{"id":6942,"date":"2023-06-26T15:53:00","date_gmt":"2023-06-26T13:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/as-die-kind-die-ouer-is\/"},"modified":"2023-06-26T16:06:45","modified_gmt":"2023-06-26T14:06:45","slug":"as-die-kind-die-ouer-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/","title":{"rendered":"As die kind die ouer is&#8230;"},"content":{"rendered":"<p>As \u2019n kind nie meer kind kan wees nie, verloor sy nie net \u2019n stuk van haar lewe nie, maar\u00a0ook \u2019n stuk van haarself. Baie kinders kry bitter swaar omdat hulle in stilswye die las\u00a0van volwassenes op hul tenger skouertjies dra. Dikwels terwyl byna niemand dit eens\u00a0raaksien of daarvan weet nie. Sulke kinders voel verward en deurmekaar omdat hulle\u00a0rol konflik beleef, want \u2019n kind word nie gesien as iemand wat ander moet versorg of hul\u00a0emosionele laste moet dra nie. So \u2019n kind besef nie altyd wat die oorsprong van haar\u00a0frustrasie en verwardheid is nie. Dis \u2019n rol wat \u2019n kind nie verdien nie, maar soveel kinders\u00a0te beurt val.<\/p>\n<p>Gesinne moet fisiek en emosioneel oorleef. Basiese dinge soos kos maak, inkopies doen, huis skoonmaak, wasgoed was, die versorging van klein kindertjies en siekes moet in alle gesinne gedoen word. As \u2019n ouer dit nie doen nie, doen \u2019n kind dit noodgedwonge. Gesinne soek na balans. Kinders balanseer dikwels dinge om die gesin te laat funksioneer &#8211; verkieslik s\u00f3 dat buitestanders die indruk het dat alles in die gesin reg is.<\/p>\n<p>Wanneer \u2019n kind die ouerrol aanneem weens die ouer se fisieke of geestelike ongesteldheid, drank of \u2019n ander kwessie, word sy gekonfronteer met volwasse probleme waarvoor sy nie opgewasse is nie. So \u2019n kind moet dan nie net die ouer dra nie, maar ook vir haarself sorg. Sy word van haar kindwees beroof wat dikwels daartoe lei dat haar normale ontwikkeling skade ly. Dikwels word die situasie selfs vir ander familielede weggesteek omdat dit\u00a0iets is waaroor die gesin skaam is. Dis vir kinders moeilik om rolle te vervul waarvoor hulle nog nie gereed is nie.<\/p>\n<p>Party ontwikkel in verantwoordelike volwassenes wat kan raakvat, probleme oplos en besluite neem. Maar ander raakmoeg en uitgebrand. Elma* vertel: \u201cEk is so moeg om altyd daar vir ander te wees. Dit voel of ek my\u00a0lewe lank net gebruik is. \u201cMy ouers is geskei en my ma moes noodgedwonge gaan werk. Sy het bedags in \u2019n kantoor gewerk, en het om den brode snags vir ander mense naaldwerk gedoen.<\/p>\n<p>\u201cEk was ma vir ons vier kinders en moes kos maak, wasgoed was, die kleintjies by die laer- en kleuterskool kry, Kosie* se bottels gee, help met huiswerk, sorg dat die huis netjies bly sodat Ma nie raas nie. \u201cEk onthou toe Kosie gastro gekry het. Later was daar nie meer \u2019n skoon doek nie en ek het hom op handdoeke laat l\u00ea. Die gemors! En die aanhoudende gehuil. Ek het later begin saamhuil, en toe huil almal. En hy raak al swakker. Ek sal nooit my magtelose\u00a0angs en vrees vergeet nie: As hy doodgaan, sal dit my skuld wees. \u201cEk dink my trane het daardie dag opgedroog. Ek kan en wil oor niks meer huil nie. Ek wil vir niemand verantwoordelik wees nie. Jare lank wou ek by niemand betrokke wees nie, dit het gevoel of almal my net wil gebruik. En nou het elke man wat ek ontmoet \u2019n string kinders wat hy wil h\u00ea ek moet versorg.\u201d<\/p>\n<p>In gesonde gesinne waar kinders net kinders is, neem ouers die verantwoordelikheid vir die gesin se finansi\u00eble, praktiese, emosionele en geestelike funksionering. Hulle is die voorsieners en die versorgers. In so \u2019n gesin lewer almal \u2019n bydrae, selfwaarde is hoog en die re\u00ebls en verwagtinge is menslik, buigbaar en ouderdomsverwant. Elkeen het sy eie aktiwiteite, doelwitte, planne en sosiale kring wat deur die gesin as geheel ondersteun word. Daar is balans tussen hul fisieke, intellektuele, sosiale, emosionele en geestelike kante. Die kommunikasie is direk, duidelik, oop, spesifiek en eerlik. Elkeen kan gevoelens en behoeftes uitspreek. Alles draai nie om een mens of om \u2019n sentrale probleem nie. Die gesin is deel van \u2019n gemeenskap en het verhoudings met mense en dinge buite die gesin.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u2018My pa se siekte het my kindwees gesteel\u2019<\/span><br \/>\n<\/strong><br \/>\nKinders behoort besig te wees met dinge wat kinders van hul ouderdom doen.<\/p>\n<p>Johan* s\u00ea weens sy pa se alkoholprobleem wou hy nooit maats huis toe nooi nie. Dit het hom ge\u00efsoleer, want omdat hy hulle nie nooi nie, het hulle hom ook nie genooi nie. Dit was ook vir hom verwarrend: Die een dag is hy die man in die huis wat sy klein boetie oppas of sy pa in die bed sit as hy onkapabel is. Die volgende dag moes hy kind wees.