{"id":65809,"date":"2025-10-31T16:20:39","date_gmt":"2025-10-31T14:20:39","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=65809"},"modified":"2025-10-31T16:20:44","modified_gmt":"2025-10-31T14:20:44","slug":"miskraam-n-pynlike-verlies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/","title":{"rendered":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk"},"content":{"rendered":"<p>Die verlies van \u2019n kind bly een van die moeilikste ervarings waardeur ouers moet werk. Daar kom \u2019n wond wat nie gou genees nie. Vir baie vroue is dit uiters traumaties, en hulle ervaar gevoelens van depressie, woede, selfverwyt en voel soms selfs jaloers op swanger vroue.<\/p>\n<p>En tog, vanwe\u00eb die intense emosionele belewenis daarvan, praat almal nie maklik daaroor nie. Om die gevoel van verlies en emosies te onderdruk of te vermy en nooit daaroor te praat nie, is nie gesond nie. Die kindjie hoef nie vergeet te word nie. Ouers kan gereeld positiewe gedagtes terugbring oor die mensie wat hulle verloor het. Dis nodig om tyd hieraan te bestee en ruimte daarvoor te maak. Niemand kan hiervan wegstap asof niks gebeur het nie.<\/p>\n<p>Dr. Schalk Botha, \u2019n lewensafrigter en traumaberader, s\u00ea \u2019n vrou wat \u2019n miskraam gehad het, asook haar man, moet besef hulle het \u2019n verlies gely wat nie onderskat moet word nie. \u2019n Normale rouproses gaan waarskynlik verloop.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die verlies is nie net die verlies aan \u201c\u2019n iemand\u201d wat die ouers nou nooit sal ken nie en waaroor hulle altyd sal wonder nie, maar ook \u2019n verlies aan drome, planne en verwagtings vir die kind, verlies aan opgewondenheid oor die gereed maak, en selfs die verlies aan die emosionele liefdesverbintenis wat tussen man en vrou gebeur het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cOmdat dit \u2019n verlies is, beteken dit die normale proses van aanvaarding, emosionele ontlading en aanpassing sonder die kindjie, moet mooi deurgewerk word.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wanneer verlies in \u2019n huis verwerk moet word, kan man en vrou dit vir mekaar maklik of baie moeilik maak. Die verlies van \u2019n kindjie of potensi\u00eble kindjie is dikwels \u2019n toets vir die huweliksverhouding. Huweliksmaats kan \u00f3f wegdryf van mekaar, \u00f3f nader aan mekaar groei.<\/p>\n<p>\u201cDie ideaal is goeie kommunikasie waarin ouers hul gedagtes en emosies deel en mekaar toelaat om die pyn te beleef en te deel,\u201d s\u00ea dr. Botha. \u201cSoms is daar onderlinge verwagtinge wat die gesonde interaksie tussen hulle belemmer, veral verwagtinge oor die hantering van die verlies. Dikwels verstaan die man nie die vrou se reaksies of belewenisse nie, en doen ook nie moeite om haar te bereik nie, wat rampspoedige gevolge kan h\u00ea. Wedersydse ondersteuning is seker die heel belangrikste wanneer mense deur \u2019n verlies werk.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die uitdaging vir paartjies wat mis-krame of stilgeboortes gehad het, l\u00ea daarin om met die verlies saam te leef.<\/p>\n<p>\u201cDie verlies moet sinvol ge\u00efntegreer word in mense se lewe op pad na \u2019n nuwe begin. Daar kom weer \u2019n tyd van herbel\u00ea in \u2019n nuwe lewetjie wat die Here moontlik maak. Nie om die ander kindjie te vervang nie, maar \u2019n nuwe kindjie uit eie reg.<\/p>\n<p>\u201cVoor dit kan gebeur, moet deur die hele rouproses beweeg word. Wanneer iemand iewers in die proses vashaak, kan skuldgevoelens, woede, vrae oor God, spyt en selfverwyt \u2019n belangrike rol begin speel. Dan moet die persoon hulp by \u2019n terapeut soek om weer perspektief te kry en die rouproses te voltooi.\u201d<\/p>\n<p>Om \u2019n familielid, vriend of vriendin in \u2019n tyd van verlies te ondersteun vra geduld en wysheid.<\/p>\n<p>\u201cMense reageer verskillend op gebeure,\u201d s\u00ea dr. Botha. \u201cHul reaksie is ook gegrond op verskillende persepsies en betekenisgewing aan gebeure. Daarom kan en mag jy nooit namens iemand besluit hoe erg \u2019n gebeurtenis is nie, en ook nie vooraf besluit hoe iemand dit moet hanteer of beleef nie.<\/p>\n<p>\u201cTree met omgee en empatie op sonder om te oordeel, deel in hul storie, help hulle om hul verhaal te vertel met al die emosies en gedagtes wat hulle ervaar en moet hulle nie keer om hul verlies te ervaar nie,\u201d is dr. Botha se raad. \u201cBied vir hulle die omstandighede waarbinne hulle hul rigting na die toekoms kan uitpluis. Help hulle om nuwe perspektiewe te ontwikkel.<\/p>\n<p>\u201cDie w\u00eareld is \u2019n stukkende plek waarin slegte goed gebeur maar die Here se liefde is steeds daar en \u2019n nuwe toekoms is steeds moontlik.