{"id":6598,"date":"2014-04-24T09:13:00","date_gmt":"2014-04-24T07:13:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/as-moeders-moor\/"},"modified":"2016-01-22T15:39:58","modified_gmt":"2016-01-22T13:39:58","slug":"as-moeders-moor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/","title":{"rendered":"As ma&#8217;s moor"},"content":{"rendered":"<p>Hoe kan \u2019n vrou dieselfde lewe wat sy gegee het, koelbloedig neem? Behoort \u2019n ma nie bereid te wees om haar lewe vir haar kinders te gee nie? Ma\u2019s, is ons geleer, is die verpersoonliking van versorging en liefde, des te meer teenoor hul eie kinders.<\/p>\n<p>Ongelukkig nie. Amerikaanse statistieke toon dat tussen 200 en 350 kinders per jaar aan hul ma se hand sterf. In Suid-Afrika is amptelike statistiek hieroor onbekombaar, maar prof. Christiaan Bezuidenhout, Pretoria-se kriminoloog, beskryf dit as \u2019n \u201cdonker kol\u201d en iets wat aan die toeneem is.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika word byna daagliks gevalle aangemeld van babas wat iewers gelos word om te sterf: in asblikke, langs besige paaie, in die veld, selfs in puttoilette. Ons lees in piepklein beriggies van \u2019n ma wat met haar kinders voor \u2019n trein ingestap het.<\/p>\n<p>Een groot gesinsmoord wat in 1998 ons koerantvoorblaaie oorheers het, was die geval van dr. Manuela Costa, \u2019n Johannesburgse geneesheer, wat haar vier seuns (tussen sewe en elf jaar oud) eers kalmeermiddels ingegee het, en toe hul spoghuis in Sandton aan die brand gesteek het. Twee van die seuns het in die brand gesterf.<\/p>\n<p>Venolia Siwa (35) van Pampierstad naby Hartswater het in Oktober 2012 haar kinders van dertien, tien, vyf, vier en twee jaar oud vermoor. Vier van hulle is met \u2019n mes in die nek gesteek, en sy het die jongste verdrink en daarna probeer selfmoord pleeg deur in \u2019n rivier te spring. Toe dit nie slaag nie, het sy gevra om haarself aan die polisie oor te gee.<\/p>\n<p>In die Amerikaanse media is sulke kindermoorde groot nuus. Daar is selfs vier Engelse terme wat kindermoord omskryf: Feticide (\u2019n daad wat die dood van \u2019n fetus veroorsaak), neonaticide (dood binne 24 uur n\u00e1 geboorte), infanticide (vermoor deur \u2019n ouer binne die eerste jaar n\u00e1 geboorte) en filicide (vermoor deur \u2019n ouer terwyl regtens nog \u2019n kind).<\/p>\n<p>Die geval van Susan Smith (destyds 24) wat in 1994 haar twee seuntjies in haar motor vasgegordel het en toe die motor in \u2019n dam ingestoot het, het Amerikaners se gemoedere laat hoog loop. Sy het voorgegee hulle was die slagoffer van \u2019n motorkaping en het vir meer as \u2019n week daarna op televisiekanale gepleit dat die ontvoerder haar kinders moet terugbring. Sy het later erken sy het hulle vermoor. Die hof het bevind dat daar \u2019n paar redes vir die moorde was: haar nuwe k\u00earel het nie vir die kinders kans gesien nie, sy wou wraak neem op haar gewese man, en haar narcisme het \u2019n besliste rol gespeel.<\/p>\n<p>\u201cDit laat die persoon voel soos \u2019n pseudo-celebrity as hy of sy die middelpunt van almal se belangstelling is,\u201d verduidelik prof. Christiaan. Smith se beheptheid met hoe sy op televisie lyk en hoe dit met haar k\u00earel gaan, eerder as om te rou oor haar \u201cvermiste\u201d kinders, het polisie snuf in die neus laat kry.<\/p>\n<p>In nog \u2019n skokkende voorval het Andrea Yates (36) van Houston al vyf haar kinders \u2013 tussen ses maande en sewe jaar oud \u2013 op 20 Junie 2001 in die gesin se bad verdrink. Sy het daarna haar man Rusty gebel, en kalm ges\u00ea: \u201cDit was tyd.\u201d Yates was psigoties, en die hof het bevind dat sy nie toerekeningsvatbaar was nie.