{"id":6752,"date":"2014-06-09T06:00:00","date_gmt":"2014-06-09T04:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/"},"modified":"2014-06-09T06:00:00","modified_gmt":"2014-06-09T04:00:00","slug":"sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/","title":{"rendered":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai"},"content":{"rendered":"<p>Hier is \u2019n klompie ekstra <strong>ervarings, wenke en foto&#8217;s<\/strong> as byvoeging by &quot;Die verrassingselement&quot;, ons reisartikel in die Julie 2014-uitgawe.<\/p>\n<p> <strong>Algemeen<\/strong><br \/> *Laai jou <strong>selfoon<\/strong> by die instaphekke op internasionale lughawens &ndash; kyk uit vir pilaartjies met kragpunte.<br \/> *Die <strong>hotelgradering in Suid-Amerika<\/strong> verskil van ons s&rsquo;n. &lsquo;n Vyfsterhotel in Buenos Aires l&ecirc; tussen &lsquo;n driester- en viersterhotel hier by ons. Dis egter heelwat duurder.<br \/> *Ons Suid-Afrikaanse <strong>tweepuntproppe<\/strong> het in al die Suid-Amerikaanse vier- en vyfsterhotelle waar ons gebly het, asook in Doebai, gewerk.  Oral was daar haardro&euml;rs. Dis egter &lsquo;n goeie plan om &lsquo;n metaalbeker, &lsquo;n elektriese element (<em>immersion heater<\/em>) en koffie- en teegoed saam te neem. Hotelle het nie noodwendig koffiestasies in die kamer soos by ons nie.<\/p>\n<p> <strong>Buenos Aires, Argentini&euml;<\/strong><br \/> *Dis verstandig om voor jou toer &lsquo;n paar uitdrukkings in <strong>Spaans<\/strong> aan te leer. Waar ons was het die hotelpersoneel vlot Engels gepraat, maar op straat moes ons ons dikwels tot gebaretaal wend. Die mense is gelukkig hulpvaardig!<br \/> *Neem &lsquo;n goed toegeruste <strong>medisynekassie <\/strong>saam &#8211; die taalprobleem kan hulp met mediese toestande bemoeilik.<br \/> *Die moderne <strong>NH 9th JULY HOTEL <\/strong>is uitstekend gele&euml;. Die stylvolle kamers het aparte badkamers en toilette en die ontbyt is rojaal. Besonderse ekstras is &lsquo;n groot verskeidenheid soet pasteitjies, koekies en koeksoorte, vars vrugtesappe, en koffie met kaneel. Moenie die<strong> swembad<\/strong> op die dak van die hotel misloop nie. Die uitsig is uniek. <br \/> *Ons hotel kon nie Amerikaanse dollars vir die plaaslike <strong>peso&rsquo;s<\/strong> omruil nie, maar het ges&ecirc; as ons iets uit ons kamer-yskassies in dollars koop sou hulle vir ons kleingeld in peso&rsquo;s gee. <br \/> *<strong>Mineraalwater<\/strong> is duur &ndash; soek na die klein kruidenierswinkeltjies wat meestal deur Chinese bedryf word en koop groot bottels water.<br \/> *Die <strong>Recoleta-begraafplaas <\/strong>is heeltemal anders as enigiets wat ek al in Suid-Afrika raakgeloop het. Gesiene families het praalgrafte laat bou &ndash; dikwels geboutjies met die mooiste beeldhouwerk waarin geslagte se afgestorwenes &lsquo;n laaste tuiste vind. In sommige gevalle het die families weggetrek of uitgesterf, en word die mausoleums nie meer onderhou nie. Eva Per&oacute;n se oorskot het na vele omswerwinge ook hier tot rus gekom.<br \/> *<strong>Caf&eacute; Tortoni<\/strong> is die oudste koffiewinkel in Buenos Aires en loop oor van atmosfeer. Dit was die bymekaarkomplek van talle bekendes. Gaan verwonder jou aan die interessanthede en bederf terselfdertyd jou tong. <br \/> *As jy die <strong>Teatro Col&oacute;n<\/strong> wil besigtig, kan jy by die operahuis self &lsquo;n kaartjie vir &lsquo;n Engelstalige toer koop.