{"id":7016,"date":"2014-08-26T14:46:00","date_gmt":"2014-08-26T12:46:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/steve-blinkoog-bly\/"},"modified":"2016-03-16T13:35:25","modified_gmt":"2016-03-16T11:35:25","slug":"steve-blinkoog-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/","title":{"rendered":"Steve Hofmeyr: Blinkoog &#038; Bly"},"content":{"rendered":"<p>My pad het in 1993 die eerste keer met Steve s\u2019n gekruis. Toe reeds \u2019n ster, het hy met \u2019n pet en sonbril \u2019n bietjie anonimiteit probeer koop. Maar in die Midrandse koffiewinkel waar ek gewerk het, en waar hy feitlik daagliks kom koffie drink het, het ek \u2019n ander sy van Steve ontdek &#8211; sonder dat hy (of ek) ooit gedink het ek sou eendag oor hom skryf. Ek het die ou leer ken wat kon lag vir al die Steve-grappies, die man met die goeie maniere wat sy beurt afgewag het as hy iets bestel het (anders as \u2019n sekere Springbokrugbyspeler wat altyd seker gemaak het jy weet wie hy is en nie op sy bestelling wou wag nie). Dit was nog voor Natasha, en in die tyd toe sy buite-egtelike liefdeskind die sappigste nuus oor hom was. Vir haar het ek ook gereeld gesien as hy haar fliek toe gebring het, en daarna vir koek en koffie.<\/p>\n<p>Bruce Beyers was nog vars in almal se geheue, en mense was in twee kampe verdeel: di\u00e9 wat mal was oor Steve, en di\u00e9 wat nie omgegee het nie.<\/p>\n<p>Nou, 18 jaar later, is mense steeds verdeeld oor Steve Hofmeyr. Steeds die aanhangers, steeds die kritici. Want wat Steve ook al doen, uit die nuus kan hy nie sommer bly nie.<\/p>\n<p>Dis die media, s\u00ea party. Dis Steve, s\u00ea ander.<\/p>\n<p>Eers was daar die sprokiesromanse en eilandtroue met Natasha Sutherland. Toe twee seuns vir die glanspaartjie. Tussendeur toere, goue albums, \u2019n digbundel. Toe kraak die seepbel. Nog kinders uit sy verlede duik op, en ook \u2019n jare lange affair met Janine van der Vyver. Natasha trek uit, en Steve loop deur in die media, in so \u2019n mate dat hofsake oor en weer aanhangig gemaak word.<\/p>\n<p>Die afgelope tien jaar gesels ons \u2019n paar keer vir verskillende publikasies, maar met die laaste onderhoud twee jaar gelede vir rooi rose is dit duidelik dat Steve nie onaangeraak is deur al die drama in sy lewe nie. In 2008 draai hy by die dood om weens \u2019n kombinasie van stres en kolonprobleme. In die 2008-onderhoud beskryf ek hom as \u201c\u2019n bietjie sinies, baie donker, en ja, \u2019n bietjie bitter\u201d.<\/p>\n<p>Maar vroeg in September gesels ons weer. Di\u00e9 keer is Steve nie meer die <em>angry young man<\/em> van die gelede nie. Goed, tegnies gesproke is hy nie meer \u2019n jongman nie, maar die kwalik verbloemde woede, sinisme en bitterheid van twee jaar terug is weg.<\/p>\n<p>T\u00f3\u00e9 het hy ges\u00ea: \u201cEk hou pal die sinisme op \u2019n afstand. My idee van die liefde het \u2019n knak weg. Onthou, glo dit of nie, ek het twee mense vir wie ek lief was, gelyk verloor. Om een of ander rede het min vroue begrip hiervoor. Moet net nooit dat dit met jou gebeur nie.\u201d<\/p>\n<p>N\u00f3\u00fa s\u00ea hy: \u201cEk is op \u2019n goeie plek in my lewe. Ek het vrede gemaak met baie goed. Mense wil weet of jy gaan terugkom \u2013 hulle stel steeds belang.\u201d<\/p>\n<p>Hy en Janine is weer saam, en twee weke n\u00e1 ons onderhoud breek die nuus oor Twitter (waarop hy 23\u00a0000 aanhangers het): \u201cEk het Janine gevra om my nuwe CD-omslag se spelling na te gaan. Agter op die nuwe CD vra ek haar, onder die bedankings, of sy nie sal oorweeg om my vrou te word nie. Sy\u2019t dit amper nie raakgelees nie! Toe sy opkyk, was die ring reg!\u201d<\/p>\n<p>Die lewe is weer goed vir Steve. Behalwe Janine, is daar \u2019n nuwe CD op die rak, en sy vierde boek &#8211; Die verste uur &#8211; het uitstekende resensies van gerekende skrywers gekry. En oor sy rol in Platteland kan hy nie genoeg gesels nie.