{"id":70509,"date":"2017-04-25T12:57:00","date_gmt":"2017-04-25T10:57:00","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=70509"},"modified":"2017-05-02T10:25:19","modified_gmt":"2017-05-02T08:25:19","slug":"downsindroom-n-huis-vol-liefde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/","title":{"rendered":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde"},"content":{"rendered":"<p>Toe ons in 2001 met Abri en Ansie\u00a0gesels het, was Jaco skaars ses maande oud. Sy sussies Ariana (toe 16), Liza (toe 13) en Anrie (toe 9) is vandag almal geoktrooieerde rekenmeesters. Ariana is met Werner Bornman getroud en het twee dogtertjies. Liza en haar man, Riaan Grassie, werk in Londen. Anri is 25 en sy en Jaco woon in hul ouerhuis.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/SKMBT_C35170117141300.pdf\">Lees die uittreksel wat in die Februarie 2001-uitgawe van rooi rose verskyn het hier<\/a>.<\/p>\n<p>\u201cOns is nie skaam om ons seun aan die w\u00eareld ten toon te stel nie,\u201d s\u00ea Ansie Cilliers trots. \u201cJaco is ten volle sosiaal aangepas, en \u2019n ware gelante heer te danke aan sy jare by Leeuwenhof Akademie. Hoofstroom <em>schooling<\/em> was beslis die beste vir ons kind. Hy kan homself in omtrent enige situasie handhaaf. Ten volle IT-geletterd kan hy \u2019n selfoon, iPad en skootrekenaar hanteer &#8211; hy gee selfs sy pa \u2019n paar lesse! Jaco is op sy gelukkigste as die gesin saamkuier of wanneer hy atletiek doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>So normaal moontlik<\/h4>\n<p>Ansie: \u201cOns het \u2019n vroe\u00eb intervensieprogram met Jaco gevolg. Vanaf 3 maande het hy intensiewe voedingsterapie, spraakterapie en neuro-fisioterapie gekry. Die sussies het elke week met groot afwagting deel geword van sy \u2018doelgerigte speel\u2019.<\/p>\n<p>\u201cOns het hom altyd so normaal moontlik behandel, as nog \u2019n kind wat net \u2019n bietjie meer sorg en aandag nodig gehad het. Hy het dieselfde voorskoolse speelgroep as Anrie bygewoon. Kleuterskool was \u2019n groter uitdaging, maar hy het gou sy plek in elke skool gevind.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl hy op skool was en ek en Abri werksverpligtinge moes nakom, het die meisies gehelp om hom te versorg. Jaco is bevoorreg om steeds twee oumas en \u2019n oupa te h\u00ea. Hulle het deur die jare tyd opgeoffer om ons te help as dit nodig was. Jaco gaan kuier nou by hulle, want al drie is diep in hul tagtigs.\u201d<\/p>\n<p>Ariana (32): \u201cJaco was nog altyd net een van ons. Al weet ons almal hy is anders, het ons hom nooit so behandel nie. Werner en Riaan het ook hegte verhoudings met hom. Jaco kon enigiemand wat deel geword het van ons lewens met sy glimlag oorrompel!\u201d<\/p>\n<p>Liza (30): \u201cJaco se sussies het rof met hom gespeel, hom geterg en lief gehad soos enige sussies teenoor \u2019n boetie. Jaco geniet dit om reg in die middel van \u2019n groot familiedrukkie te wees! As ons stoei, sit die man nie op die kantlyn nie. Hy het dit so geniet toe n\u00f3g boeties by ons aangesluit het. Hy braai graag saam met die manne en stuur sy sussies die huis in om alleen met die manne te kan kuier.\u201d<\/p>\n<p>Anrie (25): \u201cEk het Jaco se menswees nooit as enigiets anders as \u2018normaal\u2019 beleef nie. Ek het hom lief soos al my ander gesinslede.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_70571\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-70571\" class=\"size-full wp-image-70571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-liza-2.jpg\" alt=\"Downsindroom-\u2019n-huis-vol-liefde-liza-riaan-jaco\" width=\"448\" height=\"336\" \/><p id=\"caption-attachment-70571\" class=\"wp-caption-text\">Jaco, Riaan en Liza<\/p><\/div>\n<h4>Laerskooldae<\/h4>\n<p>Ansie: \u201cOns besluit was om Jaco na \u2019n gewone akademiese hoofstroomskool te stuur. N\u00e1 lang gebede het ons die skool genader waar ons drie dogters ingeskryf was, Leeuwenhof Akademie in Bedfordview. Die skoolhoof was versigtig optimisties maar het Jaco die kans gegee om deel te wees van \u2019n normale skoolgemeenskap.