<br \/> *Onthou jou hoed, sonbril, sonbrandmiddel en muskietweermiddel as jy &lsquo;n <strong>plaas<\/strong> besoek. By die Estancia de Candelabria (<a href=\"\"http:\/\/www.estanciacandeleria.com\"\">www.estanciacandeleria.com<\/a>) sluit jou daguitstappie die heerlikste vleispasteitjies of <em>empananas<\/em> en &lsquo;n tipies Argentynse braai in, tradisionele musiek, danse en \u2019n perdevertoning waaraan jy kan deelneem as jy &lsquo;n goeie ruiter is, &lsquo;n begeleide toer van die kasteel, en perde- of perdekarritte. Jy kan ook &lsquo;n fiets beetkry en onder ho&euml; bome deurry soos in &lsquo;n romantiese <em>chick flick<\/em>, swem, die rustieke winkeltjie deursnuffel of gewoon rondl&ecirc;. Moenie die kapel  met sy lieflike blou loodglasvenster misloop nie. <br \/> *As die <strong>musiek <\/strong>van die gaucho&rsquo;s jou aanstaan, kan jy by &lsquo;n CD-winkel na &lsquo;n tipiese CD gaan soek. <br \/> *&lsquo;n <strong>Gaucho<\/strong> of <em>cowboy <\/em>word gekenmerk deur sy dieet van vleis en <em>yerba mate<\/em> of kruietee. (Laasgenoemde is beslis &lsquo;n aangeleerde smaak). Elkeen drink sy tee uit &lsquo;n kenmerkende beker met &lsquo;n <em>bombilla-<\/em>strooitjie wat lyk of dit iets met &lsquo;n lepel gemeen het. Die bekers word van <em>pewter<\/em>, klei of ander materiaal gemaak en is oral te koop. Daar is &lsquo;n ritueel verbonde aan die drink van die tee. Op uitstappies het ons gesinne te&euml;gekom wat &lsquo;n beker vir mekaar aangegee het en skynbaar moet jy jou protokol ken.<br \/> *In Buenos Aires moet jy lig loop vir<strong> tango-koors<\/strong>. In die vroe&euml; jare van die stad het die dans in die bordele ontstaan toe wagtende mans dit met mekaar gedans het. Later het die dans ontwikkel om vroue in te sluit. Spandeer gerus geld aan &lsquo;n tradisionele tango-aand &ndash; ons was by die Milonga en die atmosfeer, diens en vriendelikheid, vertoning deur tango-dansers asook ander tradisionele danse, kos (veral die vleis!) en wyn (die Malbec in die besonder) was voortreflik. <br \/> *<strong>Betogings<\/strong> en optogte is aan die orde van die dag. Bly net op &lsquo;n veilige afstand.<br \/> *Hoewel ons nooit onveilig gevoel het nie, is dit beter om geen kosbare <strong>juwele<\/strong> te dra nie. Toe ons in die hotelportaal gewag het vir die bussie om ons lughawe toe te neem, het &lsquo;n dief sowaar deur die swaaideur ingekom en een van ons groep se handbagasie gegryp. Hy het hom egter met die onverskrokke Noordwes-onderwyser misreken, wat hom oor agt lane van &lsquo;n besige straat agterna gesit het. Gelukkig het die skurk die handtas laat val. <\/p>\n<p> <strong>Iguassu Falls, Brasili&euml;<\/strong><br \/> *Die Iguassu-valle is onlangs as een van die sewe nuwe <strong>natuurwonders<\/strong> van die w&ecirc;reld aangewys.<br \/> *As jy die fliek<strong> &ldquo;The mission&rdquo;<\/strong> gesien het, het jy &lsquo;n fraksie van die valle ervaar.<br \/> *Dis maklik om met die<strong> bus<\/strong> te ry, vra net by die hotel watter nommer jy moet neem. Jy betaal by die buskondukteur op die bus. Gebaretaal met &lsquo;n glimlag bring jou ver! <br \/> *Behalwe vir &lsquo;n daglange besoek aan die valle, is daar ander <strong>ekskursies <\/strong>waarvoor ons nie tyd gehad het nie. Oorweeg &lsquo;n besoek aan die Itaipu-dam en inligtingsentrum. Sien ook <a href=\"\"http:\/\/www.new7wonders.com\"\">www.new7wonders.com<\/a><br \/> *Vir jou <strong>besoek aan die valle<\/strong>: dra skoene met growwe loopvlakke en &lsquo;n plastiekponcho as jy wil (jy kan daar een koop teen ongeveer R50) &ndash; sonbrandmiddel, hoed en sonbril, of word deurnat en geniet! Beskerm jou kamera met &lsquo;n plastieksakkie teen die sproei.