{"id":68195,"date":"2017-03-16T10:32:37","date_gmt":"2017-03-16T08:32:37","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=68195"},"modified":"2017-03-16T10:32:37","modified_gmt":"2017-03-16T08:32:37","slug":"wipkar-hoofstuk-9","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/","title":{"rendered":"Wipkar, hoofstuk 9"},"content":{"rendered":"<p>Die drie weke wat Jos in die inrigting is, is \u2019n lafenis vir Arien en die kinders. Die atmosfeer in die huis is lig en ontspanne. Die kinders mis hulle pa, maar hulle mis \u2019n\u00a0gesonde pa. Arien en die kinders praat nie veel oor Jos nie, maar gaan kuier elke Sondag by hom. Sedert die onttrekkingsimptome verby is, is hy \u2019n\u00a0nuwe mens. Hulle braai saam onder die bome by die kliniek en hy en die seuns skop \u2019n\u00a0rugbybal rond. Dit is die eerste keer in jare dat hy regtig aan die seuns aandag gee en Arien kan sien die seuns geniet dit. Dit is vir haar lekker om pa en kinders saam te hoor lag, maar die klank val vreemd-hartseer op haar oor. Dit is nie vir haar lekker dat haar kinders by hulle pa in \u2019n\u00a0rehabilitasiekliniek moet gaan kuier nie. Sy kan net hoop hulle leer \u2019n\u00a0waardevolle les uit die ervaring en dat dit hulle nooit eendag in die strik van drank en dwelms sal verval nie. Daar is verskeie tieners saam met Jos in die kliniek. Sy sit soms na die ander gesinne en kyk wat ook Sondae met besoektyd by die kliniek saam met \u2019n\u00a0ma, pa, kind of vriend braai. Elkeen het sy eie storie en sy eie hoop dat die toekoms volle rehabilitasie sal inhou. Arien kan haarself nie sover kry om oor die toekoms te dink nie. Sy moes al te veel keer teleurgesteld omdraai nadat sy gehoop het en sy sien nie kans om weer seer te kry nie.<\/p>\n<p>Sy en Jos vermy die onderwerp van die egskeiding. Maar vandag is die dag wat sy dit nie langer kan wegpraat nie. Vandag het sy \u2019n\u00a0sessie saam met Jos en sy pastorale berader.<\/p>\n<p>Sy sit \u2019n\u00a0ruk in haar kar voor sy ingaan. Sy weet nie wat sy oor die egskeiding gaan s\u00ea nie. Jos het nog nie die skikking geteken nie en sy wil nie druk op hom plaas terwyl hy in die kliniek is nie.<\/p>\n<p>Estie Bredenham is sag en moederlik. Dit pas by haar rol as pastorale berader. Sy laat Arien gemaklik voel en aan haar interaksie met Jos neem sy aan die twee het al \u2019n\u00a0paar sessies gehad.<\/p>\n<p>Al die vuil wasgoed van hulle huwelik l\u00ea op die mat tussen haar, Jos en Estie en Arien voel sy kan die mufheid van ou hartseer en teleurstelling ruik. Hulle praat \u2019n\u00a0pad deur die jare van geluk en hoofsaaklik oor die hartseer van die afgelope paar jaar.<\/p>\n<p>Jos het sy pakkie skuld wat Arien aan die verbrokkeling het, netjies verpak, besef Arien effens bitter. Hy s\u00ea sy het verby hom begin leef en hom afgeskeep. Hy steek ook \u2019n\u00a0paar gate in die nuwe selfbeeld wat sy opgebou het sedert sy 10 kg verloor het.<\/p>\n<p>\u201cArien het haarself laat gaan. Sy het dik en onversorg geword en ons sekslewe het daaronder gely.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDik,\u201d dis wat Jos haar altyd noem as hy te veel gedrink het. Maar vandag is hy nugter, en hy verwys steeds na haar as \u201cdik\u201d. Sy sit sy woorde in haar gedagtes en rondrol. Sy beken sy het verby hom begin leef, ja, want al die huishoudelike verantwoordelikhede soos verstopte dreine, rekenings, kruideniersware koop, die gesin se administrasie, die diens van die karre en stofsuiers wat breek &#8230; dit het met die jare alles haar verantwoordelikheid geword. En die kinders. Sy moes hul ma en pa wees want Jos het elke aand laat gewerk en naweke sy roes af geslaap.<\/p>\n<p>Sy beken ook \u2019n\u00a0plak sjokolade en pakkie koekies was haar troos as sy eensaam en hartseer was. Dit het die plek ingeneem van die tekort aan fisieke en emosionele aandag van Jos se kant af. Daar was later nooit meer \u2019n\u00a0drukkie of enige erkenning dat hy haar as vrou bemin nie.<\/p>\n<p>Maar sy weier om te beken die probleme in die slaapkamer was net hare. Sy kan onthou hoe sy soms nog desperaat probeer het om hom te verlei en die hope di\u00ebte waarop sy gegaan het om haar lyf weer reg te ruk vir hom. Dan was daar die lys terapeute en sielkundiges wat sy gaan sien het om die huwelik te probeer red. Nee, sy weier om die grootste deel van die pakkie skuld te vat wat Jos vir haar eenkant gesit het.