<\/p>\n<h4>\u201cMike laat Bruce Beyers na \u2019n Sondagskoolonnie lyk\u201d<\/h4>\n<p>Volgens alle aanduidings gaan Platteland, vervaardig deur Sean Else, een van die grootste Afrikaanse flieks van die dekade wees. Steve beskryf dit skertsend as \u2019n rolprent met \u201c\u2019n amper ongesonde rolverdeling van sangers\u201d.<\/p>\n<p>\u201cAndr\u00e9 Odendaal het almal deeglik onder hande geneem, want dis nie \u2019n gegewe dat sangers\u00a0kan toneelspeel nie. Dit was \u2019n heerlike ervaring, en een van die lekkerste rolle wat ek tot nog toe vertolk het.\u201d<\/p>\n<p>Moenie vergeet dat Steve eintlik \u2019n opgeleide akteur is nie. Hy was destyds nog \u2019n dramastudent by die Pretoriase Technikon (deesdae TUT) toe hy in Agter elke man as Bruce Beyers bekend geword het.<\/p>\n<p>Bruce was wel soms \u2019n bietjie van \u2019n \u201crobbies\u201d in die legendariese antie Stienie (wyle Dulcie van den Bergh) se o\u00eb. En in baie kykers s\u2019n ook. \u201cDie hele land het Donderdagaande teen my gedraai,\u201d s\u00ea hy laggend. \u201cMaar Bruce het sy <em>saving graces<\/em> gehad. Ek dink almal wat so \u2019n boetie gehad het, het my eerste vergewe, maar die res van die sinode is nog teen my,\u201d skerts hy.<\/p>\n<p>Nou, met die heruitsending van Agter elke man, voel dit \u201cn bietjie soos skisofrenie\u201d om homself weer op die kassie te sien. \u201cEk kan nog die woorde onthou en wat tannie Stienie volgende gaan s\u00ea. Ek sien Armand as ek na myself kyk, en ek sien daardie rou James Dean-eienskappe in Bruce Beyers.\u201d<\/p>\n<p>Hy lag as hy onthou dat hy darem vir sy ma-hulle kon s\u00ea hy sal nooit soos Bruce word nie.<\/p>\n<p>Die onthou is lekker. \u201cBruce Beyers het my loopbaan afgeskop en my die kans gegee om te doen wat ek eintlik wou: sing. Ek het soggens klasgedraf, smiddae deurgejaag Johannesburg toe om aan Agter elke man te skiet, en saans in Fingers gesing.<\/p>\n<p>\u201cDis nogal ironies dat ek, van al my vakke, die slegste in sang gedoen het. Seker omdat ek nie deur my skedel en diafragma gesing het nie.\u201d Hy demonstreer hoe jy nou eintlik deur jou skedel moet sing. \u201cDie dosent het ges\u00ea ek misbruik my stembande.\u201d Die kenmerkende heesheid, spot hy, hou hy vol deur \u201cvoor elke vertoning melk te drink en kaas te eet. Maar eintlik is ek seker maar net \u2019n bariton wat te veel note probeer sing. En ek sien Armand doen presies dieselfde\u201d.<\/p>\n<p>Terug na Platteland en die lekkerte van weer voor die kameras wees. \u201cEk speel Mike Ferreira, \u2019n 57-jarige Mafiaboer-karakter. Hy en sy familie voer \u2019n skrikbewind in die kontrei, en Riana van Niekerk (Lianie May), \u2019n vrou wat sukkel om haar familieplaas te behou, is sy jongste teiken. Mike is Bruce Beyers, dertig jaar later.\u201d Hy lag lekker. \u201cSo in my kraal. Die hoogtepunt van die rol is so \u2019n regte bad ass-song wat ek en my seun Jakes in die fliek (gespeel deur Jay) sing. Dit ruk \u2019n ou se hart uit.\u201d<\/p>\n<p>Hy het sy karakter so \u2019n bietjie geskoei op wyle Eug\u00e8ne Terre\u2019 Blanche, in lewe AWB-leier en bekend vir sy charisma. Hulle het dikwels gepraat (Steve het ook al saam met president Zuma vleisgebraai). \u201cMike het \u2019n groot aura. Hy het charisma, en praat in sulke nadruklike sinsnedes, nes Eug\u00e8ne.\u201d<\/p>\n<p>Steve het twee kinders in die fliek: \u2019n seun Jakes (Jay) en Rolene (gespeel deur Karlien van Jaarsveld). Hanna Grobler (Getroud met rugby) is sy tweede vrou, Louise, \u201csy trophy wife\u201d. Mense wat al die fliek gesien het, s\u00ea Mike laat Bruce Beyers na \u2019n Sondagskool-onderwyser lyk. \u201cBruce het nog \u2019n hart gehad \u2013 Mike is omtrent dertig grade van Bruce verwyder,\u201d verklap \u2019n ingeligte bron.