{"id":6954,"date":"2014-08-04T10:56:00","date_gmt":"2014-08-04T08:56:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/"},"modified":"2014-08-04T10:56:00","modified_gmt":"2014-08-04T08:56:00","slug":"eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/","title":{"rendered":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek"},"content":{"rendered":"<p><strong>Naam <\/strong><br \/> Carina Stander<\/p>\n<p> <strong>Waar ons was <\/strong><br \/> Royal Malewane Lodge <br \/> <strong><br \/> Wie almal daar was <\/strong><br \/> Carina Stander en Gerrit van Niekerk<\/p>\n<p> <strong>Ligging <\/strong><br \/> Royal Malewane is gele&euml; in die Thornybush Private Natuurreservaat wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park, ongeveer 50km vanaf Hoedspruit in die Limpopo Provinsie.<\/p>\n<p> <strong>Soort akkommodasie<\/strong> <br \/> Luukse safari lodge met spa.<\/p>\n<p> <strong>Tariewe<\/strong><br \/> Verblyf en &aacute;lle etes, drankies, wasgoed en wildritte is ingesluit by die tarief. Skakel ontvangs by 015 793 0150 of stuur &lsquo;n e-pos na <a href=\"\"http:\/\/info@royalmalewane.com\"\">info@royalmalewane.com<\/a><br \/> <strong><br \/> Atmosfeer<\/strong> <br \/> Ontspanne luuksheid. Uiters stylvol, gerieflik, romanties. Wild en wonderlik. <\/p>\n<p> <strong>Wanneer<\/strong><br \/> 27 en 28 Junie 2014<br \/> <strong><br \/> Waar ons oorgeslaap het<\/strong><br \/> Luukse dubbelsuite.<\/p>\n<p> <strong>Wat het dit onvergeetlik gemaak?<\/strong><br \/> Dit was loshande die beste, ekovriendelikste wildritte waarop ons nog ooit was, met \u2019n meesterspoorsnyer en supergekwalifiseerde veldgids\/ &ldquo;scout&rdquo; wat die lyftaal van die diere aan ons vertaal asof dit Swati of Spaans is. Die gidse se begrip en diep liefde vir die natuur is buitengewoon. Ons het in die veld stilgehou, teleskoop uit, die kring om Saturnus gesien. N&aacute; die tyd het \u2019n borrelbad, vonkelwyn, kerslig en kaggelvuur in die slaapkamer op ons gewag. En die uitmuntende sjef het spesiaal \u2019n donker sjokoladekoek met vars kersies gebak vir my mooi man op sy veertigste verjaardag. <br \/> <strong><br \/> Wild en wonderlik<\/strong><br \/> En so het my man, Gerrit, sy middeljare binnegegaan: net die twee van ons vir twee aande by die fantastiese Royal Malewane, terwyl ons seuns saam met Ouma en Oupa in die Krugerwildtuin daar naby vakansie hou. <\/p>\n<p> Royal Malewane lodge en spa, \u2019n privaat natuurreservaat van 1 500 hektaar, is \u2019n droom van Afrika-elegansie. In die ruim grasdak-sitkamer word mens begroet deur twee lewensgrootte bronsbeelde van jagluiperds deur die bekende beeldhouer, Dylan Lewis, asook Persiese tapyte, vars blomme en antieke meubels van leer en hout. Die pragtige slaapkamer en badkamer kyk alkant uit oor die veld en die deure maak oop op \u2019n privaatswembad met gemakstoele onder \u2019n grasdakkie. <\/p>\n<p> Die veld is ongewoon groen vir die winter toe ons teen laatmiddag op \u2019n wildrit vertrek. Vanaf die oop Landrower voel ons &eacute;&eacute;n met die maroelabome en louwarm lug. Die neushoringvo&euml;l en hamerkop wat verbyswiep, maak deel uit van die meer as vyfhonderd vo&euml;lspesies by Royal Malewane. Voor ons in die pad is die modderlywe van olifante. \u2019n Jong bulletjie hang uit saam met \u2019n een-en-twintig-jarige rampokker. Deur sy ore te flap en te stofbad, waarsku hy ons om pad te gee, verduidelik veldgids Juan Pinto (38), en onmiddellik respekteer hy die olifant se wens. Spoorsnyer Wilson Masiya (63) knik goedkeurend. <\/p>\n<p> Nicolette van Brakel, operasionele direkteur van die Veldgidsvereniging van Suid-Afrika wat juis daardie dag op \u2019n werksbesoek by Royal Malewane was, vertel dat Juan en Wilson die bes opgeleide wildgidsspan in die land is. Juan is \u2019n Veldgidsvereniging &ldquo;scout&rdquo; (\u2019n kombinasie van Spesiale Kennis en Vaardighede met Gevaarlike Diere-kwalifikasie en Senior Spoorsnyer-kwalifikasie). Juan is ook \u2019n spesialis vo&euml;lkenner en is as direkteur by Royal Malewane dikwels betrokke by die opleiding van safarigidse. Skouer aan skouer vorm hy en Wilson al vir jare \u2019n besonderse sterk span. Die bejaarde Wilson het sedert sy kinderjare in Mosambiek \u2019n ontsaglike kennis van spoorsny opgedoen en is tans die enigste meesterspoorsnyer in Suid-Afrika.