{"id":6715,"date":"2014-05-29T15:04:00","date_gmt":"2014-05-29T13:04:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/"},"modified":"2018-04-10T08:50:17","modified_gmt":"2018-04-10T06:50:17","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-27","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Sag op die oog<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Die spanne veeartse en Emily se kameraspan is heeldag doenig om die behandeling van renosterhorings op wildplase in die omgewing te doen. Gifstowwe wat nie skadelik is vir die renoster nie, maar wat die horing giftig maak vir menslike gebruik, word in die horings gespuit om stropers af te skrik. Die projek se oogmerk is om alle renosters in Suid-Afrika se DNA te versamel sodat renosters wat gestroop is deur hulle horings nagespoor kan word. Dit sal hopelik lig werp op die beweging van stropers.<\/p>\n<p>Herman se pa was reeds betrokke by die bewaring van renosters en sy kinders het die passie by hom ge\u00ebrf. Omdat hul plaas naby die Krugerwildtuin is, werk hulle al jare saam met bewaarders van SANParke.<\/p>\n<p>Liesl is bly Herman betrek Ludwig by die bedrywighede. Sy kan sien haar kind geniet homself.<br \/>\nElke keer as hy saam met die helikopter terugkeer na die opstal, wat as basiskamp dien, lewer hy verslag oor die gebeure. Selfs Erna raak meegevoer deur die adrenalien van die bedrywighede. Emily betrek haar en Liesl gou by die administrasie van die dokument\u00eare program wat sy skiet om verslag te doen oor die proses.<\/p>\n<p>\u201cMerrie, kom vlieg \u2019n bietjie saam, ek wil jou gaan wys wat ons doen. Julle <em>girls<\/em> kan nie net hier by die huis rondl\u00ea nie.\u201d<\/p>\n<p>Liesl weet al Herman vat nie maklik nee vir \u2019n antwoord nie. Ludwig por geesdriftig saam en dit is hy wat haar tydens die vlug inlig oor wat eintlik aangaan. Dit verbaas Liesl elke keer watter rustige uitwerking Herman op mens en dier het. Sy weet sy en haar kinders is nou op die regte tyd op die regte plek. Dit sou aaklig gewees het om by die huis te sit en tob oor Konrad.<\/p>\n<p>\u201cWanneer het jy leer vlieg, Harry? \u2018<em>Horse Whisperer<\/em>\u2019, vlie\u00ebnier \u2026\u201d<\/p>\n<p>Harry lag lekker.<\/p>\n<p>\u201cEk doen dit als om meisies te imponeer jong. Kyk net hoe het die <em>girls<\/em> geswymel oor Tom Cruise in Top Gun.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHy was \u2019n vegvlie\u00ebnier, Harry!\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoor hier, daar skort niks met ons helikoptervlie\u00ebniers nie. Kyk my <em>sexy<\/em> donkerbril!\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn die <em>two tone<\/em> hempie en en die denim <em>shorts<\/em>? Ek is seker Tom Cruise se bene is nie so harig nie! Nee wat, ons sal \u2019n bietjie aan jou voorkoms moet werk.\u201d<\/p>\n<p>Hessian-gordyne word gespan om die renosters in kleiner areas te jaag. Hulle word met verdowingspyle geskiet en dan begin die proses om die horing te behandel.<\/p>\n<p>Liesl verkyk haar aan die vaardigheid waarmee die veeartse en kameraspan saam werk. Om Emily as regisseur in aksie te sien, is \u2019n belewenis.<\/p>\n<p>\u201cGeen wonder jou span noem jou Orkaan Emily nie. Jy is darem kwaai!\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee man, dis nie kwaai nie, dis maar soos ons met mekaar praat onder druk. Vanaand in Harry se boma drink ons lekker saam \u2019n wyntjie en dan is al die spanning verby.\u201d<\/p>\n<p>Etenstyd kom sit Ludwig by haar.<\/p>\n<p>\u201cMa, dis wat ek eintlik wil doen. Ek wil hier in die veld wees. Ek wil nie in Pa se voetspore volg nie. Ek weet hy voel BCom is die regte agtergrond vir my, maar ek versmoor daar tussen die boeke.\u201d<\/p>\n<p>\u201cBoeta, ek verstaan jou passie, maar jy weet hoe jou pa voel. Kom ons wag tot hy terugkom, dan praat ons weer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cGaan hy terugkom, Ma?\u201d<\/p>\n<p>Haar kind se woorde roep een van haar verse op. Hulle het nog geen idee hoe diep Konrad in die moeilikheid is nie. Die regstelsel in Dubai is streng. Die onsekerheid van die hele ding knaag aan haar.<\/p>\n<p>\u201cEk wens ek het geweet wat op ons en jou pa wag. Ek weet nie meer wie om te vertrou nie. Ek gaan met ons ambassade daar begin onderhandel en wil na my uitstalling Dubai toe vlieg om te kyk of ek kan agterkom wat aangaan.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMa kan nie! Is dit veilig? Ek gaan saam.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns sal sien, onthou jy skryf eksamen. Ons moet dinge so na aan normaal moontlik hou. Ons kan nie ons lewens nog verder deurmekaar krap nie. Doen wat jy moet doen.\u201d<\/p>\n<p>Emily kom opgewonde aangedraf. Johan het haar gebel met nuwe nuus oor die Isa in die hospitaal.<\/p>\n<p>\u201cSy is skielik ontslaan. Vermoedelik oor Johan te veel begin rondkrap het. \u2019n Verpleegster het aan Johan beken hulle mag nie die pasi\u00ebnt se wonde versorg het nie. Net die dokter het met haar gewerk. Johan twyfel nou of daar ooit \u2019n operasie was! \u2019n Vorige kollega van Bella s\u00ea sy kan onthou Bella het al met \u2019n plastiese chirurg \u2019n <em>affair <\/em>gehad. Sy kon ongelukkig nie die naam onthou of bevestig of die twee nog verbind is nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHmm, lyk my die susters kan nie ander vroue se mans uitlos nie.\u201d<\/p>\n<p>Liesl is dadelik spyt oor haar bitter aanmerking voor Ludwig.<\/p>\n<p>\u201cJohan het by Isa se huis \u2019n draai gemaak. Als is toegesluit. Daar is net \u2019n wag by die hek wat geen woord wil spreek nie. Isa of Bella het skynbaar van die aardbol af verdwyn! En, in Dubai weet niemand ook waar die sogenaamde Bella Conradie tuisgaan nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het besluit ek gaan na my uitstalling self Dubai toe. Ek wil Konrad sien en uitvind wat aangaan.