<\/p>\n<p>\u201cElke fase het nuwe uitdagings gehad, maar Jaco het ons elke jaar verras. Ons kon Jaco met sy eie onderwyshulp skool toe te stuur. Dit het almal gehelp om hom in \u2019n hoofstroomskool te akkommodeer.<\/p>\n<p>\u201cElke jaar was daar \u2019n onderwyseres wat aangebied het om Jaco in hulle klas te h\u00ea. Selfs in die ho\u00ebr grade was die skool, die kinders en onderwysers tegemoetkomend. Ons kan nie genoeg dankie s\u00ea nie; Leeuwenhof het Jaco gevorm.<\/p>\n<p>\u201cAkademiese was daar nooit druk dat Jaco alles moes kon doen wat sy klasmaats kon nie. Hy is toegelaat om homself te wees en op sy eie te vorder. Hy het ons almal verbaas met sy geheue en belangstelling in Wetenskap, Biologie en Geografie.<\/p>\n<p>\u201cDit sal \u2019n leuen wees om te s\u00ea daar was nie uitdagings nie, maar waar daar \u2019n wil is, is daar \u2019n weg. Geduld, dit is wat ek moes aanleer.<\/p>\n<p>\u201cTussen ander kinders het Jaco sy grootste lewenslesse geleer.\u00a0 Hoe om \u2018normaal\u2019 op te tree, in die skoolgemeenskap in te pas en te veg vir wat hy graag wou h\u00ea. Die kinders en onderwysers het geleer dat hy ook \u2019n plekkie in die gemeenskap verdien en dat hulle met \u2019n bietjie deduld en liefde \u2019n gestremde kon akkommodeer.<\/p>\n<p>\u201cAs hy \u2019n kans gekry het, was Jaco op die verhoog, mikrofoon in die hand. \u2019n Regte <em>showman<\/em>! Hy het almal elke jaar in die skoolkonsert laat huil omdat hy maar net nog \u2019n kind was wat op sy manier \u2019n bydrae kon maak. In graad 7 is hy as dirigent vir die interlaer-atletiekbyeenkoms gekies en hy het dit baie geniet!\u201d<\/p>\n<p>Anrie: \u201cDie hoogtepunt van Jaco se laerskooldae was vir my altyd die prysuitdeling: \u2019n tyd om te reflekteer oor wat hy daardie jaar bereik het, en om sy impak op ander se lewens te sien.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-70578 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-see.jpg\" alt=\"Downsindroom-\u2019n-huis-vol-liefde-jaco-see\" width=\"448\" height=\"252\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ho\u00ebrskool toe<\/h4>\n<p>Ansie: \u201cLeeuwenhof bestaan uit voorskool-, laerskool- en ho\u00ebrskoolkampusse. In graad 7 het Jaco na sy maats se debatte oor hul ho\u00ebrskoolkeuses geluister. Toe kom die groot vraag: \u2018Kan ek ook ho\u00ebrskool toe gaan?\u2019<\/p>\n<p>\u201cVir ons was dit vanselfsprekend en ons is nie teleurgestel nie. Saam met die hoofdespan is \u2019n plan uitgewerk. Die enigste voorwaarde was dat Jaco graad agt sou begin met \u2019n proeftydperk van drie maande. Die skoolhoof het voorgestel ons bel\u00ea in \u2019n gekwalifiseerde onderwyseres as Jaco se onderwyshulp. Onmiddellik het ek myself as hulp voorgestel. So het twee wonderlike jare begin.<\/p>\n<p>\u201cBy die skool mog ek nie sy ma wees nie. Ek was sy juffrou, maar ek moes \u2019n lae profiel handhaaf. Watter voorreg! Ek het die kurrikulum aangepas sodat Jaco net kon doen wat vir hom van waarde was en wat hy kon bemeester. Jaco het soveel geleer. Die wetenskappe en Geografie was sy gunstelinge, maar in Engels het die wonderw\u00eareld van die teater sy aandag gegryp. Ons moes opsluit Shakespeare se huis in Engeland besoek.<\/p>\n<p>\u201cOns het graad 8 en 9 op Jaco se vlak voltooi. Ons is nou klaar met formele skool, maar gaan voort met tuisonderrig. Jaco het einde graad 9 erekleure vir sport by die skool verwerf op grond van sy atletiekprestasies op Gauteng- en nasionale vlak. Dit was maklik sy trotsste oomblik.