{"id":66910,"date":"2013-11-21T14:51:29","date_gmt":"2013-11-21T12:51:29","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=66910"},"modified":"2017-07-13T13:12:00","modified_gmt":"2017-07-13T11:12:00","slug":"louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/","title":{"rendered":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel?"},"content":{"rendered":"<p>Wanneer skade of skande bekendes tref, is dit voorbladnuus. Dit het gospel-sanger en musiek-vervaardiger Louis Brittz en sy vrou, Hettie, Christenskrywer en geestelike leier uit eie reg, eerstehands ervaar.<\/p>\n<p>Die nag van 10 Februarie 2010 was die gesin binne die goed bewaakte mure van \u2019n veiligheidsoord in Midrand die slagoffers van \u2019n gewapende roof. Louis is ontvoer en herhaaldelik met die dood gedreig. Hettie is deur die loop van die nag deur een van die aanvallers verkrag. Hul drie jong kinders het dwarsdeur die gebeure geslaap.<\/p>\n<p>Wat die Brittze van die meeste Suid-Afrikaners met soortgelyke ervarings onderskei, is hul verstommende vinnige en volkome herstel. In sy boek, <em>Wat wenners weet<\/em>, skryf Louis:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>\u201cDit was \u2019n verskriklike, traumatiese gebeurtenis, maar deur die Here se genade kon ons sonder littekens aan ons siel of gees daaruit stap. Ons was byna onmiddellik weer heel.\u201d<\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die dag n\u00e1 die voorval het Louis en Hettie in die pers getuig dat hulle die aanvallers vergewe het. Louis sou voortgaan met sy voorgenome bedieningstoer na Australi\u00eb en Nieu-Seeland en Hettie sou daardie naweek die Midmar-myl swem soos sy beplan het. \u2019n Dagbladverslaggewer het Hettie as \u201congelooflik sprankelend\u201d beskryf en op die foto by die berig glimlag sy en Louis vir mekaar.<\/p>\n<p>Die reaksie van Christene sowel as mense met ander oortuigings het gewissel van woede tot ongeloof &#8211; nie net oor dit wat die Brittze deurgemaak het nie, maar ook oor hul onverwags positiewe benadering. \u2019n Stortvloed briewe het die koerante getref. Hiervan het Louis en Hettie eers met sy terugkeer drie weke later kennis geneem.<\/p>\n<p>\u201cDie mense se reaksie was vir ons \u2019n groter skok as die trauma van daardie nag,\u201d s\u00ea Louis. \u201cBinne ure n\u00e1 die roof het mense w\u00eareldwyd \u2019n gebedsketting gevorm en vir ons herstel gebid. Ons kon nie glo dat die verhoring van hierdie gebede soveel argwaan kon ontlok nie. Dit was asof talle mense net nie kon begryp hoe die Here b\u00fd jou kan wees nie.\u201d<\/p>\n<p>Die gebeure en die Brittze se rustige hantering daarvan het kennelik diepgesetelde oortuigings oor God en gelowig wees geskud. Enersyds het dit vrae gesneller soos: Hoekom het God dit nie gekeer nie? Hoe kan \u201cgewone\u201d gelowiges gerus slaap as bekendes wat alles vir die koninkryk gee, nie veilig is nie? Het Louis en Hettie op een of ander manier die aanval oor hulself gebring?<\/p>\n<p>Andersyds was mense onkant betrap omdat Louis en Hettie nie emosioneel ineengestort of haatuitsprake teen die aanvallers gemaak het nie. Hier was iets anders: genesing, vergifnis en die afwesigheid van vrees. Hulle is van ontkenning van die gebeure, die voorhou van \u2019n front, geestelike hoogmoed en selfs \u2019n sensasionele bemarkingsveldtog vir Louis se CD\u2019s verdink.<\/p>\n<p>Lees jy <em>Vreesloos vry<\/em> (Green Hope, 2011) wat Hettie oor hul ervaring geskryf het, word dit duidelik dat sy die gebeure tydens die roof volkome realisties ervaar het. Sy was deurentyd daarvan bewus dat haar kinders \u2019n teiken was, dat die rowers wat later met Louis weggery het, hom kon vermoor, en dat die verkragting haar MIV-positief kon laat.<\/p>\n<p>Terselfdertyd was Hettie ook op \u2019n ander, onsigbare werklikheid ingestem. Tydens die nagmerriegebeure het sy God se stem gehoor en sy oorvloedige liefde ervaar, nie net vir haarself nie maar ook vir die man wat haar verkrag het. Dit het \u00e1lles wat daardie nag gebeur het, in \u2019n ander lig gestel, ook die nagevolge wat die ervaring sou h\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEk en Louis het nie geweet wat met ons gebeur het, is moontlik nie,\u201d het sy agterna ges\u00ea. \u201cWat doen jy met \u2019n wonderwerk? En hoe gemaak as mense \u2019n stryd het met die pad wat die Here vir jou gekies het?\u201d<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66914 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-Brittz-en-gesin-500x333.jpg\" alt=\"Louis-Brittz-en-gesin\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Louis se boek<\/h4>\n<p><em>Wat wenners weet\u00a0<\/em>is Louis se antwoord op die rooftog en die polemiek wat die gesin se reaksie ontketen het. Die tydsverloop tussen die verskyning van sy en Hettie se boeke dui op een van die verskille tussen hulle, terg hy: \u201cHettie praat terwyl sy dink. Ek dink eers klaar voordat ek praat.