{"id":64489,"date":"2024-02-07T08:41:27","date_gmt":"2024-02-07T06:41:27","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=64489"},"modified":"2024-02-07T08:47:43","modified_gmt":"2024-02-07T06:47:43","slug":"jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/","title":{"rendered":"Jy kan jou kinders aan die lees kry"},"content":{"rendered":"<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><strong><em>&#8220;Ouers wat moeite doen om \u2019n liefde vir lees by hul kinders te kweek, sal vir die res van hul lewe die vrugte daarvan pluk, want lees bevorder \u2019n kind se selfbeeld, kreatiwiteit, woordeskat, empatie, spelling en verbeelding.&#8221;<\/em><\/strong><\/span><\/h4>\n<p>Dis die mening van Keina Swart, koerantredakteur en skrywer met twee jeugboeke en \u2019n bundel essays op haar kerfstok. Sy het drie leesgierige kinders. Hoe het sy dit reggekry om sulke ywerige lesers groot te maak?<\/p>\n<p>Sy glo storietyd is veronderstel om vir kinders die lekkerste tyd te wees. \u201cLees is nie leertyd nie, dis speeltyd. Kinders sal gou agterkom as dit werk eerder as pret is.\u201d Keina beklemtoon ook dat die liefde vir lees en boeke tuis gekweek moet word. \u201cDie skool of \u2019n juffrou kan wel \u2019n kind leer lees, maar daar is \u2019n reuse-verskil tussen k\u00e1n lees, en lief wees vir lees.\u201d<\/p>\n<h4>Keina se beproefde wenke<\/h4>\n<p>\u2022 My kinders het van <strong>babadae<\/strong> af boeke gehad. Plastiekboeke vir die bad, kartonboeke wat hulle maar kon kou, tydskrifte om uit te skeur (hulle het veral van di\u00e9 met diere gehou) en prenteboeke, waarin hulle self kon blaai. Die spesiale boeke het ek saans voor slaaptyd voorgelees.<\/p>\n<p>\u2022 Ek dink werklik Afrikaanse kinders lees te min, want Afrikaanse ouers lees te min. Dis belangrik dat jou kinders sien jy lees nie net vir werk nie, maar ook vir <strong>ontspanning<\/strong>. Vandag is dit een van my grootste lekkertes om op \u2019n koue dag die kaggel aan te steek en almal onder komberse met boeke of e-lesers te sien.<\/p>\n<p>\u2022 Lank nadat my kinders self kon lees, het ek nog vir hulle <strong>voorgelees<\/strong>. Ons gesin reis baie en op ver paaie het ek kort-kort \u2019n hoofstuk gelees. (Kies die regte boek, anders gaan die pa naderhand iets oorkom!) Ons gunsteling-langpadboeke was die Pippie Langkous-reeks deur Astrid Lindgren en Droomoog Diepgrawer deur Leon de Villiers. Selfs my man het naderhand geskree: \u201cLees nog! Lees nog!\u201d<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Uitstappies na boekwinkels<\/strong> was van jongs af vir my kinders \u2019n groot bederf. Daar is deesdae wonderlike boekwinkels wat allerhande interaktiewe programme vir kinders aanbied. Dis goed om die kinders aan te moedig om rustig in \u2019n hoekie van die boekwinkel te sit en lees of deurblaai, en n\u00e1 \u2019n uur of wat kan elkeen een boek kies. Ek wou h\u00ea my kinders moet besef lees is \u2019n rustige aff\u00eare. Jy nael nie \u2019n boekwinkel in, gryp iets van die rak af en hol weer uit op pad na die volgende winkel toe nie.<\/p>\n<p>\u2022 Ek sou baiekeer in voorleessessies ophou lees en vra wat h\u00falle dink volgende gaan gebeur. Dit moedig kinders se <strong>kreatiwiteit<\/strong> aan en skep sommer \u2019n goeie geleentheid om oor die lewe te gesels.<\/p>\n<p>\u2022 Ons het ure lank <strong>letterspeletjies<\/strong> in die motor gespeel. Ek sou vra vir woorde wat met sekere klanke begin, woorde wat rym, teenoorgesteldes en daardie ou bekende: name, vanne, diere en dorpe.<\/p>\n<p>\u2022 Ek glo as \u2019n kind nie van lees hou nie, het hy of sy nog net nie die <strong>regte boek<\/strong> gekry nie. Stel vas waarvan jou kind hou (ballet, rugby, vliegtuie) en soek boeke daaroor. Dis veral soms \u2019n uitdaging om seuntjies aan die lees te kry. Navorsing toon dat die meeste seuns nie daarvan hou om van hoogs onwaarskynlike situasies te lees nie. Hulle hou daarvan om iets \u201cnuttigs\u201d te lees wat hulle in die alledaagse lewe kan toepas. My seun het byvoorbeeld van kleins af van feiteboeke gehou. Dan kon hy my ure lank vermaak met hoe hoog, hoe swaar of hoe vinnig alles op aarde is.<\/p>\n<p>\u2022 Die eintlike doel is dat ons tog wil h\u00ea ons kinders moet <strong>l\u00e9\u00e9s<\/strong>, nie dat hulle noodwendig \u2019n b\u00f3\u00e9k moet lees nie. Ouers moet dalk effens meer ontspan en hulp aanbied as kinders goed op die internet (of in \u2019n tydskrif) wil lees oor dinge waarin hulle belang stel.