{"id":64427,"date":"2023-10-27T13:51:28","date_gmt":"2023-10-27T11:51:28","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=64427"},"modified":"2023-10-27T13:54:49","modified_gmt":"2023-10-27T11:54:49","slug":"suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/","title":{"rendered":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners?"},"content":{"rendered":"<h4>Vraag van die maand<\/h4>\n<p>Ons gesin eet Desembers l\u00e9kker \u2013 koek, nagereg, koeldrank, sjokolade en roomys soos ons wil. Ek is die een wat die koskas vol hou \u2013 en nou wonder ek of ek eintlik ook die een is wat hul kanse op kanker oor tien, twintig jaar opstoot? Hoeveel suiker kan ons eet? &#8211;\u00a0<em>Joan (43)<\/em><\/p>\n<p>Twee kenners antwoord: Dr. Armorel van Eyk is \u2019n senior lektor en kankernavorser by Wits en Berna Harmse is \u2019n Kaapse dieetkundige met \u2019n spesiale belangsteling in voeding van kankerpasi\u00ebnte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1 Hoekom kry ons kanker?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nJy maak elke minuut miljoene nuwe selle wat oues vervang, waarvan sommige foutief is. Jou liggaam vernietig normaalweg hierdie foutselle maar soms ontsnap een. As die sel begin groei, ontwikkel wat ons kanker noem.<\/p>\n<p>Kanker is dus niks anders as foutselle wat onbeheerbaar begin groei nie. Sekere faktore maak ons vatbaarder vir kanker, soos:<\/p>\n<p>\u2022<strong> Jou omgewing<\/strong> Dinge waaraan jy blootgestel is, kan foutiewe selle aanmoedig, soos bensien en asbes. Suiker pas potensieel hierby in.<br \/>\n\u2022<strong> Die dosis<\/strong> Die meeste mense sal nie kanker kry as hulle tuis elke af en toe hul klere met bensien skoonmaak nie. Maar as dieselfde mense dertig jaar in \u2019n droogskoonmakery met bensien werk, s\u00e1l \u2019n hele aantal van hulle wel kanker ontwikkel.<br \/>\n\u2022<strong> Jou gene<\/strong> Mense verskil geneties. Daarom is party van ons meer geneig om \u201cfoutiewe\u201d selle te maak en\/of minder in staat om hulle te vernietig.<br \/>\n\u2022<strong> Jou ouderdom<\/strong> Namate ons ouer word, verloor ons die vermo\u00eb om foutselle te vernietig \u2013 een van die redes waarom jou kanse op kanker toeneem wanneer jy ouer word.<\/p>\n<p><strong><em>Berna <\/em><br \/>\nJou gewig tel ook<\/strong> Navorsers is redelik seker dat mense wat min oefening kry meer geneig is tot kanker. Mense wat nie oefen nie, is vanselfsprekend ook meer geneig om oorgewig te wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2 Waarop leef kankerselle?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nHulle is baie soos ons normale selle \u2013 hulle het immers daaruit ontstaan. Daarom \u201ceet\u201d hulle dieselfde voedingstof, naamlik glukose. Jou liggaam maak glukose van alle soorte kos wat jy eet: van koolhidrate (brood, stysel, groente) en selfs vette (olie, botter, kaas) en prote\u00efene (vleis, vis en eiers). Uiteindelik word wat jy ook al eet na glukose afgebreek. Glukose is dus alle selle se \u201ckos\u201d \u2013 kankerselle inkluis.<\/p>\n<p><em><strong>Berna<\/strong><\/em><br \/>\nKankerselle gebruik dieselfde voedingstowwe as normale selle. As jy die kankerselle nie voed nie, voed jy jouself ook nie, en jy en die kankerselle sterf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3 Hoe pas suiker in?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nTafelsuiker bestaan uit die helfte glukose en die helfte fruktose. Suiker kan nie as suiker in jou liggaam bestaan nie: dit breek dadelik op in glukose en fruktose, en word daarvandaan verder gebruik.<\/p>\n<p>Die probleem l\u00ea by die fruktosekomponent van suiker. Volgens \u2019n nou baie wyd erkende 2010-artikel wat die Amerikaanse Vereniging vir Kankernavorsing gepubliseer het:<\/p>\n<p>\u2022 gebruik kankerselle glukose om te groei<br \/>\n\u2022 gebruik kankerselle fruktose om RNS en uiteindelik DNS te maak, met ander woorde om nuwe selle te maak. Dit is sedertdien deur verdere laboratorium-navorsing bevestig. Die logiese afleidings is:<br \/>\n\u2022 glukose laat kankerselle groei<br \/>\n\u2022 fruktose help dat kankerselle vermeerder.