\u201d<\/p>\n<p>Louis verduidelik dat hulle geestelike littekens vrygespring het omdat hulle lank reeds sekere lewensriglyne gevolg het. \u201cToe dinge om ons stiller raak, moes ons vir God vra: \u2018Here, hoekom is ons heel?\u2019 Gaandeweg het dit vir ons duidelik geword dat God jare lank al besig was om ons te leer om volgens sekere beginsels te leef. Hierdie beginsels, tesame met God se krag en teenwoordigheid, was meer as die skok en die trauma van die ervaring. Daarom het dit ons nie seergemaak of ons vreugde by ons gesteel nie.\u201d<\/p>\n<p>Wat wenners weet gee dertig van hierdie beginsels op \u2019n bondige, helder wyse weer. Louis verwys na die traumatiese gebeure, maar konsentreer op die beginsels.<\/p>\n<p>\u201cEk wou \u2019n holistiese boek skryf en nie net op een stukkie oorwinning fokus nie. As een speek in \u2019n wiel reguit is, help dit mos niks! Ek het dit spesiaal geskryf vir mense wat nie bladsye en bladsye wil lees nie. As jy voel jy sukkel om op \u2019n sekere lewens-gebied in oorwinning te leef, moet jy na daardie onderwerp kan blaai, drie of vier bladsye daaroor lees, en klaar.\u201d<\/p>\n<p>Louis se belofte dat hierdie beginsels lig sou werp op die Brittze se sonderlinge verwerking van die trauma hou water. Lees jy Wat wenners weet, besef jy die kwelvrae hierbo \u2013 soos oor God se \u201ctoelating\u201d van die o\u00ebnskynlik slegte en oor ons eie \u201cskuld\u201d wanneer so iets met ons gebeur &#8211; hou verband met ons kernsienings van God en hoe ons in God se raadsplan pas. Die kwessie van beheer staan sentraal.<\/p>\n<p>Wenners, skryf Louis, is \u201cabdikeerders\u201d wat God op die troon van hul lewe geplaas het. Hulle weet Hy is die middelpunt van hul w\u00eareld en nie andersom nie. As hulle pyn ervaar, beteken dit nie Hy het hulle nie lief nie. Inteendeel: sy liefde is die een ding waarop hulle kan reken. Swaarkry beteken wel sy plan met hulle is groter as hul eie, al verstaan hulle dit nie.<\/p>\n<p>Wenners is ook \u201callesverloorders.\u201d Hulle het God gevra om hulle los te woel van die kettings wat hulle aan dinge soos besit-tings, status en selfs geliefdes bind. Niks en niemand is vir hulle belangriker as Christus en sy koninkryk nie, en hulle weet dat hulle d\u00edt nooit kan verloor nie.<\/p>\n<p>Verder besef wenners dat ons as mense geen idee het wat vir ons goed en sleg is nie. Ons kan dink dat die dinge wat ons gelukkig maak, ryk maak en gesond hou goeie dinge is, terwyl armoede, siekte en die dood van naasbestaandes noodwendig sleg is en \u201cnie van die Here af kom nie\u201d. Maar in God se strategie vir ons lewe mag \u201cgoed\u201d en \u201csleg\u201d heel anders lyk.<\/p>\n<p>Mense vir wie dit normaal is om volgens hierdie beginsels te leef, sien trauma anders. Omdat hulle hul lewe aan God toever-trou het en omdat Hy in beheer is, glo hulle dat alles gebeur soos dit moet. Hulle hoef nie hul koppe te breek oor wat \u201cgoed\u201d en wat \u201csleg\u201d is nie &#8211; dis God se afdeling.<\/p>\n<p>Soos Louis dit stel: \u201cAs jy eers in onvoorwaardelike oorgawe voor God staan, as jy jou lewe vir Hom gegee het, is die res verskriklik maklik.\u201d<\/p>\n<p>Oorgawe in hierdie verband beteken nie dat jy jou verant-woordelikhede ontduik nie: Louis beklemtoon dat j\u00fd in beheer van jou wil, emosies en gedagtes bly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vergifnis<\/h4>\n<p>Omdat die \u201coortreders\u201d en \u201cslagoffers\u201d God se genade ewe nodig het, is vergifnis \u2019n vanselfsprekende beginsel. Om te vergewe is nie maklik nie. \u201cJy moet van jou eie seer af wegdraai en al jou regte op vergelding prysgee. Bitter min mense kry dit reg. Vergifnis is die aktiefste daad van liefde wat \u2019n slagoffer teenoor sy vyande kan bewys &#8230; Vergifnis en genade is Jesus se hartklop en Hy wil h\u00ea dat wenners sy hartklop sal verstaan asof dit hul eie is. Dis sy liefde wat die w\u00eareld heelmaak, nie ons s\u2019n nie. En Jesus se liefde is so radikaal dat daar niks is wat dit nie kan vergewe nie. As wenners onvergeeflike dade en woorde vergewe, hang stukkende, harde mense se monde oop. Dis onverstaanbaar en onmiskenbaar Goddelik \u2013 jy kan dit nie namaak of vervals nie.