{"id":6542,"date":"2014-04-15T15:04:00","date_gmt":"2014-04-15T13:04:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/"},"modified":"2016-02-12T10:53:39","modified_gmt":"2016-02-12T08:53:39","slug":"bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/","title":{"rendered":"Bok van Blerk: \u2018Ek is  wie ek is\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Toe <strong>Bok van Blerk<\/strong>, klein was, het sy ma, Salome, gedroom sy sien sy naam in ligte op bemarkings-borde in Hollywood. En nou het die \u201cDe la Rey\u201d-sanger pas sy eerste romantiese hoofrol gespeel in <em>Leading Lady<\/em>, \u2019n fliek wat internasionaal uitgereik gaan word. Hy het ook twee hoofrolle in plaaslike flieks vertolk.<\/p>\n<p>Met sy eerste, versigtige tre\u00eb as romantiese held in die musiekfliek <em>Platteland<\/em> (2011) het regisseur Andr\u00e9 Odendaal, wat Bok onder hande geneem het en van die sanger \u2019n akteur gemaak het, al voorspel daar wag groter dinge op hom.<\/p>\n<p>Miskien is sy ma se droom besig om waar te word &#8230;<\/p>\n<p>Bok gee sy handsome, skewe glimlag en proe-proe aan sy gesonde rooibos-en-kruisement-tee by die Karoo Caf\u00e9 in Lynnwoodweg, Pretoria. Buite dreig \u2019n donderstorm en binne gaan dit jolig by \u2019n feestafel. Hulle het juis met Bok se verbystap gejil: \u201cHei Bok, kom sing vir ons \u2019n liedjie!\u201d<\/p>\n<p>Hy is al gewoond daaraan en groet net vriendelik. Hy bly \u2019n skamerige ou. Met \u2019n vorige onderhoud in sy destydse Sambok-bar buite Pretoria het \u2019n \u201cWil tannie koffie h\u00ea?\u201d uitgeglip. Toe voel ek maar die saak is reg, dit beklemtoon net vir my Bok is \u2019n opregte, goeie Afrikanerseun.<\/p>\n<p>Hy is lank en lenig met lagplooitjies om sy groenbruin o\u00eb. Gooi sy skeut terughoudendheid by en jy het \u2019n wenresep vir \u2019n boere-hunk. Maar noem net di\u00e9 etiket en hy raak erg verle\u00eb en \u2019n verergde klankie slaan deur. \u201cAg, nee wat, ek is regtig nie \u2019n hunk nie.\u201d<\/p>\n<p>En jy weet hy bedoel elke woord.<\/p>\n<p>Bok het \u2019n besige 2013 gehad. Dit was s\u00fd jaar! Hy het drie flieks geskiet. Naas Leading Lady het hy \u2019n effe militante ou in As Jy Sing saam met Bobby van Jaarsveld gespeel. Hy het ook <em>Vrou Soek Boer<\/em> voltooi. Sy CD,<em> Steek die Vure<\/em> aan, het binne twee weke n\u00e1 die bekend-stelling daarvan die goudkerf verbygeskiet.<\/p>\n<p>Die liedjie, \u201cLand van Melk en Heuning,\u201d het reeds nommer-eenstatus op verskeie radiostasies bereik. Bok is nou deel van die span by Johan Vorster Songs. Johan skryf die meeste van Bok se liedjies.<\/p>\n<p>\u201cDis nie meer so maklik om ho\u00eb verkoopsyfers te haal nie. CD-verkope het die afgelope jaar drasties gedaal.<br \/>\nRoofkopi\u00ebring laat sangers jaarliks derduisende rande verloor. Jy maak maar jou geld uit konserte. Tog is CD\u2019s steeds die moeite werd as jy eers naam gemaak het.\u201d<\/p>\n<p>Hoewel die Afrikaanse musiekmark die afgelope tien jaar ontplof het, word nie almal groot sterre nie. Dis duur vir platemaatskappye om \u2019n nuwe kunstenaar te vestig.<\/p>\n<p>\u201cIdols het net enkele name soos Heinz Winckler en Elvis Blue bekend gemaak. Dit bly harde werk vir elke sanger om bo te bly.\u201d<\/p>\n<p>Hy is ook \u2019n bietjie verbaas dat sy akteursloopbaan n\u00e1 <em>Platteland<\/em> so koers gekry het.<\/p>\n<p>\u201cIn<em> Platteland<\/em> was ek in my gemaksone, want my vriend Sean Else was regisseur. Ek het baie by Andr\u00e9 Odendaal en Sean geleer, maar nie gedink ek is nou \u2019n akteur nie. Ek was verbaas toe ek daarna aanbiedinge van ander regisseurs kry.\u201d<\/p>\n<p>Hy was huiwerig om hom buite sy gemaksone saam met \u2019n ander reggiseur en vervaardiger te begeef.<\/p>\n<p>\u201cEk was maar skrikkerig toe ek by Mynard Kraak se stel vir <em>Vrou Soek Boer<\/em> aankom. Maar binne dae het iets gekliek en ek het tuis begin voel.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: center;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/div>\n<p>N\u00e1 die kleinerige rol in di\u00e9 liefdesdriehoek tussen Lika Berning en Nico Panagio was sy verbasing nog groter toe vervaardiger Henk Pretorius van Bakgat-faam hom nader vir die hoofrol in Leading Lady teenoor die internasionale ster Katie McGrath.