{"id":63874,"date":"2025-02-11T16:20:14","date_gmt":"2025-02-11T14:20:14","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=63874"},"modified":"2025-02-12T09:42:18","modified_gmt":"2025-02-12T07:42:18","slug":"enkelloper-red-die-situasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/","title":{"rendered":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie"},"content":{"rendered":"<p>Ja, daar is redes hoekom sekere mense moeiliker \u2019n pasmaat kry as ander, s\u00ea die kenners. Maar is daar \u2019n bloudruk met duidelike aanwysings wat jy kan volg? Helaas, nee, maar jy kan wel \u2019n paar sondes uitskakel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>1 Nooit die regte tyd nie<\/h4>\n<p>Dr. Helgo Schomer, die vrolike sielkundige op 702-radiostasie, noem dit die <strong>\u201cWanneer ek-sindroom\u201d<\/strong>. Wanneer ek eendag gewig verloor het; wanneer ek minder spanning by die werk het; wanneer, wanneer &#8230;<\/p>\n<p>\u201cDis die dodelikste sindroom vir enkellopers. As jy heeltyd voorwaardes het oor wanneer jy reg gaan wees om mense te ontmoet, maak jy dit bitter moeilik, want jy begrens jou in jou gees en houding. Jy verklaar as \u2019t ware oorlog teen <em>dating<\/em>, want dis \u2019n opportunistiese aktiwiteit en as jou radar afgeskakel is wanneer die regte geleentheid hom voordoen, is die kans verby.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>2 Nie eerlik met jouself nie<\/h4>\n<p>\u201cDis natuurlik veel makliker om \u2019n pasmaat op skool of universiteit te ontmoet waar daar baie beskikbare metgeselle is. Wanneer jy eers begin werk, word die poel vir lewensmaats kleiner en mense werk dikwels so hard dat hulle minder tyd het om te sosialiseer.\u201d<\/p>\n<p>Dit dwing mense om aanlynafsprake te maak.<\/p>\n<p>\u201cOngelukkig is mense nie altyd eerlik in hul aanlynprofiele nie en word die waarheid gerek en foto\u2019s gedokter. Baie plaas foto\u2019s van \u2019n paar jaar gelede omdat dit is hoe hulle hul graag wil sien. Mense hou ook \u2019n onrealistiese beeld van hulself voor. Hulle skep \u2019n beeld van die mens wat hulle graag sou wou wees, eerder as die een wat hulle werklik is.<\/p>\n<p>\u201cMaar as jy voorgee, is dit onmoontlik vir iemand om die ware j\u00fd te leer ken. Jy wil tog h\u00ea iemand moet van j\u00f3\u00fa hou \u2013 nie die fiktiewe beeld wat jy voorgee om te wees en wat nie volhoubaar is nie. As jy nie jouself kan wees nie, kan jy ook nie die regte maat aantrek nie,\u201d s\u00ea dr. Schomer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>3 Los die tegnologie<\/h4>\n<p>As jy agter jou selfoon skuil en heeltyd slim en oulike teksboodskappies stuur, gaan jy nie iemand werklik leer ken nie. Jy het ook genoeg persoonlike kontak nodig om deernis vir mekaar te ontwikkel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>4 Onrealistiese standaarde<\/h4>\n<p>Sommige mense benader afsprake soos \u2019n saketransaksie waar elke kandidaat aan \u2019n stel vereistes moet voldoen. As jy jou afsprake benader met \u2019n inkopielysie van \u201clank, donker, aantreklik, universiteitsgraad\u201d, gaan jy nie ver kom nie, s\u00ea dr. Schomer. As iemand jou gelukkig maak, is dit die regte een.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cLaat skiet jou standaarde, nie jou waardes nie.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cLaat skiet jou standaarde, nie jou waardes nie,\u201d s\u00ea Theo Malherbe van<em> The Only Social Club<\/em>. Dis ook \u2019n goeie idee om \u2019n slag krities na jouself te kyk. As jy op die uitkyk is na \u2019n ewebeeld van die Dawidbeeld, maar self meer Rubenesque (ja, sag en mollig) gebou is, is jou vereistes onrealisties. Die Adonis van jou drome het dalk \u2019n dwelmprobleem terwyl die ou met die gewone voorkoms en min hare die een is wat jou gelukkig gaan maak. \u201cDoen dinge saam, dan word die fokus op voorkoms minder en leer jy om die persoon in sy geheel te waardeer.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>5 Kitsoplossing<\/h4>\n<p>Jy verwag nie om \u2019n beste vriendin op \u2019n <em>app<\/em> te ontmoet nie, maar nou wil jy binne \u2019n enkele afspraak \u2019n lewensmaat kry. \u201cOns leef in \u2019n samelewing waar ons kitsoplossings soek en pas dieselfde tegniek toe om \u2019n maat te soek,\u201d s\u00ea Theo.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cMoenie iemand n\u00e1 die eerste afspraak summier afskiet nie. Leer mekaar \u2019n bietjie beter ken.\u201d <\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Baie gelukkig getroudes sal jou vertel dat hulle aanvanklik nie ooghare vir mekaar gehad het nie.<\/p>\n<p>\u201cKry plesierige aktiwiteite wat julle saam kan doen. Dit skep gedeelde herinneringe en gee jou \u2019n goeie grondslag vir \u2019n verhouding,\u201d s\u00ea <em>Fiona Dorse van Corporate Dating<\/em>. Dis \u2019n veel gemakliker manier om iemand te leer ken as wanneer julle mekaar soos lammers ter slagting in \u2019n formele omgewing ontmoet. (Onthou net die gulde re\u00ebl: ontmoet mekaar op \u2019n openbare plek as jy die persoon nie goed ken nie.)