{"id":68946,"date":"2023-04-26T13:12:32","date_gmt":"2023-04-26T11:12:32","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=68946"},"modified":"2023-04-26T13:18:57","modified_gmt":"2023-04-26T11:18:57","slug":"wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/","title":{"rendered":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?"},"content":{"rendered":"<p>Niemand wil geld bestee aan iets wat dalk gevaarlik kan wees nie, maar tog soek ons almal na die wondermiddel wat ons, soos in die sprokies, lank en gelukkig sal laat leef.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die grys gebiede van die wetenskap<\/h4>\n<p>Dis belangrik dat maatskappye studies onderneem, maar soms word die bevindings vir eie gewin onverantwoordelik, of buite konteks aan verbruikers oorgedra.<\/p>\n<p>Dr. Jacques Rossouw, \u2019n kenner van wetenskaplike navorsing, s\u00ea jy moet op <strong>vier punte<\/strong> let voor jy studieresultate vir soetkoek opeet. Die bron waar die inligting beskikbaar is en die studie-ontwerp is baie belangrik. Studies wat in erkende wetenskaplike joernale gepubliseer is, of uit gerespekteerde akademiese bronne verkry is, is gewoonlik betroubaar. Dierestudies kan ook nie noodwendig direk op mense toegepas word nie, en die dosisse wat soms hier gebruik word, kan heelwat ho\u00ebr wees as wat proporsioneel deur mense gebruik sou word.<\/p>\n<p>\u2019n Ander algemene fout, soos in <em>The Scientist<\/em> uitgewys is, is die interpretasie van resultate. \u2019n Voorbeeld is soos toe bevind is dat vroue wat hormoonvervangingsterapie gekry het, minder geneig was tot hartvatsiektes. Die teendeel is later bewys. Die fout: die verlaagde voorkoms van hartvatsiektes onder hierdie spesifieke groep het met die voordele van hul ho\u00ebr sosio-ekonomiese status verband gehou, en nie met die terapie nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sjokolade maak jou slimmer<\/h4>\n<p>\u2019n Ander wanopvatting is dat die individu die groep volg. Soos die artikel in die <em>New English Journal of Medicine<\/em> oor die studie waaruit geblyk het daar is \u2019n verband tussen die verbruik van sjokolade en die hoeveelheid Nobelpryswenners. Daar was aansienlik meer wenners in die lande met \u2019n ho\u00eb verbruik van sjokolade. Dus, hoe meer sjokolade jy eet, hoe slimmer word jy! Tog is dit onmoontlik om so \u2019n aanname te maak. Twee onverwante goed word met mekaar in verband gebring, hoewel daar geen wetenskaplike verband is nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kritiek teen studies<\/h4>\n<p>Die <em>2011 Iowa Women\u2019s Health Study<\/em> het die gesondheid van 38 000 ouer vroue bestudeer en volgens die studiebevindings was die vroue wat in die 19 jaar van die studie gereeld multivitamiene geneem het 2,4% meer geneig om te sterf. Geen melding word gemaak van watter vorm die aanvullings in die studie was nie. Sintetiese aanvullings verskil van natuurlikes. Daar word ook nie gespesifiseer of die deelnemers juis aanvullings geneem het omdat hulle reeds aan \u2019n siektetoestand gely het en dus \u2019n groter risiko vir siekte en dood gehad het nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gebruik jy aanvullings veilig?<\/h4>\n<p>Daar is beslis \u2019n plek vir aanvullings as dit reg gebruik word, s\u00ea Maryke Bronkhorst, dieetkundige van Sandton.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Daar moet \u2019n goeie rede wees<\/strong><br \/>\nDie gemiddelde persoon met \u2019n gebalanseerde dieet behoort nie tekorte te h\u00ea nie. Maar as jy aan intense sport deelneem, vir uithourenne oefen, trauma beleef (soos egskeiding, dood van geliefde), of buitengewoon lang ure werk en te min slaap, kan aanvullings \u2019n rol speel. Besoedeling verhoog ook jou behoefte aan antioksidante wat in bone, bessies, sitrus, tamaties en groen en geel groentes voorkom. Antioksidante sluit vitamien A, E, C, betakaroteen en selenium in. <a href=\"http:\/\/www.webmd.com\/food-recipes\/20-common-foods-most-antioxidants\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees meer hier<\/a><\/p>\n<p>\u2022 <strong>My kind is vol fiemies<\/strong><br \/>\nLekkerbekkige kinders eet net sekere kossoorte en kan beslis tekorte ontwikkel. En omdat hul nog groei, kan die tekorte langtermyngevolge h\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>My tienerdogter is gedurig op dieet<\/strong><br \/>\nBeendigtheid stabiliseer in jou vroe\u00eb twintigerjare en dit is baie belangrik dat kinders, veral meisies, genoeg kalsium inneem. Baie meisies sny soms melk uit omdat hulle so bewus van hul gewig is. Vreemde di\u00ebte wat net op sekere kossoorte fokus, trek ook jou inname skeef.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Melk maak my siek<\/strong><br \/>\nBaie mense (veral kinders) sukkel deesdae met laktose-intoleransie. Drie glase (3 x 250 ml) melk per dag voorsien jou van genoeg kalsium. Alternatiewe bronne soos soja- en amandelmelk bevat aansienlik minder kalsium en aanvullings kan nodig wees as die res van jou dieet nie genoeg voorsien nie. (Hierdie alternatiewe bronne word soms met kalsium aangevul.) <strong>Koeimelk<\/strong> 300 mg kalsium per 250 ml; <strong>Sojamelk<\/strong> 50 mg per 250 ml; <strong>Amandelmelk<\/strong> 2 mg per 250 ml; <strong>Rysmelk<\/strong> 1 mg per 250 ml.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-beste-melk-vir-kalsium\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees ook: Die beste melk vir kalsium<\/a><\/p>\n<p>\u2022 <strong>Geen vis vir my nie<\/strong><br \/>\nVis is hoog in<strong> omega-3<\/strong>, maar heelwat mense eet glad nie vis nie. \u2019n Omega-3-aanvulling kan die tekort herstel.