{"id":6783,"date":"2014-06-20T13:34:00","date_gmt":"2014-06-20T11:34:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/"},"modified":"2018-04-23T13:44:29","modified_gmt":"2018-04-23T11:44:29","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-30","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30"},"content":{"rendered":"<p><strong><em>Aksie in die kloof<\/em><\/strong><\/p>\n<p>Liesl word wakker van die lawaai by die kameraspan se kothuis. Sy hoor opgewonde stemme en voertuie haastig wegjaag. Sy hardloop in haar nagklere uit om uit te vind wat aangaan. Ludwig en Herman staan voor sy Land Rover.<\/p>\n<p>\u201cToe bulletjie, hier is jou ma ook nou. Hoor maar by haar of jy kan gaan, maar maak gou!\u201d<\/p>\n<p>\u201cMamma daar was \u2019n renosterstropery en \u2019n renoster is gewond. Ek ry saam met oom Herman om die dier te gaan help!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn ek is bang die stropers is nog in die omgewing, Liesl. Dis gevaarlik!\u201d keer Herman.<\/p>\n<p>Ludwig se smekende o\u00eb laat haar hart smelt. Sy weet dis wat hy wil doen. Haar kind wil deel van die aksie wees en sy gun hom dit.<\/p>\n<p>\u201cToe jong, laat julle twee gaan. Versigtig wees hoor!\u201d<\/p>\n<p>Sy staan die rooi liggies van die Land Rover en agternakyk. Emily en haar span waai ook in die verbygaan. Hulle gaan kyk of daar filmmateriaal is vir die dokument\u00ear.<\/p>\n<p>Liesl dwaal die res van die nag in die kothuis rond. Sy is eintlik verlig sy het iets nuuts om haar oor te bekommer, maar in haar hart weet sy Ludwig sal elke oomblik van die drama geniet. Hy was van geboorte af \u2019n aktiewe, waaghalsige kind. Altyd in die hoogste boom. Hulle moes gereeld met hom hospitaal toe jaag vir steke en gips. Sy was vies toe Konrad die kind in \u2019n rigting gedwing het waarin hy nie wil wees nie. Ludwig wou wildbewaarder word, \u201cmaar dit is nie \u2019n beroep waarin mens winste kan maak nie,\u201d was Konrad se gevolgtrekking en net daar is haar kind se drome deur sy pa gestuit. Nes Konrad haar geboelie het tot sy haar drome in plastiekkratte saam met haar verfkwaste en verf weggepak het.<\/p>\n<p>Teen ligdag bel Emily uitasem.<\/p>\n<p>\u201cJoe! Ons het fantastiese filmmateriaal gekry. Twee renosterstropers is tydens \u2019n skietgeveg met wildbewaarders doodgeskiet. En daar is drie op vlug!\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs julle veilig? Ludwig?&#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa ou moederhen, die kind is veilig. In sy element, natuurlik. Hy help Herman-hulle om die gewonde renoster op te spoor. Hulle volg sy bloedspoor.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk dog dan al die renosters in die omgewing is die week behandel?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEen koppige boer op \u2019n buurplaas wou nie sy renosters laat behandel nie en die nuus het seker gou na die stropers versprei. Wel, nou is een van sy renosters dood en een gewond.\u201d<\/p>\n<p>Emily wil met haar span na die naaste statte gaan en oor renosterstropery uitvra. Hulle glo die plaaslike inwoners help die stropers wat oor die grens kom.<\/p>\n<p>\u201cHulle word betaal vir inligting en die vroue maak kos vir die stropers. Die spul weet al lankal van ons renosterprojek, glo my!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk wil ook gaan. Nou mis ek al die opwinding!\u201d<\/p>\n<p>\u201cLiesbet, dis te gevaarlik. Ek wil nie vir jou verantwoordelik voel nie. En wat van Erna?\u201d<\/p>\n<p>Liesl besef Emily het \u2019n punt beet. Dis genoeg dat haar kinders se pa in \u2019n Midde-Oosterse tronk sit. Sy weet Erna gaan later die oggend \u2019n veearts help om \u2019n beseerde perd by Harry se perdekampe te behandel. Of dit die perd of die jong veearts is waarin Erna belangstel, weet sy nie, maar dit hou haar kind se kop besig.<\/p>\n<p>\u201cOk, terwyl julle almal op avonture is, sal ek my kamera vat en die veld invaar vir natuurfotos.\u201d<\/p>\n<p>Na ontbyt neem Liesl \u2019n rugsak met kos en water en ry met Minka, Herman se makste merrie, die veld in.<\/p>\n<p>Die reuk van die gras en die hoorbare stilte van die ongerepte natuur vou om haar. Dis soos salf vir haar siel, hierdie wegbreek na Herman se plaas, besef sy. Haar lewe was vir weke gedompel in trauma en te veel opwinding vir iemand wat nog altryd \u2019n saai ietwat gewone lewe gelei het.<br \/>\nSy stuur Minka teen \u2019n steilte op en mik vir \u2019n kloof waar \u2019n waterval in \u2019n pragtige poel neertuimel.<br \/>\nDit is net sy, die geluid van vo\u00ebls, die sonbesies en die geklop van Minka se hoewe in die ruigtes.<\/p>\n<p>Na \u2019n rits foto\u2019s van veldblomme en mooi bome besluit sy om by die waterval te gaan middagete eet. Sy stroop haar klere af en duik in die yswater. Sy swem tot sy moeg is en maak haar lyf in \u2019n sonkol droog terwyl haar vuurtjie mooi begin kole maak.<\/p>\n<p>Hoe salig moet dit nie wees om elke dag op so \u2019n mooi plek weg te kruip vir die lewe nie? Dink sy terwyl sy aantrek.