{"id":70371,"date":"2017-04-09T12:59:03","date_gmt":"2017-04-09T10:59:03","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=70371"},"modified":"2017-07-13T12:58:01","modified_gmt":"2017-07-13T10:58:01","slug":"monique-strydom-die-doel-die-storm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/","title":{"rendered":"Monique Strydom: die doel in die storm"},"content":{"rendered":"<p>Daar is niks in die w\u00eareld wat die trauma van \u2019n egskeiding kan versag en jou kan voorberei op jou stukkende hart, die pyn van die verwerping, die bitterheid van verraad en die verlies van drome nie.<\/p>\n<p>Vir Monique Strydom was die laaste jaar \u2013 alles wat ontbloot is en die egskeiding wat gevolg het &#8211; duisend keer erger as die gyselaarskap.<\/p>\n<p>Monique en haar man, Callie, het in 2000 Suid-Afrikaners se harte aangeraak toe Moslem-ekstremiste hulle en 19 ander mense op \u2019n Filippynse eiland gyselaar gehou het. Hulle is n\u00e1 vier spanningsvolle en traumatiese maande vrygelaat.<\/p>\n<p>\u201cMense was geskok toe ons sewentien jaar later skei, veral n\u00e1 alles waardeur ons is. \u2019n Mens sou dink dit het ons nader aan mekaar gebring. Dit het. Die gevangenskap het ons afhanklik van mekaar gemaak. Ons het mekaar nodig gehad om te oorleef. Ons toewyding om na mekaar om te sien en vir mekaar die beste in \u2019n slegte situasie te maak was \u2019n wonderlike soort nabyheid. Ons het in die natuurlike man\/vrou-rol ingegaan. Daar was \u2019n afhanklikheid van mekaar sonder invloede van buite; \u2019n ongekende geborgenheid en heldeverering; \u2019n omgee; \u2019n afwesigheid van die dinge wat mense van mekaar laat wegdryf; \u2019n fokus op dit wat belangrik is.\u201d<\/p>\n<p>Maar eintlik het hulle hul in \u2019n onwerklike situasie bevind, s\u00ea sy.\u00a0Hul grootste uitdaging was die terugkeer na die werklikheid.<\/p>\n<p>\u201cDit het \u2019n valse verwagting by my geskep dat ons mekaar, ondanks uitdagings, altyd sal steun. Dit was \u2019n groot ontnugtering om te besef dat daar nie meer \u2019n \u2018ons\u2019 is nie, maar dat dit \u2018ek\u2019 gedrewe was \u2013 en dat ek ook daardie houding moes aanneem om te oorleef.<\/p>\n<p>\u201cMet een ontdekking verander jou paradys in \u2019n verlate woestyn met \u2019n sandstorm wat jou oorval, jou lewe uitsuig, verblind, hoop laat verloor. Dan gaan l\u00ea die wind en die sand val liggies terug in klein hopies \u2013 en jy leef nog. Op jou knie\u00eb, verwaai en verwilderd, en toe jy die sand uit jou o\u00eb vee, het die landskap om jou verander. Niks is meer dieselfde nie. Maar jy het oorleef en jy is nog jy. Die lug is weer blou en jy weet alles gaan weer beter word.\u201d<\/p>\n<p>Dit is vir haar moeilik om te aanvaar wat gebeur het.<\/p>\n<p>\u201cMet ons gyselaarskap was die oortreders wildvreemdelinge met wie ek geen verhouding gehad het nie, en ek het geweet hulle gee nie werklik vir my om nie. Dit was maklik om jou van hulle en hul dade af te sny. Ek het ook presies geweet wat hul einddoel was, wat dit makliker gemaak het om die situasie te hanteer.\u201d<\/p>\n<p>Vir haar was dit heeltemal anders toe haar \u201cvyand\u201d skielik die een is wat veronderstel is om haar geborge te laat voel, wat haar belange op die hart moet dra en wat trou en lewenslange liefde aan haar gesweer het.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nuwe-begin-na-hartseer\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Nuwe begin na hartseer<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Waar ek nog die gyselaarskap kon beredeneer en probeer verstaan, was ek verlede jaar in \u2019n situasie waar niks sin gemaak het nie.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Hulle s\u00ea vir vroue is geborgenheid die heel belangrikste faktor in \u2019n verhouding; dat iemand vir jou omgee, vir jou sal intree, jou sal beskerm. Dit is vreeslik om daardie geborgenheid van 33 jaar skielik te moet bevraagteken \u00e9n te verloor.\u201d<\/p>\n<p>Dit was nie die fisieke pyn wat haar noodwendig so seer gemaak het nie, dit was die geestelike pyn wat veroorsaak is deur die onregverdigheid van die situasie en die algehele onredelikheid.