{"id":66919,"date":"2025-08-21T13:10:22","date_gmt":"2025-08-21T11:10:22","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=66919"},"modified":"2025-08-21T13:17:55","modified_gmt":"2025-08-21T11:17:55","slug":"jy-kan-jou-eie-brood-bak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/","title":{"rendered":"Jy kan jou eie brood bak"},"content":{"rendered":"<h4>Brooddeeg<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Sagte brooddeeg gee sagte brood met \u2019n mooi tekstuur. Dit beteken dit moet met baie vloeistof gemaak word wat vir \u2019n byna pap deeg sorg. Die sagte deeg word met jou hande bewerk om gluten te ontwikkel \u00e9n om soveel moontlik lug in die deeg in te werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ons basiese broodresep vir focaccia en ciabatta<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gebruik 425 ml water en 500 g broodmeel wat \u2019n sagte, maklik werkbare deeg gee. Die hooffoto wys hoe sag die rogbrood se deeg is. Vir di\u00e9 brood gebruik jy 920 g meel op 850 ml water. Die deeg is te sag om soos gewoonlik te knie en word bewerk deur dit (soos op die foto) met die hand op te lig en te trek totdat dit bymekaarkom en glad is.<\/p>\n<p><strong>Beste wenk:<\/strong> Brooddeeg ontwikkel karakter en geur as jy dit lank laat rys, soos ons met die ciabatta gemaak het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Focaccia en ciabatta<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&#8211; <em>1 groot focaccia en 2 ciabattas<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ons gebruik dieselfde basiese deeg vir focaccia en ciabatta maar hanteer dit verskillend. Focaccia kom van die Italiaanse woord wat \u201chearth\/herd\u201d beteken omdat dit gewoonlik in die laaste kooltjies van die vuur gebak is. Ciabatta word vanwe\u00eb sy vorm ook \u201cpantof-felbrood\u201d of \u201cslipper bread\u201d genoem. Di\u00e9 brood word gekenmerk deur sy taai tekstuur, krakerige kors en groot rysgate.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Brood<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>500 g broodmeel<\/li>\n<li>10 g (1 sakkie) kitsgis<\/li>\n<li>10 g sout<\/li>\n<li>425 ml louwarm water<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Meng die meel, gis en sout in \u2019n groot mengbak en maak \u2019n holte in die middel.<\/li>\n<li>Gooi die water by en meng met \u2019n houtlepel tot dit begin bymekaarkom en al die meel ingemeng is.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66926 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Brood-stap-1-400x600.jpg\" alt=\"Brood-stap-1\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Knie en vorm sagte deeg s\u00f3<\/strong><\/h4>\n<p>Baie sagte deeg wat baie vloeistof inkry, word nie soos gewone deeg gemeng en geknie nie. Hier wys ons <strong>stap vir stap<\/strong> hoe om die basiese Italiaanse focaccia-deeg te bewerk.<\/p>\n<ol>\n<li>Sit die deeg op \u2019n skoon werkvlak en bewerk met jou hande: Trek die deeg na jou toe, en vou dit weer terug. Die deeg sal taai wees en aan die werkvlak kleef.<\/li>\n<li>Skraap dit telkens met \u2019n deegskraper of spaan bymekaar.<\/li>\n<li>Herhaal die proses vir sowat 10 min. tot die deeg glad en egalig is en maklik van die werkvlak loskom. Die deeg sal \u2019n gladde bal vorm. Op die manier werk jy heeltyd lug in by die deeg sonder om die gluten-drade af te breek. Gluten is die raamwerk van brood en dit is binne di\u00e9 raamwerk wat die brood rys en wat struktuur aan die brood gee.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66927 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Brood-stap-2-400x600.jpg\" alt=\"Brood-stap-2\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li>Laat rys die deeg vir 2 uur in \u2019n groot bak wat met olie gesmeer is.<\/li>\n<li>Vou die deeg n\u00e1 1 uur liggies oor en laat verder rys.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vorm die brood so:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Keer die deeg saggies uit in \u2019n skoon 37 cm x 27 cm-oondpan.<\/li>\n<li>Begin in die middel van die deeg en druk en trek baie liggies sodat die deeg die pan heeltemal vul. (Laat die deeg nog rys as die brood die pan nie heeltemal vul nie.) Werk baie liggies sodat die lugborrels wat in die deeg gevorm het nie platgedruk word nie.<\/li>\n<li>Gooi die deeg weer toe en laat rys vir 20 min. tot dubbel die grootte.<\/li>\n<li>Druk met jou vingerpunte diep kuiltjies in die oppervlak van die deeg.<\/li>\n<li>Meng 65 ml louwarm water, 65 ml olyfolie, 10 ml (2 t) sout deeglik. Gooi egalig oor die deeg.<\/li>\n<li>Laat staan vir 20 min en druk die roosmaryntakkies in die kuiltjies in.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66928 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Brood-stap-3-400x600.jpg\" alt=\"Brood-stap-3\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Vir \u2019n ronde brood met \u2019n lekker krakerige kors<\/strong><\/h4>\n<ol>\n<li>Vryf \u2019n skoon doek dik met meel in en voer \u2019n ronde bak of mandjie met die doek uit.<\/li>\n<li>Vorm die deeg in \u2019n ronde brood en sit saggies op die doek neer. Laat rys tot dubbel die grootte.<\/li>\n<li>Keer die brood versigtig op \u2019n meelbestrooide bakplaat uit.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66929 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Brood-stap-4-400x600.jpg\" alt=\"Brood-stap-4\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Ciabatta<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Maak die basiese focaccia-deeg soos bo beskryf maar begin reeds die vorige aand. Laat die deeg oornag of vir 12 uur rys.