{"id":6669,"date":"2024-04-15T16:54:07","date_gmt":"2024-04-15T14:54:07","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/"},"modified":"2024-04-15T17:04:04","modified_gmt":"2024-04-15T15:04:04","slug":"pa-wees-is-jy-mans-genoeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/","title":{"rendered":"Pa-wees: Is jy mans genoeg?"},"content":{"rendered":"<p>Daar is dinge waaroor mans nie maklik praat nie, en wat die gemeenskap ook verkies om te verswyg. Nie weens een of ander sameswering nie, maar omdat dit gewoon nie deel vorm van die kwessies waaroor ons sonder meer gesels en sommer ook goed warm kan word nie.<\/p>\n<p>Een van di\u00e9 sake is die emosionele wonde wat mans opdoen, veral di\u00e9 wat met hul pa\u2019s te make het. \u201c<em>The most universal wound<\/em>,\u201d s\u00ea die Franciskaanse priester Richard Rohr, \u201c<em>is fatherlessness \u2013 a lack of engagement<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie <em>fatherlessness<\/em> is moeilik om in Afrikaans te vertaal, maar jy kan jou sommer hier en nou afvra of jy ooit ervaar het dat jou pa in een of ander opsig afwesig was. Was hy fisiek of emosioneel onbeskikbaar, of \u201cafwesig\u201d deurdat hy die vrymoedigheid of die woordeskat kortgekom het om oor belangrike onderwerpe met jou te praat? Dalk was hy nie daar toe jy hom nodig gehad het nie; weens loopbaanomstandighede, werksdruk, \u2019n egskeiding, of \u2019n voortydige dood. Miskien het hy die gesin in \u2019n stadium verlaat.<\/p>\n<p><em>Fatherlessness<\/em> kan talle vorme aanneem en om dit in jou eie lewe na te spoor impliseer nie \u2019n heksejag of \u2019n poging om jou pa te kritiseer nie. Dit het veel eerder die doel om jou bewus te maak van wonde in di\u00e9 verband sodat jy jouself beter kan begryp en, wie weet, genesing kan ervaar. Die energie wat jy nie ontvang het nie, kan jy immers nie aan ander gee nie \u2013 nie as lewensmaat, vriend, kollega, familielid \u00f3f as pa vir jou kinders nie.<\/p>\n<p>\u201cWonde kom van pa\u2019s wat \u2019n dogter wou gehad het en toe \u2019n seun gekry het, \u2019n kunstenaar pleks van \u2019n atleet gekry het, of serebrale gestremdheid in stede van goue medaljes.\u201d S\u00f3 skryf Steve Biddulph in Manhood: <em>an action plan for changing men\u2019s lives<\/em> (Finch Publishing, 1994).<\/p>\n<p>As jy mooi daaroor dink, is jou pa die eerste mens buite die baarmoeder wat jou kan aanvaar of verwerp. Al is die verwerping onbedoeld, het dit kragtige gevolge vir die pa-kind-verhouding \u00e9n vir die kind se lewenslange selfsiening.<\/p>\n<p>\u2019n Pa speel nie net \u2019n deurslaggewende rol by sy babaseuntjie of -dogtertjie se aankoms nie, maar ook wanneer die tiener op die drumpel van die grootmensw\u00eareld staan. Hier, reken die Christenskrywer John Eldredge, is die volwassene-in-wording se grootste enkele vraag: \u201c<em>Do I have what it takes?<\/em>\u201d Met ander woorde: Gaan ek dit as man, as vrou, kan maak?<\/p>\n<p>In die Amerikaanse dokument\u00eare fliek Absent, wat oor die rol van pa\u2019s gaan, s\u00ea Eldredge alle kinders het die behoefte dat juis hul pa hierdie vraag moet beantwoord.<\/p>\n<p>\u201cHul ma is in elk geval lief vir hulle,\u201d spot Eldredge. \u201cHulle het nodig om uit hul pa se mond te hoor dat alles in orde is. As die antwoord \u2019n luide stilte is, is die skade onmeetlik.\u201d<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Hoe lyk manlikheid?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Vir millennia, in talle gemeenskappe, het meisies en seuns gew\u00e9\u00e9t wanneer hulle die oorgang na volwassenheid maak. So was (en is) daar verskeie rituele rondom die eerste maandstonde, asook inisiasie-rites vir seuns.<\/p>\n<p>In die Weste is die merkers van volwassewording vandag meestal beperk tot aanneming in die kerk of die ontvangs van \u2019n rybewys, \u2019n dokument wat tot meer vryheid lei as wat sommige volwassenes reken vir die jongklomp goed is! Meisies weet steeds seker wanneer hulle vrou word, maar seuns kry nie so \u2019n duidelike teken nie.