<\/p>\n<p>Maar die kindermoorde wat Amerikaners waarskynlik die heel meeste geskok het, is oor \u2019n tydperk van 14 jaar gepleeg. Marybeth Tinning was 43 toe sy n\u00e1 die dood van haar negende kind in Duanesburg, New York, gearresteer is. Hoewel sy net skuld beken het\u00a0op drie moorde en net op een skuldig bevind is vanwe\u00eb \u2019n gebrek aan bewyse, dui alles daarop dat sy verantwoordelik was vir agt van haar kinders se dood. Die negende een, haar eersteling Jennifer, is agt dae n\u00e1 geboorte en nog in die hospitaal dood aan breinvliesontsteking, maar kenners meen dit kon die gevolg van \u2019n mislukte aborsie wees.<br \/>\nDie grootste tragedie is dat al die ander babas en kleuters kort voor hul dood of pas n\u00e1 hul dood medies ondersoek is. Marybeth het hulle elke keer hospitaal toe gebring en gekla dat hulle net ophou asemhaal het. Daar was geen mediese rede dat hulle almal skielik en sonder rede sou ophou asemhaal nie, en dat sy elke keer alleen by die kind was wat gesterf het, het niemand opgeval nie. Dat drie van hulle binne negentig dae van mekaar dood is, skynbaar ook nie. Ook die feit dat wiegiedood in minstens drie gevalle as die oorsaak van dood aangeteken is, moes rooi ligte laat flikker het.<\/p>\n<p>Volgens die getuienis van dr. Michael Baden, die voormalige hoof-patoloog van New York, het wiegiedood nooit \u2019n genetiese oorsaak nie, en sterf sowat drie uit duisend babas daaraan. Dit is dus byna onmoontlik dat daar drie gevalle binne een gesin kan voorkom. Boonop was een van die kinders \u2019n aangenome kind, wat die kans op \u2019n genetiese defek nog verder verklein het.<\/p>\n<p>Baie kenners glo Marybeth het die aandag en simpatie n\u00e1 elke baba se dood so geniet dat sy dit weer en weer wou ervaar. Sy is meestal gesien as \u2019n ongelukkige slagoffer van \u2019n vreeslike tragedie wat geen ouer wou deurmaak nie. Dit kon haar spesiaal en uniek laat voel, iets waarna die vaal, gewese skoolbusbestuurder waarskynlik gesmag het. Wat besiel so \u2019n ma?<\/p>\n<p>In haar boek Fatal Females (Penguin, 2004) vra die sielkundige en eertydse profielsamesteller dr. Micki Pistorius \u2019n belangrike vraag: \u201cKleur ons nie moederskap in as die hoogste deug en die hoogtepunt van vroulikheid nie? Is kinderlose vroue dan minder deugsaam of vroulik as ma\u2019s?\u201d<\/p>\n<p>Prof. Lou-Marie Kruger van die Universiteit van Stellenbosch se departement sielkunde meen die veronderstelling dat dit vir vroue natuurlik is om hul kinders lief te h\u00ea en te versorg, is eintlik problematies. In \u201cSiembamba, Mamma se slaansak\u201d (BY, 18 Februarie 2012), verwys sy onder meer na navorsing wat meen alle ma&#8217;s het \u2019n wrede kant en dink soms destruktiewe gedagtes oor hul kinders.<\/p>\n<p>Laat ons nou maar eerlik wees: \u2019n baba wat sonder ophou skree, kan selfs die beste ma se frustrasievlakke laat styg. Maar terwyl die meeste van ons dit sal aanvaar as deel van moederskap, is daar tog \u2019n klein persentasie vroue wat so \u2019n baba sal mishandel, opsetlik verwaarloos of selfs vermoor. Akute verwaarlosing (soos om \u2019n kind nie kos te gee nie, of alleen by die huis te los, of in \u2019n motor voor \u2019n casino toe te sluit) is net mishandeling in \u2019n ander vorm, s\u00ea prof. Christiaan. Gelukkig darem met een klein verskil: \u201cDie kans dat so \u2019n verwaarloosde kind in die hospitaal sal beland, is twee maal groter as wanneer \u2019n kind mishandel word. Mishandeling word gewoonlik weggesteek vir die w\u00eareld totdat dit te laat is.\u201d<\/p>\n<p>Sou \u2019n dokter dan verwaarlosing vermoed, kan die kind uit die nalatige ouer se sorg verwyder word voordat dit op die dood uitloop.<\/p>\n<p>Prof. Christiaan meen ook ons samelewing verromantiseer moederskap, terwyl baie vroue eenvoudig nie ma-materiaal is nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n sielkundige verskynsel wat \u2018futiele infantiele moederskap\u2019 genoem word \u2013 so \u2019n persoon is glad nie gereed vir die verantwoordelikheid van \u2019n baba nie, want sy het self nog nie grootgeword nie. Dan kry \u2019n mens ook die sg. <em>excitement seeking mother<\/em>, wat eintlik net wil partytjie en nie twee keer daaroor sal dink om haar baba alleen in \u2019n woonstel toe te sluit om te gaan partytjie hou nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Amerikaanse forensiese sielkundige, dr. Philip Resnick, het in sy loopbaan al met meer as sestig sake gewerk waarin ouers hul kinders vermoor het. Hy het vir die verdediging opgetree in die saak teen Andrea Yates, wat haar vyf kinders verdrink het.