<\/p>\n<p><em><strong>Berna<\/strong><\/em><br \/>\nMaar wat met selle in laboratoriums gebeur, bewys ni\u00e9 noodwendig wat in die menslike liggaam gebeur nie. Dit gee ons net aanduidings, waarop \u2019n hipotese gegrond word. Daarom sien ons nie in die praktyk dat matige suikergebruik kanker be\u00efnvloed nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-64449 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Makrolletjies-macaroon-500x334.jpg\" alt=\"Makrolletjies-macaroon\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4 Dus: jy kan nie kanker van suiker kry nie?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nFruktose\/suiker veroorsaak nie kankerselle nie maar kan selle wat reeds daar is, help vermeerder. Die potensiaal is daar, aangesien suiker 50% fruktose is. Maar dit gaan ook oor hoev\u00e9\u00e9l suiker jy gebruik.<\/p>\n<p>Mense wat min suiker gebruik, loop nie \u2019n risiko nie. Jou liggaam kan \u2019n beperkte hoeveelheid suiker\/fruktose hanteer, net soos \u2019n bietjie bensien veilig is terwyl baie bensien \u2019n risiko inhou. Maar baie suiker\/fruktose is \u2019n potensi\u00eble risiko. Onthou dat heuning, en veral ho\u00ebfruktosekoringstroop (HFCS) en vrugtesapkonsentraat selfs meer fruktose as suiker bevat.<\/p>\n<p>Maar behou perspektief: die feit dat jy suiker uitsny, gaan nie keer dat kankerselle ontstaan nie, want daar is ook ander redes vir kanker. Minder suiker gaan ook nie keer dat kankerselle groei nie: hulle gaan in elk geval op glukose groei en selfs vermeerder. Ons vermoed dat fruktose hulle wel vinniger laat vermeerder en beter laat floreer.<\/p>\n<p><strong><em>Berna<\/em><\/strong><br \/>\nSuiker veroorsaak nie kanker nie. Swak voeding \u2013 juis omdat jy te veel suiker eet \u2013 en leefstylkeuses soos rook en drank is veel sterker aan kanker gekoppel. Geeneen van die betroubare organisasies, soos die Amerikaanse Kankervereniging gee suiker as \u2019n potensi\u00eble kankerwekker aan nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong><em>&#8220;Suiker veroorsaak nie kanker nie. Swak voeding en leefstylkeuses soos rook en drank is veel sterker aan kanker gekoppel&#8221;<\/em><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5 Kan jy suiker eet as jy reeds kanker het?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nNet om superveilig te wees, is van die jongste advies dat kankerlyers van suiker\/fruktose afgeraai word. Maar dit beteken nie jy moet alle stysel uitsny omdat hulle ook na glukose kan afbreek en net op vleis, olies en laekoolhidraatgroente soos broccoli en spinasie moet leef nie.<\/p>\n<p>Aangesien glukose ons normale brandstof is, is glukose uit nie-suikerbronne veilig, soos uit stysel en groente. Trouens, jou liggaam se gesonde selle het ook voeding nodig om te kan funksioneer \u2013 en nou juis meer omdat die kankerselle met jou eie selle om kos meeding. Jy het dus ekstra glukose nodig.<\/p>\n<p>Aan die ander kant is baie van ons koolhidraatkosse juis propvol suiker en dus fruktose. Dink aan die suiker\/fruktose in koekies, gebak, vrugtesappe, melkskommels, roomys, kitspappe, muesli en selfs in jogurt.<\/p>\n<p><em><strong>Berna<\/strong><\/em><br \/>\nDink so daaraan: gaan jy nou so eet dat jou liggaam so sterk moontlik is, of gaan jy jou liggaam knou omdat jy miskien \u2013 en nie eens vir seker nie \u2013 dalk die kankerselle knou?