<\/p>\n<h4>Beroemd, berug en alles tussenin<\/h4>\n<p>As dit by sy loopbaan kom, begeer hy eerder die langdurigheid van Neil Diamond &#8211; wie se liedjies hy ook graag sing \u2013 as \u201cdie ontploffing van \u2019n Lady Gaga. Daardie soort roem, gekoppel aan snaakse klere en opspraakwekkende uitlatings, is baie verganklik. Maar kyk vir Neil. Gewild oor twee of drie geslagte, en mense luister al dekades lank na sy musiek\u201d.<\/p>\n<p>Ervaar hy al iets daarvan? \u201cJa, dis nogal lekker om te sien daar is verskillende generasies by my konserte.\u201d<\/p>\n<p>Natuurlik het hy gaan kyk toe Neil Diamond hier opgetree het. En hy was \u00e1mper daar toe Bono en U2 in die Kaapstad-stadion opgetree het. \u201cEk kon nie wag om hulle te sien nie. Ek was seker een van die eerstes wat my kaartjies gekoop het toe ek hoor hulle kom toer.\u201d<\/p>\n<p>Was die kaartjies-in-die-Jukskei net \u2019n publisiteitsfoefie?<\/p>\n<p>\u201cDit was nie as een beplan nie, en ek het regtig my kaartjies in die Jukskeirivier gegooi n\u00e1 sy uitlatings oor <em>struggle songs.<\/em>\u201d<\/p>\n<p>Maar ja, dit het goed uitgewerk om publisiteit te kry teen die hele ding van \u201cKill the Boer\u201d en <em>struggle songs<\/em>, en daaroor is hy nie spyt nie. Die positiewe kommentaar het ingestroom \u2013 tot uit Ierland, Bono se geboorteland.<\/p>\n<p>\u201cMaar die linkse en behoudende media vertel verskillende stories. Tog, as ek na my blog daaroor kyk, is dit die blog wat die tweede meeste van almal gelees is. Terloops, die ander een was 42 dinge wat die ANC moet weet.\u201d<\/p>\n<p>Hy w\u00e9\u00e9t hy was reg. \u201cRadio 702 het drie dae n\u00e1 my eerste twiet oor die kwessie daarop aangedring dat Bono sy uitspraak &#8211; dat die sing van struggle songs soos \u201cKill the Boer\u201d aanvaarbaar is &#8211; moet kom opklaar.\u201d<\/p>\n<p>Toe Tim Thabete van OFM Radio s\u00ea Steve het deur sy veldtog &#8216;n negatiewe boodskap uitgestuur, eerder as om die aandag op plaasmoorde te vestig, het &#8216;n luisteraar hom uitgedaag om saam met Steve Kaap toe te ryloop vir publisiteit.<\/p>\n<p>\u201cOns kon lekker praat. Die soort gesprek wat Suid-Afrikaners al voor 1994 moes gehad het. Hy het byvoorbeeld reguit gevra of ek \u2019n rassis is, en ek kon myself verduidelik. Ons het immers \u2019n klomp ure agterop \u2019n bakkie gehad om te verwyl &#8230; \u201d<\/p>\n<p>Die plan was om U2 se Kaapse konsert by te woon, maar dit het nie gebeur nie. \u201cDanksy vier stadige lorries in die Karoo het ons in Kaapstad aangeland presies toe die mense die stadion n\u00e1 die konsert verlaat &#8230; \u201d Maar as hy kon, sal hy dit weer doen. \u201cNog voor ons uit Bloemfontein vertrek het, het ons al R49\u00a0000 ingesamel vir Agri-Securitas, &#8216;n organisasie vir landelike beveiliging. Dit het niks te doen gehad met Steve Hofmeyr nie, maar alles met ander mense wat ek sien as ek deur die land toer \u2013 mense in wie se huise ek oornag. Net \u2019n aand of so voor Bono se uitlating, het ek by iemand op \u2019n plaas geslaap wat lyk of hy deur \u2019n leeu aangeval is. Ek het nog so \u2019n grappie gemaak, en toe s\u00ea hy dis wonde wat hy opgedoen het toe hy sy gesin in \u2019n plaasaanval moes beskerm.\u201d<\/p>\n<p>Hy was nooit van plan om die gewraakte k-woord in sy liedjie te gebruik, soos hy toe gedreig het nie. \u201cMaar ek het \u2019n belangrike punt gemaak. As Malema nie ophou nie, kan ek begin.\u201d Dis jammer, mymer hy, dat hy nou as \u2019n \u201cregse, \u2019n aartsrassis\u201d gesien word. \u201cMense vergeet maklik. Eens was ek in die nuus omdat ek Yvonne Chaka Chaka op TV gesoen het.