<\/p>\n<p>Die geluid van \u2019n tak wat breek, trek haar aandag. Sy luister aandagtig. Nog \u2019n tak breek. Sy hoor \u00a0sagte dringende stemme. Deur \u2019n opeining in die ruigte sien sy drie mans gebukkend sluip. Hulle is gewapen en een loop mank. Die stropers! Sy is seker dis hulle en hulle is op pad na haar toe!<\/p>\n<p>Sy is vasgekeer in die kloof en die stropers is sekerlik op pad na die waterval. Nou weet sy hoekom sy die kole van \u2019n vars vuurtjie langs die poel gekry het.<\/p>\n<p>Sy raap haar goed bymekaar en prop dit in die rugsak. Haastige SMS\u2019e na Emily en Herman se fone vertel van haar gevaar. Sy klim op Minka se rug. Gespanne sit sy en luister hoe die geruis in die gras nader kom. As hulle naby genoeg is, gaan sy hulle verras en vinnig verbyjaag voor hulle kan aanl\u00ea op haar of die perd, besluit sy.<\/p>\n<p>Haar foon vibreer in haar sak. Dis Harry.<\/p>\n<p>\u201cOns is op pad. Los die perd en kyk of jy kan klim tot by die grot links bo die waterval. Dis tussen twee spitsrotse.\u201d<\/p>\n<p>Sy klim van Minka se rug af en probeer so geruisloos moontlik die steilte langs die waterval uitklim. Kort-kort stop sy om te luister of sy die stropers hoor.<\/p>\n<p>Hulle is nou baie na aan die oopte om die waterval en sy weet hulle sal haar van daar kan sien.<\/p>\n<p>Sy verstom haar aan die byna bomenslike krag wat sy kry om teen die rotse uit te klim. Net toe sy opgee om na die grotjie te soek, sien sy die opening tussen twee spitvormige rotse.<\/p>\n<p>Aan die stemme rondom die waterval lei sy af die stropers het die opgesaalde Minka en haar vuurtjie gekry. Hulle weet nou daar is iemand in die omgewing.<\/p>\n<p>Stropers is spoorsnyers van formaat, besef sy. S\u00ea nou hulle kom soek haar? Sy kruip agter \u2019n rots in die nou grot in. Sy kan nou nie meer die bek van die grot sien nie, maar hopelik kan niemand haar sien nie.<\/p>\n<p>Dit voel soos ure voor sy die helikopter hoor. Tussenin hoor sy ook voertuie in die verte.<\/p>\n<p>Ongelukkig vir die stropers, is hulle in die kloof vasgekeer.<\/p>\n<p>Maar ongelukkig vir haar is sy saam met hulle in die kloof&#8230;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Aksie in die kloof Liesl word wakker van die lawaai by die kameraspan se kothuis. Sy hoor opgewonde stemme en voertuie haastig wegjaag. Sy hardloop in haar nagklere uit om uit te vind wat aangaan. Ludwig en Herman staan voor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11586,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-6783","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Aksie in die kloof Liesl word wakker van die lawaai by die kameraspan se kothuis. Sy hoor opgewonde stemme en voertuie haastig wegjaag. Sy hardloop in haar nagklere uit om uit te vind wat aangaan. Ludwig en Herman staan voor [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-06-20T11:34:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-23T11:44:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30\",\"datePublished\":\"2014-06-20T11:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T11:44:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/\"},\"wordCount\":1140,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201462013349.jpg\",\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201462013349.jpg\",\"datePublished\":\"2014-06-20T11:34:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-23T11:44:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201462013349.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201462013349.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose","og_description":"Aksie in die kloof Liesl word wakker van die lawaai by die kameraspan se kothuis. Sy hoor opgewonde stemme en voertuie haastig wegjaag. Sy hardloop in haar nagklere uit om uit te vind wat aangaan. Ludwig en Herman staan voor [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-06-20T11:34:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-23T11:44:29+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30","datePublished":"2014-06-20T11:34:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T11:44:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/"},"wordCount":1140,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg","articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg","datePublished":"2014-06-20T11:34:00+00:00","dateModified":"2018-04-23T11:44:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201462013349.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-30\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 30"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6783","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6783"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6783\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11586"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6783"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6783"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6783"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}