{"id":6672,"date":"2014-05-09T13:53:00","date_gmt":"2014-05-09T11:53:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/die-y-generasie-en-die-einas\/"},"modified":"2016-03-16T19:18:11","modified_gmt":"2016-03-16T17:18:11","slug":"die-y-generasie-en-die-einas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/","title":{"rendered":"Die Y-generasie en die einas"},"content":{"rendered":"<p>My ouers het my en my broers n\u00e1 matriek elk met \u2019n stel tasse in die een hand en \u2019n <em>Kook en Geniet<\/em> in die ander hand universiteit toe gestuur. Die boodskap was taamlik duidelik: Julle is baie welkom by die huis, maar dis tyd dat julle jul eie pad stap.<\/p>\n<p>En ons het. En sover ek kan onthou, het al my tydgenote n\u00e1 hul studie in \u2019n eie blyplek ingetrek, begin werk en koers gekry.<br \/>\nOns is in die laat jare vyftig\/vroeg sestig gebore (die sogenaamde Baby Boomers wat tussen 1946 en 1964 gebore is) en ons is grootgemaak deur ouers wat die depressiejare en Tweede W\u00eareldoorlog oorleef het. Hulle het ons geleer dat ekonomiese sekuriteit voorop gestel word, en die grootste bates in die lewe is \u2019n goeie werk en standvastigheid.<\/p>\n<p>Dit is baie anders as die klimaat waarin kinders deesdae grootword waar opwinding, passie en hernuwing die hoekstene van \u2019n beroep geword het.<\/p>\n<p>Toe ons klomp begin werk, het ek niemand geken wat \u2019n glanslewe gelei het, of \u2019n ongelooflike werk met \u2019n verbysterende salaris verdien het nie. Maar hoe sou ek ook weet, want dit was voor die dae van selfone, facebook, Twitter en WhatsApp en \u2026 Tog was ons almal eintlik heel gelukkig met ons gemiddelde salarisse en voorstedelike lewe. En almal het uiteindelik op eie bene gestaan en verstommend genoeg bevredigende sukses behaal.<\/p>\n<p>Deesdae bly kinders veel langer by die huis en die ouers mor &#8230; die kinders het dit eintlik soveel makliker, maar hulle is nie juis gelukkig nie. En hulle sukkel om vastrapplek in hul werk en in die grootmenslewe te kry.<\/p>\n<p>Hulle het o\u00ebnskynlik soveel selfvertroue en is veel w\u00eareldwyser as wat hul ouers op dieselfde ouderdom was. Hoekom is hulle so ongelukkig as dinge dan nou soveel beter is?<\/p>\n<p>Adjunk-prof. Paul Harvey van die Universiteit van New Hampshire se navorsingsbevindings is dat hierdie kinders maklik ongelukkig in hul werk is omdat hulle soveer meer verwag het. Hulle maak aanspraak op onverdiende voorkeurbehandeling, is meer geneig tot konflik en ervaar minder werksbevrediging.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Y-generasie en tegnologie<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cDie enigste groot verskil tussen ander generasies en die huidige geslag, die sogenaamde Y-generasie wat nou in hul twintigerjare is, is dat die jonges met veel meer tegnologie grootgeword het,\u201d s\u00ea dr. Marlene Arndt, \u2019n sielkundige van Johannesburg. Sy spreek gereeld ongelukkige jongmense wat op die oog af nie rede het om beswaard te voel nie.<\/p>\n<p>\u201cHierdie kinders is dag en nag deel van die sosiale media en hulle sien daagliks die omvang van die geluk wat hul vriende op facebook uitstal. Ongelukkig adverteer mense net hul glans-oomblikke (wat natuurlik met glansfoto\u2019s ge\u00efllustreer word) en niemand hoor ooit van die mislukkings en smart nie. Dis \u2019n bietjie soos dobbelaars wat vertel wanneer hulle R10 000 gewen het, maar niemand hoor van die R30 000 wat hulle al verloor het nie.<\/p>\n<p>\u201cBoonop probeer elke nuwe generasie ouers vir hul kinders \u2019n beter lewe gee. Dis \u2019n natuurlike begeerte. Die ouers belowe \u2019n roostuin vir die kinders en plant dit met goeie geleerdheid, \u2019n blyplek en voertuig, maar die kinders is so gewoond aan die onrealistiese verwagting dat alles maklik en lekker gaan wees, dat hulle nie voorbereid is op die harde werk wat dit verg om hierdie \u2018roostuin\u2019, oftewel lewenstyl, in stand te hou nie.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Kinders bly langer tuis<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Baie kinders studeer deesdae uit die huis omdat verblyf duur is. En n\u00e1 hul studie bly hulle ook maklik tot op 25 by die huis omdat beginsalarisse te karig is om vir die soort verblyf te betaal waaraan hulle gewoond geword het. Ouers het hul kinders ook grootgemaak met die verwagtinge van \u2019n ho\u00ebr lewenstandaard en kinders verwag om in dieselfde styl te leef wanneer hulle die huis verlaat. Kinders en ouers het ook \u2019n gemakliker verhouding en dis vir die meeste ouers lekker om die kinders steeds in die huis te h\u00ea. (Veral as hulle jou rekenaar kan regmaak.)