{"id":6682,"date":"2014-05-12T16:20:00","date_gmt":"2014-05-12T14:20:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/"},"modified":"2016-03-16T19:16:31","modified_gmt":"2016-03-16T17:16:31","slug":"ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/","title":{"rendered":"Luna Paige"},"content":{"rendered":"<p><strong>Beskryf jou musiekstyl.<\/strong><\/p>\n<p>Dit is vir my moeilik om my musiekstyl te beskryf. \u2019n Mens kan verskeie inlvoede in musiek raakluister. Eerstens kan ek wel s\u00ea dat my musiek liriekgedrewe is. Dit is vir my belangrik dat die liriese inhoud van ho\u00eb gehalte is en dat die boodskap in elke lied gewig dra. Daar is <em>country<\/em>, <em>blues<\/em>, <em>folk<\/em>, <em>pop<\/em> en ligte <em>rock-<\/em>invloede. My doel met musiek is om iets tydloos te <em>offer<\/em> wat mens vandag en tien jaar later nog kan geniet.<\/p>\n<p><strong>Hoe verskil hierdie album van jou vorige 4 albums?<\/strong><\/p>\n<p>Ek sou hoop dat die musiek meer volwasse is. \u2019n Mens poog om elke CD beter te maak as die vorige een &#8211; in terme van musiek, produksie-gehalte en ook tematies. Ek dink die CD is beslis dit. Dit voel vir my of ek nader aan my ware self beweeg en die CD is definitief \u2019n stap in die regte rigting. In hierdie CD is die fokus nie meer so sterk op klavierspel nie, maar meer spasie word in die liedere toegelaat en ons eksperimenteer met gly kitare en \u2019n moderne <em>country-<\/em>klank.<\/p>\n<p><strong>Wat kan luisteraars van die album verwag?<\/strong><\/p>\n<p>Ek poog om scenarios in die liedere te skep waarmee luisteraars kan identifiseer. Daar is <em>songs<\/em> wat jou lus sal maak om \u2019n bietjie te dans, daar is <em>songs<\/em> wat jou beslis gaan maak huil en dan net lekker <em>songs<\/em> wat jou hopelik op \u2019n verbeeldingsvlug van een of ander aard sal kan neem.<\/p>\n<p><strong>Hoe het jy die verskillende liedere in die versameling gekies?<\/strong><\/p>\n<p>Die vervaardiger van die CD en ook my vriend en baskitaarspeler, Schalk Joubert, het saam met my hieraan gewerk. Ons het deur al my nuwe <em>songs<\/em> gewerk, dit opgeneem, daarna geluister en gekyk watter <em>songs<\/em> tematies by mekaar aansluit en ook sal werk binne die musikale plan wat ons met die album gehad het. Van my <em>songs<\/em> is ook vir eers op ys gesit vir my en Gerald Clark se <em>collaboration<\/em> en opnames wat ons beplan.<\/p>\n<p><strong>Jy het \u2019n duet saam met Gerald (Clark) opgeneem. Wat het die spesifieke lied ge\u00efnspireer?\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek en Gerald werk al \u2019n paar jaar saam. Ons het gevolglik \u2019n produksie met die naam LOVEMORE op die planke gebring. Dit is \u2019n versameling oorspronklike en <em>cover-<\/em>liedere en duette wat alles handel oor die liefde. Die liedjies wissel tussen <em>blues<\/em> en <em>country<\/em> genres en gehore is gaande daaroor. Ek het die fliek One Day (met Anne Hathaway en Jake Gyllenhaal) gekyk en die storie was vir my so mooi dat ek net \u2019n <em>song<\/em> daaroor wou skryf. Dit gaan oor twee mense wat al vir 20 jaar vriende is en sukkel om aan mekaar te erken dat hulle lief is vir mekaar. Ek het gedink die <em>song<\/em> sou perfek pas by die LOVEMORE-produksie. Ek het dit toe spesifiek so geskryf &#8211; met manlike en vroulike parte en Gerald uitgenooi om te kom saamsing. Hy het baie baie mooi gesing.<\/p>\n<p><strong>Daar is ook \u2019n a capella op jou nuwe album. Wat het dit ge\u00efnspireer?<\/strong><\/p>\n<p>Ek spandeer baie tyd op die pad. Dit is baie ure alleen en mens raak so \u2019n bietjie mallerig soms. Dit was op een van die oomblikke op die pad wat ek gewonder het &#8211; as ek \u2019n liedjie was, watter tipe liedjie sou ek wees? Ek maak toe sommer daar \u2019n <em>song<\/em> op agter die stuurwiel. Toe ek later probeer om musiek by die <em>song<\/em> te sit, werk dit nie! Ek besluit toe om dit sommer net so a capella te hou. Die naam is <em>If I were a song<\/em>.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gunsteling lied op die album?<\/strong><\/p>\n<p>Oe, dis vir my moeilik om te s\u00ea. Ek wou eers glad nie na die CD luister nie. Die laaste paar dae het ek nogals baie daarna geluister en daar is van die <em>songs<\/em> wat onverwags aan \u2019n mens groei. <em>This Space<\/em> is vir my spesiaal omdat dit \u2019n baie eerlike lied is oor \u2019n onlangse ervaring wat ek gehad het &#8211; ook omdat die instrumentasie so minimalisties is en die lirieke meer ruimte gee om te praat. <em>Surrender <\/em>is ook een van my gunstelinge &#8211; g\u2019n mens weet waarom nie.<\/p>\n<p><strong>Jy speel klavier en kitaar. Is jou familie ook musikaal?