<\/p>\n<p>Resnick meen ook dat emosionele en finansi\u00eble probleme \u2019n enkelouer baie maklik oorweldig kan laat voel. Dit was waarskynlik wat dr. Costa laat knak het: Haar gewese man, Jos\u00e9 Gil, het hom in 1996 vergas nadat hy weens bedrogklagte verbied is om as psigiater te praktiseer. Kort daarna is borskanker by haar gediagnoseer. Die behandeling het gelei tot groot onbetaalde mediese rekeninge, wat sou beteken het dat hul huis op die dag van die tragedie opgeveil moes word. Vir di\u00e9 ma was al hierdie probleme die vernaamste redes vir haar besluit om \u2019n gesinsmoord te pleeg, het sy in \u2019n brief aan die Sunday Times geskryf. Sy skryf ook in die brief dat sy nie alleen wou selfmoord pleeg en haar kinders ouerloos agterlaat nie. (Die hof het haar vrygespreek op moordklagte nadat bevind is dat sy nie toerekeningsvatbaar was ten tyde van die voorval nie. Sy is n\u00e1 drie jaar van sielkundige terapie met haar seuns herenig.)<\/p>\n<p>Venolia Siwa het in haar skuldbekentenis ges\u00ea dat sy aan erge depressie gely het, onder meer omdat sy nie kon werk kry nie en nie alleen vir haar kinders kon sorg nie. Haar saamwoonman en die pa van drie van die kinders, Israel Lesomola, het boonop die kinders erg geslaan. Hul oudste kind, Sizwe, was gestrem, en Venolia moes alles vir hom doen. Sy is ook met akute psigose gediagnoseer, en gevonnis tot 12 jaar tronkstraf met spesiale opdrag deur die hof dat sy in die gevangenis die nodige sielkundige en mediese behandeling vir haar toestand moet kry.<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Aggressie of depressie?<\/strong><\/span><\/p>\n<p>Maar is \u2019n kind se lewe nie \u2019n langer vonnis werd nie, wonder jy dalk?<\/p>\n<p>Nellie Prinsloo, \u2019n kliniese sielkundige van Alberton, s\u00ea ma\u2019s maak selde hul kinders dood weens suiwer aggressiewe gevoelens. \u201cDie meeste vroue wat gesinsmoord pleeg, lei aan depressie of post-partum depressie n\u00e1 \u2019n baba se geboorte. Hulle voel moedeloos en beleef die w\u00eareld as \u2019n harde, ongenaakbare plek, en voel dat dit \u2019n liefdesdaad is om die kinders uit hierdie ellende en swaarkry te verlos.\u201d<\/p>\n<p>Sulke ma\u2019s, meen Nellie, het gewoonlik nie goeie ondersteuningstelsels nie en sien die dood as die enigste uitweg, des te meer as daar boonop mishandeling ter sprake is (van die ma of die kinders).<\/p>\n<p>\u201cOnthou dat hierdie ma nie logies dink nie en dat haar emosies haar logika oorheers. Sy sien geen lig aan die einde van die tonnel nie.\u201d<\/p>\n<p>Prof. Kruger en haar span by die US se navorsing onder vroue met depressie in die lae inkomstegroep bevestig dat vroue wat kinders in moeilike omstandighede grootmaak (dikwels as enkelouers sonder enige ondersteuningstelsels) se frustrasie manifesteer as woede en depressie.<\/p>\n<p>\u201cWanneer depressie in vroue as woede manifesteer, is die teiken dikwels hul kinders. Wat volg, is verwaarlosing, mishandeling en selfs moord.\u201d<\/p>\n<p>Van die respondente in die US-studie het in \u201contstellende besonderhede\u201d beskryf hoe gewelddadig hulle teenoor hul kinders kon raak tydens \u2019n woedebui, skryf prof. Kruger. Van kinders wat met die vuiste bygedam of gewurg word, tot een ma wat haar graad-negekind aan die hare gesleep en haar gesig op \u2019n sementblad gekap het.<\/p>\n<p>\u201cAs die samelewing meestal ho\u00eb en selfs idealistiese verwagtinge van ma\u2019s het, het vroue dit selfs meer. Selfkastyding en -verwyt is nie ongewoon by ma\u2019s wat meen hulle is nie goed genoeg nie.