{"id":7026,"date":"2014-09-01T10:13:00","date_gmt":"2014-09-01T08:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/"},"modified":"2019-04-10T13:09:49","modified_gmt":"2019-04-10T11:09:49","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-38","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Die jaagtog<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die son kom op oor Dubai en Liesl sit steeds op die balkon na die see en staar. Sy neem nie die pastelkleure van die wolke oor die see in nie. Haar o\u00eb staar na die niet. Haar verstand het tot stilstand gekom. Iewers binne haar is daar \u2019n stem wat vra hoekom sy geen emosie toon nie, maar sy kan nie antwoord nie. Haar tong l\u00ea stom in haar dro\u00eb mond. Dis net as sy sluk, wat haar seer keel haar herinner dat sy nog leef en dat sy die vorige dag byna doodgewurg is.<\/p>\n<p>Agent Inka Zoetke van Interpol het heelnag saam haar in haar nuwe hotelkamer deurgebring. Haar vorige hotelkamer was nou \u2019n misdaadterrein. Afgesper.<\/p>\n<p>Henk het ook die nag in Liesl se kamer deurgebring. Sy het stil geluister hoe hy lang oproepe na Suid-Afrika maak. Al het hy sy professionele masker opgehad, kon Liesl sien hy is moeg en ontsteld.<\/p>\n<p>Liesl kyk nie om as iemand \u2019n koppie tee langs haar neersit nie. Vaagweg hoor sy nuwe stemme in haar kamer in \u2019n diep gesprek. Henk sit sy hand sag op haar skouer.<\/p>\n<p>\u201cHier is \u2019n dokter om jou \u2019n kalmeermiddel in te spuit. As jy nie rus nie, gaan jy inkonk en jy het jou energie later nodig.\u201d Hy neem haar aan die arm en lei haar na die bed.<\/p>\n<p>\u201cEmily is reeds op \u2019n vlug hierheen. Ek sal haar op die lughawe gaan haal. Die kinders is veilig. Tot Emily land, moet jy asseblief rus.\u201d<\/p>\n<p>Sy voel skaars die prik van die naald en l\u00ea en wag vir die slaap. \u2019n Paar flitsende gedagtes hoop sy dis \u2019n droomlose slaap. Miskien, dink sy, is sy nou al besig om te droom.<\/p>\n<p>Die inspuiting bring \u2019n genadige diep slaap.<\/p>\n<p>Inka sit steeds eenkant in die skemer vertrek as Liesl haar o\u00eb oopmaak. Haar teenwoordigheid herinner Liesl dat die gebeure van die vorige dag \u2019n nare werklikheid was.<\/p>\n<p>\u201cEk hoop jy voel beter, jy het byna agt uur geslaap.\u201d<\/p>\n<p>Sy hou \u2019n glas lemoensap na Liesl uit. Dit brand haar keel, maar die soetheid sorg vir broodnodige energie.<\/p>\n<p>\u201cWaar is Henk? Hoe laat is dit? Ek wil my kinders bel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy is lughawe toe om jou vriendin te gaan haal. Sy het \u2019n uur gelede geland en hulle is seker al amper op pad.\u201d<\/p>\n<p>Liesl is ongewoon kalm as sy Ludwig bel.<\/p>\n<p>\u201cMamma kom terug sodra ek kans kry. Pas jou sussie op.\u201d<\/p>\n<p>Sy hoor nie die stem van haar seun nie. Sy stem is skielik die van \u2019n man.<\/p>\n<p>\u201cMa moet vasbyt daar. Ons is veilig. Ma sal sien, als gaan weer<em> ok <\/em>wees.\u201d<\/p>\n<p>Sy wil hom vra hoe hy so seker daarvan kan wees want sy is van niks meer seker nie.<\/p>\n<p>Sy vra om met Erna te praat. Haar dogter se snikkende stem ruk haar emosies uit die zombie-trans waarin sy verkeer. Erna is te emosioneel om verder te praat en Liesl laat Ludwig weer belowe hy sal sy suster nie onder sy o\u00eb laat uitgaan nie.<\/p>\n<p>Inka hou \u2019n pakkie sigarette na haar uit. Liesl glimlag as sy onthou hoe sy uit rebelsheid teen Konrad se diktatorskap in hulle huis skelm in die Lapa gaan rook het.<\/p>\n<p>Sy neem \u2019n sigaret en gaan sit op die balkon. Watter dag van die week sou dit wees? Is dit sonsopkoms of die son wat ondergaan? Wonder sy. Waar is wes en waar is oos? En wat maak dit als vandag saak? Dink sy as sy in die verte \u2019n Moslem gebedsroep hoor opklink.<\/p>\n<p>Skielik staan Emily langs haar. Hulle staar vir \u2019n rukkie in stilte na mekaar en hou mekaar dan styf vas. Emily gaan sit woordeloos langs Liesl met haar arm om haar vriendin se skouers.<\/p>\n<p>Dis Emily wat uiteindelik die stilte verbreek.<\/p>\n<p>\u201cBella is op Lanseria-lughawe vasgetrek. Sy het nogal \u2019n slim vermomming gehad, maar Interpol ken blykbaar al haar truuks. Klink my die <em>evil twins<\/em> was vir hulle \u2019n groot vangs. Ek kan steeds nie glo dat Isa, die o\u00ebnskynlik dom Botox Barbie, toe al die tyd \u2019n gevaarlike spioen was nie. Jissie Liesbet, en ek hoor jy het haar platgeduik!\u201d<\/p>\n<p>Liesl glimlag skeef vir haar vriendin.<\/p>\n<p>\u201cHaar haarverlengings was toe uiteindelik handig. Lekker vashouplek.\u201d Die twee lag om die spanning te breek en dan begin Liesl saggies huil.