<\/p>\n<p>Lydia* vertel hoe moeg sy daarvoor is om haar ouers se vertroueling te wees. \u201cDan praat Ma met my, dan praat Pa met my, en elkeen verwag ek moet sy kant kies. Ma vertel my hoe sy voel, maak my pa sleg en maak my die skeidsregter.<\/p>\n<p>\u201cEk wil niks meer van hul huweliksprobleme hoor nie. Waarom praat sy nie met haar suster of vriendinne nie? Sy doen dit nie, want niemand mag weet nie. Voor ander is hulle liefies met mekaar. Ma manipuleer my met: \u2018Ek het niemand om mee te praat nie.\u2019 Ek weet dis emosionele afpersing. Ek voel voortdurend of my gevoelens nie saak maak nie. Hul probleme vreet my tyd en energie en dreineer my. Ek wens ek kan uit die huis kom.\u201d<\/p>\n<p>Leane Austin, \u2019n Amerikaanse opvoedkundige sielkundige en skrywer, s\u00ea kinders reageer nie almal so nie. Party raak baie verantwoordelik en neem volwasse gedragspatrone en taalgebruik aan. Vir hulle is dit dan moeilik om met kinders van hul ouderdom sinvolle interaksie te h\u00ea. Dit\u00a0isoleer hulle en laat hulle alleen en uitgesluit voel. Ander kinders mag weer regresseer en soos jonger kinders optree. Hulle kan weerstand bied, aandag soek, negatiewe gedrag openbaar, buierig, aggressief, huilerig en afhanklik wees. Dikwels is dit \u2019n onbewustelike poging om hul kinderrol terug te kry.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Die uitwerking op kinders<\/span><br \/>\n<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Hulle dink nie aan hulself en hul gevoelens nie. Hulle leer dat hulle behoeftes ondergeskik is aan di\u00e9 van ander. Dit veroorsaak probleme met selfwaarde, selfbeeld en selfvertroue<\/li>\n<li>Normale ontwikkeling ly skade: Hulle neem nie sosiaal, fisiek en intellektueel deel aan aktiwiteite van hul portuurgroep nie. Dit het dikwels \u2019n impak op hul emosionele ontwikkeling<\/li>\n<li>Sosiaal is hulle ge\u00efsoleer, ontwikkel nie die nodige vaardighede nie en sukkel om met maats, onderwysers, broers, susters en ander volwassenes oor die weg te kom.<\/li>\n<li>Hulle is dikwels moeg, sukkel om te konsentreer en hul skoolwerk ly daaronder. Of hulle raak\u00a0vroe\u00eb skoolverlaters.<\/li>\n<li>Hulle het nie \u2019n realistiese beeld van die w\u00eareld nie en sien dit as bedreigend. Dit raak hul vermo\u00eb om sinvolle besluite te neem, want hulle word groot met skaamte, negatiwiteit en wantroue.<\/li>\n<li>Hulle het dikwels \u2019n groot verlieservaring: die verlies aan drome, jeug en kanse om te kan doen wat hul maats doen, maar ook die verlies aan normale verhoudings met ouers, broers, susters, en vriende.<\/li>\n<li>Dikwels beleef die kind baie kommer, onsekerheid en stres oor die persoon wat hulle ondersteun en oor hulself of ander kinders in die gesin se toekoms.<\/li>\n<li>Sulke kinders voel vasgevang en uitgelewer. Dit laat hulle moedeloos, magteloos, hartseer, maar ook woedend voel. En dan voel hulle skuldig oor hul gevoelens. Sulke dogters is dikwels geneig om vroeg te trou om te probeer wegkom.<\/li>\n<li>Die kans is groot op sielkundige en ander probleme soos angs-, eet- en slaapversteurings, depressie, aggressie, mede\u2013afhanklikheid, rebelsheid. Hulle kan alkohol of dwelms misbruik.<\/li>\n<\/ul>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Help kinders so<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Al is dit dikwels nie werklik moontlik om sekere omstandighede (soos \u2019n siek ouer) te verander nie, kan daar wel dinge gedoen word om dit vir die kind makliker en beter te maak.<\/p>\n<ul>\n<li>Kinders het individuele aandag nodig: \u2019n Vertroueling om mee te praat. Iemand wat verstaan wat hulle ervaar en op hul behoeftes kan fokus, wat hulle toelaat om te rou oor hul verliese. So dikwels word daar net op die een met die probleem gefokus.<\/li>\n<li>Hulle het ook maats en verhoudings buite die gesin nodig.<\/li>\n<li>Hulle het praktiese ondersteuning van familie, vriende of mense in hulpprofessies nodig sodatdit nie net hul verantwoordelikheid is nie. Hulle mag maar hulp vra.<\/li>\n<li>Hulle het inligting en begrip oor die probleem nodig. Dit help ook as daar \u2019n plan vir die toekoms is. Dit gee hoop.<\/li>\n<li>Tye wanneer hulle net hul eie en lekker dinge kan doen, is onontbeerlik.<\/li>\n<li>Hulle moet weet dis nie hul rol om volwassenes se take te doen of hulle te ondersteun nie. Hulle kan as deel van die gesin help, maar dis nie hul verantwoordelikheid nie.<\/li>\n<li>Dit help as die take wat hulle moet doen ouderdomsverwant is, soos skottelgoed was of asblikke uitgooi. En dat volwassenes mekaar se emosionele ondersteuning is en die verantwoordelikheid vir ander kinders se opvoeding en veiligheid neem.<\/li>\n<li>Hulle moet weet hulle het die reg op rus, ontspanning, opvoeding, veiligheid, beskerming, dat iemand na hul welsyn omsien en na hulle luister; om met respek behandel te word en om hul eie drome te droom \u2013 die reg om net kind te kan wees.