{"id":6520,"date":"2014-04-11T10:16:00","date_gmt":"2014-04-11T08:16:00","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/humeure-en-gewere\/"},"modified":"2016-03-02T14:28:50","modified_gmt":"2016-03-02T12:28:50","slug":"humeure-en-gewere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/","title":{"rendered":"Humeure en gewere"},"content":{"rendered":"<p>Is ons, en spesifiek Afrikaanse mans, gewapen en aggressief? Het ons meer wapens as ander mans in die land? Is ons aggressiewer as ander mans? Of is Suid-Afrikaners oor die algemeen aggressief? Ons Mediese Navorsingsraad en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie het die afgelope aantal jaar navorsing hieroor gedoen en het onlangs onderskeidelik verslae uitgestuur met die volgende skrikwekkende syfers:<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoeveel wapens het ons?<\/h4>\n<p>\u2022 In 1994 was daar 2,4 miljoen wapeneienaars, en in 1999 was daar 3\u00a0554\u00a0335 gelisensieerde wapens.<br \/>\n\u2022 Dit het so afgeneem dat daar in 2011 net 1\u00a0845\u00a0032 gelisensieerde private wapeneienaars met 3\u00a0044\u00a0759 wapens was. En tans? Die agterstallige aansoeklys van meer as \u2019n miljoen bring ons by drie miljoen wapeneienaars met tot vyf miljoen wapens. Dus: meer mense met meer wapens.<br \/>\n\u2022 Daarby word \u2019n ontstellende hoeveelheid gesteel. Volgens amptelike syfers is daar in die tien jaar tot 2007 gemiddeld 53 per dag van private persone en ses per dag van die polisie en weermag gesteel. Die totaal kom op<br \/>\n194\u00a0960 te staan, wat beteken daar is meer wapens in die hande van kriminele as ooit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor wapens en moord<\/h4>\n<p>Hoe raak dit ons moordsyfers? Dit is nou \u201cbaie beter\u201d met net 18 mense wat per dag doodgeskiet word. In 1998, voor die Wapenwet ingestel is, is 34 mense per dag doodgeskiet.<\/p>\n<p>Die moordwapen is interessant: In 2009 is 16 835 mense doodgemaak, waarvan 5 513 met \u2019n wapen en 11\u00a0322 met \u2019n mes, stomp voorwerp soos \u2019n kierie, of die hand. Dus is 35% van vermoordes met \u2019n wapen doodgemaak. Die w\u00eareldgemiddeld vir wapenmoord is 42%. Voor die Wapenwet was ons ver bo die w\u00eareldgemiddeld, met 49%.<\/p>\n<p>Wapens as moordtuig het van 2002 tot 2007 so afgeneem: Vir Johannesburg van 69% tot 44%; vir Pretoria en Durban van 60% tot 44%; en vir Kaapstad van 49% tot 33%.<\/p>\n<p>Wie word vermoor? Vir elke een vrou word nege tot elf mans vermoor, meestal weens misdaad. Die 18 skietmoorde per dag sluit in drie vroue wat deur hul lewensmaat vermoor is, wat \u201cintieme moord\u201d genoem word. Voor die Wapenwet is vier vroue per dag deur hul maat doodgeskiet. Dus laat die Wapenwet intieme moord afneem.<\/p>\n<p>Maar wat van ander wapens vir intieme moord? In 1994 was die syfers min of meer gelyk: wapens 31%, messe 33% en stomp voorwerpe soos kieries 33%. Dus word ewe veel vroue met \u2019n mes of kierie vermoor. N\u00e1 die Wapenwet gebeur daar iets interessants: Die intieme wapenmoordsyfer daal met die helfte, terwyl die syfers vir messe en kieries dieselfde bly.<\/p>\n<p>Die oorhoofse gevolgtrekking? Meer wapenbeheer, minder moord; en geen beheer oor messe en kieries nie, met ooreenstemmend geen afname nie. Dit is nie die punt nie, s\u00ea Gunfree South Africa, wat \u2019n skerp toename in wapenmoord verwag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Beleef ons vroue wapengeweld?<\/h4>\n<p>Is dit net syfers en persepsies? Wat beleef vlees-en-bloed vroue soos ons lesers? \u2019n Paar oproepe lewer verrassend gou oorgenoeg stories op. Min wil hul name bekend maak.<\/p>\n<p>Een van ons bekende persoonlikhede verwoord wat al die ander s\u00ea: \u201cAs jy hom kwaad maak, word die monster in hom wakker. Dan kom kry die monster jou. Ek is n\u00e1 agt jaar nog altyd bang, want ek weet hy kan enige dag terugkom en my kom seermaak. Dalk doodmaak. Ek het sy wapens laat konfiskeer maar hy \u2018leen\u2019 nou sy pa se pistool.