<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>&#8216;Jy is baie spesiaal&#8217;<\/strong><\/span><\/p>\n<p>\u201cKinders verwag nou baie meer van die lewe en soms is dit vir hulle \u2019n groot teleurstelling wanneer hulle die werklikheid beleef,\u201d s\u00ea dr. Arndt. \u201cOns het hulle gedurig geloof en geprys en vertel hoe spesiaal hulle is. Dit is wel goed vir hul selfbeeld, maar nou is mislukking \u2019n probleem, want hulle verwag so baie.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Arndt benadruk dit dat hedendaagse ouers suksesvol was in hul opvoedingstaak en positiewe kinders met \u2019n goeie selfbeeld en selfvertroue grootgemaak het.<\/p>\n<p>\u201cMaar ongelukkig is hierdie kinders nie gewoond aan die harde werk wat sukses verg nie en ouers moet besef dit gaan langer duur voor die kinders volwasse genoeg is om op hul eie bene te staan.<\/p>\n<p>\u201cOuers kan nie \u2019n lewe lank vir hul kinders klippe uit die pad rol en dan verwag hulle moet amper oornag volwasse en selfversorgend wees nie. Hulle moet besef hulle sal veel langer \u2019n ondersteunende rol moet speel om hul kinders die lewe in te lei.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Arndt s\u00ea natuurlik mag welgestelde ouers die lewe vir hul kinders lekker maak. \u201cMaak net seker dat hulle ook aan die werklikhede van die lewe blootgestel word.\u201d<\/p>\n<p>Die probleem ontstaan wanneer kinders begin werk, want nou moet hulle die werklikheid in die o\u00eb kyk. Die vorige generasie het hul beroepslewe op bestendigheid gegrond. Vandag se kinders is op soek na opwinding en verwag dat \u2019n werk van meet af aan bevredigend en opwindend moet wees.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Gemiddeld is oukei<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Kinders is gekondisioneer dat dit genoeg is om net deel te neem. \u201cJy hoef nie noodwendig uit te blink nie, want jy is in elk geval vir ons baie spesiaal,\u201d was die boodskap wat ouers en leerkragte oorgedra het. En al het hulle nie gewen nie, het hulle ook pryse gekry.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig is dit die werklikheid dat jy gedrewe moet wees en moet kan volhard om die hoogste sport te bereik. En dis di\u00e9 toewyding wat ontbreek. Jy moet meer insit as die ander om uit te troon.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Sosiale media en die werklikheid<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.huffingtonpost.com\/wait-but-why\/generation-y-unhappy_b_3930620.html\">\u2019n Artikel in die Huffington Post wat in September 2013 verskyn het<\/a><\/span> het hierdie verskynsel bekyk en skryf jongmense se onvergenoegdheid toe aan die skeefgetrekte werklikheid wat die sosiale media skep. Vanwe\u00eb al die glansfoto\u2019s en stories van ander mense se lewe, dink die kinders verkeerdelik dat ander kinders ongelooflike dinge beleef, terwyl hulle nie so suksesvol is nie. Tog is dit net glansoomblikke en nie \u2019n glanslewe wat uitgebeeld word nie.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Tyd en kundigheid skep passie<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Cal Newport, \u2019n skrywer en assistent-professor van Washington D.C. (en ook deel van die Y-generasie), skryf op Harvard Business Review se webblad dat die uitdrukking \u201cvolg jou passie\u201d eers in die 2000\u2019s gewild geword het toe sy generasie dit in beroepsleiding op skool geleer is. Dit is die mantra waarmee hulle grootgeword het en die maatstaf wat hulle gebruik om \u2019n loopbaan se gewenstheid te bepaal. Hy s\u00ea die tekortkoming van di\u00e9 mantra is dat kinders dink dat jy \u2019n passie identifiseer en onmiddellik \u2019n werk kry waarin jy jou kan uitleef.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea in die navorsing wat hy vir sy boek <strong><em>So Good They Can\u2019t Ignore You: Why Skills Trump Passion in the Quest for Work You Love<\/em><\/strong> gedoen het, het hy agtergekom dis ongewoon dat mense mal is oor hul werk voor hulle die betrokke werk g\u00f3\u00e9d kan doen. \u00c9n die kundigheid word nooit oornag verkry nie.