{"id":7053,"date":"2012-09-10T00:00:00","date_gmt":"2012-09-09T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-man-met-die-sagte-oe\/"},"modified":"2017-05-09T11:36:26","modified_gmt":"2017-05-09T09:36:26","slug":"die-man-met-die-sagte-oe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/","title":{"rendered":"Die man met die sagte o\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Die vrou wat weerkaats word, is nie meer jonk nie, maar vreemdes skat nooit haar ouderdom reg nie. Dis net as sy vir Stefan, wat duidelik al oor die dertig is, as haar seun voorstel dat hulle met bespiegelende o\u00eb begin wonder hoe jonk sy was toe hy gebore is. Haar hare is nog \u2019n ryk heuningbruin kleur, haar vel redelik glad, en ondanks die swaarkry van die afgelope jare, het sy min plooie en haar figuur is nog so skraal soos toe sy so oud soos Stefan was.<\/p>\n<p>Maar Marina sien nie die uiterlike raak nie, sy soek daardie iets in haar waarop sy haar lewe lank staatgemaak het. Iets wat nou skynbaar ondergronds gegaan het &#8211; soos \u2019n mol wat in sy winterslaap weggeraak het. Wat gaan gebeur as daardie mol wakker word en \u2019n tonnel moet boor om uit te kom? Gaan dit te laat wees?<br \/>\n\u201cHou op soek na tekens en voorbodes! Geniet hierdie ding, Marina, dit is so presies reg vir jou. Jy is geregtig op geluk, moenie dit bederf deur allerhande voorspooksels te gaan uitkrap nie.\u201d Andri se woorde maak sin.<\/p>\n<p>Marina se intu\u00efsie is net daar om haar te waarsku, om geen ander rede nie. Dit is stil as dinge goed gaan. Die stemmetjie praat net as iets nie reg is nie, as sy kan voel dat \u2019n negatiewe ding gaan gebeur. Sy is selde verkeerd.<\/p>\n<p>\u201cJy en jou pessimisme,\u201d het Hans haar dikwels verwyt as sy hom gewaarsku het oor \u2019n ding. \u201c\u2019n Mens moet kanse waag &#8211; risiko\u2019s loop &#8211; dis waaroor die lewe gaan. Net omdat jou ellendige intu\u00efsie s\u00ea iemand is \u2019n skelm, beteken dit nie dis noodwendig waar nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar dit was so. En later het Hans haar al hoe meer kwalik geneem vir haar spoilsporthouding &#8211; alewig op soek na dinge wat kan skeefloop. Tot sy die dag gew\u00e9\u00e9t het hy verneuk haar. Haar vriendinne het uitgevra oor die tekens &#8211; die skielike mooi aantrek, geheime oproepe of flou verskonings van laat werk. Nee, daar was nie so iets nie, nie aan die begin nie, maar sy het gew\u00e9\u00e9t.<\/p>\n<p>En nou, op die vooraand, eintlik die voor uur van di\u00e9 groot ding wat oor haar pad gekom het, is die stemmetjie doodstil. Weg. Daar is net rustigheid en vrede in haar.<\/p>\n<p>\u201cEn dit, Marina Labuschagne, kan jy nie hanteer nie, n\u00e8?\u201d praat sy met haarself. \u201cGeluk is iets waarop jy nie gereken het nie &#8211; iets wat jy sal moet leer om te aanvaar.\u201d<\/p>\n<p>Onwillekeurig dink sy aan die eerste keer toe haar beroemde instinktiewe aanvoeling vir moeilikheid haar in die steek gelaat het.<\/p>\n<p>Dit was die dag van Tobie se troue op die plaas in die Vrystaat.<\/p>\n<p>Sy en haar sus, Andri, was destyds so opgewonde toe hulle saam verwag het en Tobie en Stefan weke uitmekaar gebore is. Ondanks die afstand tussen Johannesburg en die plaas naby Bethlehem, het die twee soos broers grootgeword en Marina was dankbaar vir Andri se kroos meisiekinders wat gevolg het, want Stefan het hul enigste kind gebly. Toe Tobie op drie en dertig aankondig dat hy gaan trou, was dit vanselfsprekend dat Stefan sy strooijonker sal wees en dat sy vir Andri met al die voorbereidings sal help. Die aanstaande bruid, Colette, kom van Springs af, het net \u2019n ma, en was bly toe Andri daarop aandring om die troue op die plaas te hou.<\/p>\n<p>Marina was dankbaar vir die werk wat Andri op haar gelaai het. Minder as twee jaar n\u00e1 die egskeiding was sy nog baie broos en moes sy steeds haar trane bly keer.<\/p>\n<p>Maar toe sy in die kerk langs Andri en swaer John sit, kon sy dit regkry om haar eie sinisme oor die liefde te vergeet en op die mooi jong mense, die blomme en die musiek te konsentreer.