{"id":65816,"date":"2023-01-18T16:07:38","date_gmt":"2023-01-18T14:07:38","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=65816"},"modified":"2023-01-18T16:09:04","modified_gmt":"2023-01-18T14:09:04","slug":"die-krag-van-jou-denke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/","title":{"rendered":"Die krag van jou denke"},"content":{"rendered":"<p>Wat my eerste opval, is di\u00e9 man se lewensblyheid. Niks oordrewe of aangeplak nie, eerder \u2019n diep vreugde wat soos \u2019n gesellige vuurtjie brand. Vir \u2019n gesogte Amerikaanse skrywer en motiveringspreker, nogal een van die hand vol ghoeroes wat in die trefferdokument\u00ear<em> The Secret<\/em> opgetree het, lyk Mike Dooley bra gewoon waar hy in \u2019n hotelsitkamer met my sit en gesels. Boonop het hy \u2019n lugweginfeksie. Die meester van manifestasie word sowaar ook siek.<\/p>\n<p>Hoewel <em>The Secret<\/em> (die boek) 146 weke op die New York Times se topverkoperlys was en saam met die fliek reeds in 2009 \u2019n rekordbedrag van $300 miljoen ingebring het, het dit heelwat kritiek ontlok. Baie mense het gevoel die boodskap dat jy kan kry wat jy wil h\u00ea bloot deur jou gedagtes en emosies anders te rig, is \u2019n growwe oorvereenvoudiging, om nie te praat van die moontlike bevordering van selfgerigtheid en materialisme nie.<\/p>\n<p>Daarom was dit vir my verfrissend om Mike met sy werkwinkel, <em>Playing the Matrix<\/em>, in Johannesburg destyds in aksie te sien. Hy is plat op die aarde, werklik nederig en het die aard van die werklikheid oopkop nagevors en deel sy bevindinge met \u2019n eiesoortige sin vir humor. Sy wysheid is nie goedkoop nie; hy ken swaarkry.<\/p>\n<p>Vir my het die \u201caha\u201c in sy uiteensetting van die fynere kunsies van manifestasie gel\u00ea. Soos hy verduidelik het, is <em>The Secret<\/em> (die fliek) bloot \u2019n kykie van 92 minute na die sogenaamde <strong>Law of Attraction<\/strong> vanuit verskeie oogpunte. Dis \u2019n inleiding tot \u2019n onuitputlike onderwerp; allermins omvattend.<\/p>\n<p>Dit vra verdere ondersoek.<\/p>\n<p>Di\u00e9 perspektief, saam met Mike se aanbieding, het my voorbehoude oor <em>The Secret<\/em> die nek ingeslaan. In hierdie artikel wil ek van sy belangrikste insigte weergee, maar wat ek kan inpas, is kwalik \u2019n skeppie water uit \u2019n grote oseaan!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die manifestasieproses<\/h4>\n<p>Wat is manifestasie nou eintlik? Vir my kom dit daarop neer dat ons medeskeppers is van die lewe wat ons lei. Dis algemeen bekend dat alles in die heelal uit energie bestaan. Kwantumfisici het reeds dekades gelede bevind dat die ingesteldheid van die waarnemer tydens \u2019n eksperiment help bepaal of elektrone as deeltjies of golwe manifesteer. Mike stel dit so: \u201cThoughts become things.\u201d Ons kan lank hieroor redeneer, maar dis die aanname waarop die manifestasie-teorie berus.<\/p>\n<p>\u201cIf thoughts become things,\u201c vervolg Mike, \u201cchoose the good ones!\u201d Beteken dit as jy op siekte fokus, gaan jy kanker kry, en as jy verbete op \u2019n rooi sportmotor konsentreer, gaan daar binnekort een in jou motorhuis staan? Ons voel almal aan die lewe is ingewikkelder as dit. Die mate waarin ons ons werklikheid (bewustelik) skep, is \u2019n moeilike vraag. Maar dit kan pret wees om die redenasies vir eers te systap en di\u00e9 beginsels as \u2019n proefneming toe te pas. Jy het min om te verloor, en \u2019n newe-effek van \u201cchoosing the good thoughts\u201d is dat jou gemoedstoestand verbeter elke keer wanneer jy jou fokus in die rigting van dankbaarheid, die goeie dinge in die lewe, en positiewe verwagting swaai.<\/p>\n<p>Die manifestasieproses, volgens Mike, lyk so:<\/p>\n<p>\u2022 Definieer jou begeerte in die vorm van die eindresultaat<br \/>\n\u2022 Hou dit algemeen<br \/>\n\u2022 Gaan oor tot aksie<br \/>\n\u2022 Wees geduldig<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Begin by die einde<\/h4>\n<p>Weens ons logiese linkerbreinopvoeding glo die meeste van ons as jy \u2019n droom het, moet jy die stappe wat tot die verwesenliking daarvan sal lei, vooraf kan uitstippel. Kan jy nie, is dit \u2013 of liewer, jy &#8211; onrealisties.