<\/p>\n<p>\u201cDit het vir my na \u2019n groot sprong gevoel.\u201d<\/p>\n<p>Hy was self verbaas oor sy toenemende gemak in sy gedaante as akteur.<\/p>\n<p>\u201cEk kon regtig nie voorsien dat ek akteur sou word nie. Ek het wel van kleins af daarvan gehou om mense te vermaak. As ek saam met my pa, Louis, en sy vriende by Rooiberg in die Bosveld gaan jag het, het ek graag saans vir die manne stories vertel.\u201d<\/p>\n<p>Bok is \u2019n produk van die \u201cBrat Pack\u201d \u2013 die groep talentvolle akteurs en sangers wat uit Ho\u00ebrskool De Wilgers in Pretoria kom.<\/p>\n<p>\u201cJa, ons was \u2019n bevoorregte groep. Dis miskien vreemd dat ons almal uit dieselfde skool kom. Ons was lekker tjoms. Ook lekker stout. Veral Hykie!\u201d<\/p>\n<p>Hy verwys na sy groot vriende, musiek- en rolprent-vervaardiger Sean Else, akteur en <em>Survivor<\/em>-wenner Hykie Berg, Michelle Botha, aktrise en rolprentvervaardiger Anel Alexander, asook Pierre Breytenbach en Franja du Plessis. Franja is Juanita du Plessis se dogter en was saam met Bok in<em> As Jy Sing<\/em>. Daar moet iets in die water wees by di\u00e9 skool, want Sean se rolprent<em> Platteland<\/em> en Anel en haar man, James, se rolprent <em>Semi-Soet<\/em> was die afgelope paar jaar onder die topvyfrolprente in die land.<\/p>\n<p>Bok glo ambisie het \u2019n groot invloed op loopbaansukses, asook die bereidwilligheid om te leer, soms te struikel en weer te probeer.<\/p>\n<p>Hy het baie geleer uit die blitssukses van \u201cDe la Rey\u201d: Eerstens oor hoe verkeerd mense \u2019n liedjie kan opsom en ook hoe belangrik dit is om voorbereid op die onvoorsiene te wees.<\/p>\n<p>\u201cSoms was ek voorbereid op \u2019n groepie van 200 mense, maar kom ek by die konsert, is daar 4 200 mense. Natuurlik is die klank wat jy vir 200 mense saamgebring het, nie voldoende nie.\u201d<\/p>\n<p>Net daar het die nood leer bid, en toe sy destydse bestuurder onverwags sy deure moes sluit, het hy saam met Johan Vorster en Sean Else \u2019n onderneming, Mozi Artists, begin wat kunstenaars se optredes bestuur. Mozi behartig steeds sy en talle ander kunstenaars se sake.<\/p>\n<p>Bok is propvol bespreek vir die jaar wat voorl\u00ea. Sang bly maar sy voorkeur en hy beplan nie om voor die kameras te verskyn nie. Tensy \u2019n groot aanbod kom \u2026?<\/p>\n<p>Daar is niks so lekker as om te hoor hoe \u2019n skare op Loftus \u201cOns vir Jou Suid-Afrika\u201d sing nie,\u201d s\u00ea hy. Dit laat sy Afrikanerhart warm klop en besef hoekom hy hier aan die suidpunt van die vasteland wil bly. Daar is goed in die land wat hom pla, ja, maar hier wil hy sy kinders grootmaak. Hy voeg vinnig by sy liedjies is \u201cnie politieke kom-mentaar nie, dis maar soos ek voel\u201d.<\/p>\n<p>Hoe voel hy oor sy status as \u2019n Afrikaner-ikon? Dis \u2019n saak waar- oor Bok erg beskeie is. Hy dink nie hy is \u2019n hunk of \u2019n ikon nie, maar hy dink wel hy is gese\u00ebnd. \u201cDaar is nie waarborge dat \u2019n liedjie \u2019n treffer gaan wees of \u2019n fliek gaan werk nie. Vir my is dit net belangrik om my bes te doen en te wees wat ek is.\u201d<\/p>\n<table style=\"height: 705px;\" border=\"1\" width=\"1019\" cellspacing=\"1\" cellpadding=\"1\">\n<tbody>\n<tr>\n<td style=\"text-align: center;\"><span style=\"font-size: medium; color: #333333;\"><strong>BOK VAN BLERK<br \/>\ndie man en sy talent<\/strong><\/span><br \/>\nGewilde solo-kunstenaar:<span style=\"color: #ff0000;\"><strong><span style=\"color: #333333;\">Vier solo-albums<\/span> <\/strong><\/span><br \/>\nDe la Rey, Afrikanerhart, My Kreet en Steek Die Vure Aan<br \/>\n2007 \u2013 Drie Huisgenoot-Tempo-pryse<br \/>\n2007 &#8211; Vyf Vonk-pryse<br \/>\n2007\u00a0&#8211;\u00a0MK Musiekvideo van die Jaar (De la Rey)<br \/>\n2007 \u2013 Betrokke by die vervaardiging van die rugby-musiekalbum,\u00a0Ons Vir Jou, waarvan meer as 90 000<br \/>\neenhede verkoop is<br \/>\nAfrikanerhart, sy tweede album, het baie vining<br \/>\ndubbel-platinumstatus behaal<br \/>\n2010 SAMA \u2013\u00a0album wat die meeste verkoop het (Afrikanerhart)<br \/>\n2010 &#8211; Topverkoper: SA Kunstenaar van die Jaar<br \/>\nMulti-Platinum- CD-verkoper<br \/>\nNuwe album: Steek Die Vure Aan, Oktober 2013. Die eerste enkelsnit \u201cLand Van Melk en Heuning\u201d was met ons ter perse gaan reeds op die Top 10\/Top 20 van \u2019n paar radiostasies!