{"id":64553,"date":"2017-01-12T15:15:45","date_gmt":"2017-01-12T13:15:45","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=64553"},"modified":"2017-01-12T15:16:34","modified_gmt":"2017-01-12T13:16:34","slug":"skryf-n-nuwe-hoofstuk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/","title":{"rendered":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk"},"content":{"rendered":"<p>Leeftye se gedagtes en ervarings kleur elke oomblik en gebeurtenis in ons lewe en tog kan ons so onwrikbaar glo in ons standpunte dat ons dit verhef tot die absolute waarheid van wat reg, verkeerd of die werklikheid is. Daarmee kan ons onsself en ander beperk, of vasgevang bly in moeilike situasies omdat ons daarop aanspraak maak dat ons weet en verstaan, en ons nie ons waarheid en werklikheid kan of wil bevraagteken nie.<\/p>\n<p>Shakespeare het ges\u00ea dat niks werklik sleg of goed is nie, maar dat ons denke dit bepaal. Ons emosionele reaksies, besluite en optrede word deur ons persepsies en nie noodwendig deur \u2019n objektiewe werklikheid bepaal nie.<\/p>\n<p>Mense veroorsaak meer lyding in die w\u00eareld en onder mekaar as die verwoestende uitwerking wat die grootste natuurrampe kan h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Met ons persepsies skep ons ons w\u00eareld en die w\u00eareld rondom ons<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Bestaande kennis, gelowe, aannames, jou kultuur en die kondisionering van jou ervarings vorm jou persepsie van die realiteit dikwels meer as die huidige werklikheid. Ons brein neem nuwe situasies en inligting waar en interpreteer dit in verweefdheid daarmee en dit skep ons bewustheid van wat ons sien en ervaar. Dink maar aan die reaksie van die Koisan-man toe die Coke-bottel uit die lug val in die fliek <em>The God\u2019s Must be Crazy<\/em>. Hy het nog nooit so iets gesien nie. Die naaste aan bekende en bestaande kennis waarmee hy dit kan integreer, is om te glo dis \u2019n geskenk van die gode.<\/p>\n<p>Alle waarnemings en ervarings is vir elke individu baie spesifiek en uiteenlopend. Alles wat jy waarneem, word bepaal deur die betekenis wat j\u00fd daaraan gee as gevolg van j\u00f3\u00fa gedagtes, gelowe, emosies en verwagtinge. Einstein het verder gegaan en ges\u00ea dat die werklikheid bloot \u2019n illusie is.<\/p>\n<p>Ons skep en beperk onsself, ander en die w\u00eareld deurdat ons denke en persepsies dikwels ons identiteit vorm. Ons identiteit word bepaal deur ons rolle, kultuur, materi\u00eble dinge, ons beroep, voorkoms, geslagsidentiteit, ons gedagtes en vrese. Solank \u2019n mens jou identiteit hierin probeer vind, beperk en verloor jy jouself en ander. Dan het jy meer en beter nodig, voel jy ongelukkig, ontevrede en angstig. Dan glo kreatiewe en talentvolle mense of kinders nie in hulself nie, want die prestasie of dinge wat hul identiteit moet bepaal, is immer onvoldoende.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die illusie en beperkende aard van persepsies<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Die fokus van jou gedagtes bepaal jou persepsie<\/strong>: Verwagtende vroue sien oral ander verwagtende vroue en babas raak, en vervang jy die dag jou huis se dak, sien jy so ver jy ry net huise se dakke raak. Wanneer jy honger is, lyk kos lekkerder. Stoele en deuropeninge lyk vir groot mense kleiner. Wanneer jy glo jou man of kind is selfsugtig en help jou nie, sien jy hoofsaaklik alles raak waarmee hulle nie help nie, en kyk jy dikwels die dinge mis waarmee hulle wel help.<\/p>\n<p>Almal neem selektief en gedeeltelik waar. In \u2019n eksperiment om die omvang daarvan te bepaal, is \u2019n groep mense gevra om na \u2019n video van \u2019n basketbalwedstryd te kyk en vas te stel hoeveel keer die bal van hande verwissel voordat \u2019n punt aangeteken is. \u2019n Man in \u2019n gorillapak het terselfdertyd tussen die spelers rondgeloop. N\u00e1 die video moes almal alles opnoem wat hulle gesien het. Minder as 10% het die gorillaman gesien. Die res was te besig om te kyk hoe die bal van speler tot speler verwissel. So mis ons almal dinge reg voor ons o\u00eb.