<\/p>\n<p> <strong>Rio de Janeiro, Brasili&euml;<\/strong><br \/> *Rio is <strong>duur <\/strong>en met die w&ecirc;reldsokkerbeker kan pryse skynbaar vervierdubbel. Koop brood, vleis, kaas en &lsquo;n bottel wyn in &lsquo;n kruidenierswinkel.<br \/> *Ons verblyf in die <strong>Porto Bay-hotel<\/strong> was luuks en gerieflik. Ons kamer het op die 4m-lange Copacabana-strand uitgekyk en van ons balkon kon ons die Cristo Redemptor sien. Manjifiek. Die hulpvaardige personeel praat uitstekend Engels en die hotel se sterk man (die meeste hotelle het &lsquo;n &lsquo;uitsmyter&rsquo;) het saamgestap na &lsquo;n kitsbank as ons gevra het. Ook maar goed &#8211; n&aacute; &lsquo;n lang soektog na &lsquo;n <strong>kitsbank<\/strong> het ons agtergekom die ingang is &lsquo;n glasdeur: jy druk &lsquo;n knoppie om in te gaan.<br \/> *Besoek die hotel se <strong>swembad <\/strong>op die boonste vlak wanneer dit donker word en ervaar die towerw&ecirc;reld van &ldquo;Rio by night&rdquo;. Verluister jou aan die jazz en kontempor&ecirc;re musiek uit die kroeg.<br \/> *Die <strong>Copacabana-strand<\/strong> nooi jou om te kom swem of &lsquo;n drankie by een van die buitelugkafeetjies te geniet. Kies die nasionale Brasiliaanse drankie, die <em>caipirinha<\/em>, of bestel &lsquo;n groen kokosneut en geniet die melk (heelwat goedkoper).<br \/> *Ons het die <strong>karnavalvertoning <\/strong>met &lsquo;n tradisionele ete by &lsquo;n plaaslike <em>churrascaria<\/em>  gekombineer. Die ete was uit die boonste rakke &ndash; van die indrukwekkende verskeidenheid voorgeregte tot die vleisborde wat een na die ander by die tafel verbykom &ndash; maar die drank (nie ingesluit nie) was baie duur. Ons het ongeveer R1200 vir 2 bottels wyn, mineraalwater vir die tafel en een of twee koeldranke betaal. <br \/> *Jou uitstappie na die <strong>Cristo Redemptor-standbeeld<\/strong>: met die bus is dit vinniger en goedkoper, maar dis avontuurliker per jeep!<br \/> *Vir &lsquo;n weergalose  uitsig oor die stad is die dubbel-kabelkarrit na die boonste punt van die <strong>Sugarloaf-berg<\/strong> (dit lyk glo soos die melasse wat vroe&euml;r in skeepsruime vervoer is) &lsquo;n moet.<br \/> *Kry meer inligting oor Sondae se <strong>hippiemark <\/strong>by <a href=\"\"http:\/\/www.rio.com\/practical-rio\/hippie-fair\"\">www.rio.com\/practical-rio\/hippie-fair<\/a><br \/> *Verken die <strong>ou stadsdeel<\/strong> van Rio, met onder meer die Operahuis, te voet. Vra die hotel conscierge watter bus en\/of moltrein jy moet neem.  <br \/> <strong><br \/> Doebai<\/strong><br \/> *Doebai is <strong>warm<\/strong> maar oral is daar lugre&euml;ling, tot in die bushuisies. Die vogtigheidsvlak kan ongemaklik wees.<br \/> *Hoewel Arabies die amptelike taal is, word <strong>Engels <\/strong>oral gepraat en is die pad- en ander aanwysings ook in Engels. <br \/> *Die verkope en gebruik van <strong>alkohol<\/strong> word gereguleer. Jy kan &lsquo;n drankie by hotelle nuttig, en bottels drank is by die lughawe te koop.<br \/> *Die <strong>Doebai Museum<\/strong> is &lsquo;n moet &ndash; dit het onder meer lewensgrootte uitstallings van die Bedoe&iuml;ne se leefwyse.