<br \/>\n53 000 Twitter-volgelinge (5 Des. 2013)<span style=\"color: #333333;\"><strong>Sy loopbaan as akteur<\/strong><\/span><br \/>\n2011 \u2013 Hoofrol in Platteland<br \/>\n2013 &#8211; Rol in die musiekprent As Jy Sing<br \/>\n2014 \u2013\u00a0Hoofrol in\u00a0die fliek Vrou Soek Boer<br \/>\n2014 \u2013\u00a0Hoofrol in Leading Lady<\/p>\n<p><span style=\"color: #333333;\"><strong>Gaan loer wat doen hy alles<\/strong><\/span><br \/>\n<span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"http:\/\/www.bokvanblerk.co.za\/\" target=\"_blank\">www.bokvanblerk.co.za\/<\/a><\/span><br \/>\nfacebook: Bok Van Blerk Twitter: <span style=\"color: #0000ff;\"><a style=\"color: #0000ff;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/Bok.van.Blerk\/?fref=ts\">@BokvanBlerkReal<\/a><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<div style=\"text-align: center;\"><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toe Bok van Blerk, klein was, het sy ma, Salome, gedroom sy sien sy naam in ligte op bemarkings-borde in Hollywood. En nou het die \u201cDe la Rey\u201d-sanger pas sy eerste romantiese hoofrol gespeel in Leading Lady, \u2019n fliek wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[675],"tags":[116,147,968,1120],"class_list":["post-6542","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-bekendes","tag-wats-nuus","tag-bekendes","tag-onderhoude","tag-rooi-rose-mense"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Toe Bok van Blerk, klein was, het sy ma, Salome, gedroom sy sien sy naam in ligte op bemarkings-borde in Hollywood. En nou het die \u201cDe la Rey\u201d-sanger pas sy eerste romantiese hoofrol gespeel in Leading Lady, \u2019n fliek wat [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-15T13:04:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-02-12T08:53:39+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019\",\"datePublished\":\"2014-04-15T13:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-12T08:53:39+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/\"},\"wordCount\":1255,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/FEBBok01RR.jpg\",\"keywords\":[\"wat's nuus\",\"bekendes\",\"Onderhoude\",\"rooi rose mense\"],\"articleSection\":[\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/\",\"name\":\"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/FEBBok01RR.jpg\",\"datePublished\":\"2014-04-15T13:04:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-02-12T08:53:39+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/FEBBok01RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2015\\\/12\\\/FEBBok01RR.jpg\",\"width\":500,\"height\":333},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose","og_description":"Toe Bok van Blerk, klein was, het sy ma, Salome, gedroom sy sien sy naam in ligte op bemarkings-borde in Hollywood. En nou het die \u201cDe la Rey\u201d-sanger pas sy eerste romantiese hoofrol gespeel in Leading Lady, \u2019n fliek wat [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-04-15T13:04:00+00:00","article_modified_time":"2016-02-12T08:53:39+00:00","og_image":[{"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg","type":"","width":"","height":""}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019","datePublished":"2014-04-15T13:04:00+00:00","dateModified":"2016-02-12T08:53:39+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/"},"wordCount":1255,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg","keywords":["wat's nuus","bekendes","Onderhoude","rooi rose mense"],"articleSection":["Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/","name":"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg","datePublished":"2014-04-15T13:04:00+00:00","dateModified":"2016-02-12T08:53:39+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2015\/12\/FEBBok01RR.jpg","width":500,"height":333},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bok-van-blerk-ek-is-wie-ek-is\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bok van Blerk: \u2018Ek is wie ek is\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6542"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6542\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}