<\/p>\n<p>Aik\u00f4na, s\u00ea Mike. Sy aanbeveling is: \u201cDefinieer jou begeerte in terme van die eindresultaat.\u201d Met ander woorde, kry \u2019n duidelike beeld van daardie nuwe huis wat jy al so lank begeer.<\/p>\n<p><strong>Visualisering<\/strong> (ja, die dagdromery waarvoor sommige van ons kleintyd gestraf is) is \u2019n belangrike instrument in die manifestasieproses. Maar Mike het \u2019n paar voorbehoude. Visualisering en die skep van \u201cvision boards\u201d \u2013 borde waarop jy prente vasspeld wat jou begeertes verteenwoordig &#8211; is beslis kragtige hulpmiddels, veral as jy al jou sintuie inspan wanneer jy dit voor jou geestesoog oproep. Die doel daarvan is egter om jou opgewonde te kry oor die vervulling van jou droom, nie om by jou die verwagting te skep dat dit presies so gaan manifesteer nie. Jy kan \u2019n <em>collage<\/em> maak van hoe jou droomhuis gaan lyk, s\u00ea Mike, \u201cmaar stel jou ook oop vir ander moontlikhede \u2013 dalk iets beters! Hou altyd \u2019n veel groter prentjie in gedagte.&#8221;<\/p>\n<p>Dit help om te onthou dat dit waarna ons hunker, ten diepste \u2019n toestand is. Die persoon of situasie waaraan ons ons hart hang, glo ons, sal ons gelukkiger maak. Dis daardie geluk waarna ons smag. Visualisering werk dus die doeltreffendste wanneer jy besef dat die gevoel wat jy (wil) ervaar eintlik die geheime bestanddeel is.<\/p>\n<p>Jou uitkoms, glo Mike, moet intellektueel sin maak \u00e9n goed voel. Dit moenie \u2019n voorwaarde wees vir ander drome nie, en dit moet algemeen wees.<\/p>\n<p>Met \u201calgemeen\u201c bedoel Mike dat jou eindresultaat nie afhanklik moet wees van spesifieke mense, besonderhede, opeenvolging van gebeure, of tydlyne nie. Om hierdie punt te illustreer, gebruik<br \/>\nhy \u2019n visuele voorstelling van sy \u201cmatrix\u201c. Ek kan dit ongelukkig nie hier weergee nie, maar kom dit daarop neer dat elkeen van ons verlangens \u2019n plek het op \u2019n kontinuum wat van algemeen na spesifiek loop.<\/p>\n<p>Ons algemeenste behoefte is <strong>geluk<\/strong>. Dan volg bre\u00eb begeertes soos lewensonderhoud, oorvloed (<em>abundance<\/em>), gesondheid, verhoudings en voorkoms. Op elk van hierdie gebiede raak ons oogmerke meer spesifiek. Lewensonderhoud word jou loopbaan, en verfyn dan tot \u2019n spesifieke posisie, werkgewer en maandelikse inkomste. Verhoudings loop byvoorbeeld van \u2019n begeerte na romanse na \u2019n spesifieke persoon wat jy in die oog het. Voorkoms \u2013 om goed te voel oor hoe jou liggaam funksioneer en hoe jy lyk \u2013 kan so spesifiek word soos \u2019n sekere teikengewig.<\/p>\n<p>Dis maklik om te sien dat die kans om gedetailleerde begeertes vervul te kry, baie skraler is as om omvattender doelstellings te bereik. \u201cEk wil gelief voel&#8221; kan op baie meer maniere realiseer as \u201cTom Cruise moet so lief wees vir my dat hy sy lewe vir my sal gee\u201d. Selfs al vervang jy Tom Cruise deur jou buurman, kan dit wees dat hy nie beskikbaar is nie of gewoon nie belang stel nie. Mike beklemtoon dit dat ons ander nie kan verander of dwing om by ons verwagtinge in te pas nie.<\/p>\n<p>\u201cHoe meer spesifiek dit is wat jy vra, hoe meer beperk jy die hulp wat jy van die lewe kan kry,&#8221; som Mike dit op.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDo not insist upon the path, the players, or the details, but upon the overall change you wish to experience, which will summon the path, players and details for you.\u201d <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Mike voeg by dat spesifieke mense of situasies selde noodsaaklik is vir die wonderlike lewe wat ons graag wil lei, al moet die meeste van ons \u2019n aansienlike kopskuif maak om dit te glo. \u201cEn as dinge presies gebeur soos wat jy verlang, gaan dit nie noodwendig jou welsyn verseker nie. As ons spesifieke dinge wil h\u00ea, gebeur dit so: soms werk dit, soms werk dit nie, en soms wens ons dit het nie gewerk nie!