<\/strong><\/p>\n<p>Ja, ek speel beide. Klavier is definitief my beter instrument. My pa het in \u2019n orkes gespeel toe hy jonk was. Hy was die tromspeler. My ma het weer op skool bekendgestaan as die<em> Nagtegaal van Bronkhorstspruit<\/em>. Sy het ook soms saam met my pa-hulle gesing wanneer hulle opgetree het. Ek vind toe later uit dat my ouma ook aan operettes deelgeneem het. Sy was die hoof van die vrouegevangenis en het elke jaar as hoofsanger in die operette opgetree en was blykbaar vreeslik <em>entertaining<\/em>.<\/p>\n<p>Ek het op skool al begin sing, maar was sopraan in die koor &#8211; snaaks genoeg &#8211; ek kan glad nie nou meer hoog sing nie. Ek het ook op skool klassieke musiek geneem, maar ek moet bieg ek het nie baie hard geoefen nie! Die meeste van my oefentye het aan toonlere gegaan en dan het ek begin liedjies skryf. Daar was gevolglik \u2019n paar uiters vernederende situasies gedurende eksamens. Soveel so dat my musiekjuffrou die eksaminator gevra het of ek nie maar eerder van my eie liedjies kan speel in plaas van die klassieke musiek wat ek moes voorberei nie. Hy was gelukkig gaaf genoeg om dit toe te laat en het my laat slaag op grond van my toonlere en kreatiwiteit. Dit was nogals snaaks.<\/p>\n<p><strong>Hoe kry jy dit reg om emosie so sterk oor te dra?<\/strong><\/p>\n<p>Ek is maar \u2019n emosionele mens wat observeer, ervaar en weergee. Omdat die <em>songs <\/em>wat ek skryf vloei uit persooonlike ervarings &#8211; dit is eerlik en opreg en ek dink dit is hoe ek daarin slaag om emosies sterk weer te gee. Dit kom van \u2019n persoonlike spasie. Musiek is my uitlaatklep. Daarsonder was ek dalk nie \u2019n baie gelukkige mens nie. Dit is \u2019n wonderlike stres-ontlader.<\/p>\n<p><strong>Hoe lyk jou skryfproses?<\/strong><\/p>\n<p>Ek skryf nie elke dag nie. Dit kom meer in golwe. Ek kan gewoonlik die tekens van \u2019n skryfgolf voel aankom. Dis asof alles \u2019n klein bietjie meer <em>heightened<\/em> raak. Ek vind dat woorde in my kop &#8220;in-pop&#8221; of idees begin oor en oor in my kop rondwoel &#8211; ek begin ook dikwels dieselfde tema raaksien in alledaagse gebeurtenisse &#8211; dan weet ek, o gits hier kom \u2019n storie. Ek los dit gewoonlik tot dit onuithoudbaar raak &#8211; dan stel ek my klavier op en die res gebeur vanself. Dit kan enige plek gebeur &#8211; in die kar, by die huis, in \u2019n gastekamer op die pad &#8211; waar ookal.<\/p>\n<p><strong>Waar is die beste plek wat jy al opgetree het?\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Weet jy &#8211; ek moet nog by die beste plek optree. Daar is nie een optrede wat vir my meer uitstaan as die ander nie. Elke optrede is vir my spesiaal in sy eie reg &#8211; veral wanneer ek vanuit die regte spasie uit sing. Die grootte van die gehoor, die estetiese waarde van die plek waar ek optree &#8211; niks daarvan maak saak nie. Wat wel saakmaak is die gehoor &#8211; en hoe hulle reageer op die musiek. Dit is \u2019n energie wat ongelooflik is om te ervaar &#8211; \u2019n waarderende gehoor. Ek dink nie luisteraars besef watter groot rol hulle speel nie. Daar is sommige mense wat heeltemal te onsensitief is wat dit betref. Hulle kan die kunstenaar se gees opbou of heeltemal breek, binne een uur.<\/p>\n<p><strong>Na watter musiek luister jy?<\/strong><\/p>\n<p>Ek luister snaaks genoeg nie baie musiek nie. Dit is seker \u2019n bietjie vreemd. Ek vind wel dat wanneer ek na musikante luister &#8211; is dit gewoonlik <em>singer-songwriters<\/em>. Die wat vir my uitstaan is Paul Simon, JJ Cale, Nick Cave, Gillian Welsch, ag &#8211; daar is baie! Ek hou van rock, blues, country, folk en klassiek. Ek sukkel \u2019n bietjie met pop.<\/p>\n<p><strong>Jy het maatskaplike werk gestudeer?<\/strong><em><strong><br \/>\n<\/strong><\/em><br \/>\nEk is maar van kleins af geneig om <em>humanitarian<\/em>\u00a0op te tree, so dit was \u2019n natuurlike proses om maatskaplike werk te gaan studeer. Ek is een van daai mense wat elke nou en dan hierdie oorweldigende oortuiging kry dat ek as enkeling die w\u00eareld kan verander (wat nogals tragiese gevolge kan h\u00ea wanneer jy van jou droomboot afklim). Ek het besef dat musiek \u2019n ongelooflike kanaal is om verandering teweeg te bring sonder om enige iemand te kwaad te maak. Dit is subtiel, dit bedreig nie en dit roer \u2019n mens in plekke waaroor jy nie ten volle beheer het nie. Dit is juis die konsep waarop musiekterapie geskoor is. Ongelukkig moes ek kies tussen maatskaplike werk en musiek &#8211; beide beroepe vra jou alles en ek het myself in twee begin skeur en was baie na aan uitbrand. Ek het musiek gekies. Ek voel steeds dat ek deur my musiek op meer subtiele maniere \u2019n bydrae kan lewer tot mense se denkprosesse.<\/p>\n<p><strong>Word jy ge\u00efnspireer deur digkuns?