{"id":6708,"date":"2014-05-27T10:24:00","date_gmt":"2014-05-27T08:24:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/"},"modified":"2016-03-16T10:16:34","modified_gmt":"2016-03-16T08:16:34","slug":"opera-daar-vaar-ons-oppie-see","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/","title":{"rendered":"Opera: daar vaar ons oppie see"},"content":{"rendered":"<p>Die meeste van ons Suid-Afrikaners ken hoogstens &#8216;n rubberbootjie wat naweke op die Vaaldam of see ronddobber. So die nuwe fenomeen van die MSC seevaartskepe het man en muis in &#8216;n klein \u201ctis\u201d om betyds te bespreek en \u00earens heen te vaar. Ons is bietjie ver van die res van die w\u00eareld, en moet maar tevrede wees met:<br \/>\nKaapstad na n\u00earens (huh?)<\/p>\n<p>Kaapstad na Mosselbaai (wou jy nog altyd graag Mosgas se torings van ver bewonder?)<\/p>\n<p>Kaapstad na Swakopmund (klink darem bietjie beter, maar as jy al ooit langs die Weskus gekamp het, weet jy dat hogere branders jou erg gaan laat rondsteier).<\/p>\n<p>Dan is daar ook: Durban na Kaapstad of andersom, met die hoogtepunt van &#8216;n verbyvaarvisie van Coega \u2013 die nuwe industri\u00eble hawe in Port Elizabeth en as jy goed kan ver sien, dalk ook die soutpanne daar naby.<\/p>\n<p>Ons kies die Durban \u2013 Portugese Eilande roete wat by Inhaca en Mhambane stop vir &#8216;n paar uur per dag.<\/p>\n<p>Vrydagoggend net na 11.00 land ons op die kaai en die rye staan reeds verby die amptelike afskortings. Die Honey-meisies het gelukkig<em> fast track<\/em>&#8211; paspoorte en glip by die kortste ry in. Na &#8216;n gestoei onder &#8216;n klamwarm tentafdak is ons reg om aan boord te gaan, maar nie voor die eerste \u201camptelike\u201d fotograaf ons kiek nie.<\/p>\n<p>Almal vergader eers op dek 11 \u2013 swembad en partytjiedek met nie minder nie as drie kroe\u00eb. Die boot\/skip het &#8216;n spesiale aanbieding van 12 skemerkelkies vir $42 en ook een vir 10 roomyse teen $20. Koeponboekies word aangekoop soos pakkies tjips. Ek sien selfs &#8216;n familietwis oor wie nou hoeveel koepons mag kry, en dis net wat die aantal roomysse betref.<\/p>\n<p>Ons is so opgewonde toe ons drie kamermaats ons balkonsuite ontdek. Heerlik groot en met &#8216;n eersteklas uitsig op die w\u00eareld daar buite. Net om seker te maak ons voel soos regte<em> celebs<\/em>, dreun daar &#8216;n helikopter reg bo ons balkon as die hawe en stadsbuitelyne van Durban onder die boot uitglip. Die hawemeester word flink van die skip gelig en teruggeneem na dro\u00eb grond. James Bond- materiaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: left;\">Maar moenie dink die lewe van &#8216;n bootreisiger is gevul met leegl\u00ea en ontspan nie. O nee, die alarm gaan af en almal moet met &#8216;n kaartjie vol inligting en jou reddingsgordel aanmeld op &#8216;n dek sowat 5 vloere van waar ons so graag wou uitpak en ontspan\u2026 Almal drentel op hul tyd en as ons uiteindelik by die \u201cnooddril\u201d aankom word ons in rye staan gemaak, ons kaartjies ingeneem en summier weer verdaag. Weet nou nog nie hoe om te maak in geval van nood nie, maar toemaar.<\/div>\n<p>Saans is daar &#8216;n verskeidenheid aktiwiteite om die gemiddelde middeljarige<em> couple<\/em> van Brakpan tot Bellville te vermaak. Die een <em>bar\/lounge<\/em> bied danslesse aan en as jy nie vinnig koes nie, bespring &#8216;n Italianertjie wat soos PeeWee Herman lyk jou en sleep jou onwillige bene tot voor in die opgelynde groepie. Jy was netnou nog 53, maar skielik moet jy soos &#8216;n wulpse katjie salsa, tango of <em>shimmy<\/em> tot groot vermaak van die res van die gaste. Die jong demonstreerders voor op die verhoog laat dit so maklik lyk, maar hier waar jy staan trap jy net hakskene en dril dele van jou lyf wat nog nooit gedril het nie.<\/p>\n<p>Dan begin die teatervertonings van die aand en elke aand het &#8216;n ander tema. Italiaans, Suid-Amerikaans, ens, maar die seremoniemeester is &#8216;n Mnr de Reuck van \u00earens in Gauteng. Hy doen die joppie al 8 jaar en jy sal nie &#8216;n sweempie Afri-English bespeur nie. Hy is glad met die mond, snaaks en vol <em>fun<\/em>. Jy is sommer trots op die seun van jou eie land.