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n jaar van geweldige introspeksie en myself weer vind. Baie dae was dit moeilik, veral as jy in jouself begin twyfel en baie van die skuld op jouself laai. Maar dit gaan beter word. Dit gaan nie vir ewig sleg bly nie. Ek sal herstel en rustigheid sal kom.\u201d<\/p>\n<p>Deur die jare het sy as motiveringspreker vertel van die uitwerking van trauma.<\/p>\n<p>\u201cDit louter jou, vorm jou, en maak jou bewus van wie jy is en wat jy glo. Soms kan jy nie die situasie verander nie en moet jy jouself uitdaag om te verander. Ek is \u2019n \u2018redder\u2019. Ek moes aanvaar dat ek nie altyd almal kan red nie en dat ander ook verantwoordelikheid vir hul dade moet aanvaar. Ek het geleer om te aanvaar as \u2019n situasie nie op my manier opgelos gaan word nie, en dat jy soms \u2019n ander oplossing moet soek.\u201d<\/p>\n<p>Sy het baie uit die filosofie van die psigiater Viktor Frankl geleer. Sy weet sy kan kies of die situasie haar gaan onderkry of nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cAl is die situasie pynlik, kan jy kies om in die seer &#8211; en uiteindelik selfhaat en onvergifnis &#8211; te bly, of jy kan die tragedie in \u2019n persoonlike oorwinning verander.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy het geleer dat daar dikwels goed met jou gebeur wat niks met jou keuses te doen het nie. In 2000 het sy en Callie besluit om op \u2019n eiland te gaan duik. Terroriste het gekies om die mense op daardie eiland te ontvoer. Skielik was hulle oor ander se keuses in \u2019n situasie waar hulle nie wou wees nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het ook uit my egskeiding geleer dat jy nie verantwoordelik gehou kan word vir ander se keuses nie. En dat jy ook nie skuld vir hul keuses moet aanvaar nie. Ek dink dit is nogal iets waaraan vroue moet werk \u2013 veral as daar heeltyd skuldverskuiwing is. As \u2019n man probleme by sy werk het en hy kom huis toe, drink en rand sy vrou aan, is die optrede sy keuse, nie hare nie. Ongelukkig is daar baie vroue wat die skuld op hulle neem, wat dink hulle is nie goed genoeg nie en daarom word hulle gestraf.\u201d<\/p>\n<p>Dit was \u2019n moeilike les, maar sy het uit die gyselaarskap en egskeiding geleer dat jy nie op die mens moet staatmaak nie, maar op God alleen.<\/p>\n<p>Sy wens daar was \u2019n boek wat \u2019n mens kon help om deur \u2019n egskeiding te gaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cSeker die grootste motivering vir aangaan, is dat jy nie \u2019n keuse het nie \u2013 veral as jy nog \u2019n afhanklike kind het.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy het deur al die fases van egskeiding gegaan. Soos baie vroue het sy deur ontkenning gegaan en die waarskuwingstekens ge\u00efgnoreer omdat sy nie die waarheid wou glo nie. Daarna het woede gevolg.<\/p>\n<p>\u201cBaie vroue besluit om die een te laat gaan ter wille van \u2019n vreedsame oplossing, of om die kinders te beskerm. Daar waar daar verraad gepleeg is, of onregverdigheid is, kan die woede nog groter wees en baie langer aanhou.\u201d<\/p>\n<p>Die onderhandelingsproses n\u00e1 \u2019n egskeiding kan uitputtend wees en daar is baie donker oomblikke.<\/p>\n<p>Sy het gesukkel met depressie, slaaploosheid en soms wou sy nie meer leef nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cByna al die geskeide vroue met wie ek die afgelope tyd gepraat het, het erken dat hulle in een of ander stadium gewens het hulle was dood &#8211; of hul eggenoot sterf.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sy het mettertyd by aanvaarding gekom. Haar sielkundige se raad dat sy nie verantwoordelikheid en skuld vir ander se optrede kan aanvaar nie, het baie gehelp.<\/p>\n<p>\u201cAs jy aanvaar dat dit jou skuld is, verval jy in \u2019n bose sirkel van skuld, en dan onvergifnis vir jouself, en dan selfhaat en dan verloor jy hoop. Die ander wyse raad van \u2019n vriend was dat ek my fokus moet verander van \u2018ons\u2019 na \u2018ek\u2019 \u2013 omdat daar nie meer \u2019n \u2018ons\u2019 is nie. Dit was moeilik maar sy raad was sinvol. As \u2018ek\u2019 nie kan <em>cope<\/em> en fokus en gesond is nie, kan ek ook nie my kind help nie.