{"id":7052,"date":"2014-11-13T00:00:00","date_gmt":"2014-11-12T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/"},"modified":"2018-04-09T12:20:22","modified_gmt":"2018-04-09T10:20:22","slug":"tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/","title":{"rendered":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop"},"content":{"rendered":"<p>* Dis wetenskaplik bewys dat selfs gewigsverlies van so min as vyf persent jou bloedsuiker baie kan verlaag<\/p>\n<p>* &#8220;Sommige medikasie kan jou gewig laat aansit of verlies bemoeilik&#8221; &#8211; dokter<\/p>\n<p>* &#8220;As jy nie jou kop regkry nie, gaan behandeling nooit suksesvol wees nie&#8221; \u2013 sielkundige<\/p>\n<p><strong>Tipe 2-diabetes<\/strong> het \u2019n paar oorsake, maar oorgewig en onaktiwiteit is van die grootste aanleidende faktore. Enige oorgewig pasi\u00ebnt met tipe 2-diabetes (al is jy net effens plomp), sal daarby baat vind om \u2019n bietjie gewig te verloor. Navorsers s\u00ea selfs \u2019n skrale vyf persent-verlies kan \u2019n groot verbetering meebring.<\/p>\n<p>Die probleem is dat sommige van die beskikbare behandelings vir tipe 2-diabetes jou selfs gewig kan laat aansit of gewigsverlies bemoeilik. Dit breek pasi\u00ebnte se moed wat beteken dat hulle later selfs tou opgooi, gesondheidsgevare of nie.<\/p>\n<p>Dit lyk tog of daar nou uiteindelik \u2019n oplossing vir die probleem is. Die farmaseutiese maatskappy Lilly het \u2019n nuwe inspuiting, Byetta, op die mark wat die natuurlike hormoon GLP-1 naboots. (GLP-1 is \u2019n glukagon-tipe peptied 1 &#8211; \u2019n hormoon wat in die spysverteringskanaal vervaardig word).<\/p>\n<p>GLP-1werk op twee vlakke: Eerstens verbeter dit die funksie van beta-selle in die pankreas wat help om insulien te vervaardig, en tweedens het dit ook \u2019n uitwerking op alfa-selle wat glukagon produseer. (Glukagon is \u2019n hormoon wat in gesonde mense help om bloedglukose te balanseer).<\/p>\n<p>Die groot voordeel is dat GLP-1 die liggaam meer sensitief maak vir insulien.<br \/>\nHierdie inspuiting wat een keer per dag toegedien moet word, vertraag ook die beweging van kos deur die spysverteringskanaal en daarom voel jy voller vir langer. Dit het \u2019n invloed op die versadigingsentrum in die brein wat ook help om jou gouer en vir langer tydperke versadig te laat voel.<\/p>\n<p><strong>Hoekom is beheer van glukose so moeilik?<br \/>\n<\/strong><strong><br \/>\n<\/strong>Beta-selle wat insulien help vervaardig, sterf. Tot 65% van beta-selle in die pankreas gaan dood in pasi\u00ebnte met tipe 2-diabetes, s\u00ea prof. Juris Meyer, konsulterende internis en hoof van diabetesnavorsing van die St. Josef- universiteitshospitaal aan die Ruhr-universiteit, Bochum, Duitsland. \u201cSommige medikasie wat van beta-selfunksie afhanklik is, kan selfs die tempo verhaas waarin die beta-selle sterf.\u201d<\/p>\n<p>Medikasie wat aanvanklik baie doeltreffend is, help later nie meer nie.<br \/>\nGlukagon stimuleer die lewer om glukose vry te stel wanneer die glukose in die bloed te laag is. By tipe 2-diabete werk hierdie meganisme nie altyd so doeltreffend nie. Die glukagonvlakke bly hoog en stimuleer steeds die produksie van glukose &#8211; die bloedglukose bly dus hoog, selfs n\u00e1 \u2018n maaltyd.<\/p>\n<p>Dit lei daartoe dat ongeveer 43% van tipe 2-diabete nie gesonde bloedsuikertellings het nie. Namate die behandeling verskerp word, raak die risiko vir lae bloedsuiker (hipoglisemie) groter. Dit is gevaarlik en kan tot \u2019n koma en selfs breinskade lei.<\/p>\n<p><strong><br \/>\n<\/strong><strong>Die oplossing: <\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>Gewigsverlies sal alle aspekte van tipe 2-diabetes aansienlik verbeter en pasi\u00ebnte moet ondersteun word om dit te vermag. Dit beteken egter nie dat bestaande medikasie nie doeltreffend is nie. Metformin is steeds baie effektief en dit bly die eerste keuse van behandeling in pasi\u00ebnte wat dit goed hanteer.<\/p>\n<p><strong>Wat s\u00ea die dokter?<\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>Dr. Adri Kok, spesialis-internis van Johannesburg, het \u2019n besondere belangstelling in diabetes. \u201cDit kan baie frustrerend vir \u2019n dokter wees om \u2019n diabeet te help wat nie behandeling reg wil volg nie, veral omdat ons baie bewus is van die ernstige komplikasies wat dit op die lang duur het.\u201d<\/p>\n<p>Sy glo dokters moet besef \u2019n standaardbehandeling vir diabete werk nie. \u201cElke pasi\u00ebnt is anders en moet op sy\/haar eie behandel word.