{"id":6689,"date":"2014-05-16T16:05:00","date_gmt":"2014-05-16T14:05:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/"},"modified":"2014-05-16T16:05:00","modified_gmt":"2014-05-16T14:05:00","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-25","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"\"color: rgb(255, 0, 0);\"\"><em><strong><span style=\"\"font-size: medium;\"\">Dubbele visie<\/span><\/strong><\/em><\/span><span style=\"\"font-size: medium;\"\"><\/p>\n<p> &ldquo;Johan! Ja, ons is darem al anderkant Barberton. O so? Jy lieg! Regtig? Ek s&ecirc; jou, dis regtig Isa wat op die lughawe was. Het jy Isa se foto vir die <em>nurses<\/em> gewys?  Wragtag? Hier is iets vreemds aan die gang.&rdquo;<\/p>\n<p> Emily laat Johan aanhou sodat sy die nuus aan Liesl en die kinders kan oordra dat die vrou in die hospitaal ook Isa is! Johan se kontak daar het Isa se foto aan die verpleegsters gewys en haar naam staan op die <em>leggers<\/em>. <\/p>\n<p> Di&eacute; inligting laat almal in die kar se koppe spin van verwarring.<\/p>\n<p> &ldquo;Toemaar, Johan-hulle gaan bietjie in Isa se herkoms ingrawe. Hier is iets vreemds aan die gang!&rdquo;<\/p>\n<p> Sy hervat haar gesprek met Johan.<\/p>\n<p> &ldquo;En die fluitjieblaser? Lana Victor? Nog nooit van haar gehoor nie. O, Gerben se <em>side kick<\/em>? Wil jy vir my s&ecirc; die ou <em>nerd<\/em> word ook by die bedrog betrek? Ag, ek glo dit nie!&rdquo;<\/p>\n<p> Na die gesprek rapporteer sy die brokkies aan haar reisgenote. Die fluitjieblaser is die vrou wat onder Gerben werk, maar Gerben se beeld is glo silwerskoon.<\/p>\n<p> &ldquo;Dis nou aldus sy vriendin, die fluitjieblaser. Ek wonder darem oor daai ou. Ek het nog nooit van sy gesig gehou nie. Hy kyk mens mos nie by die oog nie. Nietemin, Johan sal terugbel as hy die misterie rondom die twee Isa&rsquo;s opgelos het.&rdquo;<\/p>\n<p> Harry se plaas is tussen Malelane en Komatipoort. \u2019n Veldwagter wag hulle in Malelane in en ry vooruit om seker te maak hulle verdwaal nie in die donker nie. Hulle is ook maar dankbaar want die kronkelende grondpad van sowat dertig kilometer vanaf die N4 tot by die plaas is baie sleg na die milde re&euml;n van die seisoen.<\/p>\n<p> Vanaf die naambordjie, Renostervallei, is dit \u2019n verdere vyf kilometer tot by die hoofopstal. Talle wildsbokkies en hasies skarrel voor die motorligte verby. \u2019n Hele paar vlie&euml;nde uile mis die Jeep rakelings.<\/p>\n<p> Liesl voel hoe haar gemoed effens begin lig. Die kinders se opgewondenheid oor die wild en ruigheid van die bos herinner aan lekker vakansies in die wildtuin en daar heers ondanks die onderliggende kommer oor Konrad tot \u2019n effense vakansieluim in die Jeep.<\/p>\n<p> Toe die reuse grys lyf van \u2019n olifant die pad stadig kruis, heers daar \u2019n paar minute stilte in die kar.<\/p>\n<p> &ldquo;Wow! Dis <em>frieken amazing<\/em>!&rdquo; laat Ludwig van hom hoor. Hy het as klein seuntjie \u2019n boek met lyste van al die wild in die wildtuin saamgevat en elkeen sorgvuldig afgemerk. Hy kon baie omgekrap raak as hy na \u2019n besoek aan die wildtuin nie genoeg van sy gunstelinge soos olifante en renosters kon sien nie.<\/p>\n<p> &ldquo;Ek dink ek is in die hemel,&rdquo; sug hy toe die bosreus weer in die ruigte verdwyn. Liesl is in \u2019n mate bly Ludwig kan die renosterprojek beleef. Dit sal hom goed doen en kan sy aandag van sy pa en die rugbytoer aftrek, glo sy.<\/p>\n<p> Voor die imposante opstal brand \u2019n vuur in \u2019n reuse konka om hulle te verwelkom. Harry en \u2019n trop honde wag hulle in.<\/p>\n<p> &ldquo;Lekker moeg n&ecirc;? Julle bagasie sal afgelaai word en by die kothuisies ingedra word. Liesl, jy en die kinders en Emily se kothuise is langs mekaar. Em, gee die Jeep se sleutel dat Jakob en sy helpers julle goed kan gaan aflaai. Ek sal julle later soontoe vat. Kom, laat ons eers \u2019n dop gaan drink!&rdquo;<\/p>\n<p> Hy gryp Emily en Liesl elk om die skouer en gee hulle \u2019n dubbele drukkie.<\/p>\n<p> &ldquo;Julle twee gedra julle hier op die plaas hoor!&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Harry, dis nou die twee punte van my hart, Erna en Ludwig. Wees net versigtig, jy gaan dalk nooit weer van Ludwig ontslae raak nie. Hy is van kleins af \u2019n olifant en renoster <em>freak<\/em>!&rdquo;<\/p>\n<p> Sy het die kinders al vertel hoe Harry haar bygestaan het met Maks se besering en herstel. Sy het liefs nie genoem dat di&eacute; vriendelike man hulle pa al tot binne in die koidam gemoker het nie.<\/p>\n<p> In die sitkamer wag \u2019n knetterende kaggel en \u2019n lang skraal rooikopvrou hulle in. <\/p>\n<p> &ldquo;Hallo julle! Liesl? Ek is Heila. Harry het al baie van jou en jou hond gepraat!