\u201d<\/p>\n<p>Fisieke en geestelike heling is ook \u2019n proses. Die spanning het \u2019n geweldige impak op haar lyf gehad.<\/p>\n<p>\u201cMy liggaam het homself vergiftig en ek het soveel pyn in my gewrigte gehad dat ek in \u2019n stadium nie iets kon vashou nie. Ek kon nie slaap nie en dit het die situasie vererger. Ek en my dokter het \u2019n lang gesprek oor vrees gehad, en wat vrees alles aan jou liggaam doen. Dit is alles genees deur wilsbesluite en die oorwinning van daardie vrees.\u201d<\/p>\n<p>Finansi\u00eble vrees was vir haar erg. Sy het besef sy kan nie \u2019n verband kry nie omdat sy nie \u2019n vaste inkomste het nie. Daar was baie uitdagings, maar sy glo die Here voorsien, en namate haar vrees verdwyn, gaan deure oop.<\/p>\n<p>Iemand het vir haar ges\u00ea met \u2019n egskeiding treur jy nie net oor die verlies van \u2019n mens nie, jy treur ook oor die verlies van \u2019n droom. Op jou troudag staan jy daar met die droom om eendag saam oud te word.<\/p>\n<p>&#8220;Natuurlik weet almal dat die huwelik nie net maanskyn en rose is nie en dat jou droom dalk \u2019n skewe draaitjie loop voor hy weer waar word. Jy leer dat mense \u2013 jy ook &#8211; foute maak en verander en moet aanpas.&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Die tragedie l\u00ea nie daarin dat foute gemaak word nie, maar dat daar nie \u2019n wil is om reg te maak nie &#8211; om die droom enduit te sien nie.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-ander-nadraai-van-egskeiding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Die ander nadraai van egskeiding<\/a><\/p>\n<p>Die egskeiding was vir hul seun, Luke, nie maklik nie.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig is daar niks wat \u2019n mens kan s\u00ea of doen wat dit vir \u2019n kind makliker maak nie. Die trauma is onbeskryflik groot. Hy het nie net sy gesin verloor nie maar ook sy heldeverering vir sy pa en dit in die sensitiewe tienertyd waar hy juis \u2019n sterk manfiguur moes h\u00ea. Hy wou lank nie \u2019n verhouding met sy pa h\u00ea nie en die trauma het ook \u2019n moeilike skooljaar tot gevolg gehad. Maar die Here het die afgelope jaar ongelooflike manlike rolmodelle op sy pad gesit \u2013 geestelike mentors, manne wat hom met sy sport gehelp het, wat gehaltetyd saam met hom deurgebring het.\u201d<\/p>\n<p>Sy wou nooit kinders gehad het nie, maar toe sy met die gyselaarskap in lewensgevaar was, het sy \u2019n kind begin begeer. Sy is dankbaar vir die pragtige seun wat uit hul huwelik gebore is.<\/p>\n<p>\u201cDie verantwoordelikheid om na hom om te sien en seker te maak dat sy lewe so normaal moontlik kan aangaan, was vir my die afgelope jaar \u2019n groot motivering. Hy het my ook ongelooflik bygestaan. Baie dae was dit net \u2019n drukkie of \u2019n \u2018<em>I luv you<\/em>\u2019 maar dit het \u2019n groot verskil gemaak. Hy het vir Moedersdag (toe sy sakgeld op was) vir my \u2019n bottel parfuum gemaak met die oulikste gebruiksaanwysings daarby. Dit was sterk genoeg om die sinusse skoon te maak maar dit is met soveel liefde en tyd gedoen dat dit nou nog \u2019n ereplek in my kassie het.\u201d<\/p>\n<p>Sy erken dat sy baie dae hoop wou opgee, dat sy getwyfel het oor \u2019n goeie uitkoms, dat sy opgehou bid het.<\/p>\n<p>\u201cEk het eendag vir \u2019n vriendin ges\u00ea dit voel of ek gefaal het oor my ongeloof. Haar woorde was dat God my hart ken en Hy weet ek kry swaar en dat ander vir my op daardie oomblik intree.\u201d<\/p>\n<p>Haar hartsmense, familie en vriende het \u2019n laer om haar getrek. Omdat sy en Callie vanwe\u00eb die gyselaarskap bekend is, het mense op sosiale media kommentaar gelewer op die egskeiding en baie keer was dit skerp en kwetsend.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens verstaan nie altyd die doel nie \u2013 maar jy moet weet dat alles in jou lewe \u2019n reis is en jy moet op daardie reis leer en groei. Moet ook nooit vergeet dat jou stryd nie teen vlees is nie maar teen die gees. Die vyand is daarop uit om te steel en hy steel daar waar hy kan. Jy kan nie toelaat dat die vyand jou geluk en jou hoop en jou toekoms kom steel nie.