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Tweede een vertel hoe hy dikwels kamma liefdevol met haar gestoei het, maar haar eintlik in \u2019n wurggreep beetgekry het en eers gelos het as sy \u201cAsseblief, Baas\u201d s\u00ea in \u2019n stemtoon wat hom aanstaan. Soms tien, twintig keer voor hy tevrede was dat sy dit \u201cbedoel\u201d, wat meestal eers gebeur het as sy in trane was.<\/p>\n<p>\u201cHy het ook dikwels met sy geweer gesit en speel \u2013 oopknak, laai, korrel, die koe\u00ebls uithaal en die proses herhaal \u2013 terwyl hy opmerkings maak soos dat \u2019n man nie altyd op sy vrou kan staatmaak nie, maar op sy geweer wel.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Derde een vertel haar eks het elke drie maande of so \u201cuitgehaak\u201d. \u201cDie eerste keer skrik jy jou loodkoud. Daarna? Jy gaan elke keer \u2019n klein bietjie meer dood. Naderhand gee jy nie meer soveel om nie. Jy weet wat gaan kom as hy \u2019n glasie wyn skink. Jy s\u00ea vir jouself \u2018hy\u2019s dronk, hy weet nie wat hy doen nie\u2019. Jy\u2019s vasgevang, want hy hou jou dop en begin sy pistool klik as hy dink jy probeer uitglip of iemand bel. Jy kyk hom nie in die o\u00eb nie. Dit is beter as jy jou kop laag hou en nie te\u00ebpraat nie. M\u00f4re is hy spyt en jy hoop-glo dit gaan nooit, ooit weer gebeur nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Is Afrikaanse mans moeiliker?<\/h4>\n<p>\u201c\u00c1l ons kultuurgroepe is ekwivalent aggressief teenoor hul lewensmaats,\u201d s\u00ea prof. Naeemah Abrahams wat die MNR-ondersoek oor intieme moord in ons land gelei het.<\/p>\n<p>\u201cDaar is wel in alle groepe minder \u2013 net effens \u2013 aggressie onder mense met meer akademiese opleiding. Ons het oor die algemeen \u2019n ontsettend aggressiewe kultuur, en op alle gebiede. Ons word as van die aggressiefste bestuurders ter w\u00eareld gereken.<\/p>\n<p>Kyk net hoe ons ligte gooi, indruk en op ander se stert ry om hulle te intimideer.<\/p>\n<p>\u201cKyk na ons huisgeweldskultuur. Baie ouers straf kinders net met aggressie \u2013 en sommer met die vuis, nie eers \u2019n hou op die boud nie. Mans slaan hul vroue.\u201d<\/p>\n<p>Hannes Venter, \u2019n woedehanterings-konsultant, s\u00ea ons kulturele verwagtings van manlike gedrag veroorsaak binne konflik.<\/p>\n<p>\u201cAan die een kant moet mans macho wees en hulself aggressief handhaaf; aan die ander kant word veral ons Afrikaanse, swart en Moslemgemeenskappe geleer om jou mond te hou en jou werk te doen. Ons is \u00e1lmal woedend.<\/p>\n<p>\u201cEn moenie glo net mans is aggressief nie. Baie vroue kom spreek my.\u201d<\/p>\n<p>Shelton Kartun, hoof van die Anger &amp; Stress Management Center in Kaapstad, s\u00ea ook die vlakke van frustrasie is geweldig hoog onder \u00e1l ons mans.<\/p>\n<p>\u201cDie deursnit Eerstew\u00eareldse deel van ons bevolking is kwaad omdat hulle opoffer, benadeel word en verarm, en in ruil daarvoor net korrupsie, onbekwaamheid en agteruitgang sien.<\/p>\n<p>\u201cDie Derdew\u00eareldse deel van ons bevolking is kwaad omdat hulle net so hard werk soos vantevore maar so min soos altyd kry, steeds in krotte woon en nie die geleenthede en beter lewenstandaard het waarvan hulle droom nie.<\/p>\n<p>\u201cMense kyk die subtieler vorms van woede mis. Ons dink ons is kalm en maar net teleurgesteld of ge\u00efrriteerd, of dalk selfs net gefrustreerd. Al drie is vorms van woede.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Beteken manlike woede manlike aggressie?<\/h4>\n<p>Beslis, veral by mans, s\u00ea Hannes. \u201cHulle krop op en snap. Dit is op so \u2019n oomblik dat \u2019n man sy vrou rondruk, sy kinders met sy vuiste, mes of kierie bydam, deure en ruite uitskop, padwoede uitleef, kollegas boelie en intimideer \u2026 of skiet.