{"id":6819,"date":"2025-05-09T15:46:02","date_gmt":"2025-05-09T13:46:02","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-lee-nes\/"},"modified":"2025-05-09T15:45:56","modified_gmt":"2025-05-09T13:45:56","slug":"die-lee-nes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/","title":{"rendered":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad"},"content":{"rendered":"<h4><strong>Jessica Carinus (toe 46) van Fourways vertel hoe die le\u00eb nes haar aan flarde gehad het:<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cOns oudste dogter, Sandra, het uit die huis studeer en toe die tweede een drie jaar later besluit om in Stellenbosch te gaan swot, was ek saam met haar opgewonde. Ek het geweet ek sou Cindy mis, maar ek was gelukkig getroud en baie besig as bestuurder van ons lodge en het ook aan verskeie sportsoorte deelgeneem.<\/p>\n<p>\u201cNiks het my voorberei op die ongelooflike gevoel van verlies toe sy uit die huis is nie. Ek is in trane uit Stellenbosch weg en daarna het dit net haar naam, of \u2019n verwysing na haar gekos om my van vooraf in trane te h\u00ea. My emosies was heeltemal buite beheer.<\/p>\n<p>\u201cDie ergste was as Cindy my gebel het en ek in trane uitgebars het. D\u00edt nadat ek myself keer op keer voorgeneem het dat ek nie w\u00e9\u00e9r gaan huil nie. N\u00e1 elke oproep moes ek maar weer \u2019n boodskap stuur om te s\u00ea hoe jammer ek is dat ek so emosioneel is. My huilery het haar vreeslik ontstel. Sy was so bekommerd oor my dat sy haar pa gereeld gebel het om te hoor hoe dit met my gaan.<\/p>\n<p>\u201cAs ek verby haar kamerdeur gestap het, was ek in trane, as ek drie borde gedek het en nie die gewone vier nie, was ek in trane. En hoe meer ek myself vertel het hoe pateties dit was, hoe minder kon ek dit beheer.<\/p>\n<p>\u201cDie ergste was dat ek soos die kind in die verhouding gevoel het. Ek het geweet my reaksie was onrealisties, want my vriendinne wat in dieselfde bootjie was, het dit o\u00ebnskynlik maklik hanteer. Boonop was Cindy sielsgelukkig in Stellenbosch.<\/p>\n<p>\u201cDit het \u2019n groot verantwoordelikheid op Cindy geplaas. Sy moes die volwassene in die verhouding wees en my troos en moed inpraat. Ek het skuldig gevoel. Ook oor my ander dogter wat vir my s\u00ea \u2018Maar ma, ek is dan nog hier.\u2019 En dit was allermins \u2019n geval dat een \u2019n gunsteling was. Ek was om die waarheid te s\u00ea meer beskermend teenoor Sandra omdat sy sagter is.<\/p>\n<p>\u201cBy die huis het niemand oor Cindy gepraat nie. Dit was \u2019n verbode onderwerp. My man, wat nie die praterige soort is nie en nie met sy emosies te koop loop nie, het nie geweet hoe om my te ondersteun nie. Ek was ook te verle\u00eb om dit met my vriende te bespreek.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou hoe ek kort n\u00e1 Cindy vertrek het by \u2019n vriendin se verjaardagpartytjie was en toe een my na haar vra, het ek oudergewoonte in trane uitgebars. Haar reaksie van \u2018Ag, foeitog, nou hoekom huil jy dan?\u2019 het my so simpel laat voel dat ek opgestaan en uitgeloop het.<\/p>\n<p>\u201cEk was die een wat altyd vir ander planne gemaak het om \u2019n krisis te hanteer en voorheen gewonder het hoekom mense hulle nie kan regruk nie. Nou was ek soos \u2019n kind wat heeltyd gehuil het. As ek nou terugdink, kon ek \u2019n berader gaan spreek het, maar ek het laf gevoel om aan myself te erken dat ek nie daaroor kon kom nie. Boonop was een van ons vriendinne ernstig siek en het dit my probleem so kinderagtig laat lyk.<\/p>\n<p>\u201cDit het soos \u2019n depressie gevoel, hierdie swaar ding wat oor my gehang het. Ek het ook heeldag aan haar gedink. Soms het ek snags wakker geword en in trane uitgebars. Ek het vir \u2019n driekamp geoefen en lang trane gehuil in die swembad, op my fiets en as ek hardloop.<\/p>\n<p>\u201cDit was vir my \u2019n verleentheid. Ek het gereelde gaste wat by die lodge oorbly, en dit was net natuurlik dat hulle sou vra hoe dit met Cindy gaan. Ek het klokslag in trane uitgebars. Ek het onvolwasse en <em>flaky<\/em> gevoel. My fisio het my later raad gegee wat \u2019n bietjie gehelp het: As jy jou tong teen jou verhemelte druk, keer dit dat jy in trane uitbars. Dit het gewerk, maar dan kan jy ook nie juis praat nie!<\/p>\n<p>\u201cEers ses tot agt maande later het ek een oggend wakker geword en gevoel asof die wolk oor my gelig het. Dis nou drie jaar later en ek mis haar steeds, maar dis \u2019n rasionele gevoel soos enige ma maar haar kinders mis wat elders is. \u2019n Jaar later het Sandra uit die huis getrek en hoewel ek haar gemis het, was dit \u2019n normale reaksie en nie soos met Cindy nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Ek en my man het soveel pret<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>Ansie Bruwer (53) van Durbanville s\u00ea toe haar seun op 25 aankondig dat hy sy eie blyplek gekry het, was sy verbaas oor die golf emosie wat skielik oor haar gespoel het.