<\/p>\n<p>Die eerste aand is daar akrobate, manne wat mekaar optel met een vinger en twee jong meisies wat soos &#8216;n koeksuster inmmekaar vleg terwyl bene en arms in alle windrigtings uitsteek. Later die aand stel ek voor ek en my twee vriendinne probeer ook soiets in ons suite, maar die enigste<em> trick<\/em> wat ek baasraak is om my heupbeen potblou te stamp teen die bed se poot. Die ander twee het nie eens &#8216;n poging aangewend nie en ek is baie teleurgesteld, want ek kon reeds &#8216;n suksesvolle loopbaan op die skepe vir myself visualiseer. Hoeveel middeljarige \u201ccontortunats\u201d kan daar nou in die w\u00eareld wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: left;\">Die volgende aand se teatervertoning is Spaanse danse met kieries, hoede en vele valletjies. Ons klap hande en \u201c<em>ole<\/em>\u201d saam, maar die kieriestampery hou bietjie lank aan en ons stem saam dat die akrobate dalk meer <em>entertaining<\/em> was. Aand drie is dit Italiaans in die teater en &#8216;n dame met pikswart ge<em>dy<\/em>e-de hare en &#8216;n vreeslike lae hals sing hartstogtelik terwyl twee blonde meisies sigeunerrompies swaai en wieg teen die agtergrond van Venesi\u00eb se gondolas.<\/div>\n<p>Na elke vertoning is dit die tweede sitting vir aandete in die baie groot restaurant met kelners wat van Indi\u00eb tot Irak verskyn in karige Engels met nog kariger spyskaartkeuses. Die eerste aand land my vriendin M se skaaptjoppie (baie taai en nie lekker snybaar) tussen my vis. Roomys is die driekleur wat jou ma as kind gekoop het vir partytjies, en die wyn is so duur jy drink maar heelaand water. Almal is opge<em>dress<\/em>, maar die kos het nie die boodskap gekry nie en lyk na koshuisproviand.<\/p>\n<p>Deur die dag hang almal by die swembaddens rond en hier kan jy maklik enige fobies wat jy ooit oor jou figuur gehad het, afskud. Anties met dikgeswelde enkels en nog dikker arms plas lustig in die water en manne met vaatjieronde mae sit met die <em>cocktail-<\/em>koepons gereed. Die dae is min en die koepons baie! Tongaat en Witbank is vir &#8216;n paar kort daggies beste vriende rondom die kroegtoonbanke van die Opera.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/IMG_6342.jpg\" alt=\"\" width=\"350\" height=\"263\" \/><\/div>\n<p>Die Portugese Eilande is &#8216;n oordrewe term vir geelwit verlate strande sonder enige bome, skuiling of aktiwiteite. Ons <em>skip<\/em> maar die eerste een en die tweede een bereik ons nooit, want na &#8216;n uur se diesel <em>fumes <\/em>en &#8216;n onstuimige gedobber op die see besluit die skipper dis te gevaarlik om &#8216;n landing te doen. Ook maar beter so, want later die aand verneem ons een van die bemanningslede van &#8216;n ander bootjie se been is gesny deur die enjinskroef met die afspringslag en &#8216;n ander gas was met handsak en al onder water. Ek dink haar paspoort is nou \u2019n bietjie klam.<\/p>\n<p>Die laaste aand adverteer hul Miss Opera as vermaak, maar toe ons aanmeld vir deelname sien ons &#8216;n paar wankelende meerderjarige tantes het ons reeds voorgespring. Hulle word uitgedaag om ballonne stukkend te sit op &#8216;n viriele jong man se skoot of dit met die boude stukkend te stamp. Die naam Mej Viskoek sou dalk meer gepas gewees het. Die een deelnemertannie praat Italiaans en loop drie rye spore op haar egte leerskoene.<\/p>\n<p>Daar is later nog vermaak op die swembaddek en almal vergader vir oulaas om saam met die uitstekende vermaakspannetjie dwarsdeur alle lande te dans \u2013 alles van<em><u> <\/u>La Bamba<\/em> tot <em>Wakka Wakka e eh<\/em> kry &#8216;n beurt.<\/p>\n<p>Die aand en trippie word afgesluit met &#8216;n draai by die disko (of liewer dikskou). Hier merk ons weer die Italiaanse dame op en nou wieg sy nog gevaarliker as die boot wat intussen midde-in &#8216;n Indiese Oseaanstorm beland het.