<\/p>\n<p>\u201cVerder het ons geskiedenis ons gevorm om ons woede aggressief uit te druk. Die apartsregering en die vryheidsvegters het wyd geweld gepleeg en mans geleer geweld gee jou jou sin, sonder enige regsgevolge. De Doorns, Marikana en Sasolburg is moderne voortsettings daarvan.\u201d<\/p>\n<p>Shelton stem saam: \u201c\u00c1lle woede wat nie uitgedruk word nie, bou op en ontplof iewers teenoor iemand. Ons is woedend en ken net aggressie as tegniek om dit uit te druk. Ons weet nie hoe om selfgeldend te kommunikeer en ons so te handhaaf nie.\u201d<\/p>\n<p>Is daar n\u00f3g \u2019n vorm van aggressie? Die vroue met wie ons gepraat het, s\u00ea die aggressie l\u00ea in sy persoonlikheid. Hy is nie kwaad nie; hy het \u2019n lelike streep.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse skrywer van In Sheep\u2019s Clothing, dr. George Simon, s\u00ea mense wat altyd aggressief is, het eerder \u2019n afwykende persoonlikheidstipe as opgekropte woede. Party is openlik aggressief; ander kanaliseer hul aggressie en is dikwels baie suksesvol in beroepe soos die weermag, polisie en sport. Terapie verander hulle nie.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hulle moet tipies altyd \u201cbaas\u201d of \u201cwenner\u201d wees; dat hulle die w\u00eareld sien as \u201cek teen hulle\u201d; dat hulle alle gesag en re\u00ebls verontagsaam wat keer dat hulle \u201cwen\u201d; dat hulle geregtig voel op die allerbeste; dat enige aantasting hoe gering ook al van hierdie \u201cregte\u201d hulle woedend maak; dat hulle geregverdig voel in hul woede en dus enige gedrag en leuens daaroor sal regverdig; dat hulle doelbewus die mense wat hulle regte aantas, vikti-miseer; dat baie van hulle van gevaar hou, aktief risiko\u2019s najaag en opvallend onverstoorbaar in gevaarlike omstan-dighede is.<\/p>\n<p>Shelton s\u00ea min sielkundiges sal met Simon saamstem. \u201cDit is waar dat baie mense in woede oorskakel na die primitiewe brein en dus in knee jerk-aggressie ingaan. Maar mense k\u00e1n hierdie eerste impuls leer moduleer \u2013 as iemand hulle dit leer. Ons sien ongelooflike omswaaie in gedrag by selfs die ergste boelies.\u201d<\/p>\n<p>Uiteindelik maak dit nie veel verskil of iemand se aggressie uit sy woede spruit, en of dit \u2019n integrale deel van sy persoonlikheid is nie. Albei reageer gewelddadig.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Woede en wapens<\/h4>\n<p>Kultuur, geskiedenis, opvoeding, persoonlikheid \u2026 Met soveel rede vir aggressie is dit geen wonder dat ons re\u00ebnboog al die skakerings van bloed aanneem nie. Wat doen mense met hul aggressie?<\/p>\n<p>Claire Taylor van Gunfree South-Africa, wie se skoolmaat meer as twintig jaar gelede deur die Norwood-verkragter doodgeskiet is, s\u00ea die antwoord is eenvoudig: hulle pluk hul wapens uit.<\/p>\n<p>\u201cDie syfers bewys dit: vandat die nuwe Wapenwet wapens beperk, het die aantal vroue wat met wapens vermoor is van 1998 tot in 2009 van 34% tot 17% gedaal. Daarteenoor het die aantal vroue wat dood is n\u00e1 hulle met messe gesteek is, of met die hand of \u2019n kierie geslaan is, dies\u00e9lfde gebly. As ni\u00e9mand wapens het nie, sal daar g\u00e9\u00e9n wapenmoorde wees nie \u2013 dit is so logies.\u201d<\/p>\n<p>Naeemah voel ewe sterk daaroor: \u201cDit is sterk syfers. Wat \u00a0ons ni\u00e9 weet nie, is of dit vervang is deur aanrandings, en of \u00a0daar dus nou meer vroue met gebreekte ribbes en soortgelyke beserings rondloop.<\/p>\n<p>\u201cDie probleem is nie soseer die wapen nie maar aggressie. \u2019n Wapen is net baie dodeliker as \u2019n vuis, mes of kierie. Ons weet byvoorbeeld dat 83% van mense wat met \u2019n wapen selfmoord wil pleeg, dit regkry, terwyl di\u00e9 wat pille probeer, meestal in die hospitaal beland en oorleef. Daarom dat wapens duidelik aan sterftesyfers gekoppel kan word. Wapens en aggressie is \u2019n dodelike kombinasie.