{"id":68967,"date":"2016-08-15T09:30:53","date_gmt":"2016-08-15T07:30:53","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=68967"},"modified":"2017-07-13T12:59:22","modified_gmt":"2017-07-13T10:59:22","slug":"elma-postma-verlief-verloof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/","title":{"rendered":"Elma Postma: verlief &#038; verloof"},"content":{"rendered":"<p>Om \u2019n aktrise \u00e9n \u2019n gelukkige mens te wees verg nogal \u2019n balanseertoertjie. Jy moet uiteenlopende karakters oortuigend kan speel sonder om jouself te verloor. Jy moet die publiek \u2019n kykie in jou lewe gee sonder om jou privaatheid in te boet. Jy moet die glansbeeld wat van jou geskep word, versoen met die feit dat vryskutakteurs nie aldag werk het nie. Jy moet aanvaar dat die oppe en affe in jou lewe \u2013 of dit nou te make het met jou verhoudings of met jou gewig \u2013 deur die wye w\u00eareld raakgesien en bespreek word. En dan moet jy nog op aanvraag motiveringspraatjies kan hou!<\/p>\n<p>Elma Postma vier vanjaar 16 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Sedert 2000 het haar werk van die sepiestel uitgekring na die radio, verhoog, opvoedkundige en bedryfsteater, TV-dramas, aktualiteits- en realiteits-TV, advertensiewerk, die rolprentskerm, asook optredes by gesellighede.<\/p>\n<p>Maar nog indrukwekkender as haar CV is Elma se groei as mens. \u201cEk is \u2019n gewone vrou,\u201d s\u00ea sy terwyl sy openlik oor haar loopbaan, haar keuses, en haar reis met haar lyf gesels. Baie vroue kan hulle vereenselwig met die kwessies waarmee sy stoei, maar haar benadering is ongewoon. Pleks van rigiede verwagtings aan die lewe te stel, laat sy haar verras. Sy verkneukel haar in vreugdes soos haar onlangse verlowing en maak \u2019n plan met uitdagings soos die kilogramme wat sy wou afskud.<\/p>\n<p>\u201cEk wil besluite neem wat my waardes en behoeftes weerspie\u00ebl. Ek is in \u2019n ligter fase van my lewe, en ek wil baie lag!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_68979\" style=\"width: 408px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-68979\" class=\"size-medium wp-image-68979\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016-398x600.jpg\" alt=\"Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016\" width=\"398\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-68979\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Leana Clunies-Ross<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kyk hoe lyk Elma nou<\/h4>\n<p>Elma se lieflike latlyfie vang dadelik die oog. \u201cDit gebeur met baie vroue: jy sit so stadig maar seker gewig aan, nie te veel nie, net so \u2019n bietjie op \u2019n slag. En eendag, twee jaar later, is jy vyf kilogram swaarder. Jy besef as jy nie n\u00f3\u00fa gaan omdraai nie, kan dit dalk te laat wees!<\/p>\n<p>\u201cEk het in Desember \u2019n klomp gewig verloor. Ja, dit is die moeilikste tyd van die jaar om dit te doen, maar ek het my afgevra: wil ek nog vyf weke wag? Ek was desperaat en wou op die daad \u2019n verandering maak. As jy net eers jou kop regkry, is dit makliker.<\/p>\n<p>\u201cEk was seker op twintig Kerspartytjies en het net op Kersdag en Nuwejaarsdag voor \u2019n drankie en \u2019n soetigheid geswig. My vriende het aanvanklik vir my gelag, maar toe hulle agterkom ek is ernstig, het hulle my ondersteun. Ek was bedagsaam &#8211; ek het almal verseker hulle kon eet soos hulle wou. Ek het selfs vir hulle brood gebak!\u201d<\/p>\n<p>Om weke lank by \u2019n streng dieet te hou, is geen grap nie. \u201cEk is ongelooflik lief vir kos. Ek is mal oor kosmarkte en oor kosgeure in die huis, en ek kuier graag in die kombuis terwyl ek kos maak. Wanneer ons <em>Mooiloop!<\/em> skiet, eet ons twee maal per dag in \u2019n restaurant. Ja, ek kan seker \u2019n slaai bestel, maar gaan ek dit doen? En as daar in \u2019n asemskepoomblik \u2019n stuk koek voor my beland,<br \/>\nis die vraag: gaan ek hom los as ek hom eers geproe het?<\/p>\n<p>\u201cDie kosversoekings stoomroller ons vroue. As jy die dag eers een keer ge-<em>cheat<\/em> het, eet jy die res van die dag verkeerd. Die ideaal is om \u2019n leefstyl te volg wat goed is vir jou lyf. En om na jou liggaam te luister. Ek luister gewoonlik na die skaal!\u201d<\/p>\n<p>Is dit goed dat vroue se eiewaarde so nou met hul gewig saamhang?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDis dalk onnodig, maar dis hoe ek dit ervaar. Wanneer ek ligter voel, voel ek beter oor myself. Maak nie saak hoe maer ek is nie, ek voel soms steeds te vet.<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk het van kleins af die mooi modelle en die tydskrifte dopgehou en gedink dis hoe ek moes lyk. Ek onthou \u2019n pynlike voorval: Toe ek in graad vyf was, was modelwerk een van my buitemuurse aktiwiteite. Die juffrou het vir my ma ges\u00ea ek is nie maer genoeg om \u2019n model te wees nie, en ek het die gesprek gehoor.<\/p>\n<p>\u201cIn die vermaaklikheids-bedryf kan jou gewig bepaal of jy werk kry of nie. Toe ek my eerste oudisie gaan doen nadat ek drama geswot het, het die regisseur ges\u00ea: \u2018Die kamera hou van jou gesig. Maar gaan verloor eers 10 kg en kom dan terug.