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Ondersteun jou vriendin s\u00f3 na \u2019n miskraam<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Wees bereid om te luister en sonder om te oordeel. Ondersteun haar waar jy kan en help met spesifieke take soos om aandete te maak, na haar ander kinders om te sien, of die telefoon te beantwoord en boodskappe te neem.<\/p>\n<p>Gee haar kans om op haar eie manier en eie tyd te rou maar wees bedag daarop as sy dalk in die proses vashaak en hulp moet kry.<\/p>\n<p>Help haar om professionele hulp te kry as sy depressief word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Lesers vertel<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Jaco en Gerda Opperman was aanvanklik effens geskok toe hulle hoor \u2019n identiese tweeling is op pad. \u201cMaar ons het gou geborrel van vreugde en vir almal vertel wat wou hoor,\u201d vertel Gerda.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cEk het gedroom oor hul kamer, die maatjies vir my tweejarige dogtertjie, en sommer al die veranderinge wat gebeur as jy skielik drie kinders het.<\/p>\n<p>\u201cMaar net n\u00e1 week 13 het ons die skok-nuus gekry dat die tweeling se hartjies nie meer klop nie. Ons het dit glad nie verwag nie en was bitter hartseer. Dit het gevoel of \u2019n deel van my hart saam met my babatjies dood is.\u201d<\/p>\n<p>Gerda vertel ook dat sy dikwels trane moes terugsluk wanneer sy haar vriendinne swanger of met nuwe babatjies gesien het.<\/p>\n<p>\u2019n Parasiet in haar ingewande was die oorsaak van die miskraam. \u201cEk en my man het besluit om eers op die herstel van my liggaam te fokus voor ons weer aan \u2019n baba dink. Ek moes sewe maande met pyn en baie onsekerheid saamleef en het baie dae byna moed verloor. Maar tyd genees, en nou kyk ek nie terug nie, en glo dat ek gou weer die opgewondenheid van swangerskap sal ervaar.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li>Marie Burger het uitgesien na haar 12 weke ondersoek. Maar die nuus was soos \u2019n emmer koue water: Die fetus het drie weke gelede al ophou groei en daar is geen hartkloppie meer nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cEk het nooit gedink dit sou met my gebeur nie. Hoekom het ek nie onraad vermoed nie, het ek oor en oor gevra? Die waarheid het stadig maar seker tot my deurgedring. N\u00e1 die skraap was my liggaam lankal gesond toe my hart nog stukkie vir stukkie moes heel,\u201d vertel sy.<\/p>\n<p>\u201cEk is altyd in beheer, maar toe was ek onstabiel en emosioneel. Ek het nie kans gesien vir die mense om my nie en was so verskriklik teleurgesteld en het soos \u2019n mislukking gevoel.<\/p>\n<p>\u201cMy man was my steunpilaar en het van my verantwoordelikhede tydelik op hom geneem. Tog kon ek ondanks ondersteuning en my eie wilsbesluit om aan te gaan met my lewe, nie die stukke opgetel kry nie en het \u2019n traumaberader gaan spreek. Dit het my nuwe perspektief gegee en \u2019n belangrike rol in die heelwordproses gespeel.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li>Anita Venter se dogtertjie is op 34 weke doodgebore.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cEk het begin twyfel of ek my baba nog voel beweeg en dokter toe gegaan. Haar hartjie het ophou klop.\u201d<\/p>\n<p>Anita s\u00ea sy het aanvanklik geen emosie beleef nie. \u201cEk het die babaklere uit my hospitaaltassie gepak. Maar drie dae n\u00e1 die keisersnee het die verlies my soos \u2019n skokgolf getref. Mense se goed bedoelde opmerkings soos dat ek gelukkig nog ander kinders het, of dat dit maar beter so is, of dat daar dalk fout was met die baba, het my geweldig ontstel.<\/p>\n<p>\u201cEk is met le\u00eb arms huis toe, maar my hart was nog le\u00ebr. Nina se dood is steeds \u2019n misterie. Daar was geen fout nie en ek sal nooit verstaan nie, maar \u2019n sielkundige het my gehelp om die trauma te verwerk.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n album gemaak met sonarfoto\u2019s, foto\u2019s van ons baba, en ook foto\u2019s wat by die begrafnis geneem is. Ek sal altyd onthou, maar nou berus ek by God se besluit. Hy het my krag en moed gegee toe ek dit baie nodig gehad het.\u201d<\/p>\n<p>Anita vertel ook dat haar familie en vriende vir haar baie beteken het in haar tyd van rou. \u201cHulle het \u2019n netwerk van ondersteuning om my gevorm. Dit was terapeuties om met bekendes oor die gebeure en my ervaring daarvan te praat.\u201d<\/p>\n<ul>\n<li>Rech\u00e9lle Vermaak het twee miskrame gehad waarvan die tweede op 22 weke.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cOns was opgewonde oor die swangerskap en het die babatjie \u2018Appelkosie\u2019 genoem toe ons die eerste sonars sien.<\/p>\n<p>\u201cEk het spontaan in kraam gegaan toe ek nog nie eens geweet het hoe die tekens van die kraamproses lyk nie. Ons het alles gedoen wat ons kon om die kontraksies te keer, maar sonder sukses.