<\/p>\n<p>Dieetkundiges sal altyd \u2019n gesonde, matige benadering aanbeveel. Dus sal ek minder suiker gebruik \u2013 4 teelepels suiker per dag, saam met die vyf-per-dag-eetpatroon van vyf groente en\/of vrugte per dag sodat jy oorgenoeg van die antioksidante kry wat jy juis nou nodig het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><strong><em>&#8220;Oormatige gebruik van suiker (ses teelepels suiker in jou koffie \u2026) is n\u00f3\u00f3it \u2019n goeie idee nie&#8221;<\/em><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-64457 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Koffie-met-suiker-500x334.jpg\" alt=\"Koffie-met-suiker\" width=\"500\" height=\"334\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6 Is vrugte veilig vir mense met kanker?<\/h4>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nVrugte bevat fruktose, en daarom wonder \u2019n mens daaroor. Maar die voedingstowwe in groente en vrugte is nou \u2013 en altyd, ook as jy gesond is \u2013 uiters belangrik. Gelukkig kan jy dieselfde voedingstowwe net uit groente kry, wat in die re\u00ebl minder fruktose bevat.<\/p>\n<p>Onthou dat ander produkte selfs meer fruktose bevat as vrugte, soos ho\u00ebfruktosekoringstroop (jy sal dit op die kosetikette sien as HFCS of as <em>corn syrup<\/em>) en vrugtesapkonsentraat. Vermy hulle beslis.<\/p>\n<p><em><strong>Berna<\/strong><\/em><br \/>\nDie algemene dieet-aanbeveling van twee tot drie vars vrugte per dag is veilig vir \u00e1lmal.<\/p>\n<p>Vrugtesappe en ander verwerkte voedselbronne, veral HFCS, is nie baie gesond nie, en ons beveel aan dat jy minder daarvan inneem.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7 Kan jy suiker eet as jy net \u2019n kans op kanker het?<\/h4>\n<p><em><strong>Berna<\/strong><\/em><br \/>\nDit is \u2019n irrelevante vraag, want suiker word nie aan kanker verbind nie \u2013 nie as jy minder suiker gebruik nie. Maar ouers moet hul kinders verstandige eetgewoontes aanleer. Jy wil juis nie h\u00ea dat hulle kos as die fokus van vakansies, kuier en vermaak beskou nie. Bederf hulle \u2019n bietjie maar leer hulle gesonde smake aan, sonder om fanaties te raak.<\/p>\n<p>\u2022 <strong>Hou die porsies van bederfkos klein<\/strong> Deel lekkergoed. Koop die kleinste formaat sjokolades.<br \/>\n\u2022 <strong>Bied gesonde lekkernye aan<\/strong> Daar is soveel opsies as jy eers begin oplet: vrugte, neute, <em>trail mix<\/em>, gladdejantjies, jogurt, sorbet, en so aan.<br \/>\n\u2022 <strong>Soek opsies met min suiker<\/strong> Dink aan kasies, ryskoekies en springmielies.<\/p>\n<p><em><strong>Armorel<\/strong><\/em><br \/>\nDit hang af hoe veilig jy wil wees. Ek sou myself afvra:<\/p>\n<p><strong>Hoeveel suiker gebruik ek?<\/strong> Ons weet nog nie wat die veilige grense vir fruktose is nie. Dit kan ook van mens tot mens verskil. Maar alle aanduidings is dat \u2019n bietjie veilig is. Die W\u00eareldgesondheidsorganisasie s\u00ea \u2019n maksimum van 4-5 teelepels per dag is reg maar hulle reken dat gewone mense sowat 80 g suiker \u2013 16 teelepels \u2013 per dag gebruik. Die kosbedryf gebruik geweldig baie suiker in blikkieskos, souse soos blatjang, kitspap, jogurt, muffins, donuts, blikkies koeldrank, roomys en lekkergoed.<\/p>\n<p><strong>Maak of koop ek kos?<\/strong> Gekoopte kositems, asook kitskosse en wegneemetes, bevat in die re\u00ebl baie meer suiker, fruktose, HFCS en\/of vrugtesapkonsentraat as tuisgemaakte kos. As voorbeeld: As jy hawermout tuis maak, versoet jy dit met een of twee teelepels suiker. As jy kitspap koop, bevat dit reeds 2-5 teelepels suiker per koppie. Baie mense roer nog \u2019n teelepel of twee in om die melk effe te versoet. Mense wat alles koop, het al klaar \u2019n \u201csuikerlading\u201d terwyl tuiskokke moontlik \u2019n bietjie speling het. Dit hang natuurlik van jou kookstyl af.<\/p>\n<p><strong>Hoe oud is ek?<\/strong> Jonger mense het meestal \u2019n kleiner risiko as ouer mense, en kan vermoedelik met meer suiker wegkom, terwyl middeljariges waarskynliker veiliger is as hulle suiker beperk.<\/p>\n<p><strong>Het ek al kanker gehad?