\u2019 Dit was vir my \u2019n slag. Ek was goed genoeg vir die werk, maar nie maer genoeg nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is vroue wat hulself ten volle aanvaar al is hulle <em>voluptuous<\/em>. Ek funksioneer beter as ek gemaklik voel in my lyf. Ek is skielik bereid om iets aan te trek wat stywer sit, en dis asof ek \u2019n vriendeliker mens is en makliker oogkontak maak. As ek tydens <em>Mooiloop!<\/em> nie heeltyd wonder of my klere reg lyk nie, verskuif my fokus van myself na die mense met wie ek gesels. Dis wat \u00e9intlik van belang is.<\/p>\n<p>\u201cOns almal begeer aanvaar-ding. Dit bly maar \u2019n stryd: moet jy eerstens daaroor begaan wees of ander van jou hou, of eerder jou eie lewe verryk en die beste mens wees met dit wat jy het? As jy ouer word, is jy vandag in elk geval die mooiste wat jy ooit gaan wees. Die ideaal is om jouself te omarm en lief te raak vir jouself.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-68980 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016-1-399x600.jpg\" alt=\"Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016\" width=\"399\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor haar loopbaan<\/h4>\n<p>\u201cOm in ons bedryf suksesvol te wees moet jy verskriklik sterk wees. Wanneer iemand na aan jou siek word of sterf, moet die <em>show<\/em> voortgaan. Jy moet selfkritiek \u00e9n ander se kritiek kan hanteer, plus die onsekerheid van tye sonder werk. Soms wens ek ek het elke dag geweet waar my volgende salaristjek vandaan gaan kom.<\/p>\n<p>\u201cDie positiewe is dat jy leer om gereed te wees vir enigiets. Geleenthede kom onverwags. Ek dink mooi oor elkeen na en as ek dit aanvaar, doen ek dit met my hele wese. Maar ek wil op die punt kom waar ek nie hoef te wag vir iemand om vir my werk te gee nie.\u201d<\/p>\n<p>Om di\u00e9 rede het Elma tussen twee reekse van <em>Boer soek \u2019n Vrou<\/em> \u2019n voltydse, ses maande lange kursus voltooi en as grimeerkunstenaar gekwalifiseer. \u201cEk is lief vir grimering en dit bring my kreatiewe sy na vore. Dis lekker om vir vroue te wys hoe mooi hulle eintlik is en hoe hulle \u2019n Saterdagoggend-, werk- en aand-<em>look<\/em> kan skep.<\/p>\n<p>\u201cVanjaar doen ek \u2019n aanlynkursus in binnenshuise ontwerp by die <em>Interior Design Institute<\/em>. Die kursus word internasionaal erken. Wanneer ek toneel speel of iemand grimeer, voel die ervaring vir my net tydelik, maar as ek \u2019n pragtige, funksionele omgewing kan skep, laat ek iets blywends agter.\u201d<\/p>\n<p>Elma se tweede eenvroustuk, Semi\u2019naar\u2019: <em>die Masker maak die Mens<\/em>, is ook gebore uit die behoefte om \u2019n stabieler bron van inkomste te h\u00ea. \u201cDie stuk is op \u2019n roll. Ek was nog altyd \u2019n skamerige, bangerige mens, maar soms dink ek nie te veel oor \u2019n intimiderende projek nie &#8211; ek doen dit net. Dan kom ek agter ek k\u00e1n dit doen. Met hierdie stuk is ek alleen en ontbloot op die verhoog. Dis net ek en die gehoor se reaksie of nie-reaksie. Dit word nooit maklik nie &#8211; my maag draai steeds. Maar wanneer die gehoor h\u00f3\u00f3r wat ek s\u00ea, is dit wonderlik.\u201d<\/p>\n<p>Omdat \u2019n vryskut-aktrise selde weet wanneer watter werkgeleentheid gaan opduik, is dit vir Elma moeilik om vooruit te beplan.<\/p>\n<p>\u201cJy dink heeltyd aan opsies en maak planne oor hoe om di\u00e9 of daardie nuwe projek aan te pak. Jy sluit eintlik nooit af nie, al sit jy dae lank by die huis. Jy wag vir daardie oproep of e-pos wat moontlik kan deurkom, en voel skuldig as jy die dag voor die televisie wil deurbring of sommer net niks wil doen nie.<\/p>\n<p>\u201cDaarom het ek bepaalde rustye begin beplan. Ek weet lank vooruit dat ek op my rus-datums nie beskikbaar vir werk is nie, en as ek werk kry, probeer ek dit hiervolgens re\u00ebl. Mense respekteer dit as jy onmiddellik vir hulle beskikbare datums kan gee. Dit het \u2019n groot las van my skouers afgehaal en ek gun myself nou my afsluittye. Dis finansieel dalk nie altyd die beste besluit nie maar in terme van lewensgehalte maak dit sin om selfsugtig met jou tyd te werk &#8211; veral wanneer jy oor \u2019n gesinsvakansie moet besluit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-68981 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016-2-398x600.jpg\" alt=\"Elma-Postma-rooi-rose-Julie-2016\" width=\"398\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk het ook al \u2019n boek of wat gelees oor die feit dat administrasie of die sosiale media jou lewe kan oorneem. As ek skryf, repeteer of studeer, probeer ek om slegs op die taak voor my te fokus. Ek sit my foon eenkant en herinner my daaraan dat ek nie elke liewe e-pos dadelik hoef te antwoord nie. Daarvoor sit ek \u2019n bepaalde tyd van die dag opsy. Dis nie vir my maklik nie &#8211; dis \u2019n daaglikse oefening en verg nogal dissipline!<\/p>\n<p>\u201cDit val my al meer op hoe geleenthede op die regte tyd kom. My werk is dikwels van toepassing op my lewensreis. Daarom probeer ek om uit my boksies te klim en saam met die stroom te vloei.