{"id":68496,"date":"2017-01-05T15:34:54","date_gmt":"2017-01-05T13:34:54","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=68496"},"modified":"2017-04-18T13:16:32","modified_gmt":"2017-04-18T11:16:32","slug":"waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/","title":{"rendered":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?"},"content":{"rendered":"<h4>Nota<\/h4>\n<p>Vir hierdie artikel moet jy asseblief oplet na die datum waarop jy dit lees, en die datum waarop dit geskryf is. Ons doen ons bes om die storie op datum te hou maar neem in ag dat wetgewing oor gebruik, koop en verkoop van dagga kan verander, soos die storie ontvou. Vir ons gaan dit nie soseer oor die wet nie maar oor wat dagga aan jou doen. Lees gerus wat s\u00ea Doctors for Life oor dagga vir mediese toestande:\u00a0<a href=\"http:\/\/www.doctorsforlife.co.za\/pg\/media-release-222\/\" target=\"_blank\">Lees dit hier<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>31 Maart 2017<\/h4>\n<p>Die Wes-Kaapse Hooggeregshoof het op 31 Maart 2017 beslis dat dit ongrondwetlik is dat dagga onwettig is. Die hof het die parlement twee jaar kans gegee om die teenstrydighede in die wetgewing op te klaar.<\/p>\n<p>As dit kom by koop, soos die situasie nou staan, mag slegs siek mense om mediese redes en op voorskrif dagga koop en gebruik. Na die hofuitspraak mag ook gesonde volwassenes in die privaatheid van hul eie woning dagga kweek, besit en gebruik. Die hofsaak het nie die koop en verkoop van dagga deur gesonde mense aangespreek nie.<\/p>\n<p>Verder mag minderjariges nie dagga gebruik nie. Dit is nie duidelik wanneer &#8216;n persoon minderjarig is nie &#8211; jonger as sestien, agtien of selfs een-en-twintig.\u00a0Daar is geen duidelikheid oor daggagebruik deur vriende by jou huis nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5 Januarie 2017<\/h4>\n<p>Die nuwe 2017-wetgewing wat dit wettig dat jy mediese dagga koop, bring ingrypende veranderings mee. Daar is nog baie onduidelikhede, want die nuwe wetgewing dek nie al die kwessies nie. Daar is dus nog nie finale riglyne vir sommige aspekte oor dagga, koop en gebruik nie. Maar wat weet ons reeds?<\/p>\n<p>Ons kyk na wat MASA (<a href=\"https:\/\/www.samedical.org\/cms_uploader\/viewArticle\/389\" target=\"_blank\">Medical Association of SA<\/a>), die SAMRC (SA Medical Research Council) en MCC (<a href=\"http:\/\/www.mccza.com\/\" target=\"_blank\">Medicine Control Council of SA<\/a>) s\u00ea oor mediese dagga.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is mediese dagga?<\/h4>\n<p>Die <em>Medical Innovation Bill<\/em> onderskei tussen daggagebruik as medikasie en daggagebruik vir \u2018ontspanning\u2019, soos dit amptelik genoem word. Daggagebruik vir \u2019n siektetoestand word nou gewettig. Dagga vir \u2019n \u2018high\u2019, soos die meeste gebruikers dit eintlik wil gebruik, bly so onwettig as altyd.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy self dagga kweek vir jou kwaal?<\/h4>\n<p>Die wetgewing is nie duidelik hieroor nie maar vir seker mag jy steeds nie sonder verlof dagga in jou agterplaas kweek nie &#8211; nie vir jouself nie, en ook nie vir iemand anders nie.<\/p>\n<p>Die nuwe <em>Medical Innovation Bill<\/em> dui aan dat \u2019n permit nodig is om dagga te mag kweek. Mense wat dagga vir mediese doeleindes wil verkoop, sal dus nie sonder &#8216;n permit wettig dagga kan kweek en verkoop nie. Aangesien die gehalte van die dagga verseker moet word, sal privaat individue waarskynlik nie permitte bekom nie. Dit sal eerder aan professionele boere of farmaseutiese maatskappye toegeken word.<\/p>\n<p>Dit is nog nie bepaal of jy as individu dus ook dagga mag kweek vir jou skete of kwale nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waar kry mens \u2019n permit om dagga te kweek?<\/h4>\n<p>Waarskynlik sal die MCC self permitte toeken. Kontak die MCC direk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe kry jy dagga op voorskrif?<\/h4>\n<p>Die enigste opsie, as jy wil dagga koop vir \u2019n siekte, is om dit op voorskrif te kry. Jou dokter sal jou kan verwys. Maar moenie verwag dat jou dokter so oneties gaan wees as om sonder geldige gesondheidsredes dagga vir jou voor te skryf nie. MASA waarsku dat\u00a0dokters wat dagga onregmatig voorskryf sy lisensie sal verloor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy dagga by jou apteek koop?<\/h4>\n<p>Vergeet daarvan dat apteke daggablare vir \u2019n zol sal aanhou. Die nuwe wetgewing staan nie die rook, eet of gebruik van daggablare of die hele daggaplant voor nie, want die dosis daarvan sal gereguleer moet word, net soos met enige ander medisyne.<\/p>\n<p>Apteke sal dus dagga in die vorm van druppels, olie en so meer verkoop.