<\/p>\n<p>\u2022 In ons huis is daar \u2019n groot okkasie gemaak van die dag waarop die kind \u201cgroot genoeg\u201d was om \u2019n <strong>leeslampie<\/strong> te kry. Dit was gewoonlik hier rondom die tweede verjaarsdag. Ons het die lampie gaan uitsoek, en dan mag die kind saans n\u00e1 storietyd vir \u2019n rukkie nog \u201cl\u00ea en lees\u201d en dan self die lampie afskakel. Dit was eintlik niks meer as boeke deurblaai nie, maar het wonderlik gewerk en was iets waarna hulle baie uitgesien het.<\/p>\n<div id=\"attachment_64504\" style=\"width: 326px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-64504\" class=\" wp-image-64504\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Boeke-400x600.jpg\" alt=\"Boeke\" width=\"316\" height=\"474\" \/><p id=\"caption-attachment-64504\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Pixabay<\/p><\/div>\n<p>Keina meen ook kinders wat baie lees, is meer geneig om <strong>empatie met ander<\/strong> mense te h\u00ea. \u201cEk sien dit so baie. Lees leer hulle van ander mense se omstandighede, ander kulture, ander gebruike. Deur te lees, ervaar hulle byvoorbeeld hoe dit is as daar oorlog in jou land is, hoe jy voel as jou ouers geskei is, as jy geboelie word, as jy nie wen nie &#8230; Kinders wat nie lees nie, se w\u00eareldjies sluit baie keer net hulself in. Lees leer kinders wat in die w\u00eareld om hulle aangaan, hoe ander mense dink en wat in ander se harte en gedagtes aangaan.<\/p>\n<p>\u2019n Kind wat van boeke hou, sukkel ook minder met <strong>akademiese druk<\/strong>. \u201cVan die waardevolste leesraad wat ek nog gekry het, kom van my suster Zanne Kriek, \u2019n kindersielkundige van Pretoria. Zanne meen ouers besef nie hoe stresvol graad een vir \u2019n kind is nie. Alles is nuut en Ma en Pa is nie meer daar om te help met alles nie. Die allerlaaste ding wat \u2019n graadeentjie moet ervaar, is akademiese stres. Dis hoegenaamd nie nodig dat \u2019n voorskoolse kind al moet kan lees nie, maar dit help ontsettend baie as die kind reeds letters en klanke kan herken, en as hulle miskien drieletterwoordjies soos \u2018pot\u2019 en \u2018kas\u2019 kan herken as jy dit vir hom uitpak of neerskryf. As kinders d\u00edt onder die knie het, volg lees sommer baie maklik.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kinders-waardes\/\">Maak kinders met goeie waardes groot<\/a><\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong><em>&#8220;Lees bevorder taalvaardigheid, akademiese prestasie en beter begrip, spraak en die herkenning van klank, beter kommunikasievaardighede, logiese denke, beter konsentrasie, dissipline en geheue, empatie en respek vir ander&#8221;<\/em><\/strong><\/h4>\n<h4>Wat s\u00ea navorsers?<\/h4>\n<p>Nuwe navorsing onder leiding van dr. John Hutton van die Cincinnati-kinderhospitaal in die VSA het bevind dat lees in die belangrike fase voor kleuterskool \u2019n \u201cbetekenisvolle en meetbare uitwerking het op hoe \u2019n kind se brein stories verwerk\u201d, berig die Britse Daily Mail van 25 April 2015.<\/p>\n<p>Die kinders het MRI-skanderings ondergaan wat hul brein-aktiwiteit gemeet het terwyl hulle deur oorfone na stories geluister het. Volgens Hutton is daar meetbare aktiwiteit in die dele van die brein wat \u2019n kind help om die storie in sy kop te \u201csien\u201d afspeel. \u201cDit bevestig die onmisbare rol van verbeelding.\u201d<\/p>\n<h4>Leesfeite<\/h4>\n<p>\u2022 Deur <strong>daagliks<\/strong> vir jou kind te lees, gee jy hom \u2019n voorsprong van \u2019n jaar bo kinders vir wie daar nie gelees word nie.<br \/>\n\u2022 <strong>15 minute per dag<\/strong> se lees kan van jou kleuter \u2019n leser maak.<br \/>\n\u2022 <strong>Net 1 uit 8 kinders<\/strong> wat aan die einde van graad een nog nie goed lees nie, sal sonder duur klasse op hierdie vaardigheid kan inhaal.<br \/>\n\u2022 <strong>50% van tieners<\/strong> met verslawingsprobleme het leesprobleme.<br \/>\n\u2022 <strong>500 boeke in die huis<\/strong> gee \u2019n kind \u2019n voorsprong van twee jaar teenoor kinders met minder as tien boeke in die huis as dit by taalvaardigheid kom.<br \/>\n<em>(Bron: The International Publishers Association)<\/em><\/p>\n<h4>Nog goeie raad<\/h4>\n<p>Jaco Jacobs is een van die gewildste kinder- en jeugboekskrywers in die land. Hy het meer as honderd boeke geskryf en vertaal en het ook verskeie ATKV-kinderboektoekennings gewen (jong lesers landswyd stem vir hul gunstelingboeke). Jaco is pa van twee kleuters en weet wat \u2019n jong leser laat tiek. Hier is sy raad:<\/p>\n<p>\u2022 Ouers wat vir <strong>plesier<\/strong> lees, is die beste voorbeeld wat \u2019n kind kan kry. Een van die redes waarom baie kinders nie lees nie, is omdat hulle grootword in \u2019n huis waar nie \u2019n leeskultuur bestaan nie. Moenie bloot verwag die skool moet van jou kind \u2019n boekwurm maak nie \u2013 raak aktief betrokke by sy leesw\u00eareld. Bly op die hoogte van nuwe kinderboeke wat verskyn en leer jou kind se leessmaak ken.