<\/li>\n<li>Hulle het ook die reg om te kan kies om nie die rol van die ouer te vervul nie.<\/li>\n<li>Hulle moet kan ervaar hulle is nie alleen nie. Hulle het hulp en iets om in te glo. Daar is sin in die lewe. Geloof in \u2019n Ho\u00ebr mag bring baie troos en ondersteuning. Van kinders word dikwels meer gevra as om net \u2019n kind, \u2019n boetie of \u2019n sussie te wees. En dan voel hulle verantwoordelik vir ander se welstand. En hulle doen dit uit liefde,\u00a0respek of bloot omdat dit in die gesin nodig is, of verwag word. Maar dit kan hul tyd, emosies, normale ontwikkeling en selfbeeld opvreet. Kinders moet gehelp word om die gesonde grense van verantwoordelikheid, omgee en liefde vir hulself te vind en dit in ander te respekteer. Dit gebeur as hulle liefde en omgee ervaar en hul grense van kindwees gerespekteer word.<\/li>\n<li><strong><em>*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark, Pretoria.<\/em><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-kinders-vir-die-naweek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Egskeiding: kinders vir die naweek<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As \u2019n kind nie meer kind kan wees nie, verloor sy nie net \u2019n stuk van haar lewe nie, maar\u00a0ook \u2019n stuk van haarself. Baie kinders kry bitter swaar omdat hulle in stilswye die las\u00a0van volwassenes op hul tenger skouertjies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":138261,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[134,135,150,834],"class_list":["post-6942","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-ouers","tag-kinders"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As die kind die ouer is... | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"&#039;n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As die kind die ouer is... | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"&#039;n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-06-26T13:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-06-26T14:06:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"As die kind die ouer is&#8230;\",\"datePublished\":\"2023-06-26T13:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-26T14:06:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/\"},\"wordCount\":1653,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-kindel-media-8550841.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"ouers\",\"kinders\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/\",\"name\":\"As die kind die ouer is... | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-kindel-media-8550841.jpg\",\"datePublished\":\"2023-06-26T13:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2023-06-26T14:06:45+00:00\",\"description\":\"'n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-kindel-media-8550841.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/06\\\/pexels-kindel-media-8550841.jpg\",\"width\":1280,\"height\":960},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-die-kind-die-ouer-is\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As die kind die ouer is&#8230;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As die kind die ouer is... | rooi rose","description":"'n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As die kind die ouer is... | rooi rose","og_description":"'n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-06-26T13:53:00+00:00","article_modified_time":"2023-06-26T14:06:45+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":960,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"As die kind die ouer is&#8230;","datePublished":"2023-06-26T13:53:00+00:00","dateModified":"2023-06-26T14:06:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/"},"wordCount":1653,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg","keywords":["ouerskap","Verhoudings","ouers","kinders"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/","name":"As die kind die ouer is... | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg","datePublished":"2023-06-26T13:53:00+00:00","dateModified":"2023-06-26T14:06:45+00:00","description":"'n Kind se kindwees word van haar gesteel as \u2019n ouer om die een of ander rede nie sy rol kan vervul nie.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/06\/pexels-kindel-media-8550841.jpg","width":1280,"height":960},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-die-kind-die-ouer-is\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As die kind die ouer is&#8230;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6942","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6942"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6942\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/138261"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6942"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}