\u201d<\/p>\n<p>Kry hierdie ma\u2019s meer simpatie as pa\u2019s wat dieselfde doen?<\/p>\n<p>Nellie meen die gemeenskap het oor die algemeen meer simpatie met vroue wat gesinsmoord pleeg as met mans.<br \/>\n\u201cEk dink dis onregverdig, want mans kan ook aan depressie ly en n\u00e9t so hulpeloos en magteloos voel omdat hy voel hy kan nie sy vrou en kinders beskerm en versorg nie.\u201d<\/p>\n<p>Is dit die manier waarop hulle die moorde pleeg wat ons simpatie wek? Nellie s\u00ea vroue verkies metodes soos om die kinders te versmoor, te verdrink of \u2019n oordosis pille te gee.<\/p>\n<p>Prof. Christiaan stem saam. \u201cMa\u2019s skram weg van bloed op hul hande, en sal een van hierdie metodes of selfs gif kies, terwyl \u2019n man makliker sy gesin sal skiet.\u201d<\/p>\n<p>En hoe behandel ons howe sulke ma\u2019s?<\/p>\n<p>\u201cDaar bestaan iets wat ons die sg. \u2018ridderlikheidshipotese\u2019 noem,\u201d verduidelik prof. Christiaan. \u201cEk wil nou nie die regsmense kwaad maak nie, maar gaan \u2019n regter se houding dieselfde wees teenoor \u2019n mooi vrou of \u2019n gebroke ma as teenoor \u2019n lelike man?\u201d<\/p>\n<p>Hy meen mense verromantiseer dikwels misdade deur vroue. \u201cOngelukkig is dit ook \u2019n feit dat baie vroue hulpelose slagofferskap aanleer en gedurig daarop terugval as verskoning. Hulle maak uitsprake soos \u2019niemand verstaan hoe moeilik moederskap is nie\u2019.\u201d<\/p>\n<p>Prof. Kruger bepleit meer begrip vir vroue wat hul kinders om die lewe bring. \u201c(Hulle) is nie noodwendig slegte mense nie. Hulle is dikwels nie psigoties nie. Hulle is waarskynlik bloot desperaat en depressief.\u201d<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Vyf Tipes<\/span> <\/strong><\/p>\n<p>Die forensiese sielkundige Philip Resnick meen daar is gewoonlik vyf tipes omstandighede waarin ma\u2019s (of pa\u2019s) hul eie kinders sal doodmaak:<\/p>\n<p><strong>Sogenaamde \u201caltru\u00efsme\u201d<\/strong>: In so \u2019n geval wil \u2019n ouer nie verder leef nie, en dink die kind\/ers sal beter daaraan toe wees as hulle ook sterf, eerder as om deur iemand anders grootgemaak te word.<\/p>\n<p><strong>Psigose<\/strong>: Baie kindermoorde word gepleeg deur \u2019n ouer wat \u2019n sielkundige probleem het, van depressie tot psigotiese toestande waarin die persoon stemme hoor wat s\u00ea die kinders moet sterf (soos wat in Andrea Yates se geval beweer is). Prof. Christiaan meen werklike psigose is baie skaars, en dat depressie, veral post-natale depressie, meer dikwels die oorsaak is. \u201cWees bedag op die verskil tussen <em>maternity blues<\/em>, wat so ses of sewe dae n\u00e1 geboorte kan duur, en post-partum depressie, wat maande n\u00e1 die geboorte nog nie verbeter het nie. So \u2019n ernstige depressiewe vrou sien die kind as die oorsaak van haar frustrasie, en daar is beslis \u2019n ho\u00ebr risiko dat die kind vermoor kan word.\u201d<\/p>\n<p><strong>Mishandeling<\/strong>: Deur \u2019n baba herhaaldelik te skud, die kind teen \u2019n muur te gooi, te slaan of te brand, kan \u2019n kind sterf. (Verwaarlosing kan hierby ingesluit word, en post-partum depressie kan weer eens \u2019n rol speel.)<\/p>\n<p><strong>Ongewenste kinders<\/strong>: In baie kulture \u2013 ook in Suid-Afrika \u2013 is dit steeds \u2019n skande om \u2019n baba buite die huwelik te h\u00ea, en die ma sal enigiets doen om van die kind ontslae te raak. Prof. Christiaan meen dis een van die grootste oorsake van kindersterftes in ons land. \u201cDie ekonomie speel ook \u2019n rol \u2013 sy kan die kind eenvoudig nie versorg nie \u2013 maar kultuur speel beslis ook \u2019n rol, veral in meer tradisionele gemeenskappe waar die vrou haar vrugbaarheid aan die man moet bewys. Hy kan net uit die verhouding stap en die vrou met die kind los, al kan sy nie vir die kind sorg nie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Weerwraak<\/strong>: Kinders word dikwels vermoor omdat een ouer op die ander een wil wraak neem n\u00e1 iets soos \u2019n egskeiding of \u2019n affair.