<\/p>\n<p>Cal s\u00ea die begin van \u2019n wonderlike loopbaan voel gewoonlik nooit so fantasties nie en dat jongmense verkeerdelik kan tou opgooi omdat hulle so gefokus is om hul \u201cpassie te volg\u201d en nie weet dat dit \u2019n tydjie kan duur voor jy die passie ontwikkel nie.<\/p>\n<p>Patricia Greenfield, \u2019n sielkundige aan die Universiteit van Kaliforni\u00eb in Los Angeles, het \u2019n studie gedoen waar \u2019n miljoen Engelse boeke deur Google N-Gram Viewers geskandeer is. Sy het gevind dat woorde soos \u201ckies\u201d, \u201ckry\u201d, \u201cvoel\u201d, \u201cuniek\u201d, \u201cindividueel\u201d, en \u201cself\u201d deesdae gereelder gebruik word en woorde soos \u201cverplig\u201d, \u201cgehoorsaam\u201d, \u201cgee\u201d, \u201coutoriteit\u201d, \u201cbid\u201d en \u201cbehoort\u201d minder gebruik word. Dit alles dui daarop dat hedendaagse kinders met ander opdragte grootgemaak word.<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wat is geluk?<\/span><br \/>\n<\/strong><br \/>\nSielkundiges meen \u2019n mens ervaar geluk wanneer die werklikheid jou verwagtinge oorskry. Maar as jy meer verwag het as wat die werklikheid jou bied, is jy teleurgesteld.<\/p>\n<p>Die sosiale media skep verwagtinge en ouers maak kinders ook met baie verwagtinge groot. \u201cJy kan enigiets wees,\u201d hoor hulle gedurig. Daar is wel suksesverhale soos di\u00e9 van Mark Zuckerberg wat facebook begin het en voor dertig \u2019n multimiljoen\u00ear is. Kinders glo hulle kan dit ook doen en wil nie tyd mors om in \u2019n stadige wentelbaan te beland waar hulle beroepsgewys nie soos \u2019n meteoriet die hoogte inskiet nie.<\/p>\n<p>Dit plaas groot druk op die jonges om gou suksesvol te wees en die perfekte werk te kry, want dit wil lyk asof almal anders di\u00e9 ideaal bereik.<\/p>\n<p>Daar is ook \u2019n beheptheid met die \u201cself\u201d. Kinders fokus hoofsaaklik op hulself en dring daarop aan om gelukkig te wees. Hulle sien geluk as \u2019n reg en voel soos \u2019n mislukking wanneer dit nie die geval is nie. S\u00ea die obsessie om gedurig foto\u2019s van hulself (selfies) te neem en aan te stuur iets hiervan?<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Kinders is eensaam<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Ondanks die oordrewe fokus op kommunikasie, is kinders eensamer as ooit tevore, s\u00ea Mathew Grounds, \u2019n berader<br \/>\nin Fourways.<\/p>\n<p>\u201cKinders maak net oppervlakkige kontak in kort, pittige boodskappe per SMS of twiets. Facebook-inligting is ook \u2018veilige kommunikasie\u2019. Omdat daar geen werklike kontak is nie, deel kinders nie maklik hul diepste gevoelens nie en dit lei tot intense eensaamheid.<\/p>\n<p>\u201cDie media berig wyd oor die glanslewe van sterre en kinders is gedurig besig om hul eie lewe hieraan te meet. Hulle voel maklik dat hulle tekortskiet.\u201d<\/p>\n<p>Dr. Arndt s\u00ea die nuwe generasie wil vryheid h\u00ea en bevraagteken outoriteit, maar dis steeds die vorige generasie wat in bestuurs-posisies sit &#8230; Die situasie in die werkplek en hul ideale is dus nie altyd versoenbaar nie. \u201cDie sosiale media wys vir kinders al die moontlikhede, maar nooit die werklikheid en mislukkings nie. Die Y-generasie se verwagtinge is dikwels onrealisties en dis hoekom hulle maklik teleurgesteld en mismoedig voel.\u201d<\/p>\n<p><em><strong>Dr. Marlene Arndt is \u2019n kliniese sielkundige in Melville. 084 588 0088.<br \/>\nMathew Grounds is \u2019n berader in Fourways. 011 745 6726.<\/strong><\/em><\/p>\n<p><strong>Goeie raad <\/strong><\/p>\n<p>\u2022 Bly ondersteun: Ouers kan hulle nie skielik onttrek en verwag kinders moet alleen regkom nie. Dit beteken ongelukkig dat ouers se opvoedingstaak langer gaan aanhou en dat jy langer \u2019n ondersteunende rol moet speel.<\/p>\n<p>\u2022 Stel hulle bloot: Dit sal help as ouers kinders vroeg al aan die werklike lewe blootstel, soos om hulle naweke en vakansies te laat werk. Dan beleef hulle die werklikheid (en kry \u2019n idee van die waarde van geld) en sien ook dat die verwagtinge wat die sosiale media skep onwerklik is.<\/p>\n<p>\u2022 Wees realisties: Gesels gereeld met jou kinders en praat oor wat by die kantoor en werk gebeur. Kinders moet ook onthou: ander se suksesstories is nie noodwendig \u2019n realistiese verwagting nie.