<\/p>\n<p> \u2019n Ent verder draf drie vlakvarke met vlagsterte deur die veld. \u2019n Witrenoster en haar kalfie wei vredig aan die gras, skaars drie meter van ons af. Die renosterbaba se stomp neusie, wye ore, plooimond en klein ogies laat hom aartsonskuldig lyk. Sy ma kieliekrap hom met haar horing en dit lyk asof hy dit baie geniet. Horings is \u2019n allerbelangrike deel van renosters se kommunikasie, daarom word dit hier by Royal Malewane nie verwyder nie, maar met gif ingespuit om die diere teen jagdiewe te beskerm. <\/p>\n<p> In die ondergaande son gloei die gras oranjegeel toe \u2019n trop buffels met trotse sekelhorings reg voor ons oor die pad stap. Die kalfies is nog wollerig. \u2019n Dominante buffelkoei besluit oor alles wat die trop aanvang &ndash; wanneer hulle moet wei, waar hulle mag slaap. Juan parkeer die Landrover in \u2019n oopte en ons knibbel aan biltong en neute en sluk \u2019n koue Savanna af. Hy haal die teleskoop uit, sodat ons Venus, die ring om Saturnus en ander planete en mane van nader kan bewonder. <\/p>\n<p> Dit is reeds stikdonker toe ons die groot wit tent met die honderd of wat lanterns in die middel van die bos bereik. Al dertig lodge gaste en die gidse sit aan by \u2019n lange tafel vir \u2019n heerlike sesgang-ete. Ons kuier alte lekker met Nicolette en Juan. En sowaar, daar verskyn sjef Michael met \u2019n donker, bittersoet sjokoladekoek versier met vars kersies, spesiaal gebak om my mooie man se veertigste verjaardag te vier!<\/p>\n<p> Omdat daar geen heining of skans tussen mens en wildernis is nie, begelei \u2019n gids jou n&aacute; donker op die plankpad tot by jou suite. En daar wag \u2019n verdere verrassing toe op ons: \u2019n Victoriaanse pootjiesbad vol borrels! Op die Persiese tapyt langs die bad is koue vonkelwyn, kerse en roosblare in \u2019n kring gepak. Die kaggelvuur in die slaapkamer gooi \u2019n flikkerlig oor die hemelbed.<br \/> <strong><br \/> \u2019n Koloniale droom<\/strong><br \/> Die volgende oggend slaap ons tot 8:30 &ndash; bykans twee en \u2019n half uur langer as wat ons ooit tuis kan inl&ecirc;! Uitgerus neem ons die voetpaadjie na die ontbytplek. Mak njalas staar ons agterna, houtgerus. Njalas is lieflike bokke. Hoe spesiaal om hulle van naby te kan bekyk &#8211; die kolletjies op die wange, die donker wimpers, fyn gesiggie, die dun swart strepie op die rug en stertpunt. Die hele trop njalas is mak, maar gesond menssku. <\/p>\n<p> Ontbyt is op die ruim houtdek wat uitkyk oor die watergat. Vars bessies, aarbeie, kiwis, vars kersies, gevulde omelet, interessante konfyt (soos gemmer en anys), croissants, \u2019n handvol soorte kaas, vonkelwyn met vrugtesap en moerkoffie. Hierna maak ons \u2019n draai by The Waters &ndash; \u2019n pragtige spa omring deur die bos. Ek en Gerrit gim saam-saam en duik in die 25meter-lange swembad. Die spa spog ook met stoomkamers, Afrikabaddens, terapeutiese masserings en vele ander pamperlang-behandelings. <\/p>\n<p> Skaars vertrek ons op die wildrit, of ons pad kruis met \u2019n swartrenoster en haar kalfie &ndash; twee van die slegs 2 000 swartrenosters ter w&ecirc;reld! Sy wikkel haar ore terwyl \u2019n bosluisvo&euml;l dit skoonpik. Ja, daardie ore volg ons beweging oral, selfs nadat sy aan die slaap raak. <\/p>\n<p> Daar is \u2019n soet grasgeur in die lug en die silhoe&euml;tte van doringbome teen die oranjepienk son. Juan word oor die radio geroep, en skielik raak hy haastig en ry oor slote, terwyl Wilson aan die voorpunt van die voertuig sit en links en regs \u2019n pad deur die veld met \u2019n panga oopkap. En wat \u2019n verrassing! \u2019n Trop van sewe leeus is in \u2019n oopte besig om wakker te word n&aacute; hulle namiddagslapie. Omdat dit die tyd is voordat hulle jagtog begin, is hulle rustig, maar paraat. Liefdevol skuur die ma en dogter hulle koppe teen mekaar. Daar is nog twee sussie-welpies, \u2019n tannie en ouma met reuse kloue. Een van die welpies bekruip die ma van agter, versigtig om nie op die blare te trap nie&#8230; en spring dan karboem! op haar rug. Haar boetie is \u2019n maanhaarleeutjie van so veertien maande oud en is kort op haar hakke. Vir \u2019n volle halfuur lank volg ons die trop se doen en late. Ja, met \u2019n afstand van skaars drie meter tussen hulle en ons oop voertuig. Maar met Juan en Wilson wat die lyftaal van die leeu-adel beweging vir beweging aan ons vertaal, kan ons nie anders as om veilig en uiters gese&euml;nd te voel nie.<\/p>\n<p> Een vir een maak die diere van die donker nou hulle verskyning &ndash; nagapie, muskeljaatkat, kiewiet. Dit is \u2019n koue aand, en ons smelt omtrent van dankbaarheid oor die warm sjokolade met Amarulalikeur waarmee ons ingewag word by die lodge.