{"id":6813,"date":"2014-07-07T13:10:00","date_gmt":"2014-07-07T11:10:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/"},"modified":"2014-07-07T13:10:00","modified_gmt":"2014-07-07T11:10:00","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-31","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"\"color: rgb(255, 0, 0);\"\"><em><strong><span style=\"\"font-size: medium;\"\">Skuifelende voetstappe<\/span><\/strong><\/em><\/span><span style=\"\"font-size: medium;\"\"><\/p>\n<p> Liesl  hoor die helikopter oor die kloof sirkel. Stof waai by die bek van die grot in. Buite hoor sy voertuie naderkom. Die helikopter beweeg weg en vir sekondes daal \u2019n doodse onheilspellende stilte oor die kloof. Liesl kan haar eie hartklop hoor. Wat gaan aan? Waar is die helikopter heen?<\/p>\n<p> Skielik hoor sy een skoot en daarna sarsies skote uit verskillende rigtings klap. Sy hoor Minka verbouereerd runnik. Die arme perd is seker baie verskrik. Sy hoop die onskuldige dier word nie in die oor-en-weer skietery getref nie.<\/p>\n<p> Die volgende stilte raak vir haar ondraaglik. Sy het geen idee wie skiet op wie en wie het die oorhand nie. Buite hoor sy net sonbesies sing. Dan skuifelende voete oor klippe naby die grot.<\/p>\n<p> Nee! Sy hoop nie die stropers het teen die kloof uitgeklim en kom nou saam met haar in die grot skuil nie! Waar is die helikopter? Hoekom kom hy nie terug nie? Hoekom is dit so stil onder in die kloof?<\/p>\n<p> Sy hoor weer \u2019n geskuifel. Die keer nader aan die grot. Daar is nie \u2019n groot genoeg rots dieper in die grot om agter te skuil nie! \u2019n Doodse benoudheid pak haar. Sy wil regtig nie na al die drama in haar lewe in \u2019n benoude grot in Mpumalanga sterf nie. In die haas van haar gedagtes  dink sy wat van haar kinders gaan word. So sonder \u2019n ma en pa. <\/p>\n<p> Sy kan aan die geskuifel hoor dit is iemand wat so sag moontlik op die klipperige grond probeer trap. Die voetstappe is nou naby genoeg aan die grot dat sy \u2019n gejaagde asem kan hoor.<\/p>\n<p> Sy voel versteen agter die rots. Daar is geen manier dat iemand wat dieper die grot inkom haar gaan miskyk nie. Die stropers gaan haar beslis nie genadig wees nie want hulle kon sekerlik aflei dat dit sy is wat hulp gesoek het.<\/p>\n<p> Sy hoor hoe die persoon die grot binnekom. Sy asem jaag effens. Liesl is doodseker hy hoor haar hart soos donderslae klop!<\/p>\n<p> Die sluiper kom al dieper die grot binne. Asof hy weet waarna hy soek. Sy weet nou hy soek na haar! Angssweet loop teen haar slape af. So, dis hoe mens se laaste gedagtes voel, dink sy. Nou waar is die flitse van haar lewe? Dit moet mos nou by haar begin verbyflits?<\/p>\n<p> &ldquo;Merrie? &hellip;&rdquo; Die stem is sag en dringend.<\/p>\n<p> &ldquo;Herman!&rdquo; fluister sy en kruip agter die rots uit. Sy word toegevou in groot sterk arms. <\/p>\n<p> &ldquo;Sssssjuut, die stropers is vasgekeer en daar gaan binne minute weer \u2019n geskiet uitbreek.&rdquo;<\/p>\n<p> Liesl voel hoe haar hart nog vinniger klop. Van vrees, probeer sy haarself wysmaak. Dit kan beslis nie wees omdat Herman haar so styf teen hom vasdruk nie. Hy is immers haar vriend. <br \/> Dierbare, lojale Herman.<\/p>\n<p> Geweervuur onderbreek haar gedagtes. Dit voel of dit nooit gaan ophou nie. Dan kom die genadige stilte en daarna dringende stemme en die geluid van mense wat deur die bosse hardloop.<\/p>\n<p> \u2019n Harde fluit klink deur die kloof.<\/p>\n<p> &ldquo;Harry! Is julle veilig?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Herman neem Liesl aan die hand en help haar by die grot uit. Hy klim tot in die oopte en wuif vir sy makkers onder in die kloof.<\/p>\n<p> Liesl se bene bewe so dat sy skaars tot onder kan klim. Herman sleep-dra haar. Toe hulle onder kom, syg sy op die grond neer. Sy kan die rukkende trane nie keer nie. <\/p>\n<p> \u2019n Ent van haar af l&ecirc; \u2019n gewonde stroper. \u2019n Wildbewaarder is besig om hom vas te bind. Uit die bosse kom nog \u2019n bewaarder met \u2019n geboeide stroper.<\/p>\n<p> Die derde een l&ecirc; dieper in die kloof. Hy is noodlottig gewond, hoor sy.<\/p>\n<p> In die verte kom die helikopter weer nader. Liesl sit in &lsquo;n bondeltjie en toekyk hoe die toneel om haar opgeruim word.<\/p>\n<p> &ldquo;Waar is Minka?&rdquo; onthou sy skielik.<\/p>\n<p> &ldquo;Sy het gekukkig ontsnap. Ek sal haar netnou gaan soek,&rdquo; lig Herman haar in. <\/p>\n<p> Die helikopter land \u2019n ent weg en Liesl kan van ver af Erna se benoude roepe hoor. &ldquo;Mamma? Mamma!&rdquo;<\/p>\n<p> Sy en haar kinders druk mekaar vas en huil en lag gelyktydig.<\/p>\n<p> &ldquo;Ek dog Ma s&ecirc; ek moet versigtig wees! Ky net wat vang Ma aan! <em>Jeez<\/em> , wat \u2019n dramatiese aksie! Ek wens ek was eerder hier saam met Mamma!&rdquo;<\/p>\n<p> Erna pomp Ludwig goedig.<\/p>\n<p> &ldquo;Ag man, jy sou eerste weggehol het!&rdquo;<\/p>\n<p> Herman beduie hulle moet na die Jeeps en helikopter beweeg.<\/p>\n<p> Die kinders klim in die helikopter. &ldquo;Kom Mamma saam?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Toe Merrie, klim, ek gaan gou kyk of ek Minka kan kalmeer. Sy is glo hier af met die rivierpad.&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Nee, ek kom saam. Ek wil self sien of sy <em>ok<\/em> is.