{"id":7009,"date":"2014-08-22T09:57:00","date_gmt":"2014-08-22T07:57:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/"},"modified":"2016-02-11T15:59:44","modified_gmt":"2016-02-11T13:59:44","slug":"ons-groet-tannie-liewe-heksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/","title":{"rendered":"Ons groet tannie Liewe Heksie"},"content":{"rendered":"<p>In 2010 (Oktober-uitgawe) het Ilse Salzwedel by Liewe Heksie se Verna Vels\u00a0gaan koffie drink en \u2019n baie interessante vrou ontdek.<\/p>\n<p>Ek onthou hulle nog. My Liewe\u00a0Heksie-plate. Daar was een\u00a0met \u2019n pepermentgroen\u00a0omslag, \u2019n pienke, \u2019n gele, \u2019n\u00a0bloue en rooie. Elkeen met\u00a0vier stories op. Dit het R1,95 gekos, en ek\u00a0mag elke paar maande een gekry het. Ek\u00a0onthou ook die nes wat ek in \u2019n sonkol in ons\u00a0sitkamer gemaak het, reg voor my ma-hulle\u00a0se outydse radiogram. Om niks te mis nie.\u00a0Dan was dit net ek, \u2019n laatlam-alleenkind, my\u00a0poppe en die vergeetagtige Heksie. En al\u00a0haar maatjies, natuurlik.<\/p>\n<p>Nou, 35 jaar later, sit ek, ook in \u2019n gesellige\u00a0sonkol, en gesels met Verna Vels, Liewe\u00a0Heksie se mense-ma; die vrou wie se storieverteltalent\u00a0die w\u00eareld van stories vir soveel\u00a0Afrikaanse kinders oopgesluit het.<\/p>\n<p>Dis moeilik om te glo sy is al 77, want\u00a0haar lewe is nog die ene bedrywigheid. Pas\u00a0terug van \u2019n Europese vakansie, moes ons\u00a0ons dagboeke mooi ko\u00f6rdineer vir \u2019n afspraak,\u00a0want Verna werk ook nog twee dae\u00a0per week as toesighoudende regisseur by\u00a07de Laan.<\/p>\n<p>\u201cEk was van die begin af betrokke. Ek\u00a0kom al \u2019n baie lang pad met Danie Odendaal\u00a0en Annie Basson, die skeppers van 7de Laan.\u00a0Toe hulle tien jaar gelede begin het met \u2019n\u00a0voorlegging vir \u2019n Afrikaanse sepie vir die\u00a0SABC, het hulle my gevra om aan storielyne\u00a0te help dink en beplan.\u201d<\/p>\n<p>Verna se pad het die eerste keer met\u00a0Annie en Danie s\u2019n gekruis toe sy programorganiseerder was vir SAUK TV, doer in die\u00a0beginjare van Afrikaanse TV. \u2019n Hegte\u00a0vriendskap het deur die jare ontwikkel, en\u00a0deesdae is hulle ook twee van haar gunsteling-reisgenote. Hulle drie was \u2019n paar weke\u00a0voor ons onderhoud juis weer saam Frankryk\u00a0toe. \u201cEk toer ook graag alleen, maar Danie,\u00a0Annie en Monica Breed, \u2019n destydse SAUK-kollega,\u00a0en Cecile Schmidt, destyds die eerste\u00a0vroue ambassadeur in Oostenryk, is\u00a0almal mense saam met wie ek baie lekker\u00a0kan reis.\u201d<\/p>\n<p>Reis het sy al gereis. \u201cDis my stokperdjie.\u00a0Ek het al ophou tel hoeveel keer ek in Parys\u00a0was. Ek raak deurmekaar as ek by 35 kom,\u201d\u00a0s\u00ea sy droogweg, en allermins grootpraterig.<\/p>\n<p>\u201cEk was die eerste keer in 1960 daar, en\u00a0Parys bly my groot liefde. Die plek het vir my\u00a0\u2019n soort magiese kwaliteit. Dis \u2019n stad wat\u00a0nooit ophou om my te verras nie. Jy kan net\u00a0rondloop en ervaar. Die museums, die mooi\u00a0geboue, straatkafees, markstraatjies. Herfs\u00a0in Parys is vir my die heel lekkerste.\u201d<\/p>\n<p>Haar paspoort is al oor die aardbol\u00a0gestempel: Europa, Amerika, Argentini\u00eb,\u00a0Indi\u00eb, Ierland, Thailand, Taiwan, Rusland,\u00a0Egipte, Israel. Londen is ook \u2019n gunstelingbestemming.\u00a0\u201cDis weer die plek vir teater en\u00a0musiek,\u201d beduie sy entoesiasties.<\/p>\n<p>Musiek is nog \u2019n groot liefde. Alles van\u00a0Coenie en Laurika en Amanda Strydom tot\u00a0kabaret en opera. Haar twee hondjies, Vicki\u00a0en Sisi, is juis na twee beroemde sangeresse\u00a0vernoem.