<\/p>\n<p> Met aandete vertel Keilan ons meer oor die wynlys &#8211; hy het immers vir vier jaar op \u2019n wynplaas gewerk. \u2019n Voormalige tuinier, Vincent, is \u2019n uitlander in wie die lodge veertien jaar gelede soveel potensiaal gesien het, dat hulle hom opgelei het as sjef. Saam met sy elegante vrou Thandi, wat ons as kelnerin bedien, maak hulle \u2019n voortreflike span. Ons smul behoorlik aan Vincent se oondwarm amandel-en-appelkoos-brood, springbok carpaccio bedien met parma grano en basiliekruid-olie, Karoo-lamsrak met roosmaryn en pistachio, afgerond met bessie souffl&eacute;. <\/p>\n<p> N&aacute; \u2019n borrelbad kuier ek en Gerrit vir oulaas op die sofa voor die kaggel in die slaapkamer oor \u2019n koppie heuning-en-gemmertee. Soveel eietydse luukses, soveel ouw&ecirc;reldse romantiek. Wat \u2019n wonderlike wyse om die begin van die middeljare te vier!<br \/> <a href=\"\"http:\/\/ www.theroyalportfolio.com\"\"><br \/> www.theroyalportfolio.com<\/a><br \/> <a href=\"\"http:\/\/info@royalmalewane.com\"\">info@royalmalewane.com<\/a><br \/> Tel 015 793 0150 <br \/> Faks: 015 793 2879<\/p>\n<p> <strong>Foto&#8217;s:<\/strong><br \/> Carina Stander en Gerrit van Niekerk<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Naam Carina Stander Waar ons was Royal Malewane Lodge Wie almal daar was Carina Stander en Gerrit van Niekerk Ligging Royal Malewane is gele&euml; in die Thornybush Private Natuurreservaat wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park, ongeveer 50km [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":12005,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[1381,1382,1383],"class_list":["post-6954","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-royal-malewane-lodge","tag-kruger-park","tag-thornybush"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Naam Carina Stander Waar ons was Royal Malewane Lodge Wie almal daar was Carina Stander en Gerrit van Niekerk Ligging Royal Malewane is gele&euml; in die Thornybush Private Natuurreservaat wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park, ongeveer 50km [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-08-04T08:56:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"178\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"178\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek\",\"datePublished\":\"2014-08-04T08:56:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/\"},\"wordCount\":1460,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148411236.jpg\",\"keywords\":[\"Royal Malewane Lodge\",\"Kruger Park\",\"Thornybush\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/\",\"name\":\"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148411236.jpg\",\"datePublished\":\"2014-08-04T08:56:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148411236.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20148411236.jpg\",\"width\":178,\"height\":178},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose","og_description":"Naam Carina Stander Waar ons was Royal Malewane Lodge Wie almal daar was Carina Stander en Gerrit van Niekerk Ligging Royal Malewane is gele&euml; in die Thornybush Private Natuurreservaat wat deel uitmaak van die Groter Kruger Nasionale Park, ongeveer 50km [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-08-04T08:56:00+00:00","og_image":[{"width":178,"height":178,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek","datePublished":"2014-08-04T08:56:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/"},"wordCount":1460,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg","keywords":["Royal Malewane Lodge","Kruger Park","Thornybush"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/","name":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg","datePublished":"2014-08-04T08:56:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20148411236.jpg","width":178,"height":178},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eietydse-luukses-ouwereldse-romantiek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Eietydse luukses, ouw\u00eareldse romantiek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6954","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6954"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6954\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/12005"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6954"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6954"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6954"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}