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Ysteraanvullings?<\/strong><br \/>\nJou liggaam stoor ekstra yster in jou lewer, maar te veel yster kan gevaarlik wees. Boonop kry jy \u2019n toestand, hemochromatose, waar jou liggaam meer as normale hoeveelhede yster opneem en dit in die lewer, gewrigte, testikels en hart stoor. Dis die algemeenste genetiese toestand onder Noord-Europe\u00ebrs, en Suid-Afrikaners het \u2019n ho\u00ebr as gemiddelde voorval. Dit kom meer onder mans voor en in ernstige gevalle kan dit dodelik wees. Vitamien C verhoog die opname van yster in die algemeen en alkohol verhoog dit verder by mense met hemochromatose.<\/p>\n<p>\u201cEk sou mense aanraai om eers te toets voor hulle enige ysteraanvullings neem,\u201d s\u00ea Maryke. Lees meer by <a href=\"http:\/\/www.liverdoctor.com\/liver-problems\/hemochromatosis\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">liverdoctor.com<\/a><\/p>\n<p>\u2022 <strong>Ek is nie lus om kos te maak nie<\/strong><br \/>\nOuer mense en enkellopendes wat alleen woon, eet nie altyd gebalanseerd nie en \u2019n multivitamien kan waardevol wees. As bejaardes daagliks by die aftree-oord \u2019n gebalanseerde maaltyd eet, is dit nie nodig nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Wees versigtig om aanvullings ge\u00efsoleerd te drink<\/strong><br \/>\nAs jy \u2019n aanvulling op sy eie wil drink, moet jy seker maak jy het wel \u2019n tekort en dit met jou dokter bespreek. Die grootste probleem ontstaan met vetoplosbare vitamiene soos vitamien A, D, E en K. Vitamien B6 is wateroplosbaar, maar dit kan ook \u2019n probleem word as dosisse van meer as 200 mikrogram per dag oorskry word. Hierdie vitamiene bou in die liggaam op en kan giftig word. Soms gebeur dit dat mense \u2019n verskeidenheid multivitamien-aanvullings (soos een vir sportmense, een vir menopouse en een vir jou vel) drink. Dus laai die individuele aanvullings op.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Gebruik vir \u2019n tydperk<\/strong><br \/>\nDrink die aanvulling vir \u2019n ruk en hou dan op sodat jy kan vasstel of jy steeds die simptome van \u2019n tekort het. Of laat toets jou vlakke om seker te wees. Jy kan \u2019n algemene multivitamien op die lange duur drink omdat dit al die aanvullings in die regte verhouding het &#8211; wat optimale opname verseker. Die hoeveelhede is ook nooit te hoog om skade te doen nie.<\/p>\n<p><strong>#rooirosewenk<\/strong><br \/>\nKruie hou ook voordele in, maar as jy op chroniese medikasie is, of onseker voel oor die dosis of bron, moet jy vir veiligheid jou dokter raadpleeg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? Deur Anet Schoeman. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":137061,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[2621,2690,4357,5306,14147,14148,296,303,335,620,1140,1361,1433,1528,2426,2578],"class_list":["post-68946","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-hormone","tag-hartsiektes","tag-laktose","tag-aanvullings","tag-antioksidante","tag-omega","tag-sjokolade","tag-kruie","tag-slaap","tag-dieet","tag-vitamiene","tag-melk","tag-yster","tag-menopouse","tag-kalsium","tag-terapie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-04-26T11:12:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-04-26T11:18:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?\",\"datePublished\":\"2023-04-26T11:12:32+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-26T11:18:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/\"},\"wordCount\":1055,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"hormone\",\"hartsiektes\",\"laktose\",\"aanvullings\",\"antioksidante\",\"omega\",\"sjokolade\",\"kruie\",\"slaap\",\"dieet\",\"vitamiene\",\"melk\",\"yster\",\"menopouse\",\"Kalsium\",\"terapie\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/\",\"name\":\"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-04-26T11:12:32+00:00\",\"dateModified\":\"2023-04-26T11:18:57+00:00\",\"description\":\"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/04\\\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose","description":"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose","og_description":"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-04-26T11:12:32+00:00","article_modified_time":"2023-04-26T11:18:57+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?","datePublished":"2023-04-26T11:12:32+00:00","dateModified":"2023-04-26T11:18:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/"},"wordCount":1055,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg","keywords":["hormone","hartsiektes","laktose","aanvullings","antioksidante","omega","sjokolade","kruie","slaap","dieet","vitamiene","melk","yster","menopouse","Kalsium","terapie"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/","name":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg","datePublished":"2023-04-26T11:12:32+00:00","dateModified":"2023-04-26T11:18:57+00:00","description":"Meer en meer studies oor aanvullings jaag verbruikers op hol. Vandag se elikser is m\u00f4re se swartskaap. En andersom. Wanneer glo jy studies, en wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/04\/alexander-grey-nj9tmN-7YMA-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wat-die-reels-vir-die-veilige-gebruik-van-aanvullings\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wat is die re\u00ebls vir die veilige gebruik van aanvullings?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68946","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68946"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68946\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/137061"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}