<\/p>\n<p>\u201cVicki se naam kom van Victoria de los\u00a0\u00c1ngeles en Sisi is eintlik na Elisabeth\u00a0Schwarzkopf vernoem.\u201d Met so \u2019n effense\u00a0ompad. \u201cSisi was eintlik die troetelnaam vir\u00a0\u2019n ander Elisabeth, hertogin Elisabeth van\u00a0Oostenryk,\u201d verduidelik sy.<\/p>\n<p>Wanneer sy reis, sal jy haar dikwels in \u2019n\u00a0begrafplaas kry. Nie om een of ander\u00a0makabere rede nie, maar omdat dit sedert\u00a0haar vroegste reise haar stokperdjie is om\u00a0die grafte van bekendes te soek. Sy rits die\u00a0name af van bekendes langs wie se graf sy al\u00a0gestaan het: Edith Piaf, Gertrude Stein,\u00a0Chopin. \u201cHulle is almal in Parys begrawe. Ek\u00a0was al in elke begrafplaas in Parys.\u201d In\u00a0Ierland het sy W.B. Yeats se graf besoek, en\u00a0al die grafsoekery het selfs uitgeloop op \u2019n\u00a0reeks met die gepaste titel, <em>\u2019n Eie stukkie aarde<\/em>, vir die destydse radioprogram <em>Vrouerubriek<\/em>.\u00a0Hierin het sy ook sommer \u2019n kort oorsig oor\u00a0die bekendes se lewe en loopbaan gegee.<\/p>\n<p>Verna het nooit getrou nie. \u201cEk het, soos\u00a0enige ander beroepsvrou seker ook, \u2019n versoek\u00a0of wat gehad, maar werk was altyd vir\u00a0my lekkerder as die idee van trou. Jy kan\u00a0maar s\u00ea ek is die oorspronklike <em>career girl<\/em>,\u201d s\u00ea\u00a0sy laggend.<\/p>\n<p>Sy onthou \u2019n tyd, destyds met die vestiging\u00a0van SAUK TV, wat sy soggens agtuur\u00a0haar Brixtonse voordeur agter haar toegetrek\u00a0het en eers weer daardie nag een- of tweeuur\u00a0by die huis gekom het. Meer as \u2019n jaar\u00a0lank het dit so gegaan, maar sy is glad nie\u00a0spyt oor al die harde werk vir die SAUK nie.<\/p>\n<p>\u201cDie verskeidenheid van my werk het my\u00a0gefassineer. \u2019n Werk wat amper soos \u2019n stokperdjie\u00a0voel, is mos eintlik soos speel. By die\u00a0SAUK het ek ook \u2019n heerlike sosiale netwerk\u00a0opgebou. Ons was \u2019n hegte klomp vriende\u00a0wat saam daar gewerk het.\u201d<\/p>\n<p>Haar werk by die SAUK het so half per\u00a0ongeluk gebeur. \u201cEk het in my finale jaar op\u00a0universiteit nie \u2019n idee gehad van wat ek wou\u00a0doen nie. Ek was nie regtig lus om \u2019n HOD te\u00a0doen en te gaan skoolhou nie. Toe hoor ek\u00a0by \u2019n vriend hy was vir \u2019n oudisie by die\u00a0SAUK, en ek gaan toe ook.\u201d<\/p>\n<p>Sy het eers \u2019n paar weke later gehoor dat\u00a0die SAUK-base van haar oudisie gehou het,\u00a0en dat hulle haar vir \u2019n pos oorweeg.<\/p>\n<p>\u201cKort n\u00e1 my eindeksamen, toe ek al\u00a0terug was op Bethlehem by my ouers, laat\u00a0weet hulle ek moet in Januarie by die ateljee\u00a0in Durban as programassistent\/plateprogramopsteller\u00a0begin werk. Destyds was\u00a0vroue nog nie amptelik as omroepers aangestel\u00a0nie.\u201d<\/p>\n<p>Sy moes musiekprogramme vir uitsendings\u00a0opstel, maar het heel gou met omroepwerk\u00a0begin. \u201cDurban was \u2019n wonderlike\u00a0leerskool. Ek het so baie geleer by mense\u00a0soos Alewyn Lee, Hein Toerien, Monica\u00a0Breed en Lourens Fourie. Mettertyd het ek\u00a0kans gekry om iets van alles te doen, van\u00a0<em>Vrouerubriek<\/em> tot kinderstories en die regie\u00a0van radiodramas.\u201d<\/p>\n<p>In 1963 is sy Johannesburg toe verplaas\u00a0om <em>Vrouerubriek<\/em> voltyds te kom aanbied, en in die voorportaal, \u2019n kunsteprogram, was ook\u00a0haar baba. Tussendeur het sy geskryf: vervolgverhale,\u00a0kinderstories en selfs \u2019n kindervervolgverhaal\u00a0van 26 episodes met die\u00a0naam, <em>Alet<\/em>.