{"id":64463,"date":"2023-12-18T10:40:15","date_gmt":"2023-12-18T08:40:15","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=64463"},"modified":"2023-12-18T10:42:31","modified_gmt":"2023-12-18T08:42:31","slug":"alkoholgebruik-op-die-waterkar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/","title":{"rendered":"Alkoholgebruik: op die waterkar"},"content":{"rendered":"<p>Al ooit gewonder wat \u2019n maand sonder alkohol vir jou gesondheid kan doen? Sommer baie, s\u00ea di\u00e9 wat die drankies \u2019n maand lank vir water verruil het. En een van die grootste voordele? \u2019n Mooier vel en minder plooie. N\u00e1 die oordaad van die vakansie en Januarie se dun beursie is dit in elk geval \u2019n goeie idee om \u2019n nuwe blaadjie om te slaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat s\u00ea die wetenskap?<\/h4>\n<p>\u2022 <strong>Die hoeveelheid vet in jou lewer neem met 15% af<\/strong>. Hoekom is dit belangrik? \u2019n Oormaat alkohol laat vetselle in die lewer ophoop wat later tot permanente skade en lewersirrose kan lei. <em>New Scientist<\/em> het \u2019n studie onder vrywilligers gedoen waar tien mense vir dertig dae geen alkohol gebruik het nie, en vier hul gewone gang gegaan het. Die vrywilligers was gewone sosiale drinkers, nie mense met \u2019n alkoholprobleem nie. Die goeie nuus is dat selfs net dertig dae se geheelonthouding \u2019n verskil van 15% gemaak het.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Jy verloor gewig<\/strong>. Hoekom? Alkohol is hoog in kilojoules wat jy selde as deel van jou dieet inreken. In die <em>New Scientist<\/em>-studie het vrywilligers in \u2019n maand 2% van hul liggaamsgewig verloor sonder om te oefen of minder te eet.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Baie alkoholiese drankies is gelaai met suiker<\/strong>. Dis le\u00eb kilojoules sonder voedingstowwe wat jou gewig laat aansit. Jou liggaam kan nie alkohol stoor nie en daarom kry die metabolisering van alkohol voorrang. Dit beteken jou liggaam kan nie vette en suikers doeltreffend verwerk nie, wat jou metabolisme vertraag en jou gewig laat aansit.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Jou vel is minder ontwater en lyk vogtiger<\/strong>. Dit het ook vel-aandoenings soos rosacea, ekseem en skilfers verbeter.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Jy slaap beter<\/strong>. Alkohol maak jou aanvanklik lomerig en jy raak maklik aan die slaap, maar dit kan jou slaappatroon benadeel as jy laat saans iets drink. Dit be\u00efnvloed die gehalte van jou slaap omdat die prosessering van alkohol diep slaap kan verhinder. Volgens dr. Andr\u00e9 van Jaarsveld van BSS-Africa, wat in uitputting en slaapprogramme spesialiseer, neem elke drankie sowat \u2019n uur om uit jou stelsel te werk. As jy voor agt in die aand twee glase wyn drink, sal dit eers teen tienuur uitgewerk wees. Die bevindings van \u2019n studie wat in die joernaal <em>Alcoholism: Clinical and Experimental Research<\/em> gepubliseer is, toon dat drankies kort voor slapenstyd die alfagolfpatrone in jou brein laat toeneem, wat \u2019n aanduiding is dat drinkers slegter slaap.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Mense wat drink terwyl hulle eet, eet tot 30% meer as di\u00e9 wat nie drink nie<\/strong>. Navorsers meen dat alkohol jou sintuie verskerp wat jou meer laat eet. Dit breek ongelukkig ook jou wilskrag af en jy s\u00ea moeiliker nee.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Alkoholgebruik kan jou risiko op kankers<\/strong> van die mond, lewer, bors, kolon en rektum laat toeneem.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Sukkel jy met sooibrand?<\/strong> Eerstens sneller die suur in wyn sooibrand, maar die alkohol in drankies verslap die klep tussen die maag en die slukderm wat suur in jou slukderm laat opstoot en die binnewand van die slukderm irriteer. Rooiwyn is selfs erger as witwyn.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Dertig dae sonder alkohol<\/h4>\n<p>Dr. Niall Campbell, \u2019n alkoholverslawingskenner aan The Priory-hospitaal in Londen, verduidelik wat in die loop van \u2019n maand met jou gebeur as jy van gemiddelde alkoholinname na geen alkohol oorslaan.