<\/p>\n<p>\u201cEm, hoe gaan ek aan na di\u00e9 ding? Ek weet regtig nie hoe nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis sleg, Liesbet. Dinge is baie sleg. Dit help nie ek probeer versiersuiker daaroor smeer nie. Maar jy is sterker as wat jy dink. Ek het jou die afgelope ruk dopgehou. Jy het \u2019n ver pad gekom, my pel. Jy het gegroei as mens. Ek is so trots op jou.\u201d<\/p>\n<p>Die vriendinne rook \u2019n sigaret in stilte. Ver oor die see sien hulle die liggies van \u2019n passasierskip.<\/p>\n<p>\u201cDink jy die mense op daardie skip is gelukkig, Em?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVan hulle is, Liesbet. Ek glo so.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn die ander?\u201d<\/p>\n<p>\u201cHulle is soos jy, op \u2019n reis. Die slegte tye sal verbygaan, jy sal sien. Jy moet net vasbyt. Ek weet jy is moeg, maar dit is amper verby.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEmily, ek wil net weer my lewe terugh\u00ea. Waarheen het my lewe gehardloop? Ek kan amper nie meer onthou hoe dit was toe ek net Liesl, die kinders se ma \u2026 en Konrad se vrou was nie.\u201d<\/p>\n<p>Emily staan op en skink vir hulle elkeen \u2019n glas wyn. Hulle kyk saam hoe die skip se liggies al verder wegkwyn.<\/p>\n<p>\u201cLiesbet, jy is nie meer daardie vrou nie. Hierdie goed\u2026 dit het \u2019n ou deel van jou teruggebring.<br \/>\nOp \u2019n manier was dit goed vir jou. Dit het so lank geneem voor jy regtig vir Konrad kwaad kon word. Jy het uiteindelik die punt bereik waarin jy genoeg seergekry het en begin terugbaklei het. Ek het vir jare toegekyk hoe die Liesl wat ek eens geken het, weggekwyn het. Die laaste ruk het sy weer uitgekruip. Jy was weer die rebel, my vriendin wat vir niks stuit nie. Die hele ding is nie net sleg nie, Liesbet. Ek weet dis seer. Maar jy sal weer <em>ok<\/em> wees.\u201d<\/p>\n<p>Die passasierskip is nou net \u2019n ligstippel op die horison. Dit smelt ineen met die sterre oor die see.<\/p>\n<p>\u201cToe ek Konrad ontmoet het, het ek geglo my lewe gaan soveel anders as my ma s\u2019n wees. Ek het gedroom van ons voorstedelike huisie met die <em>white picket fence<\/em>. Kan jy glo dat ek so dom was? In my droom het ek op daardie huisie se stoep sit en skilder en \u2026 Ek het so hard probeer om dit te laat werk.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy het twee <em>great<\/em> kinders. Jy het nie sleg gedoen nie. Jy was en is \u2019n fantastiese ma. Moenie so hard op jouself wees nie, Liesbet.\u201d<\/p>\n<p>Liesl rol haar trouring om en om. Sy wou dit al soveel keer afhaal.<\/p>\n<p>\u201cToe ek teruggery het van die tronk af het ek besef ek sal Konrad nooit kan terugneem nie. Em, ek dink hy het lankal my liefde vir hom versmoor met sy ontrouheid. Ek het vir lank net gedink ek het hom nog lief. Dink jy ek is wreed? Noudat hy \u2026 Ek voel soos \u2019n verraaier.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDis<em> ok<\/em>, jong, dis <em>ok<\/em>. Jy het ook regte in hierdie ding. Jy hoef nie skuldig te voel nie.\u201d<\/p>\n<p>Liesl snuit haar neus en steek nog \u2019n sigaret op. In die asbakkie op die koffietafeltjie op die balkon l\u00ea verskeie sigaretstompies wat net half gerook is.<\/p>\n<p>\u201cEm, wat het Henk jou vertel? Ek is so bang hy steek iets vir my weg. Konrad \u2026 is hy dadelik dood? Het hy nie gely nie?\u201d<\/p>\n<p>Emily druk haar vriendin styf teen haar vas.<\/p>\n<p>\u201cNee, Lies, hy het nie gely nie. Sy aanvaller het geweet wat hy doen. Konrad het nie geweet wat hom getref het nie. Sy keel is \u2026 dit was gou verby.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSo \u2019n wrede dood \u2026 niemand verdien dit nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk weet Lies, niemand verdien dit nie. Ek kan nie glo iemand het Konrad voor Interpol se o\u00eb vermoor nie. Ek dog hulle het hom bewaak. Henk s\u00ea die kringtelevisie by die tronk se besoeklokaal wys Gerben het \u2019n gevangene besoek dieselfde tyd wat jy by Konrad was. Die gevangene het saam met Konrad by die deur uitgestap en dit is toe dit gebeur het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy het nog vir oulaas ges\u00ea hy is lief vir my. Ek dink Konrad het geweet die kans dat hy lewend uit die ding gaan kom is skraal.\u201d<\/p>\n<p>Emily se foon lui. Dit is \u2019n joernalis. Die nuus van die moord op Konrad het klaar uitgelek. Die storie van die bose tweeling is ook sappige nuus wat sirkulasiesyfers sal laat styg.<\/p>\n<p>\u201cEk is jammer, ek gaan geen kommentaar lewer nie. Ons sal later \u2019n persvrystelling na al die pers in Suid-Afrika stuur.