\u201d<\/p>\n<p>As gelowige weet sy God wil nie h\u00ea dat \u2019n huwelik verbrokkel nie.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jou-kind-en-egskeiding\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Jou kind en egskeiding<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201c\u2019n Mens probeer jou huwelik red as jy kan \u2013 maar daar moet \u2019n wil van albei kante wees. Jy moet ook weet wanneer dit tyd is om klaar te maak en die huwelik nie meer in God se wil is nie.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Baie mense het haar en Luke n\u00e1 die egskeiding bygestaan. Daar was mense wat met praktiese goed gehelp het en mense op wie se skouer sy kon huil.<\/p>\n<p>\u201cEk het die afgelope jaar weer besef dat \u2019n mens nie alleen deur trauma kan gaan nie.\u201d<\/p>\n<p>Uit haar hartseer het \u2019n nuwe droom ontstaan. Sy is in die proses om \u2019n organisasie genaamd Mira te stig.<\/p>\n<p>\u201c\u2018Mira\u2019 kom van die Italiaans wat \u201cwonderwerk\u201d beteken. Die afgelope jaar het ek ongelooflike wonderwerke ervaar en vele vroue het my gekontak en hul stories met my gedeel. Ongelukkig is baie van die stories baie hartseer. Dit het my net laat besef dat daar soveel vroue is wat seer is en steeds seerkry. Soos ek die facebook-boodskappe gelees het, het God my herinner aan \u2019n opdrag jare gelede waarin Hy vir my ges\u00ea het ek gaan \u2019n <em>healing retreat<\/em> vir vroue begin.\u201d<\/p>\n<p>Sy het besluit om haar ervaring te gebruik om ander vroue te help. Sy vat hande met wonderlike vroue wat almal iets wil bydra om vroue in te lig en te help.<\/p>\n<p>Sy was bang dat die egskeiding haar finansies so sou raak dat sy nie meer aandag aan haar liefdadigheidsorganisasie, <em>Matla A Bana \u2013 A voice against child abuse<\/em>, kan gee nie. Sy het die organisasie 15 jaar gelede begin.<\/p>\n<p>\u201cMaar God het ons ongelooflik gese\u00ebn. Die laaste jaar was een van ons suksesvolste en ons kon duisende mishandelde kinders help.\u201d<\/p>\n<p>Sy kon ook die afgelope jaar tyd bestee aan haar motiverings-praatjies oor trauma en hoe om dit te oorkom. Haar boodskap het n\u00e1 haar egskeiding dieper betekenis gekry.<\/p>\n<p>Die vergifnisproses n\u00e1 die egskeiding is vir haar moeilik.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vergifnis-die-enigste-genesing-vir-n-tragedie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Vergifnis, die enigste genesing vir \u2019n tragedie<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>&#8220;Ek sal eerlik wees \u2013 die vergifnisproses teenoor die ontvoerders was baie makliker as die proses waardeur ek die afgelope jaar moes gaan.&#8221;<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Hulle was nie mense wat naby aan my was of van wie ek \u2019n verwagting gehad het nie. So drie jaar terug het ek ook deur \u2019n dieper seer gegaan en ek was juis in daardie stadium besig om vir Vrygekoop oor vergifnis te skryf. Dit was daar wat ek besluit het dat ek moet vergewe \u2013 omdat ek moet toepas wat ek vir ander preek!\u201d<\/p>\n<p>In die stadium is vergifnis vir haar nog \u2019n werkende proses \u2013 nie net teenoor Callie nie, maar ook teenoor haarself.<\/p>\n<p>\u201cWat ek wel weet, is dat vergifnis nie beteken dat jy saamstem met iemand anders se dade nie. Ek weet ook dit beteken nie dat jy weer die verhouding moet optel nie. En laastens dat jy moet vergewe om jou vry te maak van daardie persoon.\u201d<\/p>\n<p>Trauma het nie verander wie sy inherent is nie, s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Die Monique van my jongdae, Monique die gyselaar en Monique die geskeide is steeds dieselfde Monique. Ek glo dat alles met \u2019n doel gebeur. Jy sien die doel nie in die storm nie, maar dit sal eendag vir jou sin maak.