{"id":6484,"date":"2014-04-08T10:21:46","date_gmt":"2014-04-08T08:21:46","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/"},"modified":"2018-04-09T10:51:46","modified_gmt":"2018-04-09T08:51:46","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>Vry oor die vlaktes<\/strong><\/em><\/p>\n<p>As Liesl uiteindelik in \u2019n diep slaap verval, droom sy sy dans weer oor die mat in \u2019n waas van pille en wyn, die Medusa op haar skilderdoek se hare groei weer in vertakkings deur haar studio. Een van die takke verstrengel om haar lyf en druk haar teen die vloer vas. Voor haar is \u2019n swart figuur.<\/p>\n<p>Dit beweeg. Sy sien \u2019n rooi kol naby haar gesig. Haar o\u00eb knip om te fokus in die dofheid. Dan verander die rooi kol in \u2019n groot laggende mond. Agter die mond is \u2019n swart masker. Sy probeer na die masker gryp, maar die vertakkings van Medusa se hare hou haar vas. Sy wil skree, maar haar mond is onwillig om oop te gaan. Asof die swart figuur haar behoefte aanvoel, dwing lang rooi naels haar tande en lippe oop. Soet vloeistof spoel in haar mond. Haar hande gryp desperaat na die masker. Sy vat dit vas en ruk daaraan. Die takke van Medusa hou haar vas &#8230;<\/p>\n<p>Liesl skrik natgesweet wakker. Sy hyg na haar asem. Haar lyf bewe.<\/p>\n<p>Die droom was so werklik. So bekend. Soos een van daardie drome wat weer en weer terugkom en terwyl jy droom, weet jy jy het dit al gedroom. Maar sy kan nie onthou dat sy al ooit so \u2019n droom gehad het nie. Die sielkundige in die hospitaal het haar aangemoedig om haar dome neer te skryf, maar toe het haar onderbewussyn nie saamgespeel nie. Sy kon nie een oggend \u2019n droom onthou nie. Daar was net die vreeslike moegheid soggens. Asof sy die hele nag deur met nagmerries gestoei het.<\/p>\n<p>Sy wens sy kon iemand bel om die angstige droom te bespreek, maar dit is skaars vieruur die oggend. Die beker met die soet kamilletee en kruiepil laat haar bewende lyf effens bedaar.<\/p>\n<p>In \u2019n fetusposisie onder die duvet probeer sy die gebeure van die afgelope paar weke uitpluis. Dis asof haar lewe in \u2019n dwarrelwind beland het en heeltemal buite beheer tol.<\/p>\n<p>Uiteindelik oorval \u2019n rustige slaap haar \u2026 tot haar selfoon begin lui.<\/p>\n<p>Dis Herman.<\/p>\n<p>\u201c<em>Jeez<\/em> jong, dis al elfuur! Slaap jy nog?\u201d<\/p>\n<p>Die lag in sy stem keer haar om knorrig te wees.<\/p>\n<p>\u201cEk het dringend jou hulp nodig. Dit sal sommer ook jou aandag aflei met die ding van Konrad.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHarry, jy en Emily skinder te veel.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNie skinder nie Liesl, omgee. Onthou ons is pelle? Gaan neem \u2019n stort, ek kom haal jou oor \u2019n uur.\u201d<\/p>\n<p>Terwyl louwarm water en seep oor haar spoel, besef sy sy het nooit gevra wat die guns is wat Harry wil h\u00ea sy moet doen nie. Hy is reg, die afgelope weke was hy vir haar \u2019n ware vriend en al is sy net lus om onder haar duvet weg te kruip vir die lewe, weet sy dit sal haar goed doen om tyd in Harry se geselskap deur te bring. Hy het \u2019n kalmte om hom. \u2019n Goeie aura, s\u00ea Emily.<\/p>\n<p>Maks se baldadige blaf-tjank-geluide verraai Harry se aankoms. Die groot lyf wriemel van plesier.<\/p>\n<p>\u201c<em>Yes Yes girl<\/em>, hoop jy is lus vir rondry. \u2019n Boer op Wilgenshoek het \u2019n moeilike perd wat ek al maande behandel en ek het iemand nodig om my geselskap te hou op die lang pad.<\/p>\n<p>Liesl het geen energie om beswaar te maak nie. Herman neem haar ferm aan die hand en help haar in sy Landrover in. Hy gesels vrolik oor die renosterprojek en hulle is skaars uit die stad of hy maak \u2019n outydse koekblik oop. Tamatietoebroodjies, frikadelle, gaar wors, biltong en gekookte eiers is netjies in waspoapier verpak. Genoeg kos vir \u2019n honger gesin van tien! Die ou bekende reuk van padkos neem haar terug na tye toe sy en haar ma die lang pad see toe alleen gepak het.