<\/p>\n<p>Jos het nog nooit daarvan gehou dat sy die laaste woord inkry nie, en hy het oudergewoonte \u2019n\u00a0verskoning vir elke fout wat dalk op hom mag dui. Hy het gevoel Arien waardeer nie wat hy vir haar en die kinders opoffer nie. Hy het lang ure gewerk en\u00a0 eensaam gevoel. Dit het vir hom gevoel of Arien en die kinders hul eie lewe apart van hom leef. Ander vroue se aandag het hom belangrik en manlik laat voel. En soms het die drank en dwelms hom laat vergeet van tyd en sy gesin.<\/p>\n<p>Estie sit simpatiek na elkeen van hulle en luister. Sy kies nie kant nie. Sy is nie \u2019n\u00a0skeidsregter nie. Sy is bloot \u2019n\u00a0mediator tussen twee mense wie se liefde met die jare uitgerafel het. Sy knip nie \u2019n\u00a0oog as Jos oor die vroue by kuierplekke vertel nie. Maar vra tog hoe Arien daaroor voel.<\/p>\n<p>Arien weet nie wat om te antwoord nie. Sy voel leeg oor di\u00e9 afleidinge van haar man. Daar was \u2019n tyd dat sy daaroor gehuil het, maar nou voel sy emosieloos daaroor.<\/p>\n<p>Die sessie rek uit en dit voel vir Arien of die gesprek in sirkels om hulle koppe sweef. Sy voel nie meer lus om deur ou herinneringe te praat nie. Nie weer nie. Sy het dit al oor en oor gedoen en dit het nog nooit \u2019n\u00a0verskil gemaak nie. Sy wens Estie wil die gesprek nou bee\u00efndig, maar sy gee skynbaar nie so maklik op nie.<\/p>\n<p>\u201cArien, Jos s\u00ea hy is baie trots op die gewig wat jy verloor het. Hy waardeer dit. Vertel haar hoe jy oor die nuwe Arien voel, Jos?\u201d<\/p>\n<p>Jos buig vooroor en vat Arien se hand. Arien is lus om dit weg te trek, maar sit stil onder die wakende oog van Estie.<\/p>\n<p>\u201cJy is weer die ou Arien. Ek kan nie wag om huis toe te gaan nie. Dan gaan ons twee met vakansie. Net ons.\u201d<\/p>\n<p>Arien se mond voel droog. Sy voel lus om te vlug. Sy trek haar hande weg.<\/p>\n<p>\u201cEk het dit nie vir jou gedoen nie. Ek het nie ter wille van jou maer geword nie. Ek wou &#8230;\u201d<\/p>\n<p>Sy weerhou haar daarvan om te vertel hoe sy onder Cari se invloed met die gedagte gespeel het om \u2019n\u00a0minnaar te kry. Sy weet dit dal Jos meer skietgoed gee.<\/p>\n<p>Sy kyk na die skok op Jos se gesig en voel lus om hom nog meer te skok.<\/p>\n<p>\u201cDit gaan nie net oor jou nie, Jos. Dit gaan oor my ook. Ek wou weer goed voel oor myself.\u201d<\/p>\n<p>Sy bly \u2019n\u00a0ruk stil. Dan spoeg sy die woorde uit.<\/p>\n<p>Die jare se afskeep en vernedering. Die baie kere wat hy geweier het om aan die huwelik te werk.<\/p>\n<p>Sy wil vir hom s\u00ea sy het gewig verloor om saam met Hendri te gaan koffie drink. Sy wil Jos vertel hoe uitgehonger sy was vir aandag en hoe Hendri se e-posse haar hart weer laat bons het. Hendri wou haar sien, Hendri s\u00ea hy het haar nooit vergeet nie. Sy wil Jos seermaak met haar storie oor Hendri. Jos wat s\u00ea sy was dik. Dik, en daarom was die meisies in kuierplekke vir hom so begeerlik.<\/p>\n<p>Jos vertel hoe lekker dit vir hom was om te sien Arien dra weer mooi onderklere, maar sy is lus en gil dat hy verkeerd is. Sy het die kant onderklere gekoop met die hoop om goed te lyk vir Hendri.<\/p>\n<p>Sy kry haar wraak tog in deur te vertel hoe sy die sy nagjurk gaan koop het en hoe sy \u2019n\u00a0romantiese aand vir haar en Jos beplan het.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir jou gewag, maar jy was besig met meisies by jou kuierplek. Jy het nooit eens ges\u00ea jy is jammer nie. Dit was die laaste keer dat jy my gebreek het, Jos. Die laaste keer.\u201d<\/p>\n<p>Jos begin huil, maar sy voel sy is nog nie uitgepraat nie.<\/p>\n<p>\u201cEk aanvaar verantwoordelikheid vir die feit dat ek te moeg geword het om te probeer. Jy het my moed gebreek, Jos. Ek weet nie of ek dit meer in my het om weer te probeer nie.\u201d<\/p>\n<p>Daar hang \u2019n\u00a0stilte in Estie Bredenham se kantoor. Jos hou op huil en kyk beskuldigend na haar.<\/p>\n<p>\u201cSo na alles wat ek deur is, s\u00ea jy jy gaan nie weer probeer nie? Jy gaan my nie terugvat nie? Vir wat het ek dan drie weke hier gesit?\u201d<\/p>\n<p>Arien kyk na Estie vir hulp. Hoe kan Jos steeds nie verstaan hoekom hy regtig in die kliniek is nie?<\/p>\n<p>\u201cJy is hier om gesond te word. Dit gaan nie net om ons huwelik nie.\u201d<\/p>\n<p>Maar Jos voel sy moet vir hom hoop gee, Arien. Hy moet iets h\u00ea wat dit vir hom die moeite werd maak.<\/p>\n<p>\u201cHoekom het jy my nie van die begin af ges\u00ea jy wil steeds met die egskeiding voortgaan nie? Nou, noudat ek deur hel is, nou s\u00ea jy vir my jy wil nie aangaan nie? As ek terugval sal dit jou skuld wees!