<\/p>\n<p>\u201cAlbei die kinders het uit die huis studeer en dit was vir almal lekker om saam te wees. Ons het heerlik as \u2019n span saamgewerk en mekaar se geselskap geniet. Hy sou net om die draai van ons bly, maar die intensiteit van die emosie het my onkant betrap. Dit was net vir \u2019n oomblik, maar toe was ek saam met hom opgewonde oor die nuwe avontuur. Toe my dogter die volgende jaar vir nagraadse studie Johannesburg toe is, het ek geweet ek sou haar ondanks my voltydse beroep en groot vriendekring baie mis, want ons het soveel dinge saamgedoen.<\/p>\n<p>\u201cToe ons daardie dag van die lughawe terugry n\u00e1 ons haar afgelaai het, het ek vir my man, wat baie vir werk reis, ges\u00ea ons twee sal meer tyd vir mekaar moet maak en op mekaar fokus. Hy het ingestem om Vrydagaande halfses, eerder as die gewone sewe-uur, tuis te wees sodat ons \u2019n spesiale voorgereg en \u2019n lekker glas wyn op die stoep of voor die vuur kon geniet.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n wonderlike begin vir \u2019n naweek en het ons sommer dadelik in \u2019n ander bui geplaas. Hoewel ons albei ook met ons eie dinge besig was, het ons altyd iets lekkers vir die naweek beplan soos om te gaan uiteet, of iewers heen te ry. Skielik was ons weer \u2018maats\u2019 soos voor die kinders daar was!<\/p>\n<p>\u201cHy het my verras met reise na interessante bestemmings en hoewel ons gelukkig getroud was, het hierdie nuwe fokus ons beslis nader aan mekaar gebring. Ons het ook vir ons fietse gekoop en saam begin ry. Hy het later te besig geword om saam\u00a0met my te ry en ek het by \u2019n fietsryklub aangesluit en geniet nou hierdie nuwe avontuur. Ek het sedertdien verskeie lang wedrenne, onder meer drie Argus-wedrenne gedoen en is mal daaroor. Ek sou nooit kon droom dat ek n\u00e1 vyftig \u2019n fietsryer sou word nie. Hoewel dit vir my lekker was toe die kinders by die huis was, is my le\u00eb nes baie snoesig met net ons tweetjies daar. En boonop vir my tyd gegee om nuwe, opwindende dinge te doen.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Kry hulp<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>\u201cVandag se ouers is toeskietliker met die jongmense onder hul dak en skep vir hulle meer geleenthede en dus bly kinders graag langer in die huis,\u201d verduidelik Erika Hitge, \u2019n berader van Johannesburg. \u201cGedeelde belangstellings maak ook dat die generasiegaping krimp en dat ouers en kinders groot maats is en baie dinge saam doen.<\/p>\n<p>\u201cDit maak die gemis baie groter wanneer hulle die huis verlaat. Mense met aktiwiteite buite hul gesinsverband pas gewoonlik makliker aan omdat hulle nou meer tyd het om die nuwe lewenstyl te geniet. As kinders op hul eie bene staan, het ouers ook meer geld om dalk prettige dinge saam te doen. Tog kan mense soms diagnoseerbare siektes soos angs ontwikkel as hul lewe en fokus rondom die kinders gewentel het. Dit kom ook meer voor by mense wat daarvan hou as dinge dieselfde bly. Dit bied hulle sekuriteit.<\/p>\n<p>\u201cEmosies is nie rasioneel nie, en as jy boonop die menopouse se hormoonskommelings daarby klits, het jy \u2019n dodelike kombinasie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cSommige vroue beleef hul kinders baie intens en leef elke tree saam met hulle,\u201d verduidelik Lesley-Ann Pedler, \u2019n sielkundige en berader van Greenside. \u201cDit is vir hulle baie bevredigend, maar kan \u2019n geweldige leemte laat wanneer \u2019n kind die huis verlaat. Veral as die verhouding met haar man tekort skiet en kommunikasie gebrekkig is. Dan trek die verhouding skeef as die kind nie daar is om dit aan te vul nie.<\/p>\n<p>\u201cSoms was die kinders die gom wat die huwelik aanmekaargehou het. Of dalk l\u00ea hulle afwesigheid \u2019n swak plek in \u2019n huwelik bloot. Dit kan ook wees dat die huwelik gelukkig is, maar dat elkeen, die kinders inkluis, \u2019n rol het wat die eenheid as \u2019n geheel laat werk. Die kind is dalk die grapjas of lewenslustige een. As die kind weg is, funksioneer die eenheid nie meer soos voorheen nie en voel dit heeltyd of iets skort.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>\u2019n Berader kan help<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>\u201cGewoonlik help dit om die situasie met jou man, vriendinne of jou dominee te bespreek, maar as jy steeds ontredderd voel, of niemand het met wie jy dit kan bespreek nie, gaan vir berading,\u201d s\u00ea Lesley. Moenie bekommerd wees dat die berader jou kinderjare gaan oopvlek en \u2019n oorsaak gaan soek vir jou gevoel nie. Dit gaan bloot oor metodes wat jou kan help om die verlies beter te verwerk.