\u201c<\/p>\n<p>Anders gestel: \u201cThe best way to find \u2018love\u2019- which, incidentally, is just as true for finding money, is to focus less on these \u2018by-products\u2019 of a life well lived and more on a life well lived.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Goeie wenk is om byvoorbeeld wat werk betref, nie te fokus op w\u00e1t jy wil doen nie, maar op hoe jy wil voel wanneer jy dit doen; nie op gesondheid as sodanig nie, maar op alles wat gesondheid vir jou moontlik kan maak; rakende verhoudings nie op wi\u00e9 nie, maar op die uitkoms van \u2019n nuwe of verbeterde verhouding; ten opsigte van voorkoms nie op di\u00ebte, gewig of tydlyne nie, maar op die tevredenheid wat jy (sal) ervaar as jy goed voel oor jouself.<\/p>\n<p><strong>Begin dus by die einde<\/strong>. Definieer jou eindresultaat so algemeen moontlik, en vertrou dat die besonderhede vir hulself sal sorg.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDetails should be seen as consequences of larger dreams coming true rather than \u2018how\u2019 to make them come true.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Gaaf, nou weet jy waarvoor om te wens. Beteken dit jy kan nou salig terugsit? Allermins.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Gaan oor tot aksie<\/h4>\n<p>Die indruk dat al wat jy hoef te doen om \u2019n rooi sportmotor te kry, is om daagliks na die foto van een te staar, kan nie verder wees van Mike se uitkyk nie. \u201cI teach responsibility,&#8221; s\u00ea hy. Dit sluit in dat ons volle <strong>verantwoordelikheid<\/strong> neem vir wat ons dink, s\u00ea en doen, ook vir ons eie geluk. In hierdie trant beveel Mike aan dat jy \u201caan elke deur sal klop en elke klip sal omkeer om te kry wat jy wil h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p>Die (beduidende) verskil is dat ons grootgemaak is om te glo dat ons manifestasies teweeg gebring word deur dit wat ons beplan en uitvoer. Uit Mike en soortgelyke denkers se oogpunt is ons slegs m\u00e9deskeppers van ons werklikheid. Ons hoef nie al die wysheid in pag te h\u00ea of alles self te doen nie.<\/p>\n<p>\u201cW\u00e1t jy doen, is lank nie so belangrik as d\u00e1t jy dit doen nie,\u201d s\u00ea Mike. \u201cWanneer ons tot optrede oorgaan, trek dit magieserwys die regte mense en hulpbronne aan. As jy elke moontlike pad volg, navigeer jy boonop rondom jou eie beperkende oortuigings. Hou aan hulp vra, hou aan om nuwe rigtings uit te toets, hou aan om positief op omstandighede te reageer, hou aan om te innoveer.<\/p>\n<p>Moet net nooit die dak oor jou kop op die spel plaas nie. Gee 110%, maar onthou dat jou manifestasie nie van spesifieke omstandighede of besonderhede afhanklik is nie. Die \u2018hoe\u2019 kan jou heeltemal verras.&#8221;<\/p>\n<p>Een van Mike se praktiese wenke is dat jy jou eindresultaat omskryf binne die konteks van een van die algemene velde &#8211; lewensonderhoud, oorvloed, gesondheid, verhoudings en voorkoms &#8211; en dat jy dan vyf \u201cdeure\u201c lys waar jy in di\u00e9 verband kan aanklop. Lys nog vyf aktiwiteite vir elke \u201cdeur&#8221;.<\/p>\n<p>As jou eindresultaat kreatiewe, vervullende werk is, binne die konteks van lewensonderhoud, is een van jou \u201cdeure\u201d dalk om te skryf. Vyf moontlike aktiwiteite is om jou eie webwerf te begin, \u2019n boek te skryf, by \u2019n skryfkring aan te sluit, \u2019n boekeskou by te woon, en elke dag 15 minute se skryfwerk te doen. Sorg dat jy werk maak van di\u00e9 idees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Geduld, o geduld<\/h4>\n<p>As jy op pad is na \u2019n bestemming waar jy nog nooit voorheen was nie en dis drie uur se ry, lyk die roete die eerste twee uur en 59 minute maar vreemd, s\u00ea Mike. Jy moet noodgedwonge <strong>vertrou<\/strong> jy is op die regte pad.<\/p>\n<p>\u201cVerw\u00e1g terugslae en te\u00ebspoed. Moenie te veel daaroor tob nie. Doen eerder wat jou hand vind om te doen, en <strong>hou moed<\/strong>. My ervaring is dat vrees en negatiwiteit ons nie kan terughou nie, solank ons op die eindresultaat bly fokus. Ons is bestem om suksesvol te wees &#8211; al kom daardie sukses in \u2019n gans ander vorm as wat ons verwag.