<\/p>\n<p>Daarby het meisies die voordeel dat hulle van kleins af in die teenwoordigheid van vroulike rolmodelle is \u2013 vanaf babadae tot in matriek word kinders hoofsaaklik deur vroue versorg en onderrig. Hoewel vroue se rol en posisie voortdurend verander, het meisies \u2019n redelik goeie greep op vroulikheid en die innerlike belewenisse van vroue in hul sosiale kring.<\/p>\n<p>Wat seuns betref, staan sake anders. Op die oog af word hulle deur mans omring, maar in werklikheid het hul blootstelling aan manlike rolmodelle &#8211; en aan wat dit beteken om \u2019n man te wees &#8211; die afgelope paar eeue dramaties verminder.<\/p>\n<p>Honderdduisende jare lank het mense in nomadiese groepe van twee tot drie dosyn geleef, herinner Biddulph ons. Seuns was elke dag ure lank in hul pa\u2019s, oupas en ander mans se teenwoordigheid en het nie net die praktiese take aangeleer nie, maar kon ook uit die voortdurende kontak aflei wat die mans dink en voel.Navorsing wys die jagterversamelaarleefwyse het heelwat tyd vir rustige samesyn gebied.<\/p>\n<p>\u201cDie verskuiwing na landbou, die geboorte van stede en die koms van die Nywerheidsrevolusie \u2019n skamele vyf geslagte gelede, het alles vir altyd verander. Die eerste keer in die geskiedenis het pa\u2019s die huis voor dagbreek verlaat om elders te gaan werk en n\u00e1 donker teruggekom. Die eerste keer het \u2019n geslag seuns opgegroei <em>without being fathered in the true sense<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Vandag aanvaar ons hierdie opset as vanselfsprekend en daarom kyk ons maklik die gevolge mis. Pa\u2019s \u201cverdwyn\u201d vir lang werksure, en party kan nie eens aan hul kinders verduidelik wat hulle daar doen nie omdat dit buite die kinders se ervaringsveld val. Wanneer hulle terugkom, is hulle dikwels te moeg om met hul kinders kontak te maak op \u2019n manier wat veral die seuns \u2019n blik op hul innerlike w\u00eareld gee.<\/p>\n<p>In baie huise is daar geen oupa of ander volwasse man wat hierdie leemte kan vul nie, en in skole is mansonderwysers in die minderheid.<\/p>\n<p>\u201cDie moontlikheid dat seuns elke dag ure pleks van \u2019n paar minute se<em> fathering<\/em> nodig het, word oor die hoof gesien,\u201d skryf Biddulph. \u201cMans strompel voort in \u2019n poging om hul wese in \u2019n vakuum te definieer en die kern daarvan te vind.<\/p>\n<p>\u201cDie sielkundige term \u2018vaderhonger\u2019 dui op die behoefte aan lang, bevredigende ure waarin \u2019n seun kan leer om selfversekerd en doeltreffend in die werklikheid te funksioneer, waar hy en volwasse mans saam kan doen en maak, saam kan streef en lag oor alles in die lewe wat kan skeefloop &#8211; waar hy die vreugde van man-wees kan indrink in die teenwoordigheid van ander wat hierdie kennis het en gewillig is om dit te deel.\u201d<\/p>\n<p>Vanaf hul tienerjare, meen een skrywer, is seuns in die Weste op hul eie. Omdat hulle nie weet wat dit is wat hulle mis nie, voeg Biddulph by, kan hulle dit nie in woorde uitdruk of betreur nie. \u201cMans ervaar by tye \u2019n alleenheid wat vroue hulle nooit sal kan voorstel nie.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wat nou?<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Om veroordelend te kyk na die stand van sake \u2013 in die samelewing of in jou eie lewe \u2013 dra nie by tot \u2019n oplossing nie. As jy \u2019n man is wat iets van hierdie leemte in jouself en jou geskiedenis herken, kan jy die volgende oorweeg:<\/p>\n<p>\u2022 Jou verhouding met jou pa raak jou en jou vaderskapsrol intens. Biddulph glo jou pa bly altyd in \u2019n mate \u2019n integrale deel van jou, en as jy in stryd is met hom, is jy in stryd met jouself. Hy beveel aan dat jy \u2019n indringende gesprek met jou pa voer waarin jy vanuit \u2019n neutrale posisie probeer agterkom hoe hy jou grootword-jare beleef het, asook sy eie. Jou pa se \u201cwaarheid\u201d mag ver verwyder wees van jou klein-tydindrukke. Dit lewer dalk verrassende insigte op.<\/p>\n<p>\u2022 As jou pa oorlede is, kan jy \u2019n brief aan hom skryf, met sy tydgenote gesels of selfs sleutelplekke uit sy lewe besoek. Jy kan jou voorneem om snags van hom te droom, of met \u2019n manlike berader oor hom praat.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is min geleentheid vir mans om met verwonding of ander emosionele kwessies te werk. Moontlikhede sluit berading, inskakeling by \u2019n mannegroep, by \u2019n kerk of ontwikkelingsgroepe in.