<\/p>\n<p>Sy het niks vermoed nie. Nie eers n\u00e1 die foto\u2019s geneem is en hulle aangestap het na die skuur wat John uitgewit en Andri versier het soos geen stadsbloemis haar dit sou kon nadoen nie. Sy het geen sweempie onheil aangevoel nie; gelag oor Andri se jongste dogter se vertelling van die dieet waarop haar ma hulle almal voor die troue gehad het, toe sy saam met Stefan die skuur instap waar die trougaste reeds aangesit het.<\/p>\n<p>\u201cMa &#8230; \u201d iets in Stefan se stem het al die antennas in haar binneste laat regop spring. Sy het verskrik vasgesteek, in die rigting gekyk waarheen hy beduie het, en gevoel hoe die bloed uit haar gesig loop.<\/p>\n<p>\u201cSit hier, Ma. Hy het ons nog nie gesien nie. Wag, ek bring water.\u201d<\/p>\n<p>Wat maak hy hier tussen h\u00e1\u00e1r mense? Dis h\u00e1\u00e1r suster se seun wat trou. Hulle sou nooit vir Hans genooi het nie. Nou wie het dan?<\/p>\n<p>En meteens skop haar intu\u00efsie in en daarmee saam styg die naarheid in haar op. Hans is deurmekaar met \u2019n bloedjong meisie. Iemand so oud soos Tobie se nuwe vrou. \u2019n Vriendin? Maar hy moes tog geweet het waarheen hy kom. Hy ken die plaas al jare lank. Hy het geweet hy gaan haar sien. Geweet hoe hy haar sal ontstel; haar sal verneder. Wat gaan sy doen? Haar o\u00eb flits heen en weer &#8211; sy vat die water by Stefan, maar voor sy kan sluk, sien sy hoe Hans opstaan en na haar toe kom.<\/p>\n<p>Nee! Sy wil hom nie sien nie! Suur brand in haar keel. Sy wil naar word. Sy staan so vinnig op dat haar stoel omval. Sy ignoreer die vraende gesigte wat na haar kant toe draai. Loop net. Eers op die stoep van die plaashuis gaan sy staan, haar asem so gejaagd soos daardie einste waghond in haar binneste wat nou moeg heen en weer teen die heining gehardloop is.<\/p>\n<p>Sy kan nie teruggaan nie. Die onmin tussen hulle brand nog in haar binneste. Sy is bang sy gaan iets vreesliks doen. Die mooi dag bederf. Sy moet wegkom. Nou.<\/p>\n<p>Toe sy uitkom met haar motorsleutels in haar hand, sien sy Hans en Stefan en John in die skuur se deur staan. Die waghond spring regop en wys sy tande. Woede maak rooi vlamme agter haar o\u00eb. \u2019n Oomblik oorweeg sy dit om soontoe te stap, maar sy draai weg in die rigting van die motorhuis. Nee, waarsku haar instinkte haar, nee.<\/p>\n<p>Bewend sukkel sy om die sleutel gedraai te kry, knars die motor in trurat en met o\u00eb wat dof is van ontsteltenis ry sy agteruit, draai die stuurwiel sodat sy vorentoe kan gaan, verby die plaat motors, tussen die laning bloekombome deur tot by die oop plaashek. Toe sy deur is, maak sy haar o\u00eb vir \u2019n oomblik toe.<\/p>\n<p>Toe sy hulle oopmaak, is die blou bakkie op haar. Sy ruk haar stuurwiel na links, die wiele draai vir \u2019n sekonde of twee onbeheers in die lug voor die motor teen die wal afgly en met \u2019n slag teen \u2019n boom tot stilstand kom. Marina se kop ruk vorentoe en stamp so hard teen die stuurwiel dat sy sterre sien.<\/p>\n<p>Iemand ruk haar deur oop, pluk aan die veiligheidsgordel en trek haar by die deur uit.<\/p>\n<p>\u201cVroumens, is jy orraait? Kan jy praat? Waar het jy seergekry?\u201d<\/p>\n<p>Toe sy op die grond sit met haar rug teen \u2019n boom, tref die skokgolwe haar en sy begin onbedaarlik bewe. Die man wat voor haar kniel, staan op en gaan haal \u2019n baadjie in sy kar en sit dit om haar. Die besorgdheid van sy hande wat die moue agter haar invou, sy sagte geprewel dat sy moet ontspan, haar nie moet bekommer nie, als sal regkom, is vir Marina een te veel en die wal breek. Hy gaan sit langs haar, styf teen haar met sy hande lossies tussen sy bene. Hy praat nie. Sy huil totdat haar keel rou is en sy sakdoek deurweek.<\/p>\n<p>\u201cEk &#8230; ek is jammer.\u201d Haar stem klink asof dit aan iemand anders behoort.