\u201d<\/p>\n<p>Tydens die manifestasieproses het ons boonop meestal nie die geringste idee hoe lank dit gaan neem nie. Wat ons binne weke verwag, kan letterlik jare neem. Vir Mike vorm tydlyne deel van wat hy \u201cthe cursed hows\u201d noem \u2013 die aandrang op spesifieke besonderhede waarmee ons ons eie manifestasies saboteer.<\/p>\n<p>Moet sover moontlik nooit vir die lewe \u2019n spertyd gee nie, beklemtoon hy. Eers met die terugkyk, sal jy agterkom hoe alles in plek geval het. \u201cWhen do you know it was all spot on? At the end.\u201d<br \/>\nOns tipies Westerse fokus op m\u00f4re moet gesien word vir wat dit is, en aangepas word. \u201cDie beste deel van die reis is die reis self. Sorg dat jy dit vand\u00e1g geniet!&#8221;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees hier:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/slaan-slegte-gewoontes-hok\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is. Deur Mariette Snyman<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":135557,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[662],"tags":[1373,7708,9910],"class_list":["post-65816","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-jou-lewe","tag-emosies","tag-gedagtes","tag-positiwiteit"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die krag van jou denke | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die krag van jou denke | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-01-18T14:07:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-01-18T14:09:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Die krag van jou denke\",\"datePublished\":\"2023-01-18T14:07:38+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-18T14:09:04+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/\"},\"wordCount\":1963,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"emosies\",\"gedagtes\",\"positiwiteit\"],\"articleSection\":[\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/\",\"name\":\"Die krag van jou denke | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-01-18T14:07:38+00:00\",\"dateModified\":\"2023-01-18T14:09:04+00:00\",\"description\":\"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/01\\\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/die-krag-van-jou-denke\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die krag van jou denke\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die krag van jou denke | rooi rose","description":"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die krag van jou denke | rooi rose","og_description":"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-01-18T14:07:38+00:00","article_modified_time":"2023-01-18T14:09:04+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Die krag van jou denke","datePublished":"2023-01-18T14:07:38+00:00","dateModified":"2023-01-18T14:09:04+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/"},"wordCount":1963,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg","keywords":["emosies","gedagtes","positiwiteit"],"articleSection":["Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/","name":"Die krag van jou denke | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg","datePublished":"2023-01-18T14:07:38+00:00","dateModified":"2023-01-18T14:09:04+00:00","description":"Kan jy gelukkiger leef deur net jou fokus te verander? Vir seker, s\u00ea Mike Dooley van \u2018The Secret\u2019 \u2013 mits jou benadering realisties is.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/brooke-cagle-kvKSL7B6eTo-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/die-krag-van-jou-denke\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die krag van jou denke"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=65816"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65816\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/135557"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=65816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=65816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=65816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}