<\/p>\n<p>Dit gaan in elk geval nie maklik wees om dagga wettig te koop nie. Dit sal baie streng gereguleer word. Die nuwe daggawetgewing verander net die skedulering van dagga van \u2019n Skedule 7-produk, waarvan die verkope onwettig is, na \u2019n Skedule 6-produk, wat volgens die strengste regulasie vir medikasies verkoop word. In beginsel geld al die re\u00ebls wat geld vir die koop van morfien ook vir die koop van dagga.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Sal jou mediese fonds vir jou dagga betaal?<\/h4>\n<p>Baie onwaarskynlik. Jou dokter sal dit moet motiveer, en selfs dan sal mediese fondse dit nie noodwendig finansier nie. Die gebruik van dagga hou nadele in, soos \u2019n werklike risiko op afhanklikheid. Dit kan ook potensieel psigiese toestande sneller. Aangesien daar vir verreweg die meeste toestande beter en veiliger alternatiewe beskikbaar is, sal mediese fondse dit veel eerder finansier.<\/p>\n<p>As jy egter aan een van die handvol toestande ly waarvoor dagga om mediese redes voorgeskryf word, kan jy aansoek doen vir goedkeuring.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat as jy newe-effekte ervaar?<\/h4>\n<p>Sal jy \u2019n mediese eis teen jou dokter en\/of apteek en\/of verskaffer kan instel?<\/p>\n<p>Die wetgewing hieroor is nie duidelik nie maar aangesien dagga as terapie nog nie goed gevestig is nie, sal dokters en aptekers moontlik verwag dat jy \u2019n vorm moet teken dat jy bewus is van risiko\u2019s soos afhanklikheid, psigose, depressie, hartskade en so aan. Jy sal dus nie \u2019n eis teen jou dokter, apteker of mediese fonds kan instel nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy sal kan dagga koop vanaf Februarie 2017. Wettig, mits jy \u2019n voorskrif kan kry. In terme daarvan is dit eintlik slegte nuus as jou dokter dink jy is so sonder vooruitsigte op herstel dat hy bereid is om dagga voor te skryf \u2026\u00a0 Ons kyk hoe die Medical Innovation Bill potensieel gaan werk.\u00a0Deur Salom\u00e9 Delport. Foto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":68531,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[2356,5222,5588],"class_list":["post-68496","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-dwelms","tag-medies","tag-wetgewing"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-01-05T13:34:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-04-18T11:16:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1272\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?\",\"datePublished\":\"2017-01-05T13:34:54+00:00\",\"dateModified\":\"2017-04-18T11:16:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/\"},\"wordCount\":873,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Rook.png\",\"keywords\":[\"dwelms\",\"medies\",\"wetgewing\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/\",\"name\":\"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Rook.png\",\"datePublished\":\"2017-01-05T13:34:54+00:00\",\"dateModified\":\"2017-04-18T11:16:32+00:00\",\"description\":\"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Rook.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/03\\\/Rook.png\",\"width\":1920,\"height\":1272,\"caption\":\"Foto: Pexels\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose","description":"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose","og_description":"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-01-05T13:34:54+00:00","article_modified_time":"2017-04-18T11:16:32+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1272,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png","type":"image\/png"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?","datePublished":"2017-01-05T13:34:54+00:00","dateModified":"2017-04-18T11:16:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/"},"wordCount":873,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png","keywords":["dwelms","medies","wetgewing"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/","name":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png","datePublished":"2017-01-05T13:34:54+00:00","dateModified":"2017-04-18T11:16:32+00:00","description":"Dagga koop is steeds nie maklik nie, ten spye van die nuwe wetgewing wat dit magtig. Dit is hoe dit werk, soos die wetgewing op die oomblik staan, in Suid-Afrika,aldus MASA en die MCC.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/Rook.png","width":1920,"height":1272,"caption":"Foto: Pexels"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/waarom-kan-jy-steeds-nie-dagga-koop-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Waarom kan jy steeds nie dagga koop nie?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68496\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/68531"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}