<br \/> *Ons het die bekende<strong> fontein-vertoning<\/strong> by die Doebai Mall gemis &ndash; kyk by <a href=\"\"http:\/\/www.thedubaimall.com \"\">http:\/\/www.thedubaimall.com <\/a>of jy die video kan sien. <\/p>\n<p> <strong>Foto&#8217;s<\/strong>&nbsp;Mariette Snyman<\/p>\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is \u2019n klompie ekstra ervarings, wenke en foto&#8217;s as byvoeging by &quot;Die verrassingselement&quot;, ons reisartikel in die Julie 2014-uitgawe. Algemeen *Laai jou selfoon by die instaphekke op internasionale lughawens &ndash; kyk uit vir pilaartjies met kragpunte. *Die hotelgradering in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11504,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968],"tags":[1134,1218,1219,1220,1221,1222],"class_list":["post-6752","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","tag-dubai","tag-suid-amerika","tag-buenos-aires","tag-rio-de-janeiro","tag-iguassu","tag-iguazu"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is \u2019n klompie ekstra ervarings, wenke en foto&#8217;s as byvoeging by &quot;Die verrassingselement&quot;, ons reisartikel in die Julie 2014-uitgawe. Algemeen *Laai jou selfoon by die instaphekke op internasionale lughawens &ndash; kyk uit vir pilaartjies met kragpunte. *Die hotelgradering in [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-06-09T04:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai\",\"datePublished\":\"2014-06-09T04:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/\"},\"wordCount\":1462,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201466141510.jpg\",\"keywords\":[\"Dubai\",\"Suid-Amerika\",\"Buenos Aires\",\"Rio de Janeiro\",\"Iguassu\",\"Iguazu\"],\"articleSection\":[\"Reis\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/\",\"name\":\"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201466141510.jpg\",\"datePublished\":\"2014-06-09T04:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201466141510.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201466141510.jpg\",\"width\":640,\"height\":480},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose","og_description":"Hier is \u2019n klompie ekstra ervarings, wenke en foto&#8217;s as byvoeging by &quot;Die verrassingselement&quot;, ons reisartikel in die Julie 2014-uitgawe. Algemeen *Laai jou selfoon by die instaphekke op internasionale lughawens &ndash; kyk uit vir pilaartjies met kragpunte. *Die hotelgradering in [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-06-09T04:00:00+00:00","og_image":[{"width":640,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai","datePublished":"2014-06-09T04:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/"},"wordCount":1462,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg","keywords":["Dubai","Suid-Amerika","Buenos Aires","Rio de Janeiro","Iguassu","Iguazu"],"articleSection":["Reis"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/","name":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg","datePublished":"2014-06-09T04:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201466141510.jpg","width":640,"height":480},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/sensuele-suid-amerika-byderwetse-dubai\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sensuele Suid-Amerika, byderwetse Dubai"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6752\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11504"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}