<\/p>\n<p><strong>Die volgende oggend<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Vou die deeg liggies oor en laat weer rys tot jy die brood wil bak.<\/li>\n<li>Keer die deeg saggies uit op \u2019n meelbestrooide bakplaat en sny met \u2019n skerp mes deur.<\/li>\n<li>Trek die deeg op \u2019n bakplaat versigtig in twee ovaalvormige brode. Laat rys weer tot dubbel die grootte.<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>Bak so<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Bak vir 30-35 min. in \u2019n voorverhitte oond van 220 \u00b0C tot goudkleurig.<\/li>\n<li>Spuit die kante van die oond met water om \u2019n lekker krakerige kors te verseker.<\/li>\n<li>Doen dit so twee keer binne die eerste 15 min.<\/li>\n<li>Toets of die brood gaar is deur die onderkant te klop &#8211; as dit hol klink, is dit gereed. Die focaccia sal nie hol klink nie, want die oliebolaag maak dit sag.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66969 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Ciabatta-400x600.jpg\" alt=\"Ciabatta\" width=\"400\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Wat is insuur-deeg?<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Bakkers gebruik verskillende maniere om ekstra geur, karakter en struktuur aan brood te gee.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Insuur-deeg<\/strong> of <em>pre-ferment<\/em> of <em>p\u00e2te ferment\u00e9e<\/em>: Dis basies net \u2019n bietjie gewone brooddeeg wat jy maak en oornag in die yskas laat rys. Dit word dan stuksgewys by die brooddeeg gevoeg om ekstra smaak en geur te gee.<\/li>\n<li>\u2019n <strong>Biga<\/strong> is soortgelyk aan die <em>p\u00e2te ferment\u00e9e<\/em> maar net die Italiaanse weergawe. Dit is \u2019n stywer deeg as die poolish en bevat ook geen sout nie. Die deeg word in stukkies geknip en met die mengslag by die basiese brooddeegmengsel gegooi.<\/li>\n<li>\u2019n <em><strong>Poolish<\/strong> <\/em>is \u2019n nat \u201cspons\u201d wat presies dieselfde as die biga doen, maar is net baie loperig. <em>Poolish<\/em> word ook by die basiese deeg gegooi om ekstra smaak te gee, jy moet net die water aanpas, want dis redelik loperig.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/7-maniere-om-werklik-te-ontspan\/\">7 maniere om werklik te ontspan<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Werp jou brood op die water &#8230; en vul jou huis met die hartverwarmende geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk. Deur Vickie de Beer. Foto\u2019s deur Charles Russell<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":157054,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2946,2944],"tags":[57,292,491,1075],"class_list":["post-66919","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kos","category-jy-kan-kos","tag-brood","tag-resepte","tag-deeg","tag-jy-kan"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan jou eie brood bak | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan jou eie brood bak | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-08-21T11:10:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-08-21T11:17:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan jou eie brood bak\",\"datePublished\":\"2025-08-21T11:10:22+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-21T11:17:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/\"},\"wordCount\":926,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"brood\",\"resepte\",\"deeg\",\"jy kan\"],\"articleSection\":[\"Kos\",\"Jy kan\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/\",\"name\":\"Jy kan jou eie brood bak | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-08-21T11:10:22+00:00\",\"dateModified\":\"2025-08-21T11:17:55+00:00\",\"description\":\"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/08\\\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan jou eie brood bak\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan jou eie brood bak | rooi rose","description":"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan jou eie brood bak | rooi rose","og_description":"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-08-21T11:10:22+00:00","article_modified_time":"2025-08-21T11:17:55+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan jou eie brood bak","datePublished":"2025-08-21T11:10:22+00:00","dateModified":"2025-08-21T11:17:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/"},"wordCount":926,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg","keywords":["brood","resepte","deeg","jy kan"],"articleSection":["Kos","Jy kan"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/","name":"Jy kan jou eie brood bak | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg","datePublished":"2025-08-21T11:10:22+00:00","dateModified":"2025-08-21T11:17:55+00:00","description":"Vul jou huis met die geur van vars brood. Met di\u00e9 resepte kan jy lieflike en geurige brode bak wat nes \u2019n regte bakker s\u2019n lyk.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/nadya-spetnitskaya-tOYiQxF9-Ys-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-eie-brood-bak\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan jou eie brood bak"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66919","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=66919"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66919\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":157055,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66919\/revisions\/157055"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/157054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=66919"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=66919"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=66919"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}