<\/p>\n<p>Soms is dit makliker om jou emosies met \u2019n vreemdeling te deel omdat jy nie voel jy word beoordeel of gekritiseer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u2019n Berader se wenke<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Ek sal eerstens vir \u2019n ma toestemming gee om droewig te voel, maar met re\u00ebls. Sy kan byvoorbeeld elke oggend tot agtuur droewig wees en trane stort, maar dan is dit verby vir die dag.<\/li>\n<li>Dan sorg ek dat sy maniere kry om haar emosies te verbaliseer sodat as sy voor mense in trane uitbars, sy die woorde het om vir iemand te verduidelik dat sy deur \u2019n effense moeilike tyd gaan omdat haar kind uit die huis is. As sy dit reg kan verwoord, sal sy ook nie elke keer soos \u2019n slagoffer voel nie. Dis makliker as om dit heeltyd te probeer wegsteek.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/klein-maar-kragtig-jou-skildklier-kan-jou-liggaam-behoorlik-deurmekaarkrap\/\">Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jessica Carinus (toe 46) van Fourways vertel hoe die le\u00eb nes haar aan flarde gehad het: &nbsp; \u201cOns oudste dogter, Sandra, het uit die huis studeer en toe die tweede een drie jaar later besluit om in Stellenbosch te gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":58,"featured_media":152968,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[134,135,1112,5097,5102],"class_list":["post-6819","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-ouerskap","tag-verhoudings","tag-tussen-ons","tag-anti-aging","tag-teenverudering"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-05-09T13:46:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Karlien Meiring\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Karlien Meiring\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\"},\"headline\":\"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad\",\"datePublished\":\"2025-05-09T13:46:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/\"},\"wordCount\":1681,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\",\"Verhoudings\",\"tussen ons\",\"anti aging\",\"teenverudering\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/\",\"name\":\"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-05-09T13:46:02+00:00\",\"description\":\"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-lee-nes\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5\",\"name\":\"Karlien Meiring\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Karlien Meiring\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose","description":"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose","og_description":"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-05-09T13:46:02+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Karlien Meiring","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Karlien Meiring","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/"},"author":{"name":"Karlien Meiring","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5"},"headline":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad","datePublished":"2025-05-09T13:46:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/"},"wordCount":1681,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg","keywords":["ouerskap","Verhoudings","tussen ons","anti aging","teenverudering"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/","name":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg","datePublished":"2025-05-09T13:46:02+00:00","description":"Jy het \u2019n bevredigende beroep, gelukkige huwelik en lei \u2019n vol lewe. En toe verlaat die kuikens die nes en dit voel of jou w\u00eareld ineenstort.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/ryu-orn-JQ-WgCJk5ow-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-lee-nes\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die le\u00eb nes: Lesers gee raad"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/329e5312f1e72e9017e6599785327ec5","name":"Karlien Meiring","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/7ff33f7e769a4ff8a8186fcb2ca44582fc8daf908f3445a4b7543146770b577c?s=96&d=mm&r=g","caption":"Karlien Meiring"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6819","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/58"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6819"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6819\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/152968"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6819"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6819"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6819"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}