\u00a0N\u00e1 drie dae is ons babatjie na-tuurlik gebore. Hy het net 505 gram geweeg, maar was \u2019n perfek gevormde mensie. Ek het hom vasgehou, maar geweet hy gaan nie saam huis toe nie. Dit was verskriklik! Dit het so onregverdig gevoel. Ek sou hom dan so baie lief gehad het &#8230; ek het reeds.\u201d<\/p>\n<p>Rech\u00e9lle s\u00ea sy het in depressie verval en moes professionele hulp kry om haar verlies te verwerk. \u201cEk kon nie verstaan hoe die Here dit \u2019n tweede keer toelaat nie. My w\u00eareld het inmekaargetuimel en ek het rigtingloos rondgedwaal waar ek normaalweg \u2019n energieke en gefokusde mens is. Die verlies en trauma was vir my te groot.<\/p>\n<p>\u201cEk het begin navorsing doen, maar daar is baie min ondersteuning vir vroue wat miskrame gehad het in Suid-Afrika. Compassionate Friends, wat eintlik ondersteuning bied aan ouers wat kinders verloor het, het my met ope arms ontvang. Hulle het vir my \u2019n steunpilaar geword.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/digitale-detoks-hoekom-en-hoe\/\">Digitale detoks: hoekom en hoe?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 verskriklik leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Marlize Oosthuizen gee raad oor die verwerking van di\u00e9 swaarkry.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":158999,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[24093,150,241,834,1136,1373,1783,1930,2053,2578,5684],"class_list":["post-65809","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-wellbeing","tag-ouers","tag-depressie","tag-kinders","tag-geboorte","tag-emosies","tag-swangerskap","tag-kommunikasie","tag-huwelik","tag-terapie","tag-trauma"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier&#039;s raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier&#039;s raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-10-31T14:20:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-10-31T14:20:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1425\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk\",\"datePublished\":\"2025-10-31T14:20:39+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-31T14:20:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/\"},\"wordCount\":1584,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"wellbeing\",\"ouers\",\"depressie\",\"kinders\",\"geboorte\",\"emosies\",\"swangerskap\",\"Kommunikasie\",\"huwelik\",\"terapie\",\"trauma\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/\",\"name\":\"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-10-31T14:20:39+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-31T14:20:44+00:00\",\"description\":\"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier's raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1425},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/miskraam-n-pynlike-verlies\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose","description":"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier's raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose","og_description":"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier's raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-10-31T14:20:39+00:00","article_modified_time":"2025-10-31T14:20:44+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1425,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk","datePublished":"2025-10-31T14:20:39+00:00","dateModified":"2025-10-31T14:20:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/"},"wordCount":1584,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg","keywords":["wellbeing","ouers","depressie","kinders","geboorte","emosies","swangerskap","Kommunikasie","huwelik","terapie","trauma"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/","name":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg","datePublished":"2025-10-31T14:20:39+00:00","dateModified":"2025-10-31T14:20:44+00:00","description":"N\u00e1 \u2019n miskraam of stilgeboorte is jou arms s\u00f3 leeg, jou kop s\u00f3 vol vrae en jou hart vol pyn. Hier's raad vir die verwerking van di\u00e9 swaarkry.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/vidar-nordli-mathisen-nvlB39rzdQE-unsplash.jpg","width":1920,"height":1425},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/miskraam-n-pynlike-verlies\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Miskraam: Hoe om die verlies te verwerk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65809","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=65809"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65809\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":159000,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/65809\/revisions\/159000"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/158999"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=65809"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=65809"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=65809"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}