerlike vrede. Dit hoef nie veel tyd te neem nie; jy kan dit voor slaaptyd doen of direk n\u00e1 joga of \u2019n ander soort oefening.\u201d<\/p>\n<p>Trauma en stres kom ongenooid op ons pad, maar as ons weet hoe om ons liggaam se ingebore genesingsvermo\u00eb in te span, hoef ons nie daaronder te ly nie. Ons kan dit letterlik afskud!<\/p>\n<p>\u2022 Eleen Polson spesialiseer in kunsterapie en sielkundige terapie wat die liggaam betrek, en bied TRE- groepsessies: 072\u00a0212 1719, of <a href=\"mailto:eleen@polsons.info\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">eleen@polsons.info<\/a> asook <a href=\"http:\/\/www.creativelearning4life.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">creativelearning4life.com<\/a> of <a href=\"http:\/\/www.traumahelp.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">traumahelp.co.za<\/a><br \/>\n\u2022 Meer inligting oor TRE en plaaslike praktisyns by <a href=\"http:\/\/www.treforafrica.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">treforafrica.com<\/a><br \/>\n\u2022 Sien ook <a href=\"http:\/\/www.traumaprevention.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">traumaprevention.com<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ek het weer hoop<\/h4>\n<p>\u201cEk was in 2009 in \u2019n botsing betrokke wat my met \u2019n rugbesering \u00e9n getraumatiseer gelaat het,\u201d s\u00ea Santie Fourie (39). \u201cIn 2011 het iemand wat my motor nie raakgesien het nie een aand in my vasgery. Hoewel ek my sitplekgordel gedra het, het ek die windskerm met my kop gekraak. My nek, laerug en heup het seergekry. Ek was vasgekeer in die kar en moes uiteindelik aan die passasierskant uitgehelp word. Ek was histeries. Die mediese behandeling het verdere uitdagings ingehou.<\/p>\n<p>\u201cIn 2015 het ek as deel van die Padongelukkesaak \u2019n sielkundige gaan spreek en dit het geblyk dat ek erg depressief is. Die behandeling en \u2019n paar hipnoterapiesessies het my laat besef ek het ook bestaansreg &#8211; ek maak saak, al is ek bold of maak ek statements met my kleredrag.<\/p>\n<p>\u201cBy tye het ek steeds gevoel ek is nie goed genoeg nie, en \u2019n gesinslid se siekte het my laat besef hoe swak ek spanning hanteer. My werk verg fokus, en ek het net nie die krag gehad om w\u00e9\u00e9r \u2019n ongeluk of \u2019n krisis te verwerk nie. Dit was vir my \u2019n hopelose saak.<\/p>\n<p>\u201cVroeg in 2017 het ek iemand gaan soek om my te help. Sielkundige terapie by Eleen Polson wat tremoring insluit, het binne \u2019n paar sessies \u2019n reuseverskil gemaak. Ek is eintlik baie privaat en bou mure om my, maar ek kon myself toelaat om \u2019n veilige ruimte te betree.<\/p>\n<p>\u201cDie liggaamsdele wat die meeste geskud het, het verband gehou met die beserings. Dit was aan di\u00e9 kant van my lyf wat die minste beseer is en dus vir die beserings moes vergoed. Ek kon letterlik sien hoe TRE die balans in my liggaam herstel.<\/p>\n<p>\u201cMy liggaam het gou geleer ontlaai; ek kon die tremoring maklik tuis doen en was volkome in beheer. Maar die beste was die kalmerende uitwerking. Ek hoef nie meer te veg of te vlug nie. Ek voel rustiger, en praat selfs stadiger!<\/p>\n<p>\u201cEk kom hoe langer hoe meer met myself in aanraking, veral met die klein Santietjie in my. Situasies wat ek vroe\u00ebr as stresvol sou ervaar het, het nou \u2019n kleiner impak. Ek hoef nie meer alles te beheer nie, en kan dinge laat gaan. Ek sien my rol helderder \u2013 ek hoef nie ander se w\u00eareld namens hulle te maak werk nie.<\/p>\n<p>&#8220;Die eerste keer in jare voel ek ek sal kan terugbons as \u2019n uitdaging my tref. Al gebeur alles nie soos wat ek dit graag sou wou h\u00ea nie, sal ek dit maak. Ek voel ligter.<\/p>\n<p>\u201cVoorheen het ek aan my trauma probeer werk, maar eintlik het ek dit in file 13 ingedruk. Nou is ek besig met file 13. Ek was lank soekend; dalk is hierdie die antwoord wat al die punte bymekaar kan bring sodat ek vrede kan vind.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het jy geweet jy kan trauma letterlik afskud? Tension Release Exercise is nieindringend, natuurlik en tot almal se beskikking. Deur Mariette Snyman<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":70803,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[730,833,3784,5684,14912],"class_list":["post-70799","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-stres","tag-sielkunde","tag-vrees","tag-trauma","tag-spanning"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan trauma verwerk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan trauma verwerk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Het jy geweet jy kan trauma letterlik afskud? Tension Release Exercise is nieindringend, natuurlik en tot almal se beskikking. Deur Mariette Snyman\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-04-28T09:44:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan trauma verwerk\",\"datePublished\":\"2017-04-28T09:44:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/\"},\"wordCount\":2040,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg\",\"keywords\":[\"stres\",\"sielkunde\",\"vrees\",\"trauma\",\"spanning\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/\",\"name\":\"Jy kan trauma verwerk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg\",\"datePublished\":\"2017-04-28T09:44:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg\",\"width\":1000,\"height\":667,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-trauma-verwerk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan trauma verwerk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan trauma verwerk | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan trauma verwerk | rooi rose","og_description":"Het jy geweet jy kan trauma letterlik afskud? Tension Release Exercise is nieindringend, natuurlik en tot almal se beskikking. Deur Mariette Snyman","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-04-28T09:44:15+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":667,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan trauma verwerk","datePublished":"2017-04-28T09:44:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/"},"wordCount":2040,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg","keywords":["stres","sielkunde","vrees","trauma","spanning"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/","name":"Jy kan trauma verwerk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg","datePublished":"2017-04-28T09:44:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Meisie-stres-swart-en-wit-foto.jpg","width":1000,"height":667,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-trauma-verwerk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan trauma verwerk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70799","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70799"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70799\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70803"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70799"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70799"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70799"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}