<\/p>\n<p>Jou eerste persepsie of ervaring bepaal wat jy later raaksien. Wanneer jou eerste ontmoeting met \u2019n buurman \u2019n negatiewe ervaring is, kan dit \u2019n negatiewe invloed op jul toekomstige gesprekke of verhouding h\u00ea. Indien jou eerste ete in \u2019n restaurant niks besonders was nie, sal jy moontlik nie teruggaan nie en later verbaas wees wanneer jy by vriende hoor hoe heerlik hulle daar ge\u00ebet het. Dieselfde geld talle ander ervarings, soos leer of terapie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Wanneer jy in \u2019n negatiewe bui, of ontsteld en omgekrap is, kan jy ook situasies, jouself of ander meer negatief beoordeel<\/strong>. Dit voel dalk niks werk uit nie, of dinge bly maar vir jou skeefloop.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Vorige gebeure en die assosiasies daarmee kan jou persepsies kleur<\/strong>. Wanneer jou man se vorige blonde sekretaresse hom probeer verlei het, kan jy agterdogtig wees oor sy verhouding met sy huidige sekretaresse, of telkens jaloers en ontsteld wees wanneer hy met enige blonde vrou praat, al is dit hoe onskuldig. Indien jy \u2019n weersin in drank het omdat jou pa te veel gedrink het, kan jy dalk ontsteld of negatief raak indien jou lewensmaat alkohol gebruik, selfs wanneer hy sosiaal net een of twee glase wyn drink. Ons kategoriseer dinge op grond van assosiasies: Mense wat dit dra, of dat doen, is sus en so.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Dit wat jy oor jouself glo, be\u00efnvloed jou persepsies<\/strong>: \u2019n Man wat hom as selfgeldend beskou, beland gedurig in situasies waarin hy voel dat hy hom moet laat geld. Glo jy dat jy \u2019n mens is wat omgee, kan jy ervaar dat mense jou uitmergel omdat iemand gedurig op jou steun en op jou bystand aanspraak maak. Wanneer iemand dink jy tree selfsugtig op, kan jy dit dalk met ontsteltenis afmaak omdat dit nie pas by die beeld wat jy van jouself het nie.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Daar is altyd dele van die waarheid of werklikheid wat jy nie kan sien nie<\/strong>. Die motoris wat voor jou injaag, is dalk \u2019n padvark wat niks vir ander voel nie, of \u2019n ontstelde pa wat hospitaal toe jaag n\u00e1 sy kind van \u2019n dak afgeval het. Jou persepsie gaan bepaal of jy met geduld, rustigheid, irritasie, frustrasie of woede hierop gaan reageer.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>\u2019n Mens maak ook jou eie persepsies en vrese waar<\/strong>. Maretha is in \u2019n winkelsentrum en sien haar vriendin, Sanet. Sanet groet nie en verdwyn in die eerste winkel. Maretha dink dat sy haar ignoreer en nie wil groet nie, en wonder wat sy verkeerd gedoen het. \u2019n Paar dae later sien sy Sanet by \u2019n skoolgeselligheid en stap nie soos gewoonlik nader en groet haar met \u2019n drukkie nie. Sanet sien haar koel afsydigheid en wonder wat fout is. Sy is seergemaak en reageer ook maar koel. Toe Maretha dit sien, is haar persepsie bevestig dat Sanet haar ignoreer en dat daar fout met die vriendskap is. En eintlik was Sanet net ingedagte en het haar bloot nie in die winkelsentrum raakgesien nie.<\/p>\n<p>Jou vooropgestelde gedagte of emosionele persepsiefilter laat jou dikwels dinge as negatief, positief of bedreigend beleef en goed sien wat nie eens werklik daar is nie. Wanneer jy glo jy kan mense nie vertrou nie, is onskuldige voorvalle soos iemand wat bloot laat kom, iets vergeet of \u2019n optelfout maak, \u2019n bevestiging van di\u00e9 geloof.<\/p>\n<p>Mense word hul eie of ander se persepsies. \u201cEk is goed vir niks en gaan niks bereik nie,\u201d word jou werklikheid solank jy die persepsie glo. Glo jy uitlatings soos, \u201cJy sal nooit matriek slaag nie\u201d, of \u201cDie ekonomie is sleg en dis nie nou die beste tyd om \u2019n nuwe onderneming te begin nie,\u201d sal jy keer op keer geleenthede misloop en nooit daardie nuwe onderneming aan die gang kry nie.