\u201d<\/p>\n<p>Arien vererg haar vir Jos se ou gewoontes wat weer opduik. Hy is nooit die skuldige nie. Hy is die slagoffer en alles is haar skuld.<\/p>\n<p>\u201cAs jy terugval in drank en dwelms is dit jou eie keuse. Dit sal jou eie besluit wees. Jy is hier omdat jy \u2019n\u00a0verslaafde is. Drank en dwelms het jou lewe oorheers en ons huwelik en die kinders het daaronder gely. Jou verslawing het gevolge gehad en dit is tyd dat jy dit erken, Jos. Jy kan nie verwag ek moet alles wat gebeur het sommer net so vergeet en aangaan nie. Watter waarborg het ek dat jy nie weer terug sal gaan op jou ou paaie nie?\u201d<\/p>\n<p>Estie laat hulle begaan. Die verwyte en beskuldigings word heen en weer geslinger tot Arien en Jos beide doodstil en uitgeput voor hulle sit en staar.<\/p>\n<p>Jos stap weg na sy kamer sonder om te groet. Hy is kwaad, maar dit skeel Arien min. Sy voel ook kwaad. Vandag het die pot finaal oorgekook tussen haar en Jos. Vir die eerste keer in Jare was Jos nugter tydens \u2019n\u00a0gesprek oor hulle huwelik.<\/p>\n<p>Op pad terug stad toe speel die middag oor en oor in Arien se kop af. Dit dreineer die laaste greintjie energie wat nog oor is in haar.<\/p>\n<p>Haar foon lui. Dit is Jos. Sy is nie lus om met hom te praat nie. Haar praat is op na die middag. Hy bel weer &#8230; en weer. Dan stuur hy \u2019n\u00a0sms.<\/p>\n<p>Sy l\u00ea tot laatnag na die sms en staar.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is so jammer oor alles. Ek weet ek verdien om jou te verloor. Ek sal \u2019n\u00a0heel man hier uitstap, ek belowe. Ek sal aan jou bewys dat ek myself kan regruk. Ek is dit aan jou en die kinders verskuldig. Ek het drooggemaak en ek is bereid om te wag tot jy my weer vertrou. Ek het die beste vrou in die w\u00eareld verniel. Vergewe my. X&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoofstuk 9 van ons vervolgverhaal, Wipkar. Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":65029,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[1518,4119,12985,135,1258],"class_list":["post-68195","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-kortverhaal","tag-vervolgverhaal","tag-wipkar","tag-verhoudings","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoofstuk 9 van ons vervolgverhaal, Wipkar. Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-03-16T08:32:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"813\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"604\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Wipkar, hoofstuk 9\",\"datePublished\":\"2017-03-16T08:32:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/\"},\"wordCount\":1896,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"keywords\":[\"kortverhaal\",\"vervolgverhaal\",\"wipkar\",\"Verhoudings\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/\",\"name\":\"Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"datePublished\":\"2017-03-16T08:32:37+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg\",\"width\":813,\"height\":604,\"caption\":\"Foto: Pixabay\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wipkar-hoofstuk-9\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Wipkar, hoofstuk 9\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose","og_description":"Hoofstuk 9 van ons vervolgverhaal, Wipkar. Geskryf deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-03-16T08:32:37+00:00","og_image":[{"width":813,"height":604,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Wipkar, hoofstuk 9","datePublished":"2017-03-16T08:32:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/"},"wordCount":1896,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","keywords":["kortverhaal","vervolgverhaal","wipkar","Verhoudings","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/","name":"Wipkar, hoofstuk 9 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","datePublished":"2017-03-16T08:32:37+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Rooi-lippe-e1484912239144.jpg","width":813,"height":604,"caption":"Foto: Pixabay"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wipkar-hoofstuk-9\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Wipkar, hoofstuk 9"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=68195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/68195\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/65029"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=68195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=68195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=68195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}