\u201d Sy is baie opgewonde oor die moontlikhede van GLP-1. Een van haar pasi\u00ebnte het al 35 kg afgeskud sedert sy met die medisyne begin het. Die medisyne het tot dusver baie ander pasi\u00ebnte ook gehelp en dit bly doeltreffendheid.<\/p>\n<p>Prof. Juris Meier sal graag pasi\u00ebnte so vroeg moontlik n\u00e1 diagnose op die nuwe medikasie wil plaas. \u201cHoewel die nuwe medikasie in enige stadium \u2019n effek sal h\u00ea, toon studies dat dit nog groter voordele inhou wanneer jy vroeg kan begin.\u201d Navorsing op diere dui daarop dat die medikasie selfs die verloop van diabetes kan vertraag. As hulle kan behandel word terwyl daar nog goeie beta-sel-funksie is, vaar pasi\u00ebnte n\u00f3g beter op die behandeling.<\/p>\n<p><strong>Wat s\u00ea die sielkundige?<\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>Diabetes is \u2019n balanseertoertjie met insulien aan die een kant en bloedglukose aan die ander kant, verduidelik Liane Lurie, \u2019n kliniese sielkundige van Johannesburg. En die sukses van die behandeling berus op jou ingesteldheid.<\/p>\n<p>Hierdie onlosmaaklike verbintenis tussen liggaam en gees is al in die antieke Griekse tyd deur Plato verkondig. \u201cDie grootste fout in die behandeling van siektes is dat daar dokters is vir liggaam asook dokters vir gees, hoewel die twee nie van mekaar geskei kan word nie.\u201d<\/p>\n<p>Gewigsverlies bly die beste wapen in hierdie stryd, maar sy glo dat wanneer daar \u2019n balans tussen die fisieke en sielkundige aspekte van diabetes is, mense meer geneig sal wees om behandeling getrou te volg. Omdat dit gewoonlik \u2019n groot leefstylverandering vereis, het dit \u2019n groot emosionele impak. \u201cTipe 2-diabete het baie berading nodig. Eerstens bepaal aanvaarding die sukses van die behandeling, maar dit verg ook heelwat motivering om die pasi\u00ebnte met hul nuwe lewenstyl vol te laat hou.\u201d<\/p>\n<p>As jy boonop die vrees vir inspuitings en gewigstoename byvoeg, wip die skaal baie keer na die verkeerde kant. Kos is ook \u2019n manier van troos en beloning. \u201cEk het pasi\u00ebnte wat getrou hul oefening doen en by hul dieet hou, maar dan hul goeie gedrag met \u2019n daaglikse boksie oliebolle beloon.\u201d<\/p>\n<p><strong>Hoekom is diabete soms traag om die verandering te maak? <\/strong><\/p>\n<p>Sommige pasi\u00ebnte weier om hul toestand te erken. Hulle voel die veranderinge is nie haalbaar nie en gooi dan tou op omdat die resultate nie onmiddellik sigbaar is nie. Ander voel weer hulle wil nie toelaat dat diabetes hul lewens beheer nie. Soms is dit bloot \u2019n geval van vuisvoos wees en net nie meer die energie het vir die lewenslange veranderinge wat diabetes vereis nie. Vrees vir baie lae bloedglukose (\u201chypo\u2019s&#8221;), kan ook behandeling bemoeilik.<\/p>\n<p><strong>Wat kan jou motiveer? <\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>-Familie en vriende is \u2019n groot steunpilaar en motiveerder.<br \/>\n-Hou boek van jou positiewe veranderinge, soos beter bloedsuikerbeheer en gewigsverlies.<br \/>\n-Kry berading.<br \/>\n-Glo dat goeie beheer van jou bloedsuiker jou in die toekoms gaan beskerm.<\/p>\n<p><strong>Wat s\u00ea die pasi\u00ebnt?<\/strong><br \/>\n<strong><br \/>\n<\/strong>\u201cEk verstaan hoe mense selfmoord kan oorweeg,\u201d vertel Liezel Botha oor haar desperaatheid en depressie weens tipe 2 diabetes. Sy was nie verbaas toe sy in haar laat dertigerjare agterkom dat sy tipe 2 diabetes het nie. Daar was immers \u2019n baie sterk familiegeskiedenis en haar pa en broers het almal nierversaking weens die siekte gehad. Toe sy die eerste simptome van moegheid, dorsheid en konstante urinering bespeur, het sy haar bloedglukose laat toets. \u201cEk was vasbeslote om alles in die stryd te werp om nie dieselfde pad as my pa en broers te stap nie. Ek wens net ek is vroe\u00ebr na \u2019n spesialis verwys.\u201d<\/p>\n<p>Ondanks Liezel se beste pogings het haar bloedglukose baie vinnig buite beheer geraak. Haar gemiddelde glukoselesing was tussen 18 en 22 mmol\/l. (Vir diabete moet dit tussen 4 en 7 wees.) Die konstante ho\u00eb bloedglukose het ook haar sig aangetas en dit was nie lank voordat sy permanent \u2019n bril moes begin dra nie.<\/p>\n<p>Liezel was oorgewig, sy het gedurig suiker in haar urine gehad en sy was meestal doodmoeg. Sy het \u2019n bestuursposisie by die werk, maar die geringste druk het haar onder gekry. \u201cDit het gevoel of my hele lewe besig is om onder my te verkrummel en ek was bitter teleurgesteld in myself dat ek nie my diabetes kon beheer nie.