\u00a0Toe word sy die eerste vrou wat gekies\u00a0word vir die SAUK en Radio Nederland\u00a0Omroep se destydse uitruilprogram.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n wonderbaarlike jaar,\u201d onthou\u00a0sy. \u201cEk moes mense en plekke in Holland\u00a0besoek en opnames maak vir daaglikse uitsendings\u00a0op kortgolf, asook \u2019n weeklikse program\u00a0vir die SAUK, <em>Uitspan op die Hollandse\u00a0werf,<\/em> saamstel.\u201d<\/p>\n<p>Daar was baie hoogtepunte, soos om\u00a0saam met die Hollanders voor die koninklike\u00a0paleis te staan vir koningin Juliana se verjaardag.<\/p>\n<p>\u201cToe ek klaar my stukkie opgeneem\u00a0het, draai ek om en kyk deur \u2019n venster reg\u00a0agter my. En daar staan prins Willem-Alexander, \u2019n peutertjie, saam met sy oppasser\u00a0deur die venster en kyk.\u201d<\/p>\n<p>Sy het ook persoonlike onderhoude\u00a0gevoer met w\u00eareldbekende Nederlandse\u00a0legendes soos Corrie ten Boom, die vrou wat\u00a0honderde Jode van Nazi-vervolging gered\u00a0het, en die skrywer en digter A. Roland\u00a0Holst.<\/p>\n<p>In 1973 is sy weer Natal toe verplaas,\u00a0hierdie keer as organiseerder van die SAUK\u00a0se Afrikaanse diens in Natal, en die eerste\u00a0vrou wat as organiseerder van \u2019n streek aangestel\u00a0word.<\/p>\n<p>Toe SAUK TV begin, is Verna as programorganiseerder\u00a0vir die Afrikaanse kanaal\u00a0aangestel. Joernaalprogramme, kinderprogramme,\u00a0en vir \u2019n ruk ook dokument\u00eare programme\u00a0en selfs die nuuslesers was haar\u00a0verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>Maar natuurlik wil ek meer van <em>Liewe\u00a0Heksie<\/em> weet. Waar en wanneer is die vergeetagtige\u00a0Heksie nou eintlik gebore?<\/p>\n<p>\u201cJong, die eerste storietjies het in 1961 in\u00a0Durban gebeur. Destyds het die SAUK nog \u2019n\u00a0ateljee in Grahamstad gehad, en Bessie\u00a0Mentz het <em>Siembamba<\/em> daarvandaan aangebied.\u00a0Sy het my gevra vir \u2019n kinderstorie of\u00a0twee, en toe wonder ek wat sal kinders dink\u00a0van \u2019n snaakse heksie, een wat kinders nie\u00a0bangmaak nie. Aanvanklik het dit meer oor\u00a0Blommie Kabouter gegaan, en \u2019n bietjie oor\u00a0sy vriendin die vergeetagtige heksie wat\u00a0hom pal in die pekel laat beland het. Die kinders\u00a0was mal oor hulle,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>En glo dit of nie, maar \u2019n deeltjie van\u00a0<em>Liewe Heksie<\/em> het in 1960 in Salzburg met \u2019n\u00a0vertoning van Der Rosenkavalier ontstaan.<\/p>\n<p>Verna onthou dat die pragtige silwer roos\u00a0wat in die opvoering gebruik is, haar verbeelding\u00a0aangegryp het.<\/p>\n<p>In 1963 het die <em>Liewe Heksie<\/em>-reeks amptelik\u00a0begin, kompleet met \u2019n silwer roos en\u00a0die stoute Gifappeltjies wat dit wil steel, en\u00a0\u2019n legende is gebore.<\/p>\n<p>\u201cDaar was meer as dertig stories. Naby\u00a0veertig, as ek reg onthou. Die stories is natuurlik\u00a0vir radio geskryf, maar nie almal is op\u00a0plaat opgeneem nie.\u201d<\/p>\n<p>Verna het al die stemme van die Heksiestories\u00a0gedoen. Maar meer mense as net die\u00a0kinders het die heksie gehoor, en in 1965 het\u00a0Human &amp; Rousseau \u2019n reeks <em>Liewe Heksie<\/em>boeke\u00a0uitgegee. Dorothy Hill het die pragtige\u00a0illustrasies van Heksie met die stokkieshare\u00a0en net een groot voortand gedoen.