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea niks nie, maar sy o\u00eb is sag en sy mondhoeke krul effens boontoe. Sy vee selfbewus oor haar gesig en hare en rem aan die rok wat oor haar knie\u00eb opgeskuif het. Stadig raak sy bewus van haar omstandighede. In die weste begin die son sak en \u2019n vlugtige blik op haar horlosie wys dat dit tien voor ses is. Die troue was vieruur, die fotosessie het sekerlik tot n\u00e1 vyf geduur, dus het daar beswaarlik \u2019n halfuur verloop sedert sy uit die skuur gestorm het.<\/p>\n<p>Dit voel veel langer.<\/p>\n<p>Sy wil wegkom. Hierdie man, wat sy van geen kant af ken nie, het haar weerloos en hulpeloos gesien. Wat moet hy van haar dink? Sy vermy sy gesig en sukkel om op te staan. Hy kom gemaklik orent en trek haar op. Die baadjie val van haar skouers af en hy buk om dit op te tel. Sy loer vlugtig na hom. Nie jonk nie, seker vyftig plus, sy hare gryserig, sy lyf stewig maar nie vet nie, sy arms gespierd en bruingebrand. \u2019n Boer waarskynlik. Iemand wat laat is vir die troue. En nou nog later gaan wees.<\/p>\n<p>\u201cEk is jammer,\u201d stamel sy weer, \u201cjy moet aangaan. Ek sal regkom.\u201d<\/p>\n<p>Sy lag is warm. \u201cNou hoe dink jy gaan jy hierdie kar van jou weer teen die wal opkry?\u201d<\/p>\n<p>Sy sien nou eers hoe haar rooi motortjie lyk en byt op haar lip om nie weer te huil nie.<\/p>\n<p>\u201cSo &#8211; die trane was nie oor die kar nie?\u201d vra hy met \u2019n glimlag in sy stem. \u201cWas dit my lelike gesig wat jou so ontstel het?\u201d<\/p>\n<p>Sy skud haar kop.<\/p>\n<p>\u201cKan jy my help om dit op die pad te kry?\u201d<\/p>\n<p>Hy klim in, en met bande wat pynlik skreeu, trek hy die motor tot langs sy bakkie. Die kar het \u2019n lelike duik voor, maar nadat hy onder die enjinkap ingekyk het, verklaar hy dat hy geen ooglopende skade sien nie. Sy glip langs hom verby, klim vinnig in en met \u2019n gesmoorde dankie trek sy weg. In die truspie\u00ebl sien sy hoe hy haar oopmond agterna kyk.<\/p>\n<p>Sy is donkeraand terug by haar huis in Craighall Park. Dit voel of sy \u2019n marathon gehardloop het en haar kop klop met \u2019n intensiteit wat gewone hoofpynpille glad nie verlig nie. Toe sy in die nag naar word en duiselig raak, bel sy haar huisdokter wat destyds vir Stefan in die lewe gehelp het. Hy kom haal haar en sy l\u00ea twee dae lank met harsingskudding in die hospitaal. Die pyn in haar kop, die naarheid en duiseligheid word beter, maar vreemde en ontstellende drogbeelde teister haar drome. Tussendeur draai \u2019n gesig met sagte o\u00eb en mondhoeke wat opkrul en \u2019n lag wat warm om haar vou.<\/p>\n<p>\u201cHoe kon jy tot in Johannesburg aangehou bestuur het?\u201d wil Andri weet.<\/p>\n<p>Sy weet nie. Sy onthou nie.<\/p>\n<p>Andri vertel dat John en Stefan vir Hans sommer dadelik gevra het om te loop. Hy het genoeg verstand gehad om vir sy jong poppie te beduie dat hy nie wel voel nie. Sy het agtergebly, en om alles te kroon, by Stefan aangel\u00ea sonder om te weet wie hy is.<\/p>\n<p>\u201cTobie en Colette het niks agtergekom nie, net gewonder wat jou skielik so olik gemaak het. Dit was vir hulle \u2019n mooi aand.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk is jammer as ek dit vir jou bederf het, Sus. Alles was so pragtig, en ek wou graag daar gewees het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAanvanklik was ek ontsteld, maar toe ek hoor van Hans, het ek verstaan. Ek het ook gedink die ongeluk kon nie te erg gewees het nie, ni\u00e9 as jy verder gery het nie. Toe ou dokter Bruwer bel, het ek my doodgeskrik.\u201d<\/p>\n<p>\u201cWie is die man wat my gehelp het?\u201d Sy probeer haar stem onge\u00ebrg hou en hoop dat Andri die blos op haar wange sal toeskryf aan die warm hospitaalkamer.<\/p>\n<p>\u201cEk ken hom nie. \u2019n Neef van Colette se ma. Hy was laat omdat hy verdwaal het &#8211; dankie tog daarvoor. Toe hy aankom was die toesprake aan die gang en hy het eers daarna vir John kom s\u00ea. Ek het hom gaan soek om verder uit te vra, maar hy het blykbaar nie lank gebly nie.\u201d<\/p>\n<p>Dan is dit soos dit is. Die man sal \u2019n vreemdeling bly.