<\/p>\n<p>Harry beduie met \u2019n eierbroodjie in die hand na die paneelkissie. \u201cHaal bietjie vir ons musiek uit!\u201d<\/p>\n<p>Die versameling musiek in die paneelkissie strook glad nie met die man wat perfekte Bach uit \u2019n vleuelklavier kan voortbring nie.<\/p>\n<p>\u201cBoeremusiek! Leon Schuster se Hier kom die bokke! O my aarde, en \u2026 Harry, is jy seker dis jou musiek?\u201d<\/p>\n<p>Harry maak asof sy hom diep seermaak.<\/p>\n<p>\u201cWat bedoel jy? Dis my sielsmusiek! Ek is \u2019n plaasseun, onthou. Ek het op Boeremusiek leer vry.<\/p>\n<p>Vrydagaande in my pa se skuur het die mooiste <em>girls<\/em> van die distrik kom dans. En, ek kan nogal goed skoffel hoor! Ek het menige muurblommetjie se go uitgedans. Hmmm en die gevry agter die damwal. Dit was die beste. Daar het ek die feite van die lewe leer ken.\u201d<\/p>\n<p>Liesl lig laggend haar hande op om te keer dat hy oor die damwal-eskapades uitwei.<\/p>\n<p>\u201cStop! Stop! Te veel detail!\u201d<\/p>\n<p>\u201cNou hoe het jy dan leer vry? Kom kom, uit daarmee!\u201d<\/p>\n<p>Hulle lag en gesels kilometer vir kilometer op die maat van Boeremusiek. Herman verorber die helfte van die koekblik en beduie gereeld as hy nog kondensmelk-koffie uit die fles benodig.<\/p>\n<p>By die plaas laat hy haar onder \u2019n koelteboom sit terwyl hy met die getraumatiseerde perd werk.<\/p>\n<p>Die perd was saam met sy teler op pad na \u2019n skou toe \u2019n vragmotor voor hulle ingery het. Die perd is nie in die botsing beseer nie, maar is sedertdien onbeheerbaar.<\/p>\n<p>Liesl sien hoe sag Herman met die dier werk. Die kameelkleurige saalperd is eers senuagtig, maar sy herken blykbaar Herman se stem. Dit neem meer as \u2019n uur se paai voor sy toelaat dat Herman aan haar raak.<\/p>\n<p>Die rustige toneel in die perdekamp spoel soos \u2019n genesende tonikum oor Liesl se ontstelde gemoed. Sy vergeet van Konrad en die nagmerrie. Haar aandag is by Savanna en Herman. Die perd luister aandagtig na die groot man se sagte stem. Dan laat sy hom toe om haar aan \u2019n leiband rond te lei.<\/p>\n<p>Liesl is spyt as Savanna uiteindelik teruggelei word stalle toe.<\/p>\n<p>\u201cSy is \u2019n sensitiewe dier,\u201d s\u00ea Harry as hy langs haar op die bankie kom sit.<\/p>\n<p>\u201cJy is \u2019n veelsydige man, dr Harry. Ek het nie geweet jy is \u2019n <em>horse whisperer<\/em> ook nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAi, as ek maar soos Robert Redford gelyk het! Die werklikheid is ongelukkig nie so romanties nie. Alle volbloed plaaskinders wat lief is vir diere kan met hulle kommunikeer, Liesl. Dit het my al baie in my loopbaan gehelp.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDink jy daar is hoop vir Savanna, Harry?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk wens die lewe was soos in die moewies. Ek weet nie of Savanna gaan regkom nie. Tyd sal leer.\u201d<\/p>\n<p>Liesl stap deur die stalle terwyl Herman en die boer gesels. Die spogperde loer met groot o\u00eb na haar. Sy vryf selfs versigtig oor \u2019n paar fluweelneuse.<\/p>\n<p>In die Landrover haal Harry \u2019n pakkie CD\u2019s onder sy sitplek uit.<\/p>\n<p>\u201cLekker <em>chill <\/em>musiek. Jy is genoeg gemartel op pad hierheen\u2026 Ons is genoeg gemartel!\u201d Dan skater hy en beken dit is Roxy se musiek in die paneelkissie.<\/p>\n<p>\u201cRoxy! Boeremusiek? Ek glo dit nie!\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, Roxette is \u2019n gekompliseerde mensie. Haar ouers boer op die plaas langs myne. Ek het haar onder my vlerk geneem toe sy die pad effe duister geraak het in die stad. Ek is baie lief vir daardie meisie. Onder die wilde voorkoms sit \u2019n sagte wese.\u201d<\/p>\n<p>By die huis is Maks byna blyer om Harry te sien as vir haar.