<\/strong><\/p>\n<p>Oe ja. Ek word ge\u00efnspireer deur stories &#8211; en dus ook deur digkuns. Maar ook romans, kortverhale en flieks. Dit maak vir my sin om ander skrywers se werke te bestudeer. Hulle is immers kenners van die woord. Hulle weet hoe om dit wat elkeen van ons daagliks ervaar en mee worstel, so te verwoord dat dit alles opsom en duidelik maak. Dis \u2019n gawe wat min mense het. As liedjieskrywer dink ek dit is belangrik dat mens letterkunde bestudeer. Daar is so baie woorde en maniere om een ding te beskryf.<\/p>\n<p><strong>Wat is jou gunsteling aanhaling?<\/strong><\/p>\n<p>Ek was nog nooit een vir aanhalings nie. Ek kan dit nooit onthou nie. Ek heg wel baie waarde aan die woord <strong>A<\/strong><strong>anvaarding<\/strong>. Ek dink dit is amper meer belangrik as liefde. <em>In fact<\/em> &#8211; ek dink liefde is aanvaarding.<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/Luna-Paige-album-cover.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"355\" \/><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Besoek\u00a0 haar webblad vir meer besonderhede &#8211;\u00a0<span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.lunamusic.com\" target=\"_blank\">www.lunamusic.com<\/a><\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Beskryf jou musiekstyl. Dit is vir my moeilik om my musiekstyl te beskryf. \u2019n Mens kan verskeie inlvoede in musiek raakluister. Eerstens kan ek wel s\u00ea dat my musiek liriekgedrewe is. Dit is vir my belangrik dat die liriese inhoud [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11251,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[147,723,998,1044],"class_list":["post-6682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-bekendes","tag-bekendes","tag-musiek","tag-vermaak","tag-ons-gesels-met"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Luna Paige | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Luna Paige | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Beskryf jou musiekstyl. Dit is vir my moeilik om my musiekstyl te beskryf. \u2019n Mens kan verskeie inlvoede in musiek raakluister. Eerstens kan ek wel s\u00ea dat my musiek liriekgedrewe is. Dit is vir my belangrik dat die liriese inhoud [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-12T14:20:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-16T17:16:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"427\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Luna Paige\",\"datePublished\":\"2014-05-12T14:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T17:16:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/\"},\"wordCount\":1642,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014512162020.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"musiek\",\"Vermaak\",\"Ons gesels met\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/\",\"name\":\"Luna Paige | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014512162020.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-12T14:20:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T17:16:31+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014512162020.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra2014512162020.jpg\",\"width\":640,\"height\":427},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Luna Paige\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Luna Paige | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Luna Paige | rooi rose","og_description":"Beskryf jou musiekstyl. Dit is vir my moeilik om my musiekstyl te beskryf. \u2019n Mens kan verskeie inlvoede in musiek raakluister. Eerstens kan ek wel s\u00ea dat my musiek liriekgedrewe is. Dit is vir my belangrik dat die liriese inhoud [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-12T14:20:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-16T17:16:31+00:00","og_image":[{"width":640,"height":427,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Luna Paige","datePublished":"2014-05-12T14:20:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T17:16:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/"},"wordCount":1642,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg","keywords":["bekendes","musiek","Vermaak","Ons gesels met"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/","name":"Luna Paige | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg","datePublished":"2014-05-12T14:20:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T17:16:31+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra2014512162020.jpg","width":640,"height":427},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-gesels-met-die-sangeres-luna-paige\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Luna Paige"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6682"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6682\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11251"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}