\u201d<\/p>\n<p>Henk roep hulle om na \u2019n nuusflits op die TV te kyk van klopjagte op huise en kantore van nog vermeende lede van die sindikaat in Dubai. Die omroeper kondig aan dat hulle gaan oorskakel na \u2019n nuushelikopter wat \u2019n jaagtog verfilm. Verskeie wit en groen polisiemotors jaag \u2019n swart Bugatti.<\/p>\n<p>\u201cDubai se polisie gebruik Lamborghini\u2019s, Bugatti\u2019s en Aston Martins. Dit behoort \u2019n interessante jaagtog te wees,\u201d lig Henk hulle in. \u201cDit moet \u2019n grootkop wees wat hulle jaag anders sou hulle nie soveel aandag aan die jaagtog gegee het nie.\u201d<\/p>\n<p>Die groep staan versteen en kyk hoe die Bugatti \u2019n onverwagse en waaghalsige U-draai teen ho\u00eb spoed maak en nou op die polisiemotors afpeil. \u201cIs hy mal! Hy speel <em>chicken<\/em> met die polisie!\u201d gil Henk.<\/p>\n<p>Die polisiemotors swenk uit vir die Bugatti. Die swart blits jaag deur die vloot wit en goen sportmotors, dit lyk of hy gaan wegkom, maar dan onderskat hy skynbaar \u2019n draai en asof in stadige aksie tol die swart blits deur die lug en kom in \u2019n stofwolk tot stilstand. Die stof hang etlike sekondes voor dit deur \u2019n vuurbol en \u2019n ontploffing verswelg word.<\/p>\n<p>Byna onmiddellik lui agent Zoetke se foon. Sy voer \u2019n druk gesprek en kyk kort-kort na die groep Suid-Afrikaners. In haar swaar Oostenrykse aksent vertel sy hulle dat die meesterbrein van die Arabiese sindikaat in die Bugatti was.<\/p>\n<p>\u201cHis passenger, I believe, was a man from your country \u2026\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die jaagtog Die son kom op oor Dubai en Liesl sit steeds op die balkon na die see en staar. Sy neem nie die pastelkleure van die wolke oor die see in nie. Haar o\u00eb staar na die niet. Haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12345,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[1518,71,1493],"class_list":["post-7026","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-kortverhaal","tag-botox-barbies-en-bietse","tag-rooi-rose-sepie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die jaagtog Die son kom op oor Dubai en Liesl sit steeds op die balkon na die see en staar. Sy neem nie die pastelkleure van die wolke oor die see in nie. Haar o\u00eb staar na die niet. Haar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-09-01T08:13:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-04-10T11:09:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38\",\"datePublished\":\"2014-09-01T08:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2019-04-10T11:09:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/\"},\"wordCount\":1706,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201491101322.jpg\",\"keywords\":[\"kortverhaal\",\"botox barbies en bietse\",\"rooi rose sepie\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201491101322.jpg\",\"datePublished\":\"2014-09-01T08:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2019-04-10T11:09:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201491101322.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201491101322.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose","og_description":"Die jaagtog Die son kom op oor Dubai en Liesl sit steeds op die balkon na die see en staar. Sy neem nie die pastelkleure van die wolke oor die see in nie. Haar o\u00eb staar na die niet. Haar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-09-01T08:13:00+00:00","article_modified_time":"2019-04-10T11:09:49+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38","datePublished":"2014-09-01T08:13:00+00:00","dateModified":"2019-04-10T11:09:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/"},"wordCount":1706,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg","keywords":["kortverhaal","botox barbies en bietse","rooi rose sepie"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg","datePublished":"2014-09-01T08:13:00+00:00","dateModified":"2019-04-10T11:09:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201491101322.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-38\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 38"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7026","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7026"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7026\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12345"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7026"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7026"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7026"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}