\u201d<\/p>\n<p>Maar ons het \u2019n baie streng Wapenwet. Die meeste van die moorde word sekerlik met ongelisensieerde wapens gepleeg?<\/p>\n<p>Glad nie, s\u00ea Naeemah. \u201cOns navorsing wys dat juis die gelisensieerde wapens in intieme moorde en gesinsgeweld gebruik word.\u201d<\/p>\n<p>Met ander woorde \u2019n aansienlike aantal mans wat onder ons nuwe Wapenwet as bevoeg beskou word om \u2019n wapen te mag besit misbruik dit?<\/p>\n<p>Elke polisiekantoor het \u2019n DFO \u2013 designated fire-arms officer. Ons bel een om te hoor hoe sulke mense dan wapens bekom.<\/p>\n<p>Adjudant-offisier Glen (ons hou sy naam vertroulik) s\u00ea hy was al baie ontsteld hieroor: \u201cEk is deel van die bevoegdheids-evaluering vir wapenlisensies en moet vasstel of die aansoeker \u2019n risiko is. Ek het al \u2019n hele paar keer iemand afgekeur en stuur my afkeuring in na hoofkantoor. En dan kom dit wragtig terug met goedkeuring. Ek verstaan dit nie.<\/p>\n<p>\u201cEk kry elke maand vyf tot tien hofbevele om wapens by mense se huise te gaan konfiskeer, en dan dink ek di\u00e9 soort ding kon vermy gewees het as die lisensieprosedure reg toegepas is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het ons wapens nodig?<\/h4>\n<p>Sal ons, soos Gunfree South-Africa voorstel, almal veilig wees as ons almal sonder wapens is?<\/p>\n<p>Martin Hood, segspersoon van die SA Gunowners Assosiation (SAGA) s\u00ea dit is nie regverdig of objektief om die wettig gelisensieerde wapeneienaars oor dieselfde kam te skeer as boewe en mense met aggressiekwessies nie.<\/p>\n<p>Martin wys daarop dat ontwapening in Australi\u00eb en Engeland geen effek op die misdaadsyfer gehad het nie. N\u00e1 ons Wapenwet ingestel is, het wettige wapenbesit wel afgeneem, maar dit is nou ho\u00ebr as ooit, terwyl ons misdaadsyfer d\u00e1\u00e1l. Wettige, verantwoordelike wapenbesit het min met misdaad en gesinsgeweld te doen.<\/p>\n<p>Die boer op \u2019n afgele\u00eb plaas waar die polisie en \u2019n sekuriteitsmaatskappy hom nie kan bystaan nie, \u2019n man wat saam met vriende gaan jag, die vrou wie se man haar dreig, die ma van \u2019n depressiewe kind wat met selfmoord dreig, die oupa wie se kleindogter haar maatjie met sy wapen doodgeskiet het, en iemand wat al \u2019n inbreker in sy huis gehad het, sal elkeen vir seker anders daarop antwoord.<\/p>\n<p>Die laaste woord behoort aan Naeemah: \u201cDie werklike, onderliggende probleem is aggressie. Die algehele ontwapening van die publiek haal die gevaar uit die aggressie uit maar dit los nie die aggressie op nie. En dit is waaraan ons eintlik moet werk.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat as hy sy wapen\u00a0op jou rig?<\/h4>\n<p>Laat sy wapen onmiddellik vat.<br \/>\n1 Ingevolge die Vuurwapenbeheerwet word \u2019n wapen verwyder as hy iemand daarmee dreig, op iemand rig of dit onder die invloed van drank of dwelms hanteer.<br \/>\n2 Gee dit dadelik skriftelik by jou naaste polisiekantoor aan.<br \/>\n3 Die polisie m\u00f3\u00e9t onmiddellik al sy wapens verwyder.<br \/>\n4 Hierna volg \u2019n verhoor by die polisiekantoor. As hy skuldig is, word sy lisensie verwyder.<\/p>\n<p><strong>Wenk<\/strong> As jy bang is, kan jy iemand \u00e1nders vra om die klag namens jou aan te gee. En as jou buurman of familielid sy vrou dreig, is dit ook binne jou regte om op te tree.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kry hulp hier<\/h4>\n<p>Jy is respek werd. Jy is ook die een wat die eerste tree moet gee. Wat kan jy doen?<\/p>\n<p>Kyk by <a href=\"http:\/\/www.vitalfoundation.co.za\" target=\"_blank\">www.vitalfoundation.co.za<\/a>\u00a0vir stap vir stap praktiese riglyne.