\u201d<\/p>\n<p>En die man wat die <em>vintage<\/em>-verloofring aan Elma se vinger gesteek het? Sy verklap net dat sy naam Paul is. \u201cKom ons bewaar die misterie. Ek is baie gelukkig om iemand te h\u00ea met wie ek alles kan deel. In ons verhouding kan ek \u2019n volronde mens wees. Ek het vlerke om te vlieg en \u2019n veilige landingsplek by hom. Maar dis my stukkie van die lewe wat ek toevou, my privaatheid.\u201d<\/p>\n<p>Elma geniet die fotosessie en vonkel en speel met die kamera, maar die glansfoto\u2019s definieer haar nie.<\/p>\n<p>\u201cBaie mense dink glans beteken om op die rooi tapyt of op tydskrif-voorblaaie te wees. Maar het glans nie te make met dit wat binne-in jou gebeur nie? Ek weet maar te goed hoe bedrieglik daardie fifteen minutes of fame is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cEk dink die belangrikste is dit wat jy as mens uitstraal &#8211; die glimlag wat jy gee. Dit maak jou iemand wat gloei eerder as iemand met \u2019n glansryke lewe. Jy is nader aan die waarhede in jou kern, aan wie jy werklik is. Jy is eg. Jy kan asemhaal. Jy is \u2019n ligter mens.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ja, Elma Postma is verloof! Maar dis nie al hoekom sy so ligvoets loop nie. Wat is dit wat haar op 37 so laat straal? Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Leana Clunies-Ross<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":67663,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,1633,2053,4274,23450,24339],"class_list":["post-68967","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-voorbladvrou","tag-huwelik","tag-afrikaanse-aktrise","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Elma Postma: verlief &amp; verloof | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Elma Postma: verlief &amp; verloof | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ja, Elma Postma is verloof! Maar dis nie al hoekom sy so ligvoets loop nie. Wat is dit wat haar op 37 so laat straal? Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Leana Clunies-Ross\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-08-15T07:30:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:59:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1506\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Elma Postma: verlief &#038; verloof\",\"datePublished\":\"2016-08-15T07:30:53+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:59:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/\"},\"wordCount\":1709,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Elma-Postma.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"voorbladvrou\",\"huwelik\",\"afrikaanse aktrise\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/\",\"name\":\"Elma Postma: verlief & verloof | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Elma-Postma.jpg\",\"datePublished\":\"2016-08-15T07:30:53+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:59:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Elma-Postma.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Elma-Postma.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1506,\"caption\":\"Elma-Postma\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/elma-postma-verlief-verloof\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Elma Postma: verlief &#038; verloof\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Elma Postma: verlief & verloof | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Elma Postma: verlief & verloof | rooi rose","og_description":"Ja, Elma Postma is verloof! Maar dis nie al hoekom sy so ligvoets loop nie. Wat is dit wat haar op 37 so laat straal? Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Leana Clunies-Ross","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-08-15T07:30:53+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:59:22+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1506,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Elma Postma: verlief &#038; verloof","datePublished":"2016-08-15T07:30:53+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:59:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/"},"wordCount":1709,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg","keywords":["celebs","voorbladvrou","huwelik","afrikaanse aktrise","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/","name":"Elma Postma: verlief & verloof | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg","datePublished":"2016-08-15T07:30:53+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:59:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Elma-Postma.jpg","width":1000,"height":1506,"caption":"Elma-Postma"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/elma-postma-verlief-verloof\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Elma Postma: verlief &#038; verloof"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68967","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68967"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68967\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/67663"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68967"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68967"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68967"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}