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-70575 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-oefen-e1493117215290.jpg\" alt=\"Downsindroom-\u2019n-huis-vol-liefde-jaco-oefen\" width=\"336\" height=\"448\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>\u2019n Gelukkige tiener<\/h4>\n<p>Ariana: \u201cJaco word hierdie jaar 17. Vir ons is hy \u2019n gelukkige tiener &#8211; as daar so iets bestaan! Hy het ook maar sy dae, wat verstaanbaar is. Vir ons dogtertjies, Ven\u00e9 (4) en Ava (1), is hy soos \u2019n ouer boetie wat lekker kan saamspeel en hulle liefkens kan terg.\u201d<\/p>\n<p>Liza: \u201cEk en Jaco het van kleins af \u2019n spesiale band en ek en Riaan behandel hom soos ons \u2018enigste kind\u2019 tot ons ons eie gesin begin. Wanneer ons in Suid-Afrika kuier, bederf ek hom. Sy gunstelingeetplek is &#8220;Five Guys&#8221;, ons plaaslike burgerrestaurant. Jaco geniet die lewe en hou daarvan om grappies te maak. Ek dink hy het dit by sy sussies geleer.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-70566 size-full\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-rest-e1493117265179.jpg\" alt=\"Downsindroom-\u2019n-huis-vol-liefde-five-guys\" width=\"448\" height=\"336\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Atletiek!<\/h4>\n<p>Abri: \u201cAan die begin van 2016 hoor ons die <em>Downs Assosiasie Tshwane<\/em> begin \u2019n sportklub. Opgewonde woon ons die vergaderings by.<\/p>\n<p>\u201cVroe\u00ebr het Jaco saam met sy maters aan atletiek deelgeneem, maar net in die naellope. Toe hy in 2016 begin oefen, het hy ons ongelooflik verras. Hy het \u2019n natuurlike talent om diskus te gooi.<\/p>\n<p>\u201cVir die meeste kinders met Downsindroom is gewigstoot nie moeilik nie, maar spiesgooi en diskus se tegniek is moeilik om aan te leer. Hy het die seuns aandagtig dopgehou en toe dit sy beurt is, gooi hy diskus soos \u2019n<em> pro<\/em>. Hy oefen graag en probeer sy afstande verbeter. Die spiesgooi is meer van \u2019n uitdaging, maar hy oefen baie hard.<\/p>\n<p>\u201cSy eerste amptelike deelname was in die Tshwane kwalifiserende byeenkoms vir verstandelik gestremdes. Daar is \u2019n aparte kode vir Downsindroom persone. Jaco is gekies om as deel van die Gautengspan aan die <em>South African Sport Association for the Intellectually Impared <\/em>(SASA II) se nasionale ouderdomsgroepkampioenskappe te Paarl in Oktober 2016 deel te neem. In die 0\/17 ouderdomsgroep het hy goue medaljes vir spiesgooi, gewigstoot en diskus gewen. Hy het ook bronsmedaljes gekry in die 100 m- en 200 m-naellope.<\/p>\n<p>\u201cJaco was saam met die volwasse manne in die aflosspan en sowaar, hulle kom toe tweede.<\/p>\n<p>\u201cDie atletiek hou ons nogal besig. Ons oefen weekliks in Pretoria by \u2019n afrigter, biokinetikus en Pilates-instruktrise. Al is dit harde werk, doen Jaco dit graag. Hy geniet dit ook om tussen ander mense met Downsindroom te wees. Hulle vorm vriendskappe wat baie vir hom beteken. Hy leer baie by die ouer mans en vroue. Dis ongelooflik om te sien hoe hulle sosiale strukture werk. Nes normale mense!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons beste raad<\/h4>\n<p>Ansie: \u201cMy beste raad aan mense met \u2019n baba met Downsindroom: Dis nie die ergste wat met jou kan gebeur nie. Geniet elke fase van jou kind se lewe, dis net nog \u2019n kind wat ouerleiding en liefde nodig het. Ja, daar kom moeilike tye, maar dit kan ongelooflik vervullend wees. Wees positief, stel doelwitte en werk om dit te laat waar word. Elke kind is uniek &#8211; nes jou normale kinders. Hulle moet blootgestel word aan \u2019n verskeidenheid aktiwiteite, sodat hulle kan weet waarvan hulle hou en waar die talent l\u00ea. Jaco is lief vir Afrikaanse musiek en sy kennis oor die sangers en liedjies is ongelooflik. Hy ken sy gunstelinge se lirieke uit sy kop, sing saam en dans tot hy natgesweet is. Anrie het hom geleer om behoorlik te sokkie en hy is nie skaam om \u2019n meisie te vra om te dans nie.