\u201d<\/p>\n<p>Gesels jy met Louis en Hettie, besef jy die waarheid van hierdie woorde. Hulle is mense wat in voeling is met hul swakhede, maar terselfdertyd so n\u00e1 aan God leef dat Hy hulle deur trauma kon dra en deur hulle kon vergewe. Die nuwe bedieningsmoontlikhede wat daardie angswekkende nag in Februarie 2010 moontlik gemaak het, gee ander ook toegang tot die beginsels wat hulle heelgemaak het. Vir my is die wonderlikste omtrent hul boodskap dat dit moontlik is om vry van vrees te leef. Dit behels wel die stap van \u2019n pad \u2013 een wat allermins voorspelbaar of beheer-<br \/>\nbaar is &#8211; maar die wegwysers is daar, in helder Afrikaans.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe Louis en Hettie Brittz \u2019n dag n\u00e1 \u2019n gewapende roof, ontvoering en verkragting verklaar het dat die trauma geen letsels op hul gees gelaat het nie, het \u2019n storm oor hul koppe losgebars. Drie jaar later (in 2013) het Louis se boek hul wonderbaarlike herstel in perspektief geplaas. Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Robert Hamblin<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":66911,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[1387,1629,1806,5684,23450,24339,135,232],"class_list":["post-66910","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-celebs","tag-verkragting","tag-afrikaanse-sanger","tag-trauma","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-verhoudings","tag-geloof"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Toe Louis en Hettie Brittz \u2019n dag n\u00e1 \u2019n gewapende roof, ontvoering en verkragting verklaar het dat die trauma geen letsels op hul gees gelaat het nie, het \u2019n storm oor hul koppe losgebars. Drie jaar later (in 2013) het Louis se boek hul wonderbaarlike herstel in perspektief geplaas. Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Robert Hamblin\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2013-11-21T12:51:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T11:12:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1394\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel?\",\"datePublished\":\"2013-11-21T12:51:29+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/\"},\"wordCount\":1475,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/02\\\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"verkragting\",\"afrikaanse sanger\",\"trauma\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"Verhoudings\",\"Geloof\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2013\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/\",\"name\":\"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/02\\\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg\",\"datePublished\":\"2013-11-21T12:51:29+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T11:12:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/02\\\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/02\\\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1394,\"caption\":\"Foto Robert Hamblin\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose","og_description":"Toe Louis en Hettie Brittz \u2019n dag n\u00e1 \u2019n gewapende roof, ontvoering en verkragting verklaar het dat die trauma geen letsels op hul gees gelaat het nie, het \u2019n storm oor hul koppe losgebars. Drie jaar later (in 2013) het Louis se boek hul wonderbaarlike herstel in perspektief geplaas. Deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Robert Hamblin","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2013-11-21T12:51:29+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T11:12:00+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1394,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel?","datePublished":"2013-11-21T12:51:29+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/"},"wordCount":1475,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg","keywords":["celebs","verkragting","afrikaanse sanger","trauma","entertainment","local celebs","Verhoudings","Geloof"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2013","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/","name":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg","datePublished":"2013-11-21T12:51:29+00:00","dateModified":"2017-07-13T11:12:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Louis-en-Hettie-Brittz.jpg","width":1000,"height":1394,"caption":"Foto Robert Hamblin"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/louis-en-hettie-brittz-hoekom-ons-heel\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Louis en Hettie Brittz: hoekom is ons heel?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66910","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=66910"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/66910\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/66911"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=66910"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=66910"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=66910"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}