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om weer op te staan n\u00e1 haar huwelik verbrokkel het, was vir Monique Strydom \u2019n pynlike leerproses waarmee sy ander vroue wil help. Deur Martie Swanepoel. Foto deur Johan Wilke<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":70372,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[5684,23450,24339,241,831,832,833,1112,1387,1520,2053,2440,3784],"class_list":["post-70371","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-trauma","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-depressie","tag-verhouding","tag-egskeiding","tag-sielkunde","tag-tussen-ons","tag-celebs","tag-pyn","tag-huwelik","tag-slaaploosheid","tag-vrees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Om weer op te staan n\u00e1 haar huwelik verbrokkel het, was vir Monique Strydom \u2019n pynlike leerproses waarmee sy ander vroue wil help. Deur Martie Swanepoel. Foto deur Johan Wilke\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-04-09T10:59:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:58:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Monique Strydom: die doel in die storm\",\"datePublished\":\"2017-04-09T10:59:03+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:58:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/\"},\"wordCount\":2494,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Monique-Strydom.jpg\",\"keywords\":[\"trauma\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"depressie\",\"verhouding\",\"egskeiding\",\"sielkunde\",\"tussen ons\",\"celebs\",\"pyn\",\"huwelik\",\"slaaploosheid\",\"vrees\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/\",\"name\":\"Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Monique-Strydom.jpg\",\"datePublished\":\"2017-04-09T10:59:03+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:58:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Monique-Strydom.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/04\\\/Monique-Strydom.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1500,\"caption\":\"Foto: Johan Wilke\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/monique-strydom-die-doel-die-storm\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Monique Strydom: die doel in die storm\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose","og_description":"Om weer op te staan n\u00e1 haar huwelik verbrokkel het, was vir Monique Strydom \u2019n pynlike leerproses waarmee sy ander vroue wil help. Deur Martie Swanepoel. Foto deur Johan Wilke","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-04-09T10:59:03+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:58:01+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1500,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Monique Strydom: die doel in die storm","datePublished":"2017-04-09T10:59:03+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:58:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/"},"wordCount":2494,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg","keywords":["trauma","entertainment","local celebs","depressie","verhouding","egskeiding","sielkunde","tussen ons","celebs","pyn","huwelik","slaaploosheid","vrees"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/","name":"Monique Strydom: die doel in die storm | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg","datePublished":"2017-04-09T10:59:03+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:58:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/Monique-Strydom.jpg","width":1000,"height":1500,"caption":"Foto: Johan Wilke"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/monique-strydom-die-doel-die-storm\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Monique Strydom: die doel in die storm"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70371","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70371"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70371\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/70372"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70371"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70371"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70371"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}