<\/p>\n<p>Oor die kritiek wat deur die jare telkens\u00a0kop uitsteek dat Heksie van die bose is, lag\u00a0sy lekker. \u201cNatuurlik het dit my aanvanklik\u00a0ontstel, maar ek het later regtig gedink dis\u00a0nogal dom. Hoe groot kan jou geloof nou\u00a0eintlik wees as \u2019n onskuldige storiekaraktertjie\u00a0dit bedreig? As Liewe Heksie boos is,\u00a0moet groot dele van alle kinderliteratuur verban\u00a0word, want dit wemel van hekse en\u00a0ander bose karakters. En Liewe Heksie is \u2019n\u00a0goeie, vriendelike karakter wat nie eens regtig\u00a0kan toor nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Paar nuwe <em>Liewe Heksie<\/em>-stories, onder\u00a0meer <em>Liewe Heksie en die rekenaar<\/em>, het sedertdien\u00a0in boekvorm verskyn, en Piet Grobler se\u00a0vrolike illustrasies het dit weer onder \u2019n nuwe\u00a0geslag kinders gewild gemaak.<\/p>\n<p>Maar veel tyd vir stories skryf is daar\u00a0nie, want<em> 7de Laan<\/em> hou haar taamlik besig.<\/p>\n<p>\u201cAs toesighoudende regisseur moet ek\u00a0al die tekste bestudeer. Ek moet presies\u00a0weet wat in elke toneel en met elke karakter\u00a0aangaan.\u201d<\/p>\n<p>Nie dat sy kla nie. Trouens, sy hou van\u00a0haar werk by <em>7de Laan<\/em>. \u201cDie kontak met die\u00a0verskillende spelers en veral die jongeres is\u00a0heerlik. Daar is regtig \u2019n ontspanne atmosfeer\u00a0op stel, en vir my is dit wonderlik om te\u00a0sien hoe baie ongelooflike talent daar nog in\u00a0ons land is.\u201d<\/p>\n<p>Net so baie as wat sy van reis hou, hou\u00a0sy van Johannesburg. \u201cMaar ek is nie \u2019n\u00a0Transvaler nie,\u201d keer sy vinnig. \u201cEk beskryf\u00a0myself altyd as \u2019n Vrystater en \u2019n\u00a0Johannesburger.\u201d<\/p>\n<p>Verna het, net soos Monica Breed, op\u00a0Reitz in die Vrystaat grootgeword, en praat\u00a0steeds met groot deernis van haar grootwordplek.\u00a0(Die Reitz-tak van die ATKV het\u00a0Monica en Verna vyf jaar gelede as Afrikone\u00a0vereer vir hul bydrae tot Afrikaans.)<\/p>\n<p>Maar dis Johannesburg wat haar hart\u00a0gesteel het. \u201cEk het in Augustus 1963 in\u00a0Johannesburg aangeland en dadelik tuis\u00a0gevoel. Toe die SAUK nog in Commissionerstraat\u00a0was, het ek graag in my etensuur in\u00a0die middestad gaan rondloop.<br \/>\nDaar is van\u00a0die heel mooiste art deco-geboue ter w\u00eareld.\u00a0Voor ek in 1970 hierdie huis in Brixton gekoop\u00a0het, het ek onder meer in \u2019n woonstel\u00a0langs Joubertpark gewoon &#8211; teen die astronomiese\u00a0prys van R39 per maand. Daardie\u00a0tyd was dit natuurlik nogal baie geld, en nog\u00a0\u2019n pragtige deel van Johannesburg.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou die Hillbrow van destyds met\u00a0groot genot. \u201cDit was wonderlik. Daar was\u00a0boekwinkels en platewinkels wat saans ook\u00a0oop was, en wonderlike restaurante. \u2019n Baie\u00a0Boheemse plek.\u201d<\/p>\n<p>Sy lag maklik, en vertel met groot lekkerte\u00a0\u2019n paar staaltjies uit haar SAUK-dae. \u201cOns\u00a0moes eenkeer predikante toets as aanbieders\u00a0vir godsdiensprogramme. Louise en\u00a0Fanie Smit was destyds in beheer van die\u00a0spesifieke oudisies. Louise kom eendag ingestap\u00a0waar ons na \u2019n oudisie sit en kyk. Toe s\u00ea\u00a0sy kliphard: \u2019Nee gits, ons kan hom nie\u00a0gebruik nie! Hy lyk dan net soos Lucifer!\u2019<\/p>\n<p>Intussen sit die man binne hoorafstand. Toe\u00a0sy haar flater besef, s\u00ea van pure skrik: \u2018Ag,\u00a0dis die beligting.\u2019 Toe was die beligtingsman\u00a0weer vir haar kwaad.\u201d<\/p>\n<p>Die arme dominee is toe wel gebruik, en\u00a0alles het uiteindelik goed uitgewerk.<\/p>\n<p>Nes Verna se besige en ryklik geskakeerde\u00a0lewe.