<\/p>\n<p>\u201c<strong>Skoolraad<\/strong>: Probeer jou bes om jou kind in \u2019n hoofstroomskool te kry. Die sosiale groei is ongelooflik. \u2019n Onderwyshulp is aan te beveel, dit haal die druk van die onderwysers af en gee jou \u2019n daaglikse kommunikasievoordeel. Ons kinders gaan nooit Einsteins wees nie, maar hulle verbaas jou as hulle die geleentheid kry. Hulle hoef nie \u2019n kwalifikasie te kry nie, elke ding wat hulle leer is \u2019n bonus wat die pad vorentoe makliker maak.\u201d<\/p>\n<p>\u201cVerder moet jy maar jou sin vir humor behou, diep asemhaal, en \u2019n dik vel vir teenstand uit die gemeenskap kweek. Ons geloof het my en my gesin verseker ook gedra. Onvoorwaarlike liefde en groot geduld is aan te beveel. Moenie moed verloor nie &#8211; wanneer jy dit die minste verwag, verras hulle jou! As die gemeenskap sien jy aanvaar jou kind, sal hulle ook.<\/p>\n<p>\u201cElke gesin moet hul eie werkbare verhoudings skep, ook met jou ander kinders sodat jy hul belewing van hul gestremde<em> sibling<\/em> kan verstaan. Luister na hulle. Moenie dat die gestremde persoon alles oorneem nie.<\/p>\n<p>\u201cHou aan glo in jou kind. \u2018<em>Dedication and commitment<\/em>\u2019 is ons leuse. Moet niks begin wat jy nie beplan om af te handel nie. Geniet die reis!\u201d<\/p>\n<p>Liza: \u201c1 Kor. 13: Geloof, Hoop en Liefde. Die grootste hiervan is die liefde. Ons geloof in die Here se pad is wat ons deur die lewe dra. Ons weet Hy het Jaco met \u2019n doel aan ons geskenk. Ek het by Jaco geleer hoe om iemand onvoorwaardelik lief te h\u00ea, nes hy is.\u201d<\/p>\n<p>Anrie: \u201cLiefde is alles!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-70563 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-skiet.jpg\" alt=\"Downsindroom-\u2019n-huis-vol-liefde-skiet\" width=\"448\" height=\"336\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jaco se toekoms<\/h4>\n<p>Ansie: \u201cOns loop die pad in geloof en God maak nog altyd \u2019n venster oop as \u2019n deur toegaan. Solank hy die atletiek geniet, doen ons dit. Ons einddoel is om te probeer kwalifiseer vir die Trisomy Games vir Downsindroompersone, die ekwivalent van die Olimpiese Spele.\u201d<\/p>\n<p>Abri:\u00a0 \u201cJaco is so \u2019n talentvolle seun. Hy is \u2019n kranige gholfspeler wat dit geniet om saam met Pa en die seuns \u2019n rondte te speel, ook \u2019n goeie skut wat saam met Pappa teiken skiet by die jagklub.\u00a0 Eendag wil hy sy eie bok skiet. Hy versamel Nerf-gewere en is trots op elkeen wat hy self op die internet soek. Dan word Sus in Engeland ingespan om dit te koop.<\/p>\n<p>\u201cHy bou graag \u2019n kamp in die agterplaas: sit \u2019n tent op, tafels, stoele en elke ding, en dan nooi hy ons om saam te kom braai. Eers moet ons hom slaghuis toe neem vir \u2019n stukkie wors, maar hy is in beheer.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Toekomstige werksgeleentheid word nou deel van ons gesprekke. Hy het nog niks spesifieks in die oog nie. Hy hou van tuinmaak en ons help hom om \u2019n organiese groentetuin aan die gang te hou. Wie weet, dit word dalk \u2019n werksgeleentheid.<\/p>\n<p>\u201cJaco het sy ma se kunstalent ge\u00ebrf. Hy hou van teken en is mal oor skilder. Ansie leer hom die fyner punte van olieverf.<\/p>\n<p>\u201cWie weet waarheen sy lewe hom gaan neem? As hy droom, sal ons probeer om dit \u2019n werklikheid te maak.