<\/strong> Gestel jy het weer \u2019n kankerselletjie wat aan die groei is. Soos navorsing nou aandui, kan suiker \u2013 spesifiek die fruktose daarin \u2013 hierdie selle juis help om te vermeerder. As jy voorheen kanker gehad het, is die minimum suiker\/fruktose die veiligste.<\/p>\n<p><strong>Hoe lyk my gene?<\/strong> Bloedfamilie met kanker maak jou risiko ho\u00ebr. Vir jou is minder suiker\/fruktose waarskynlik beter.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-64452 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2017\/01\/Vrugtesap-500x333.jpg\" alt=\"Vrugtesap\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kanker-wat-om-te-se-en-nie-te-se-nie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Kanker: Wat om te s\u00ea &amp;#8211; en nie te s\u00ea nie<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan. Maar beteken dit suiker veroorsaak kanker? Deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto Pexels<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":140399,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[667],"tags":[90,620,1045,2792,6585],"class_list":["post-64427","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-gesondheid","tag-kanker","tag-dieet","tag-suiker","tag-leef-gesond","tag-dagga-vir-kanker"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-10-27T11:51:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2023-10-27T11:54:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners?\",\"datePublished\":\"2023-10-27T11:51:28+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-27T11:54:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/\"},\"wordCount\":1553,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"kanker\",\"dieet\",\"Suiker\",\"leef gesond\",\"dagga vir kanker\"],\"articleSection\":[\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2023\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/\",\"name\":\"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2023-10-27T11:51:28+00:00\",\"dateModified\":\"2023-10-27T11:54:49+00:00\",\"description\":\"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2023\\\/10\\\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose","description":"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose","og_description":"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2023-10-27T11:51:28+00:00","article_modified_time":"2023-10-27T11:54:49+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners?","datePublished":"2023-10-27T11:51:28+00:00","dateModified":"2023-10-27T11:54:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/"},"wordCount":1553,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg","keywords":["kanker","dieet","Suiker","leef gesond","dagga vir kanker"],"articleSection":["Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2023","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/","name":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg","datePublished":"2023-10-27T11:51:28+00:00","dateModified":"2023-10-27T11:54:49+00:00","description":"Daar is al in die jare dertig vasgestel dat kanker met \u2019n duidelike toename in glukoseverbruik gepaardgaan, maar beteken dit suiker veroorsaak kanker?","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2023\/10\/aron-l-BvkNDyyb3tI-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suiker-en-kanker-wat-se-die-kenners\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Suiker en kanker: wat s\u00ea die kenners?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64427","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=64427"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/64427\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/140399"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=64427"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=64427"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=64427"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}