<\/p>\n<p><em><strong>N\u00e1 24 uur<\/strong> <\/em><\/p>\n<p>\u2022 Jou liggaam begin onmiddellik om die alkohol uit jou stelsel te werk en jou detoks begin sommer dadelik.<br \/>\n\u2022 Die eerste effek is dat jou bloedsuiker normaliseer.<br \/>\n\u2022 Jou o\u00eb is helder.<br \/>\n\u2022 As jy gewoonlik met \u2019n babelas wakker word, sal jy helder dink en sonder \u2019n hoofpyn wakker word.<br \/>\n\u2022 Alkohol dehidreer jou en daarsonder sal jou vel dadelik plomper lyk met minder plooie. Alkohol kan die kapill\u00eare vate in jou vel laat swel en so verantwoordelik wees vir die rooi skynsel in jou gesig.<br \/>\n\u2022 Jou lewer moet oortyd werk om alkohol af te breek. Nou kan die orgaan aan sy normale funksies aandag gee.<br \/>\n\u2022 Jy slaap dieper en voel meer uitgerus.<\/p>\n<p><em><strong>N\u00e1 sewe dae <\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u2022 Jou gemoed voel dalk ligter. Mense drink soms om van hul sorge te vergeet, maar omdat alkohol \u2019n depressant is, maak dit jou neerslagtiger.<br \/>\n\u2022 Alkohol laat jou hart harder werk en kan hartkloppings gee omdat dit bloedvate verslap. Daarsonder behoort jou hartklop laer te wees wat oefening makliker maak.<br \/>\n\u2022 Jy begin gewig verloor sonder die le\u00eb kilojoules van alkohol.<br \/>\n\u2022 Jou slaappatrone behoort n\u00e1 \u2019n week te verbeter. Alkohol ontwater jou en dus word jy snags van die dors wakker. As jy dit gereeld moet doen, be\u00efnvloed dit jou slaappatroon.<\/p>\n<p><em><strong>N\u00e1 twee weke<\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u2022 Alkohol is \u2019n groot oorsaak vir sooibrand. N\u00e1 14 dae behoort dit te bedaar.<br \/>\n\u2022 Jy verloor steeds gewig. Verskuilde kilojoules in alkohol hoop maklik op in vetrolletjies. Een groot glas wyn (250 ml) van 13% alkohol bevat 852 kJ. Dis byna dieselfde as \u2019n sjokoladestafie (946 kJ), of \u2019n gewone hamburger (1 071 kJ). Twee glase wyn (1 704 kJ) is \u2019n ekstra maaltyd &#8211; \u2019n porsie lasagne van Woolworths bevat 1 776 kJ.<\/p>\n<p><em><strong>N\u00e1 drie tot vier weke <\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u2022 Jou bloeddruk verbeter. Te veel alkohol verhoog jou bloeddruk, wat verder opgejaag word as jy weens jou drinkgewoonte gewig aansit.<\/p>\n<p><em><strong>N\u00e1 \u2019n maand <\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u2022 Jou vel lyk aansienlik beter. Mense vertel hoe dit jare van hul gesig vee &#8211; sonder enige duur roompies en spesiale gesigbehandelings.<br \/>\n\u2022 Jy behoort vroliker te voel en meer energie te h\u00ea. Hoewel alkohol jou aanvanklik opwen, voel jy uitgeput en moeg wanneer dit uitgewerk is. Omdat alkohol \u2019n depressant is, kan dit jou swartgallig maak.<br \/>\n\u2022 Jy spaar geld. \u2019n Goedkoop bottel wyn kos sowat R40. Twee glase wyn (2 x 175 ml) per dag bring jou by 14 bottels wyn per maand. Teen R40 elk spaar jy R560 per maand en \u2019n reuse R6 720 per jaar. Mense drink gewoonlik meer oor naweke, so jy spaar waarskynlik baie meer.<br \/>\n\u2022 As jy probeer swanger raak, het jy nou \u2019n beter kans.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoeveel energie in jou drankie?<\/h4>\n<p>As ons gewig wil verloor, rantsoeneer ons kos, maar drankies word nie altyd oor dieselfde kam geskeer nie. Tog kan een drankie sommer \u2019n hele maaltyd verteenwoordig as jy nie oppas nie. Selfs mense wat hulself as gemiddelde drinkers sien (een gewone grootte glas wyn van 175 ml per aand bevat 595 kJ) kan tot 17\u00a0850 kJ per maand deur drankies inneem. Dis 21 balletjies roomys per maand. G\u2019n wonder dis moeilik om die rolletjies in toom te hou nie.<\/p>\n<p>Volwassenes wat elke dag drink, kan tot 10% van hul daaglikse energie deur drankies inneem.<\/p>\n<p>Met bier moet jy jou storie ken, want boetiekbiere kom in verskillende sterktes en groottes. \u2019n Gewone blikkie bier (330 ml) bevat sowat 500 kJ. Een klein sopie (25 ml) spiritualie\u00eb is ongeveer 218 kJ.