<\/p>\n<p>\u201cKan ek vir jou iets maak om tee eet, Harry? Ek is bevrees jy kan kies tussen roereiers en roosterbrood en gebakte eiers en roosterbrood.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk verkies my eiers medium, <em>sunny side up<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>\u201cSal jy vir ons die sap skink? Ek is mos heeltemal van wyn en brandewyn af.\u201d<\/p>\n<p>Harry gooi die lemoensap in wynglase en hou een met groot<em> flair<\/em> na haar uit.<\/p>\n<p>\u201c<em>Cheers ou girl<\/em>, op vriendskap!\u201d<\/p>\n<p>Lank na ete sit hulle stil op haar stoep en kyk hoe Maks die laaste paar struike in Konrad se spogtuin vernietig.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dit tyd dat jy jou pasi\u00ebnt dissipline aanleer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cLos hom vir eers Liesl, partykeer moet mens \u2019n probleem eers los om te stabiliseer voor jy dit aanpak.\u201d<\/p>\n<p>Hy buig vooroor en woel met sy groot hand oor haar kort krulkop.<\/p>\n<p>\u201cEk is nie goed met mense nie, Liesl, maar diere het my geleer dat daar nie vinnige oplossings is nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cAs ek \u2019n dier was, watter raad sou jy my gee? As <em>horse whisperer<\/em>?\u201d<\/p>\n<p>Die groen o\u00eb vonkel onnutsig.<\/p>\n<p>\u201cVir \u2019n wilde merrie soos jy? Ek sou jou eers kans gegee het om weer wild oor die vlaktes te gallop. Om weer vry te wees en jouself te wees.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vry oor die vlaktes As Liesl uiteindelik in \u2019n diep slaap verval, droom sy sy dans weer oor die mat in \u2019n waas van pille en wyn, die Medusa op haar skilderdoek se hare groei weer in vertakkings deur haar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-6484","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vry oor die vlaktes As Liesl uiteindelik in \u2019n diep slaap verval, droom sy sy dans weer oor die mat in \u2019n waas van pille en wyn, die Medusa op haar skilderdoek se hare groei weer in vertakkings deur haar [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-04-08T08:21:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-09T08:51:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19\",\"datePublished\":\"2014-04-08T08:21:46+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:51:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/\"},\"wordCount\":1418,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-04-08T08:21:46+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-09T08:51:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose","og_description":"Vry oor die vlaktes As Liesl uiteindelik in \u2019n diep slaap verval, droom sy sy dans weer oor die mat in \u2019n waas van pille en wyn, die Medusa op haar skilderdoek se hare groei weer in vertakkings deur haar [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-04-08T08:21:46+00:00","article_modified_time":"2018-04-09T08:51:46+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19","datePublished":"2014-04-08T08:21:46+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:51:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/"},"wordCount":1418,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2014-04-08T08:21:46+00:00","dateModified":"2018-04-09T08:51:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-19\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 19"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6484","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6484"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6484\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6484"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6484"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6484"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}