<\/p>\n<p>Baie mense glo dat hulle die produk van hul huidige lewensstorie is. Hou jy nie van jou huidige storie nie, verander net jou persepsie van jouself, jou toekoms, die w\u00eareld, jou loopbaan en werk, die huwelik of mense in die algemeen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>Vryheid is die moontlikheid om al jou persepsies te laat vaar en net te kan wees wie jy is\u00a0<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Irrasionele denke wat persepsie kleur<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Die donkerbril<\/strong>: Jy sien net die negatiewe raak, die gevare, teleurstellings en mislukkings en ontken die positiewe.<br \/>\n\u2022 <strong>Oor-veralgemeen<\/strong>: Maak een voorval die norm. Gebruik woorde soos \u201caltyd\u201d, \u201cnooit\u201d en \u201calmal\u201d. Mense is \u00f3f goed \u00f3f sleg.<br \/>\n\u2022 <strong>Katastrofering<\/strong>: Jy verwag vreesagtig die ergste. Bekommer jou en die \u201cwat as\u201d-sindroom. Wat as ek dop? My werk verloor? Hy my nie aanvaar nie? Ek kan nie foute maak nie, anders is ek nie bekwaam en aanvaarbaar nie.<br \/>\n\u2022 <strong>Emosionele redenering<\/strong>: Wat ek voel, is die waarheid: Ek voel ek is \u2019n mislukking, daarom is ek \u2019n mislukking.<br \/>\n\u2022 <strong>Ek is reg, die mag kom my toe<\/strong>: Wat ek dink, doen, wil h\u00ea en s\u00ea, is reg. Wanneer ander van my verskil, is ek op die verdediging. Ek probeer hulle verkeerd bewys en oortuig om soos ek te dink, of my standpunt te aanvaar.<br \/>\n\u2022 <strong>Ek gee ander die skuld<\/strong> &#8211; vir wat in my kinderjare gebeur het, of ander is vir my foute en hartseer verantwoordelik en dis buite my beheer. Of ek neem myself kwalik vir alles wat skeefloop: \u201cEk is hopeloos, dom.\u201d<br \/>\n\u2022 <strong>Moets en moenies<\/strong>: Ek moet presteer, dit doen, of nie doen nie. Ek moet kry wat ek wil h\u00ea. \u201cJy moet dit doen, anders het jy my nie lief nie.\u201c<br \/>\n\u2022 <strong>Vermyding<\/strong>: Dis makliker om liewer onaangename dinge te vermy as om die probleem te probeer oplos.<br \/>\n\u2022 <strong>Martelaar-sindroom<\/strong>: \u201cEk het so hard gewerk, soveel opgeoffer en kyk wat kry ek.\u201d Bitterheid wanneer ek nie kry wat ek wil h\u00ea nie.<\/p>\n<p>Eckhart Tolle s\u00ea die grootste menslike prestasie is nie kunswerke, die wetenskap of tegnologie nie, maar die erkenning van menslike wanfunksie, want dis waarmee ons onsself en die w\u00eareld vernietig. Selfs verskillende godsdienste wat in wese dieselfde beginsels van liefde, genade, vrede en die welstand van die mensdom en w\u00eareld voorstaan, kan \u2019n bittere, verdelende en gewelddadige mag word. Mense vorm God en Sy wil na hul beeld, identiteit en volgens hul denke. Hoe meer jou gedagtes en gelowe jou identiteit raak, hoe meer sluit jy jou van \u2019n spirituele dimensie af en word dit noodsaaklik om jou denke en geloof aan jou absolute waarheid gelyk te stel. Wanneer ander nie soos jy glo of dink nie, is hulle verkeerd en selfs die vyand. Woede en verdediging is sprekend van \u2019n ooridentifisering met eie persepsies. Dis hoe sterk ons oor ons \u201cregte\u201d voel.<\/p>\n<p>Denke sonder bewustheid en bevraagtekening is \u2019n tronk. Ons verknogtheid aan ons idees en goed ketting ons vas. Baie mense besef eers op hul sterfbed dat soveel dinge waaroor hulle so sterk gevoel het, eintlik betekenisloos is.<\/p>\n<p>Die antwoord, s\u00ea die filosoof Jean-Paul Sartre, is dat jy bewus moet wees van wat jy dink. Eckhart Tolle noem dit \u2019n \u201c<em>mind gap<\/em>\u201d. In daardie gaping l\u00ea die moontlikheid om te verander, asook die vermo\u00eb om enigiets te kan bevraagteken en geluk, vrede, liefde, kreatiwiteit en sin te beleef en die lewe nie so ernstig op te neem nie. Vryheid is die moontlikheid om al jou persepsies te laat vaar en net te kan wees wie jy is.