<\/p>\n<p>\u201cVir my was dit nog nooit oor wit en swart nie. Ek het dinge nie so gesien nie, maar die huidige regering het my dit laat doen. Ek bedoel: jy mag dit adverteer as jou maatskappy BEE is! Wit en swart is tog tekenend van die verlede. Maar al is velkleur nie veronderstel om \u2019n verskil te maak nie, lewe ons steeds in die war daarvan.\u201d<\/p>\n<p>Vir hom was die hele polemiek \u201csimptomaties van die multi-kulturele droom om ontslae te raak van definisies soos \u2018my mense\u2019. Ek sal vir alles humanit\u00ear val, behalwe daarvoor. Ek stel glad nie meer belang in \u2019n debat oor die definisie van die Afrikaner nie. Ek is <em>pro choice<\/em>. Ek sal in \u2019n optog stap vir my keuses. My erns oor \u2019n plek in die w\u00eareld vir my mense en hul erfenis is nie meer debatteerbaar nie. Dis tog my identiteit! \u2019n Mens druk nie arm met jou identiteit nie!\u201d<\/p>\n<h4><strong>En dan bly die liefde oor &#8230;<\/strong><\/h4>\n<p>Maar genoeg oor ernstige dinge. Mag ons oor hom en Janine praat?<\/p>\n<p>\u201cJa, maar jy moet ook weet dat ek nie noodwendig alles gaan antwoord nie,\u201d s\u00ea hy op sy kenmerkende reguit-Steve-manier. Met \u2019n skewe glimlag om die mond. \u201cEn party goed gaan ek so antwoord dat dit soos \u2019n antwoord klink,\u201d skerts hy. Of dalk nie &#8230;<\/p>\n<p>Hoe het hulle weer bymekaar uitgekom? \u201cSo drie weke voor die hofsaak met Janine is ek en Sun\u00e9 uitmekaar. Sun\u00e9 was die beste ding wat destyds met my kon gebeur. Sy het my baie lig laat voel toe ek op my swaarste en seerste was.\u201d<\/p>\n<p>Oor hoekom hulle uitgemaak het, is daar nog nooit \u2019n woord in die media gerep nie. \u201cEk wou Janine ontmoet om dinge uit te praat. Ons was vuisvoos, vloekvoos, minagtingvoos na alles wat oor en weer ges\u00ea is. Dit was \u2019n vreemde ontmoeting. Hier was die mens wat eintlik my opperste vyand moes wees, maar ook die een rede hoekom my hele w\u00eareld onderstebo was. Ek het twee mense verloor wat ek baie liefgehad het. Ek het dalk desperate hoop gesien op \u2019n plek waar daar nie hoop was nie, maar tog, ek het dieselfde by haar gesien. Ons was albei moeg kwaad gewees.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het opgestaan van die restaurant se tafel en ver gaan stap. \u201cOns het oor gewone goed gepraat. Oor die lewe, haar hond, hoe dit met haar ma gaan &#8230; En ons het besef ons het meer tyd gemors as enigiemand wat ons ken. Die besef was bevrydend, maar ook frustrerend, want ek is nie meer op \u2019n ouderdom waar jy wil tydmors nie.\u201d<\/p>\n<p>Maklik was dit nie. \u201cOns het albei besef ons trek aan die duiwel se stert. Onthou, ons het twee weermagte daarbuite teen mekaar opgestel. Mense w\u00f3\u00fa bloed sien vloei hieruit.\u201d<\/p>\n<p>Maar n\u00e1 agt maande saam kan hy eerlik s\u00ea hulle pas bymekaar. \u201cSoos die stukke van \u2019n ou, geliefde puzzle wat jy weer by jou ouma se huis ontdek het. Al die stukke is nie meer daar nie, en almal het dalk nie meer duidelike prentjies op nie, maar dit pas. Soos \u2019n storie in \u2019n sprokiesboek.<\/p>\n<p>\u201cHet jy <em>The Adjustment Bureau<\/em> gesien? Ek en Janine het daarna gaan kyk, en so \u2019n bietjie gelag. Die enigste ding wat mense van mekaar weghou, is dikwels die liefde. Ja, die engele het ons nogal gekortwiek.