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn ek gaan saam!\u201d<\/p>\n<p>\u201cLudwig wil ook saam. Ons kan nie almal gaan nie. Ek sal veilig wees. Ek gaan mos net my man in die tronk besoek?\u201d<\/p>\n<p>\u201cLiesbet, moenie na\u00efef wees nie. Isa het jou reeds probeer vermoor en sy is daar!\u201d<\/p>\n<p>Ludwig onderbreek hulle.<\/p>\n<p>\u201cJa, en tannie Engela is ook vermoor! Ma gaan nie alleen nie!\u201d<\/p>\n<p>Liesl is verlig as die span aankondig dat hulle weer moet werk. Die besige program van die middag lei almal se aandag van Konrad af. Eers teen skemer land die helikopter die laaste keer.<br \/>\nDie vuur in die boma brand reeds.<\/p>\n<p>\u201cToe meisies, gaan skrop julle skoon en sit lipstiek aan sodat ons \u2019n <em>sundowner<\/em> kan drink!\u201d<br \/>\nHeila stamp Harry in die ribbe.<\/p>\n<p>\u201cEn jy? Gaan jy jou snorre vir ons trim? En trek tog iets anders aan as daai verflenterde denim broekie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cWat is dit vandag met julle almal en my voorkoms? Ek kan nie juis soos Tom Cruise lyk hier in die bos nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cIs so my broer, maar ons gaan nou eet. Beskaafd langs \u2019n tafel met \u2019n wit tafeldoek. Ons verkies om dit in die geselskap van \u2019n ordentlike man te doen. Gaan trek jou mooi aan vir ons!\u201d<\/p>\n<p>Die vroue geniet dit om Harry in sy eie munt terug te betaal.<\/p>\n<p>Na \u2019n salige bad en vars klere ry Liesl, Emily en die kinders terug opstal toe. Herman sit voor die klavier en speel rustige musiek.<\/p>\n<p>\u201c<em>Golden Oldies<\/em>, het my ma dit genoem. In die dae voor TV het Ma elke aand vir ons gespeel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAitsa! Staan \u2019n bietjie op dat ons kan sien hoe jy lyk ou Harry!\u201d<\/p>\n<p>Emily bekyk Herman se kameelkleur chino\u2019s en wit hemp van alle kante. Sy klap hom speels op die boud.<\/p>\n<p>\u201cMmm nie sleg nie. Dit sal vir ons vroue se oog doen, of wat s\u00ea jy Liesl? Mens wil mos iets sag op die oog h\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>\u201cMaar dan is ek bly ek kan julle meisies \u2019n bietjie uithelp. Laat ek nou weer sien \u2026 Ludwig, hoe lyk die spul <em>girls<\/em> vir jou? Hoeveel uit tien sal jy vir elkeen gee?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJou seksis! Ek wens iemand wil jou eendag vasvat!\u201d<\/p>\n<p>\u201cAi, ek ook Sussa, ek ook!\u201d<\/p>\n<p>Heila gee Harry weer \u2019n harde hou in die ribbes. Hy druk sy sus styf teen hom vas.<\/p>\n<p>Harry se wit hemp vorm \u2019n mooi prentjie saam met sy roesbruin hare en sonbruin vel. Liesl staan stil na die prentjie van die broer en suster en kyk.<\/p>\n<p>Hoekom is nie een van die twee ooit getroud nie? Herman is \u2019n gawe ou \u2026 en glad nie te onaardig nie.<\/p>\n<p>Vanaand is hy sag op die oog.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sag op die oog Die spanne veeartse en Emily se kameraspan is heeldag doenig om die behandeling van renosterhorings op wildplase in die omgewing te doen. Gifstowwe wat nie skadelik is vir die renoster nie, maar wat die horing giftig [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11405,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-6715","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sag op die oog Die spanne veeartse en Emily se kameraspan is heeldag doenig om die behandeling van renosterhorings op wildplase in die omgewing te doen. Gifstowwe wat nie skadelik is vir die renoster nie, maar wat die horing giftig [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-29T13:04:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T06:50:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27\",\"datePublished\":\"2014-05-29T13:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T06:50:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/\"},\"wordCount\":1314,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201452915457.jpg\",\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201452915457.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-29T13:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T06:50:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201452915457.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201452915457.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose","og_description":"Sag op die oog Die spanne veeartse en Emily se kameraspan is heeldag doenig om die behandeling van renosterhorings op wildplase in die omgewing te doen. Gifstowwe wat nie skadelik is vir die renoster nie, maar wat die horing giftig [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-29T13:04:00+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T06:50:17+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27","datePublished":"2014-05-29T13:04:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T06:50:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/"},"wordCount":1314,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg","articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg","datePublished":"2014-05-29T13:04:00+00:00","dateModified":"2018-04-10T06:50:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201452915457.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-27\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 27"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6715\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11405"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}