<\/p>\n<p>\u2022 Maak kontak: Sosiale media het sy voordele, maar kinders moet weet dat oog-tot-oog kontak belangrik is. Sluit aan by \u2019n klub &#8211; soos vir bergfietsryers, \u2019n oefengroep, of doen \u2019n kursus in mosa\u00efek of wynwaardering.<\/p>\n<p>\u2022 Herinner jouself gereeld aan hierdie woorde: \u201cMag jou lewe eendag so ongelooflik wees soos wat jy op facebook voorgee dit is.\u201d &#8211;\u00a0<a target=\"\">Someecards.com<\/a><br \/>\n*<a target=\"\">Lees ook hier \u2019n artikel oor &#8220;Technology not to blame for teen woes&#8221;<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My ouers het my en my broers n\u00e1 matriek elk met \u2019n stel tasse in die een hand en \u2019n Kook en Geniet in die ander hand universiteit toe gestuur. Die boodskap was taamlik duidelik: Julle is baie welkom by [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":11212,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[3191],"class_list":["post-6672","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-y-generasie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die Y-generasie en die einas | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die Y-generasie en die einas | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"My ouers het my en my broers n\u00e1 matriek elk met \u2019n stel tasse in die een hand en \u2019n Kook en Geniet in die ander hand universiteit toe gestuur. Die boodskap was taamlik duidelik: Julle is baie welkom by [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-05-09T11:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-16T17:18:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"664\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Die Y-generasie en die einas\",\"datePublished\":\"2014-05-09T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T17:18:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/\"},\"wordCount\":1888,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20145914730.jpg\",\"keywords\":[\"y-generasie\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/\",\"name\":\"Die Y-generasie en die einas | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20145914730.jpg\",\"datePublished\":\"2014-05-09T11:53:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-16T17:18:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20145914730.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/rra20145914730.jpg\",\"width\":500,\"height\":664},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-y-generasie-en-die-einas\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die Y-generasie en die einas\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die Y-generasie en die einas | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die Y-generasie en die einas | rooi rose","og_description":"My ouers het my en my broers n\u00e1 matriek elk met \u2019n stel tasse in die een hand en \u2019n Kook en Geniet in die ander hand universiteit toe gestuur. Die boodskap was taamlik duidelik: Julle is baie welkom by [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-05-09T11:53:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-16T17:18:11+00:00","og_image":[{"width":500,"height":664,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Die Y-generasie en die einas","datePublished":"2014-05-09T11:53:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T17:18:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/"},"wordCount":1888,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg","keywords":["y-generasie"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/","name":"Die Y-generasie en die einas | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg","datePublished":"2014-05-09T11:53:00+00:00","dateModified":"2016-03-16T17:18:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/rra20145914730.jpg","width":500,"height":664},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-y-generasie-en-die-einas\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die Y-generasie en die einas"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6672","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6672"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6672\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/11212"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6672"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6672"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6672"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}