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe kan \u2019n vrou dieselfde lewe wat sy gegee het, koelbloedig neem? Behoort \u2019n ma nie bereid te wees om haar lewe vir haar kinders te gee nie? Ma\u2019s, is ons geleer, is die verpersoonliking van versorging en liefde, des [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":19205,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679],"tags":[134],"class_list":["post-6598","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","tag-ouerskap"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>As ma&#039;s moor | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"As ma&#039;s moor | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe kan \u2019n vrou dieselfde lewe wat sy gegee het, koelbloedig neem? Behoort \u2019n ma nie bereid te wees om haar lewe vir haar kinders te gee nie? Ma\u2019s, is ons geleer, is die verpersoonliking van versorging en liefde, des [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-24T07:13:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-01-22T13:39:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"832\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1134\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"As ma&#8217;s moor\",\"datePublished\":\"2014-04-24T07:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:39:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/\"},\"wordCount\":2399,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/As-mas-moor.jpg\",\"keywords\":[\"ouerskap\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/\",\"name\":\"As ma's moor | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/As-mas-moor.jpg\",\"datePublished\":\"2014-04-24T07:13:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-01-22T13:39:58+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/As-mas-moor.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/As-mas-moor.jpg\",\"width\":832,\"height\":1134},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/as-moeders-moor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"As ma&#8217;s moor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"As ma's moor | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"As ma's moor | rooi rose","og_description":"Hoe kan \u2019n vrou dieselfde lewe wat sy gegee het, koelbloedig neem? Behoort \u2019n ma nie bereid te wees om haar lewe vir haar kinders te gee nie? Ma\u2019s, is ons geleer, is die verpersoonliking van versorging en liefde, des [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-04-24T07:13:00+00:00","article_modified_time":"2016-01-22T13:39:58+00:00","og_image":[{"width":832,"height":1134,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"As ma&#8217;s moor","datePublished":"2014-04-24T07:13:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:39:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/"},"wordCount":2399,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg","keywords":["ouerskap"],"articleSection":["Ouerskap"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/","name":"As ma's moor | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg","datePublished":"2014-04-24T07:13:00+00:00","dateModified":"2016-01-22T13:39:58+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/As-mas-moor.jpg","width":832,"height":1134},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/as-moeders-moor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"As ma&#8217;s moor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6598","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6598"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6598\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19205"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6598"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6598"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6598"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}