&rdquo;<\/p>\n<p> Met haar vonkelende groen o&euml; en krullerige rooi hare weet Liesl dadelik die Heila waaroor sy so gewonder het, is Harry se suster. Heila bestuur die plaas terwyl haar broer in Johannesburg praktiseer.<\/p>\n<p> &ldquo;Hallo, Emily! Uiteindelik gebeur die renosterprojek! Ek hoor jou kameraspan kom m&ocirc;re? Hulle en die ander veeartse wat deelneem gaan in \u2019n ou plaashuis nader aan die terrein bly. Dan is hulle naby as die renosterhorings behandel word.&rdquo; <\/p>\n<p> Harry skink vir hulle elkeen \u2019n glas wyn in en Heila beduie na die snoepgoed eenkant op \u2019n tafel.<\/p>\n<p> Emily se foon lui. Dis weer Johan. Sy gaan staan op die stoep en praat sodat sy beter ontvangs kan kry. Liesl sluk byna haar hele glas wyn in afwagting af. <\/p>\n<p> Emily is skoon uitasem van opgewondenheid toe sy terugkom.<\/p>\n<p> &ldquo;Wat? Wat?&rdquo; por Liesl ongeduldig. Emily trek haar eenkant.<\/p>\n<p> &ldquo;Liesbet, jy sal nie glo wat ek nou vir jou gaan vertel oor Isatjie nie! Daar is inderdaad twee van haar! Identiese tweeling! Is dit op aarde moontlik dat daar twee van haar soort kan wees?&rdquo;<\/p>\n<p> Liesl voel of al die inligting van die afgelope weke haar kop gaan laat bars. Wat nog?<\/p>\n<p> &ldquo;Johan vertel Isa en haar suster, Bella&hellip; hoe onoorspronklik van die ouers? Ek meen Isa en Bella? Die ma se naam is glo Isabella en &hellip; wag tot jy dit hoor&hellip; die pa was \u2019n spioen in die veiligheidspolisie. Bellatjie is skynbaar die een van die twee met die breins want sy is glo \u2019n rekenaarspesialis.&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Emily, ek s&ecirc; nou vir jou die vrou op die lughawe was Isa. Ek weet dit vir \u2019n feit. Dit moet Bella in die hospitaal wees!&rdquo;<\/p>\n<p> &ldquo;Miskien? Dan is die twee sussies besig met \u2019n knoeispul. Die naam op die passasierslys is Bella Conradie, Isa se tweelingsus se naam, maar Johan vermoed ook die twee het tydelik identiteit omgeruil en dit is sweerlik Isa wat op pad is Dubai toe.&rdquo;<br \/> <\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dubbele visie &ldquo;Johan! Ja, ons is darem al anderkant Barberton. O so? Jy lieg! Regtig? Ek s&ecirc; jou, dis regtig Isa wat op die lughawe was. Het jy Isa se foto vir die nurses gewys? Wragtag? Hier is iets vreemds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11285,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[99],"class_list":["post-6689","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","tag-verhale"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dubbele visie &ldquo;Johan! Ja, ons is darem al anderkant Barberton. O so? Jy lieg! Regtig? Ek s&ecirc; jou, dis regtig Isa wat op die lughawe was. Het jy Isa se foto vir die nurses gewys? Wragtag? Hier is iets vreemds [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-16T14:05:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"442\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25\",\"datePublished\":\"2014-05-16T14:05:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/\"},\"wordCount\":1059,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201451616619.jpg\",\"keywords\":[\"verhale\"],\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201451616619.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-16T14:05:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201451616619.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra201451616619.jpg\",\"width\":500,\"height\":442},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose","og_description":"Dubbele visie &ldquo;Johan! Ja, ons is darem al anderkant Barberton. O so? Jy lieg! Regtig? Ek s&ecirc; jou, dis regtig Isa wat op die lughawe was. Het jy Isa se foto vir die nurses gewys? Wragtag? Hier is iets vreemds [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-16T14:05:00+00:00","og_image":[{"width":500,"height":442,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25","datePublished":"2014-05-16T14:05:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/"},"wordCount":1059,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg","keywords":["verhale"],"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg","datePublished":"2014-05-16T14:05:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra201451616619.jpg","width":500,"height":442},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-25\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 25"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6689\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}