&rdquo;<\/p>\n<p> Sy en Herman ry \u2019n ruk in stilte. Dan begin hy ruk soos hy lag.<\/p>\n<p> &ldquo;Wat is so snaaks? Ek was amper dood!&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Liesl, jy trek drama soos \u2019n magneet aan! Ek begin al vermoed dit is gevaarlik om binne 100m van jou af te wees.&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Dis nie so erg nie! Dis net dat so baie dinge gebeur het&hellip;&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Ja, veral as jy in die omtrek is!&rdquo;<\/p>\n<p> Liesl kan nie anders as om saam te lag nie. Sy weet haar lewe klink deesdae al meer soos \u2019n draaiboek.<\/p>\n<p> &ldquo;Eers beroof hulle my en skiet my hond&hellip;&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Hmm ja, moenie vergeet in watter gevaar jy my lewe geplaas het nie!&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Watter gevaar?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Jissie <em>girl<\/em>, het jy vergeet hoe jou eksman my gedonner het?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Jy het hom die hardste geslaan, so ver ek kan onthou.&rdquo;<\/p>\n<p> Hulle hou \u2019n ent van die perd af stil. Sy lyk senuagtig en ritsel haar ore.<\/p>\n<p> &ldquo;Bly jy in die Jeep&rdquo; vra Herman.<\/p>\n<p> Hy stap stadig nader en praat saggies met Minka. Haar o&euml; is wydgesper van vrees en sy runnik senuagtig.<\/p>\n<p> Herman staan lank naby haar stil. Hy gesels saggies met haar. Dan beweeg hy tree vir tree nader tot hy haar toom kan raakvat. Dan streel hy haar saggies oor haar nek tot by haar rug. Hy herhaal die streelbewegings &lsquo;n hele ruk voor die perd bedaar.<\/p>\n<p> &ldquo;Liesl, ek sal met haar terugry. Sal jy die Jeep kan bestuur?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Maar sal julle<em> ok <\/em>wees? Sy lyk so bang?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Ons sal dit stadig vat. Dit gaan lank duur. Julle moenie bekommerd wees nie. Ek gaan haar tyd gee.&rdquo;<\/p>\n<p> Minka laat toe dat Liesl haar oor haar groot kop streel. Sy maak sasgte runnik-geluide.<\/p>\n<p> &ldquo;Harry?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Ja, Merrie?&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Dankie hoor, dankie dat jy my kom red het. Jy is die beste&hellip;&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Wat kan \u2019n man anders doen met so &lsquo;n ou drama queen soos jy in die omtrek?&rdquo;<\/p>\n<p> Herman trek haar nader en gee haar &lsquo;n speelse soen op die voorkop. Dan klim hy op Minka en ry stadig die bosse in.<\/p>\n<p> <\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skuifelende voetstappe Liesl hoor die helikopter oor die kloof sirkel. Stof waai by die bek van die grot in. Buite hoor sy voertuie naderkom. Die helikopter beweeg weg en vir sekondes daal \u2019n doodse onheilspellende stilte oor die kloof. Liesl [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11679,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[71,99,1027,1258],"class_list":["post-6813","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-botox-barbies-en-bietse","tag-verhale","tag-boeke","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Skuifelende voetstappe Liesl hoor die helikopter oor die kloof sirkel. Stof waai by die bek van die grot in. Buite hoor sy voertuie naderkom. Die helikopter beweeg weg en vir sekondes daal \u2019n doodse onheilspellende stilte oor die kloof. Liesl [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-07-07T11:10:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31\",\"datePublished\":\"2014-07-07T11:10:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/\"},\"wordCount\":1183,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201477131020.jpg\",\"keywords\":[\"botox barbies en bietse\",\"verhale\",\"Boeke\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201477131020.jpg\",\"datePublished\":\"2014-07-07T11:10:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201477131020.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201477131020.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose","og_description":"Skuifelende voetstappe Liesl hoor die helikopter oor die kloof sirkel. Stof waai by die bek van die grot in. Buite hoor sy voertuie naderkom. Die helikopter beweeg weg en vir sekondes daal \u2019n doodse onheilspellende stilte oor die kloof. Liesl [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-07-07T11:10:00+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31","datePublished":"2014-07-07T11:10:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/"},"wordCount":1183,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg","keywords":["botox barbies en bietse","verhale","Boeke","lees"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg","datePublished":"2014-07-07T11:10:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201477131020.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-31\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 31"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6813\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11679"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}