<\/p>\n<p>Vir \u2019n kort rukkie het hy haar getroetel en veilig laat voel, en waarskynlik bedwelm deur die hou teen haar kop, het sy haar verbeel hy gee om. Nie waar nie. Hy het nie eens die moeite gedoen om vas te stel wie sy is nie. Dalk is hy getroud? Buitendien kan \u2019n mens geen man vertrou nie. Sy luister na die stem in haar binneste wat haar moet verseker dat hy ook net \u2019n skurk is &#8211; maar daar is net stilte uit daardie sentrum vanwaar haar intu\u00efsie gewoonlik sy boodskappe stuur.<\/p>\n<p>Sy maak gebruik van John en Andri se aanbod om \u2019n paar weke in hul strandhuis op Glentana te gaan rus, en vertrek sommer \u2019n paar dae n\u00e1 sy uit die hospitaal gekom het met Stefan se motor. Haar eie is nog by die paneelklopper.<\/p>\n<p>\u201cEk kan \u2019n maatskappymotor gebruik, Ma. Ry net versigtig, bel dikwels en moenie weer teen walle afjaag nie.\u201d Sy kon geantwoord het dat sy dit net sal doen as sy weer in die arms van daardie man kan beland, maar het liefs niks ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>Die see en sy hipnotiese golwe boei haar ure lank. Sy sit op die houtdek van die huis in \u2019n stoel waar die blou kussings later die vorm van haar lyf aanneem en sy luister. Sy luister na die stemme van haar verlede, van haar kindertyd toe sy, die veeleisende middelkind, so dikwels teleurgesteld was as haar ouers \u2019n stokkie voor haar planne gesteek het. Later het sy geleer om ag te slaan op haar innerlike wete as di\u00e9 haar waarsku dat iets nie gaan uitwerk nie.<\/p>\n<p>Sy besef nou dat die negatiewe stemme wat sy aan aanvoeling of intu\u00efsie toegeskryf het, haar entoesiasme gedemp en haar oorversigtig gemaak het. Sy onthou die baie kere wat sy Hans se geesdrif gesmoor het en begryp vir die eerste maal hoe hy van haar vervreem geraak het. In die ingesteldheid op haar innerlike oor hoor Marina die fyn, maar dringende stem van haar gewete wat haar maan om te vergewe, om haar eie rol in die mislukking van hul huwelik te erken.<\/p>\n<p>En toe sy oplaas die genade van vergifnis ervaar, staan Marina op, en in die lig van die maan slaan sy haar arms om haar lyf en dans op die houtdek op die wysie van die musiek wat deur haar liggaam spoel. En sy wens dit was die arms van die man met die sagte o\u00eb om haar lyf.<\/p>\n<p>Twee dae n\u00e1 sy terug is, is daar \u2019n klop aan haar deur. Sy kook \u2019n dankie-s\u00ea ete vir Stefan vir die leen van sy motor en is besig om uie te kap. Sy maak die deur oop, haar o\u00eb rooi en tranerig, die mes nog in haar hand.<br \/>\n\u201cAg nee, huil jy al weer? Of steeds?\u201d<\/p>\n<p>Dis hy!<\/p>\n<p>Later, baie later, n\u00e1 baie ure se gesels, baie gelag en selfs weer \u2019n paar trane, het sy die hele verhaal gehoor.<\/p>\n<p>\u201cEk het Colette se ma beloof ek gaan troue toe, maar ek was amper nie daar nie, want die vrou aan wie ek verloof wou raak, het geweier om \u2019n \u2018simpel plaastroue\u2019 by te woon. Ons het gestry en ek is ontsteld daar weg. Toe ry jy my amper disnis, bars in trane uit en toe jy my sakdoek behoorlik nat gehuil het, staan jy op, kry my om jou kar uit te trek en woeps, weg is jy.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk was nie myself nie,\u201d verdedig Marina, \u201cmy harsings was losgeskud.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy het my behoorlik losgeskud.\u201d Skielik is sy stem ernstig. \u201cEk kon jou nie uit my gedagtes kry nie. Ek is terug na Charlene toe om dinge uit te praat. Ons het besef ons is nie vir mekaar bedoel nie. Dit het nie binne \u2019n dag gebeur nie, maar eers toe dit afgehandel is, het ek gevoel ek kan jou kom soek. Andri en John stuur groete en sy het \u2019n boodskap gestuur &#8211; iets van \u2018luister na jou goeie intu\u00efsie\u2019?\u201d<\/p>\n<p>Marina het \u2019n oomblik stilgestaan en geluister, maar daar was niks nie. Net \u2019n heerlike opwinding wat soos die note van \u2019n klaviersonate deur haar kop gedans het.<\/p>\n<p>En nou, hier voor die spie\u00ebl, enkele minute voor sy met die man met die sagte o\u00eb en die warm lag gaan trou, is die stemmetjie doodstil. Die stemmetjie wat haar oorversigtig gemaak het, altyd die negatiewe in alles laat raaksien het, is weg. Heeltemal weg.