\u201d<\/p>\n<p>Liza: \u201cEk wens Jaco \u2019n onafhanklike lewe toe, waar hy soos enige ander mens kan doen waaroor hy passievol is en, wie weet, dalk \u2019n goeie lewensmaat vind en sy eie normaliteit skep. Ons sal altyd daar wees om hom te help, maar hy moet ook weet ons gun hom die lewe waaroor hy droom.&#8221;<\/p>\n<p>Anrie: &#8220;<em>The sky is the limit<\/em>. Hy is tot enigiets in staat.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In 2001 het Abri en Ansie Cilliers van Alberton met ons gesels oor hul besluit om hul babaseuntjie met Downsindroom te behou. Vandag is Jaco \u2019n aantreklike jong man en uitskiet-atleet. Sy ouers en drie ouer susters vertel hul storie. Saamgestel deur Mariette Snyman. Foto\u2019s verskaf.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":70562,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[134,834],"class_list":["post-70509","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-ouerskap","tag-kinders"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In 2001 het Abri en Ansie Cilliers van Alberton met ons gesels oor hul besluit om hul babaseuntjie met Downsindroom te behou. Vandag is Jaco \u2019n aantreklike jong man en uitskiet-atleet. Sy ouers en drie ouer susters vertel hul storie. Saamgestel deur Mariette Snyman. Foto\u2019s verskaf.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-04-25T10:57:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-05-02T08:25:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde\",\"datePublished\":\"2017-04-25T10:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-02T08:25:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/\"},\"wordCount\":2174,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/jaco-fam.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"kinders\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/\",\"name\":\"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/jaco-fam.jpg\",\"datePublished\":\"2017-04-25T10:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2017-05-02T08:25:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/jaco-fam.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/jaco-fam.jpg\",\"width\":640,\"height\":480,\"caption\":\"Downsindroom-gesin\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose","og_description":"In 2001 het Abri en Ansie Cilliers van Alberton met ons gesels oor hul besluit om hul babaseuntjie met Downsindroom te behou. Vandag is Jaco \u2019n aantreklike jong man en uitskiet-atleet. Sy ouers en drie ouer susters vertel hul storie. Saamgestel deur Mariette Snyman. Foto\u2019s verskaf.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-04-25T10:57:00+00:00","article_modified_time":"2017-05-02T08:25:19+00:00","og_image":[{"width":640,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde","datePublished":"2017-04-25T10:57:00+00:00","dateModified":"2017-05-02T08:25:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/"},"wordCount":2174,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg","keywords":["ouerskap","kinders"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/","name":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg","datePublished":"2017-04-25T10:57:00+00:00","dateModified":"2017-05-02T08:25:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/jaco-fam.jpg","width":640,"height":480,"caption":"Downsindroom-gesin"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/downsindroom-n-huis-vol-liefde\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Downsindroom: \u2019n huis vol liefde"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70509"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70509\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70562"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70509"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70509"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}