<\/p>\n<p>Anys Rossouw is \u2019n sielkundige in Menlopark, Pretoria:<br \/>\n\u2022 012\u00a0460 7366<br \/>\n\u2022 <a href=\"mailto:anys@anys.co.za\" target=\"_blank\">anys@anys.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat vaar daardie persepsies wat jy van jouself en die w\u00eareld om jou het. Dit sal jou die vryheid gee om te wees wie jy is. Deur Anys Rossouw<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":64558,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43450,662],"tags":[348,1373,2192,7707,7708],"class_list":["post-64553","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-persoonlike-groei","category-jou-lewe","tag-inspirasie","tag-emosies","tag-selfbeeld","tag-ervarings","tag-gedagtes"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Laat vaar daardie persepsies wat jy van jouself en die w\u00eareld om jou het. Dit sal jou die vryheid gee om te wees wie jy is. Deur Anys Rossouw\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2017-01-12T13:15:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-01-12T13:16:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"666\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk\",\"datePublished\":\"2017-01-12T13:15:45+00:00\",\"dateModified\":\"2017-01-12T13:16:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/\"},\"wordCount\":1788,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Vrou-balkon.jpg\",\"keywords\":[\"inspirasie\",\"emosies\",\"selfbeeld\",\"ervarings\",\"gedagtes\"],\"articleSection\":[\"Persoonlike groei\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2017\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/\",\"name\":\"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Vrou-balkon.jpg\",\"datePublished\":\"2017-01-12T13:15:45+00:00\",\"dateModified\":\"2017-01-12T13:16:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Vrou-balkon.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/01\\\/Vrou-balkon.jpg\",\"width\":1000,\"height\":666,\"caption\":\"Vrou-balkon\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose","og_description":"Laat vaar daardie persepsies wat jy van jouself en die w\u00eareld om jou het. Dit sal jou die vryheid gee om te wees wie jy is. Deur Anys Rossouw","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2017-01-12T13:15:45+00:00","article_modified_time":"2017-01-12T13:16:34+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":666,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk","datePublished":"2017-01-12T13:15:45+00:00","dateModified":"2017-01-12T13:16:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/"},"wordCount":1788,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg","keywords":["inspirasie","emosies","selfbeeld","ervarings","gedagtes"],"articleSection":["Persoonlike groei","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2017","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/","name":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg","datePublished":"2017-01-12T13:15:45+00:00","dateModified":"2017-01-12T13:16:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrou-balkon.jpg","width":1000,"height":666,"caption":"Vrou-balkon"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/skryf-n-nuwe-hoofstuk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Skryf \u2019n nuwe hoofstuk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=64553"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64553\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/64558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=64553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=64553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=64553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}