<\/p>\n<p><strong>Verna Vels 1933 &#8211; 2014<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In 2010 (Oktober-uitgawe) het Ilse Salzwedel by Liewe Heksie se Verna Vels\u00a0gaan koffie drink en \u2019n baie interessante vrou ontdek. Ek onthou hulle nog. My Liewe\u00a0Heksie-plate. Daar was een\u00a0met \u2019n pepermentgroen\u00a0omslag, \u2019n pienke, \u2019n gele, \u2019n\u00a0bloue en rooie. Elkeen met\u00a0vier [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12258,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[1487,1488],"class_list":["post-7009","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-verna-vels","tag-liewe-heksie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In 2010 (Oktober-uitgawe) het Ilse Salzwedel by Liewe Heksie se Verna Vels\u00a0gaan koffie drink en \u2019n baie interessante vrou ontdek. Ek onthou hulle nog. My Liewe\u00a0Heksie-plate. Daar was een\u00a0met \u2019n pepermentgroen\u00a0omslag, \u2019n pienke, \u2019n gele, \u2019n\u00a0bloue en rooie. Elkeen met\u00a0vier [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-08-22T07:57:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-11T13:59:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"962\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Ons groet tannie Liewe Heksie\",\"datePublished\":\"2014-08-22T07:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-11T13:59:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/\"},\"wordCount\":1981,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148229570.jpg\",\"keywords\":[\"verna vels\",\"liewe heksie\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/\",\"name\":\"Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148229570.jpg\",\"datePublished\":\"2014-08-22T07:57:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-11T13:59:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148229570.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148229570.jpg\",\"width\":640,\"height\":962},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Ons groet tannie Liewe Heksie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose","og_description":"In 2010 (Oktober-uitgawe) het Ilse Salzwedel by Liewe Heksie se Verna Vels\u00a0gaan koffie drink en \u2019n baie interessante vrou ontdek. Ek onthou hulle nog. My Liewe\u00a0Heksie-plate. Daar was een\u00a0met \u2019n pepermentgroen\u00a0omslag, \u2019n pienke, \u2019n gele, \u2019n\u00a0bloue en rooie. Elkeen met\u00a0vier [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-08-22T07:57:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-11T13:59:44+00:00","og_image":[{"width":640,"height":962,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Ons groet tannie Liewe Heksie","datePublished":"2014-08-22T07:57:00+00:00","dateModified":"2016-02-11T13:59:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/"},"wordCount":1981,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg","keywords":["verna vels","liewe heksie"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/","name":"Ons groet tannie Liewe Heksie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg","datePublished":"2014-08-22T07:57:00+00:00","dateModified":"2016-02-11T13:59:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148229570.jpg","width":640,"height":962},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-groet-tannie-liewe-heksie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Ons groet tannie Liewe Heksie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7009","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=7009"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/7009\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=7009"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=7009"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=7009"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}