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_63899\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-63899\" class=\"size-medium wp-image-63899\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Vrou-rivier-500x375.jpg\" alt=\"Vrou-rivier\" width=\"500\" height=\"375\" \/><p id=\"caption-attachment-63899\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>6 Klou aan die verlede<\/h4>\n<p>\u201cEk ontmoet gereeld kli\u00ebnte wat hunker na \u2019n vorige verhouding wat nie uitgewerk het nie,\u201d s\u00ea Theo. Omdat hulle daaraan vasklou, is dit onmoontlik om geluk in \u2019n nuwe verhouding te kry. Dis belangrik om uit \u2019n mislukte verhouding te leer, want as jy dieselfde foute maak, gaan jy dieselfde resultate kry. Maar dan is dit tyd om te laat gaan en aan te stap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>7 Ken jy jouself?<\/h4>\n<p>\u201cDie eerste ding wat ek vir mense vra wat kom kers opsteek oor hoe om \u2019n maat te kry is: Weet jy wie jy is?\u201d s\u00ea dr. Schomer. \u201cWat is jou sterk en swak punte? Dan gesels ons oor hoe realisties die beeld is wat hulle van hulself het, en of hulle hou van die mens wat hulle is. Dis belangrik dat jy gemaklik met jouself is, tekortkominge en al, want dis \u2019n groot rede waarom mense sukkel om suksesvolle verhoudings te h\u00ea. As j\u00fd nie van jouself hou nie, hoe kan jy van iemand anders verwag om van jou te hou? Dis \u2019n goeie maatstaf om te kyk of jy by jou maat vir jouself kan lag.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>8 Iemand wat jou voltooi<\/h4>\n<p>\u2019n Ander slaggat is dat mense \u2019n maat soek wat die gebreke in hul eie lewe gaan aanvul. \u201cAs jy iemand wil h\u00ea wat jou moet voltooi, is die verhouding doodgebore. Jy moet \u2019n mens uit eie reg wees, net dan kan julle mekaar aanvul. \u2019n Verhouding is \u2019n spansport, nie \u2019n individuele vertoning nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>9 Wat wil jy h\u00ea?<\/h4>\n<p>Wees eerlik oor wat jy werklik in \u2019n maat soek. Moenie jou blind staar teen dinge soos die uiterlike, die beroep en hoeveel geld hulle verdien nie. Kry ook emosionele maatstawwe, soos iemand wat jou gelukkig maak, wat jou laat lag en jou laat goed voel oor jouself.<\/p>\n<p>\u201cEk kom ook mense te\u00eb wat verslaaf is aan die gevoel om in \u2019n verhouding te wees,\u201d s\u00ea Theo. \u201cHulle sal met die eerste die beste persoon \u2019n verhouding aanknoop net om nie alleen te wees nie. Gee \u2019n tree terug en besluit wie jy is en wat jy uit \u2019n verhouding wil h\u00ea. As jy nie eens self weet wat jy wil h\u00ea nie, hoe kan jy die regte maat soek?\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>10 Maak oor en oor dieselfde foute<\/h4>\n<p>Dr. Schomer s\u00ea as jy tot dusver geen sukses gehad het nie, ontleed al jou vorige verhoudings en kyk vir ooreenkomste en \u2019n patroon. \u201cGee \u2019n tree terug en kyk as \u2019n buitestander na jou verhoudings. Kies jy elke keer dieselfde soort man, maar dit werk nooit uit nie? Niemand hardloop keer op keer in \u2019n muur vas nie. Hoekom doen jy dit met \u2019n verhouding?\u201d<\/p>\n<p>Hy stel voor dat jy vriende en familie inspan om jou hiermee te help en ook om te verstaan hoe ander mense jou sien. Dalk kom jy neulerig of aanvallend voor, maar besef dit nie. Dalk is jou stemtoon skerp of temerig.<\/p>\n<div id=\"attachment_63902\" style=\"width: 309px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-63902\" class=\" wp-image-63902\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Paartjie-sonsondergang-400x600.jpg\" alt=\"Paartjie-sonsondergang\" width=\"299\" height=\"449\" \/><p id=\"caption-attachment-63902\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Pexels<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>11 Altyd negatief<\/h4>\n<p>\u201cIn my bedryf is die stoere enkellopers van nature meer negatief,\u201d merk Fiona op. \u201cOnthou positiewe mense trek positiewe mense aan en dit is wat nodig is vir \u2019n gelukkige verhouding. As jy negatief is, trek jy baie keer die soort man aan wat jou eerder as \u2019n voorwerp sien net omdat jy mooi is of jou wil oorheers omdat jou selfbeeld laag is. Dit gaan nooit die grondslag vir \u2019n gesonde verhouding wees met die potensiaal om in iets blywends te ontwikkel nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>12 Is jy desperaat?<\/h4>\n<p>Dis moeilik om nie desperaat te voel as die uurglas leeg loop nie, s\u00ea dr. Schomer, maar mans voel maklik dat vroue hulle jag.