<\/p>\n<p>In haar kop is daar nou \u2019n ander wete, \u2019n sekerheid dat intu\u00efsie wat op die goeie dui, nie \u2019n stem het nie, maar \u2019n innerlike lied met \u2019n soet wysie is.<\/p>\n<p>Sy staan stadig op en met haar arms om haar lyf geslaan, haar o\u00eb toe en \u2019n glimlag op haar gesig, dans Marina op die maat van die musiek in haar siel by die deur uit tot by die man met die sagte o\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het haar intu\u00efsie haar nou finaal in die steek gelaat? Marina draai die ring om haar vinger om en om terwyl sy onsiende na haar beeld in die spie\u00ebl kyk &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":71385,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[99,1258],"class_list":["post-7053","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-verhale","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Het haar intu\u00efsie haar nou finaal in die steek gelaat? Marina draai die ring om haar vinger om en om terwyl sy onsiende na haar beeld in die spie\u00ebl kyk ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2012-09-09T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-09T09:36:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1113\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"14 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die man met die sagte o\u00eb\",\"datePublished\":\"2012-09-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T09:36:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/\"},\"wordCount\":2867,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/09\\\/man-mussie.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2012\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/\",\"name\":\"Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/09\\\/man-mussie.jpg\",\"datePublished\":\"2012-09-09T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-09T09:36:26+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/09\\\/man-mussie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2012\\\/09\\\/man-mussie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1113,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-man-met-die-sagte-oe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die man met die sagte o\u00eb\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose","og_description":"Het haar intu\u00efsie haar nou finaal in die steek gelaat? Marina draai die ring om haar vinger om en om terwyl sy onsiende na haar beeld in die spie\u00ebl kyk ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2012-09-09T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-09T09:36:26+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1113,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"14 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die man met die sagte o\u00eb","datePublished":"2012-09-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T09:36:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/"},"wordCount":2867,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg","keywords":["verhale","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2012","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/","name":"Die man met die sagte o\u00eb | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg","datePublished":"2012-09-09T22:00:00+00:00","dateModified":"2017-05-09T09:36:26+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/man-mussie.jpg","width":1000,"height":1113,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-man-met-die-sagte-oe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die man met die sagte o\u00eb"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7053","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7053"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7053\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/71385"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7053"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7053"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7053"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}