<\/p>\n<p>As jy boonop mengeldrankies drink, vererger die soet koeldrank waarmee jy die alkohol meng die saak. Een gewone sopie tequila bevat 420 kJ, maar n\u00e1 jy dit in \u2019n gevriesde Margarita omtower het, is dit nader aan 2 100 kJ (dieselfde as \u2019n kaasburger). Boonop proe jy nie die alkohol in yskoue drankies so maklik nie, en is die kans dat jy dit vinnig drink en nog een bestel baie groot. Glase het ook deur die jare al hoe groter geword en is nou byna groot genoeg vir \u2019n goudvis.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat is \u2019n sopie?<\/h4>\n<p>Die aanbevole daaglikse riglyne verskil van lande, maar in Suid-Afrika word gereken dat een sopie 12 g alkohol bevat, wat omtrent gelyk aan 75 ml wyn is. Suid-Afrika val onder die eerste twintig lande wat alkoholverbruik betref. En 58% van padongelukke gebeur weens alkoholmisbruik.<\/p>\n<p>Veilige alkoholverbruik is sowat 12\u201314 eenhede per week. Maar dit hang van jou geslag en gewig af. As jy min weeg en vroulik is, moet jy minder drink.<\/p>\n<p>Doen jouself \u2019n guns en meet hoeveel wyn jou gewone drinkglas by die huis bevat. Dis waarskynlik meer as wat jy dink. Skinkers het ook \u2019n veel swaarder hand wanneer hulle hardehout en ander drankies by die huis skink.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-64471 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Alkohol-500x171.jpg\" alt=\"Alkohol in eenhede\" width=\"500\" height=\"171\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman. Hooffoto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":141633,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[620,2043,23664,23823,24942],"class_list":["post-64463","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-dieet","tag-alkohol","tag-health","tag-diet","tag-weight-loss"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-12-18T08:40:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-12-18T08:42:31+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Alkoholgebruik: op die waterkar\",\"datePublished\":\"2023-12-18T08:40:15+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-18T08:42:31+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/\"},\"wordCount\":1273,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"dieet\",\"alkohol\",\"health\",\"diet\",\"weight loss\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/\",\"name\":\"Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-12-18T08:40:15+00:00\",\"dateModified\":\"2023-12-18T08:42:31+00:00\",\"description\":\"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/12\\\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Alkoholgebruik: op die waterkar\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose","description":"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose","og_description":"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-12-18T08:40:15+00:00","article_modified_time":"2023-12-18T08:42:31+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Alkoholgebruik: op die waterkar","datePublished":"2023-12-18T08:40:15+00:00","dateModified":"2023-12-18T08:42:31+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/"},"wordCount":1273,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg","keywords":["dieet","alkohol","health","diet","weight loss"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/","name":"Alkoholgebruik: op die waterkar | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg","datePublished":"2023-12-18T08:40:15+00:00","dateModified":"2023-12-18T08:42:31+00:00","description":"Spaar geld, lyk jonger en verloor gewig. Sowaar as vet. Skuif die voggies opsy en begin die jaar op \u2019n vars noot. Deur Anet Schoeman.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/12\/pen_ash-CNxZ0mw2cKc-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/alkoholgebruik-op-die-waterkar\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Alkoholgebruik: op die waterkar"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64463","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=64463"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64463\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/141633"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=64463"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=64463"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=64463"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}