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is ons, en spesifiek Afrikaanse mans, gewapen en aggressief? Het ons meer wapens as ander mans in die land? Is ons aggressiewer as ander mans? Of is Suid-Afrikaners oor die algemeen aggressief? Ons Mediese Navorsingsraad en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie het die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":16533,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[674],"tags":[2975,1113,2974],"class_list":["post-6520","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-die-nuus","tag-gewere","tag-aktueel","tag-wapens"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Humeure en gewere | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Humeure en gewere | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Is ons, en spesifiek Afrikaanse mans, gewapen en aggressief? Het ons meer wapens as ander mans in die land? Is ons aggressiewer as ander mans? Of is Suid-Afrikaners oor die algemeen aggressief? Ons Mediese Navorsingsraad en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie het die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-11T08:16:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-03-02T12:28:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"533\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Humeure en gewere\",\"datePublished\":\"2014-04-11T08:16:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:28:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/\"},\"wordCount\":2204,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/thunderstorm-1.jpg\",\"keywords\":[\"gewere\",\"aktueel\",\"wapens\"],\"articleSection\":[\"In die nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/\",\"name\":\"Humeure en gewere | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/thunderstorm-1.jpg\",\"datePublished\":\"2014-04-11T08:16:00+00:00\",\"dateModified\":\"2016-03-02T12:28:50+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/thunderstorm-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2014\\\/04\\\/thunderstorm-1.jpg\",\"width\":800,\"height\":533},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/humeure-en-gewere\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Humeure en gewere\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Humeure en gewere | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Humeure en gewere | rooi rose","og_description":"Is ons, en spesifiek Afrikaanse mans, gewapen en aggressief? Het ons meer wapens as ander mans in die land? Is ons aggressiewer as ander mans? Of is Suid-Afrikaners oor die algemeen aggressief? Ons Mediese Navorsingsraad en die W\u00eareldgesondheidsorganisasie het die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-04-11T08:16:00+00:00","article_modified_time":"2016-03-02T12:28:50+00:00","og_image":[{"width":800,"height":533,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Humeure en gewere","datePublished":"2014-04-11T08:16:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:28:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/"},"wordCount":2204,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg","keywords":["gewere","aktueel","wapens"],"articleSection":["In die nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/","name":"Humeure en gewere | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg","datePublished":"2014-04-11T08:16:00+00:00","dateModified":"2016-03-02T12:28:50+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2014\/04\/thunderstorm-1.jpg","width":800,"height":533},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/humeure-en-gewere\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Humeure en gewere"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6520","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6520"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6520\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/16533"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6520"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6520"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6520"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}