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDie mensdom funksioneer baie beter in kalm energie as in gespanne situasies. Dis moeilik om jouself te wees as jy desperaat is, en as \u2019n man voel hy word in \u2019n drukgang gejaag, is sy eerste instink om die hasepad te kies.\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>13 Altyd die \u201cmeisie\u201d nooit die trouvrou nie<\/h4>\n<p>\u201cOnthou, as jy in \u2019n permanente verhouding belang stel, gaan jy nie net met iemand uit nie. Jy moet ook by hul familie en vriendekring kan inskakel,\u201d s\u00ea Fiona. \u201cAs jy by die eerste familiesaamtrek opdaag met \u2019n lae hals wat niks aan die verbeelding oorlaat nie, gaan jy as die tert eerder as die kersie op die koek gesien word. As jy met die intrapslag \u2019n vyand van jou skoonma maak, of sy vriende hom teen jou waarsku, is die verhouding gedoem. Dink aan \u2019n ballerina vir inspirasie. Wees vars en oulik. Hoewel \u2019n ballerina min klere dra, lyk sy altyd stylvol. Haar grimering en hare is subtiel gedoen, maar tog nie koekerig nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>14 Wees \u2019n goeie luisteraar<\/h4>\n<p>Skram jy weg van nuwe ontmoetings omdat jy nie maklik praat nie. \u201cMoenie bekommerd wees as jy nie altyd weet wat om te s\u00ea nie; goeie luisteraars is goud werd,\u201d s\u00ea Fiona. Is jy die spreekwoordelike grammofoon? Haal \u2019n slag diep asem en gee hom \u2019n spreekbeurt.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/10-redes-waarom-jy-die-februarie-uitgawe-van-rooi-rose-moet-lees-3\/\">10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose m\u00f3\u00e9t lees!<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder. Deur Anet Schoeman. Foto Pixabay<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":150842,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[651,662],"tags":[135,825,1373,6589],"class_list":["post-63874","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-verhoudings","category-jou-lewe","tag-verhoudings","tag-liefde","tag-emosies","tag-enkellopers"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-02-11T14:20:14+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-02-12T07:42:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1282\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie\",\"datePublished\":\"2025-02-11T14:20:14+00:00\",\"dateModified\":\"2025-02-12T07:42:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/\"},\"wordCount\":1542,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/02\\\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg\",\"keywords\":[\"Verhoudings\",\"Liefde\",\"emosies\",\"enkellopers\"],\"articleSection\":[\"Verhoudings\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/\",\"name\":\"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/02\\\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg\",\"datePublished\":\"2025-02-11T14:20:14+00:00\",\"dateModified\":\"2025-02-12T07:42:18+00:00\",\"description\":\"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/02\\\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/02\\\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1282},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/enkelloper-red-die-situasie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose","description":"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose","og_description":"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-02-11T14:20:14+00:00","article_modified_time":"2025-02-12T07:42:18+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1282,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie","datePublished":"2025-02-11T14:20:14+00:00","dateModified":"2025-02-12T07:42:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/"},"wordCount":1542,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg","keywords":["Verhoudings","Liefde","emosies","enkellopers"],"articleSection":["Verhoudings","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/","name":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg","datePublished":"2025-02-11T14:20:14+00:00","dateModified":"2025-02-12T07:42:18+00:00","description":"Elke pot het glo \u2019n deksel, maar as die uurglas begin leegloop, voel jy dalk of jy die pot gaan mis sit. Kenners gee \u2019n klompie wenke waarmee jy die enkelloper-situasie dalk kan beredder.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/pexels-leeloothefirst-4560114.jpg","width":1920,"height":1282},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/enkelloper-red-die-situasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63874","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63874"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63874\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/150842"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63874"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63874"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63874"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}