\u201d<\/p>\n<p>Dalk di\u00e9 dat hy op sy album Een-duisend-en-een sing: \u201cEk hang soms aan die enkels van die engele hoog, ek staan soms op die skouers van die reuse daarbo, maar ek wens so ek kan ons s\u2019n bly en ons ewig jonk, maar ek voel eers ek kan alles doen as jy my liefling noem &#8230;&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My pad het in 1993 die eerste keer met Steve s\u2019n gekruis. Toe reeds \u2019n ster, het hy met \u2019n pet en sonbril \u2019n bietjie anonimiteit probeer koop. Maar in die Midrandse koffiewinkel waar ek gewerk het, en waar hy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12295,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1499,1500,1501],"class_list":["post-7016","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-steve-hofmeyr","tag-steve-verjaar","tag-steve-en-janine"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Steve Hofmeyr: Blinkoog &amp; Bly | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Steve Hofmeyr: Blinkoog &amp; Bly | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"My pad het in 1993 die eerste keer met Steve s\u2019n gekruis. Toe reeds \u2019n ster, het hy met \u2019n pet en sonbril \u2019n bietjie anonimiteit probeer koop. Maar in die Midrandse koffiewinkel waar ek gewerk het, en waar hy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-08-26T12:46:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-16T11:35:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"964\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Steve Hofmeyr: Blinkoog &#038; Bly\",\"datePublished\":\"2014-08-26T12:46:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T11:35:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/\"},\"wordCount\":2407,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014826144653.jpg\",\"keywords\":[\"steve hofmeyr\",\"steve verjaar\",\"steve en janine\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/\",\"name\":\"Steve Hofmeyr: Blinkoog & Bly | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014826144653.jpg\",\"datePublished\":\"2014-08-26T12:46:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T11:35:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014826144653.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014826144653.jpg\",\"width\":640,\"height\":964},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/steve-blinkoog-bly\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Steve Hofmeyr: Blinkoog &#038; Bly\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Steve Hofmeyr: Blinkoog & Bly | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Steve Hofmeyr: Blinkoog & Bly | rooi rose","og_description":"My pad het in 1993 die eerste keer met Steve s\u2019n gekruis. Toe reeds \u2019n ster, het hy met \u2019n pet en sonbril \u2019n bietjie anonimiteit probeer koop. Maar in die Midrandse koffiewinkel waar ek gewerk het, en waar hy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-08-26T12:46:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-16T11:35:25+00:00","og_image":[{"width":640,"height":964,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Steve Hofmeyr: Blinkoog &#038; Bly","datePublished":"2014-08-26T12:46:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T11:35:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/"},"wordCount":2407,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg","keywords":["steve hofmeyr","steve verjaar","steve en janine"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/","name":"Steve Hofmeyr: Blinkoog & Bly | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg","datePublished":"2014-08-26T12:46:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T11:35:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014826144653.jpg","width":640,"height":964},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/steve-blinkoog-bly\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Steve Hofmeyr: Blinkoog &#038; Bly"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7016"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7016\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12295"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}