\u201d<\/p>\n<p>Die ergste was toe sy net meer as 2 jaar gelede haar bewussyn agter die stuur verloor het en teen 120 km per uur op die snelweg beheer oor haar voertuig verloor het. \u201cEk het myself byna afgeskryf .\u201d<\/p>\n<p>Sy is daarna na dr. Adri Kok verwys wat voorgestel het dat sy (onder seksie 21 en met spesiale toestemming van die Mediese Beheerraad), met die nuwe GLP-1-medikasie begin. Sy het aanvanklik met newe-effekte soos naarheid gesukkel, maar dit het binne \u2019n week verbeter en nou is sy \u2019n ander mens. \u201cEk is nie meer moeg nie, ek hoef my bril net in die fliek en vir oorhoofse projektors te gebruik en het vir die eerste keer normale bloedsuikervlakke. Ek verloor gewig en ek dra nou al \u2019n kleiner rokgrootte. Ek kan in die strate toyitoyi, so bly is ek oor die nuwe lewensgehalte! Die medikasie het ook my oormatige honger verbeter. Ek het voorheen \u2019n koorsagtige honger gehad wanneer ek soggens opstaan. Nou bestaan dit nie meer nie.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>* Dis wetenskaplik bewys dat selfs gewigsverlies van so min as vyf persent jou bloedsuiker baie kan verlaag * &#8220;Sommige medikasie kan jou gewig laat aansit of verlies bemoeilik&#8221; &#8211; dokter * &#8220;As jy nie jou kop regkry nie, gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12431,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[1554,1555,136,829],"class_list":["post-7052","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-wereld-diabetesdag","tag-oorgewig","tag-gesondheid","tag-diabetes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"* Dis wetenskaplik bewys dat selfs gewigsverlies van so min as vyf persent jou bloedsuiker baie kan verlaag * &#8220;Sommige medikasie kan jou gewig laat aansit of verlies bemoeilik&#8221; &#8211; dokter * &#8220;As jy nie jou kop regkry nie, gaan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-11-12T22:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T10:20:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"567\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop\",\"datePublished\":\"2014-11-12T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T10:20:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/\"},\"wordCount\":1431,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20129513717.jpg\",\"keywords\":[\"w\u00eareld diabetesdag\",\"oorgewig\",\"Gesondheid\",\"diabetes\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/\",\"name\":\"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20129513717.jpg\",\"datePublished\":\"2014-11-12T22:00:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T10:20:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20129513717.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20129513717.jpg\",\"width\":567,\"height\":425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose","og_description":"* Dis wetenskaplik bewys dat selfs gewigsverlies van so min as vyf persent jou bloedsuiker baie kan verlaag * &#8220;Sommige medikasie kan jou gewig laat aansit of verlies bemoeilik&#8221; &#8211; dokter * &#8220;As jy nie jou kop regkry nie, gaan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-11-12T22:00:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T10:20:22+00:00","og_image":[{"width":567,"height":425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop","datePublished":"2014-11-12T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T10:20:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/"},"wordCount":1431,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg","keywords":["w\u00eareld diabetesdag","oorgewig","Gesondheid","diabetes"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/","name":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg","datePublished":"2014-11-12T22:00:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T10:20:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20129513717.jpg","width":567,"height":425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tipe-2-diabetes-en-oorgewig-hiers-hoop\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Tipe 2-diabetes en oorgewig? Hier\u2019s hoop"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7052","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7052"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7052\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12431"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7052"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7052"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7052"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}