<\/p>\n<p>\u2022 Raak betrokke by \u2019n vaderskapsorganisasie.<br \/>\n\u2022 Leer om die tyd wat jy met jou kind deurbring, as pure vreugde pleks van \u2019n plig te beskou. Met ons era se oordrewe klem op produktiwiteit kan dit \u2019n uitdaging wees.<\/p>\n<p>\u2022 Sien toe dat jou seun \u2019n informele mentor kry, \u2019n man wat een van jou seun se belangstellings deel. Dalk is jy \u2019n diep denker, en jou seun uitgaande en sportief. Dit verminder die druk op jou en verbreed jou seun \u00e9n sy mentor se horisonne.<\/p>\n<p>\u2022 Word op jou beurt \u2019n informele mentor vir \u2019n seun sonder \u2019n betrokke pa.<\/p>\n<p>\u2022 Ondersteun skoolprogramme wat die kwessie van man-wees betyds hanteer.<\/p>\n<p>\u201cWaar \u2019n man se wond is, daar sal sy genialiteit ook wees,\u201d het Mercia Eliade ges\u00ea. Nuwe bewustheid en \u2019n positiewe omgang met ou wonde kan ongekende, nuwe werklikhede oopsluit.<\/p>\n<div><b>\u00a0<\/b><\/div>\n<div><\/div>\n<div><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/egskeiding-hou-n-oop-deur-vir-pa\/\">Egskeiding: Hou \u2019n oop deur vir Pa<\/a><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is dinge waaroor mans nie maklik praat nie, en wat die gemeenskap ook verkies om te verswyg. Nie weens een of ander sameswering nie, maar omdat dit gewoon nie deel vorm van die kwessies waaroor ons sonder meer gesels [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":144310,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[5093,5097,134,1172],"class_list":["post-6669","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-teenveroudering","tag-anti-aging","tag-ouerskap","tag-pa"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-15T14:54:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-15T15:04:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Pa-wees: Is jy mans genoeg?\",\"datePublished\":\"2024-04-15T14:54:07+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-15T15:04:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/\"},\"wordCount\":1411,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg\",\"keywords\":[\"teenveroudering\",\"anti aging\",\"ouerskap\",\"pa\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/\",\"name\":\"Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-15T14:54:07+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-15T15:04:04+00:00\",\"description\":\"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg\",\"width\":853,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Pa-wees: Is jy mans genoeg?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose","description":"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose","og_description":"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-15T14:54:07+00:00","article_modified_time":"2024-04-15T15:04:04+00:00","og_image":[{"width":853,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Pa-wees: Is jy mans genoeg?","datePublished":"2024-04-15T14:54:07+00:00","dateModified":"2024-04-15T15:04:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/"},"wordCount":1411,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg","keywords":["teenveroudering","anti aging","ouerskap","pa"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/","name":"Pa-wees: Is jy mans genoeg? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg","datePublished":"2024-04-15T14:54:07+00:00","dateModified":"2024-04-15T15:04:04+00:00","description":"Die eise wat aan \u2019n man gestel word, is soms net te hoog - veral as hy in sy verhouding met sy eie pa verwond is. Maar kennis en \u2019n nuwe fokus kan verrassende deure in sy verbintenis met die lewe en met ander, ver\u00e1l sy kinders, laat oopswaai.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/pexels-vlada-karpovich-4609082.jpg","width":853,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pa-wees-is-jy-mans-genoeg\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Pa-wees: Is jy mans genoeg?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6669"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6669\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144310"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}