{"id":7037,"date":"2014-09-04T10:09:00","date_gmt":"2014-09-04T08:09:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/"},"modified":"2018-04-09T10:49:34","modified_gmt":"2018-04-09T08:49:34","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-39","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Media-sirkus<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die media juig oor die intuimel van die EMKO-kaartehuis en die koerante vlieg van die rakke af. Hul voorblaaie lees soos speurverhale. Ondersoekende en sake-joernaliste skarrel om die legkaart van die skandaal te ontrafel en dan weer die stukkies inmekaar te pas.<\/p>\n<p>Konrad Burger se val as finansi\u00eble bestuurder van die internasionale myngroep speel \u2019n hoofrol in die stories. Een voorblad basuin uit: \u201cDie man wat eens skouers geskuur het met die minister van finansies en die hoof van die Reserwebank sterf tragies in die tronk in Dubai. Keelafgesny\u2026\u00a0Nog een verlustig hom hoe Konrad hom met die \u201cdom blondine\u201d misgis het en toe al die tyd in die arms van \u2019n gedugte internasionale spioen beland het: \u201cOntroue Konrad loop sy rieme styf met spioen!\u201d Konrad se reeks skandalige <em>affairs<\/em> word ontbloot en almal wat \u2019n vendetta teen hom het, of kitsroem soek, word aangehaal. Selfs Erna se vorige hokkiejuffrou vertel tranerig haar storie! Konrad het haar glo openlik uitgelok\u2026<\/p>\n<p>Tot Liesl se verligting het Henk haar en die kinders betyds gewaarsku om hul Facebook-blaaie tydelik te sluit sodat nuuskieriges nie nog meer in hulle lewens kan krap nie. Die pers plaas wel \u2019n paar foto&#8217;s van Liesl se laaste uitstalling en een van haar en Konrad wat \u2019n paar jaar gelede by \u2019n EMKO-funksie geneem is: \u201cDie Bruger-egpaar in gelukkiger dae,\u201d lees die onderskrif wat Liesl sinies laat lag want sy weet van beter. Trouens, toe die foto geneem is, was Konrad reeds besig met sy vierde <em>affair<\/em>\u2026 of was dit sy vyfde? Liesl kan of wil nie eens probeer onthou nie. Genadig gee die meeste koerante min aandag aan haar en die kinders aangesien die res van die storie soveel meer sensasie het.<\/p>\n<p>Elize-Mari Maree, bekroonde omgewingsbewaringsjoernalis van Dagblad en EMKO stamp al jare koppe. Sy het al onthul dat hulle sogenaamde \u201cgroen\u201d beeld wat aan hulle \u2019n plekkie op die aandelebeurs besorg het, nie so \u201cgroen\u201d is nie. Als net skyn, het sy geskryf: \u201cDie myngroep wat hulle so beywer vir die behoud van die vo\u00ebllewe in Mpumalanga is eintlik besig om die hele gebied rondom die Krugerwildtuin om te dolwe vir swart goud\u2026\u201d Het een van haar bekroonde berigte oor EMKO gelui. Die huidige gebeure gee haar die kans om haar koerant se lesers te herinner dat al die beweringe wat sy deur die jare gemaak het, waar was.<\/p>\n<p>Haar kollega, ondersoekende joernalis, Johan Duvenhage, het \u2019n gebiedsvoordeel omdat hy en Emily reeds oor die EMKO-drama begin gesels het voor die renosterprojek. Hy en Elize-Mari skryf \u2019n paar koerantblaaie vol oor EMKO en die Arabiere se knoeiery met omgewingsimpakstudies en brei uit oor die soms duistere transaksies by die toekenning van mynlisensies aan EMKO. Johan se een storie vertel in detail van die vlaag bedrog wat die driestuks Gerben Kruger en Isa en Bella Conradie in verskeie lande agtergelaat het. Hulle onfeilbare plan het elke keer gewerk: Gerben en sy vroutjie grawe hulle by \u2019n maatskappy en gemeenskap in en stel wippe vir geldgierige invloedrykes in maatskappye \u2026 en Bella doen die werk agter die skerms en is die hoofskakel met die Arabiese sindikaat, Intisar, wat ironies \u2019n Arabiese vrouenaam is wat \u201ctroimf\u201d beteken. Intisar het \u2019n oog gehad op die ryk steenkoolneerslae in Mpumalanga en die direksie van EMKO al \u2019n hele paar jaar begin sagmaak voor hulle toegeslaan het.<\/p>\n<p>Gerben en die tweeling het elk \u2019n lang lys aliasse, en die name Isa en Bella is pseudoname wat vir die EMKO-projek gebruik is. Hulle het dit \u201cgeleen\u201d uit koerantargiefstories oor \u2019n spioen van die voormalige bedeling se veiligheidspolisie wat saam met sy gesin oorsee verdwyn het. Sy twee dogters se name was wel Isa en Bella. Dit en verskeie ander rookskerms wat Gerben en sy skone trawante geskep het in verskeie lande, word deur Johan as \u201cknap nagevorsde skelmstreke\u201d beskryf.<\/p>\n<p>Selfs dr. Hans du Bois, die plastiese chirurg wat Isa en Bella gehelp het met die kamma hospitalisasie van Bella, ry aan die pen in van die koerantstories. Hy het via die tweeling en via die Arabiere luukse gesigontrimpelingsvakansies in Dubai gere\u00ebl wat ydele ryk vroue derduisende aan operasies en inkopietogte gekos het. Van die vroue, met velle stywer as di\u00e9 van winkelpoppe, word in die koerante aangehaal.<\/p>\n<p>Gerben se dramatiese dood in die Bughatti-jaagtog saam met die meesterbrein van Intisar, Aashig Muhammad, en sy waaghalsige moordplan op Konrad, sorg vir die meer dramatiese stories en laat rolprentvervaardigers reeds hulle hande saamvryf want dit is inderdaad die soort intrige wat klink of dit net op \u2019n silwerdoek kan afspeel. Die jong sakeman wat in die <em>apartment<\/em> langs Gerben gebly het, het vertel van die \u201chope\u201d koka\u00efne en pornografie wat die polisie glo in Gerben se blyplek gevind het. \u2019n Polisieman het hom self gewys, vertel hy aan joernaliste.