<br \/>\n\u2022 Maak seker jou kind het <strong>toegang tot boeke<\/strong>. Dit klink dalk voor die hand liggend, maar nog \u2019n rede waarom soveel kinders trae lesers is, is omdat hulle nie boeke in die huis het nie en nooit na \u2019n biblioteek geneem word nie. As jy jou kind wil laat lees, maak seker hy\/sy het \u2019n boekrak met genoeg eietydse, opwindende leesstof daarin.<br \/>\n\u2022 Gee kinders die geleentheid om boeke te <strong>kies<\/strong> oor onderwerpe waarin hulle belang stel.<br \/>\n\u2022 <strong>Moenie \u2019n boeksnob wees nie<\/strong>. Kinders en jongmense is geneig om deur fases te gaan wat hul leessmaak betref. Moenie neerhalende opmerkings maak as jou tiener in \u2019n stadium net strokiesboeke of liefdesromans wil lees, of as jou kind vassteek by grillers of reeksboeke nie \u2013 wees dankbaar dat hy\/sy lees!<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/help-jou-kind-die-oorgange-baasraak\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Help jou kind di\u00e9 oorgange baasraak<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling? Deur Ilse Salzwedel. Hooffoto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":142606,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[1027,1030,1258,3378,150,834],"class_list":["post-64489","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-boeke","tag-skool","tag-lees","tag-fiksie","tag-ouers","tag-kinders"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-02-07T06:41:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-02-07T06:47:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Jy kan jou kinders aan die lees kry\",\"datePublished\":\"2024-02-07T06:41:27+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-07T06:47:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/\"},\"wordCount\":1470,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-mael-balland-3457273.jpg\",\"keywords\":[\"Boeke\",\"Skool\",\"lees\",\"fiksie\",\"ouers\",\"kinders\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/\",\"name\":\"Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-mael-balland-3457273.jpg\",\"datePublished\":\"2024-02-07T06:41:27+00:00\",\"dateModified\":\"2024-02-07T06:47:43+00:00\",\"description\":\"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-mael-balland-3457273.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/02\\\/pexels-mael-balland-3457273.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jy kan jou kinders aan die lees kry\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose","description":"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose","og_description":"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-02-07T06:41:27+00:00","article_modified_time":"2024-02-07T06:47:43+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Jy kan jou kinders aan die lees kry","datePublished":"2024-02-07T06:41:27+00:00","dateModified":"2024-02-07T06:47:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/"},"wordCount":1470,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg","keywords":["Boeke","Skool","lees","fiksie","ouers","kinders"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/","name":"Jy kan jou kinders aan die lees kry | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg","datePublished":"2024-02-07T06:41:27+00:00","dateModified":"2024-02-07T06:47:43+00:00","description":"Die voordele van lees is legio, maar hoe gemaak om \u2019n liefde vir lees by jou kind te kweek? En hoekom is lees so belangrik in \u2019n kind se ontwikkeling?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/02\/pexels-mael-balland-3457273.jpg","width":1280,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jy kan jou kinders aan die lees kry"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=64489"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64489\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/142606"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=64489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=64489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=64489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}