<\/p>\n<p>Bootvaart is groot vermaak en die heel beste plek vir <em>people watching<\/em>. Jy klim af met &#8216;n sak vol duur foto\u2019s (&#8216;n fotograaf verewig elke hap en beweging op film) en goeie waarde vir geld. Daar is, soos almal s\u00ea, baie kos en vermaak. So bespreek vir jou en &#8216;n paar vriende &#8216;n trippie. Dis beter as enige komedievertoning. Al lag jy ook net vir jouself.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die meeste van ons Suid-Afrikaners ken hoogstens &#8216;n rubberbootjie wat naweke op die Vaaldam of see ronddobber. So die nuwe fenomeen van die MSC seevaartskepe het man en muis in &#8216;n klein \u201ctis\u201d om betyds te bespreek en \u00earens heen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11368,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682],"tags":[35,616,1193],"class_list":["post-6708","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","tag-blogs","tag-beatrix-roux","tag-msc-opera"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die meeste van ons Suid-Afrikaners ken hoogstens &#8216;n rubberbootjie wat naweke op die Vaaldam of see ronddobber. So die nuwe fenomeen van die MSC seevaartskepe het man en muis in &#8216;n klein \u201ctis\u201d om betyds te bespreek en \u00earens heen [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-27T08:24:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-16T08:16:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Opera: daar vaar ons oppie see\",\"datePublished\":\"2014-05-27T08:24:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T08:16:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/\"},\"wordCount\":1273,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rrb2014527154430.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\",\"Beatrix Roux\",\"MSC Opera\"],\"articleSection\":[\"Blogs\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/\",\"name\":\"Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rrb2014527154430.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-27T08:24:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T08:16:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rrb2014527154430.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rrb2014527154430.jpg\",\"width\":427,\"height\":640},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Opera: daar vaar ons oppie see\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose","og_description":"Die meeste van ons Suid-Afrikaners ken hoogstens &#8216;n rubberbootjie wat naweke op die Vaaldam of see ronddobber. So die nuwe fenomeen van die MSC seevaartskepe het man en muis in &#8216;n klein \u201ctis\u201d om betyds te bespreek en \u00earens heen [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-27T08:24:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-16T08:16:34+00:00","og_image":[{"width":427,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Opera: daar vaar ons oppie see","datePublished":"2014-05-27T08:24:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T08:16:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/"},"wordCount":1273,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg","keywords":["blogs","Beatrix Roux","MSC Opera"],"articleSection":["Blogs"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/","name":"Opera: daar vaar ons oppie see | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg","datePublished":"2014-05-27T08:24:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T08:16:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rrb2014527154430.jpg","width":427,"height":640},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/opera-daar-vaar-ons-oppie-see\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Opera: daar vaar ons oppie see"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6708","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6708"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6708\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11368"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6708"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6708"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6708"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}