<\/p>\n<p>Lana Victor, die sogenaamde fluitjieblaser in die hele EMKO-drama, het darem ook die koerante gehaal. Sy het glo met haar omkoopgeld landuit gevlug, en kollegas van haar wat aangehaal is, het bevestig dat haar vertrek nie juis \u2019n groot verlies vir die land is nie.<\/p>\n<p>Daar was enkele afgewaterde stories oor die veiligheid in tronke in Dubai en \u2019n paar wat bespiegel het wat met die hofsaak van Konrad se trawante gaan gebeur noudat hulle meesterbrein so skousepelagtig gesterf het.<\/p>\n<p>Met die publisiteitsirkus in volle swang besluit Liesl en die kinders om \u2019n stil privaatroudiens en verassing te re\u00ebl saam Konrad se familie. Hulle is almal moeg na die emosiebelaaide paar dae en wil die formaliteite so vinnig moonlik afhandel.<\/p>\n<p>Liesl is dankbaar as Harry aanbied sy en die kinders moet op die plaas kan gaan uitrus tot die media uitgeskryf is aan die drama.<\/p>\n<p>Dit is eers in die tweede week op die plaas wat Liesl \u2019n rugsak pak en Minka opsaal. Sy voel sy het \u2019n spesiale band met die perd na hulle saam die aanslag van die renosterstropers oorleef het.<\/p>\n<p>Sy ry ver af langs die rivier en besef eers na \u2019n ruk sy is besig om haar hele lewensverhaal vir Minka te vertel. Hulle rus onder \u2019n groot wilgerboom by een van die systrome.<\/p>\n<p>Liesl pak die rugsak uit: \u2019n paar appels, water, foto-albums en \u2019n kissie met Konrad se as. Sy gaan sit kruisbeen op die gras en herleef al die geluk en hartseer deur die albums, al die jare saam met Konrad en die kinders. Sy huil haar hart uit met Minka as simpatieke toehoorder.<\/p>\n<p>Sy sit na die woordevlaag lank in stilte onder die boom. Dan tel sy die kissie op haar skoot, en verbreek die stilte.<\/p>\n<p>\u201cEk het jou regtig baie liefgehad, maar ek is nie meer lus om te huil nie. Dis nou tyd om op te hou. Ek vergewe jou met my hele hart. Die kinders het my gevra om jou in vrede vry te laat. Ek weet jy was nie eintlik \u2019n natuurmens nie, Konrad, maar dis so mooi hier. Hier voel ek asof al hierdie dinge so ver weg is. Dis hoekom ek dink ek moet jou hier laat gaan\u2026\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Media-sirkus Die media juig oor die intuimel van die EMKO-kaartehuis en die koerante vlieg van die rakke af. Hul voorblaaie lees soos speurverhale. Ondersoekende en sake-joernaliste skarrel om die legkaart van die skandaal te ontrafel en dan weer die stukkies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12366,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[168,1518,1537,71,99],"class_list":["post-7037","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-sepie","tag-kortverhaal","tag-episode-39","tag-botox-barbies-en-bietse","tag-verhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Media-sirkus Die media juig oor die intuimel van die EMKO-kaartehuis en die koerante vlieg van die rakke af. Hul voorblaaie lees soos speurverhale. Ondersoekende en sake-joernaliste skarrel om die legkaart van die skandaal te ontrafel en dan weer die stukkies [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-09-04T08:09:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T08:49:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39\",\"datePublished\":\"2014-09-04T08:09:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:49:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/\"},\"wordCount\":1178,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20149410954.jpg\",\"keywords\":[\"sepie\",\"kortverhaal\",\"episode 39\",\"botox barbies en bietse\",\"verhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20149410954.jpg\",\"datePublished\":\"2014-09-04T08:09:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:49:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20149410954.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20149410954.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose","og_description":"Media-sirkus Die media juig oor die intuimel van die EMKO-kaartehuis en die koerante vlieg van die rakke af. Hul voorblaaie lees soos speurverhale. Ondersoekende en sake-joernaliste skarrel om die legkaart van die skandaal te ontrafel en dan weer die stukkies [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-09-04T08:09:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T08:49:34+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39","datePublished":"2014-09-04T08:09:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:49:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/"},"wordCount":1178,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg","keywords":["sepie","kortverhaal","episode 39","botox barbies en bietse","verhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg","datePublished":"2014-09-04T08:09:00+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:49:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20149410954.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-39\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 39"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7037","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7037"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7037\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12366"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7037"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7037"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7037"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}