{"id":63441,"date":"2024-04-06T17:36:06","date_gmt":"2024-04-06T15:36:06","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=63441"},"modified":"2024-04-06T17:40:59","modified_gmt":"2024-04-06T15:40:59","slug":"maak-vriende-met-stres","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/","title":{"rendered":"Maak vriende met stres"},"content":{"rendered":"<p>Jy moet \u2019n voorlegging doen wat \u2019n beduidende invloed op jou loopbaan kan h\u00ea. Jou hart hamer in jou borskas, jou asemhaling versnel en jy begin sweet. Asof dit nie genoeg is nie, stres jy boonop omdat jy so gespanne is. Almal weet oormatige spanning verhoog jou risiko op hartvatsiektes en \u2019n vroe\u00eb dood. Hoe nou gemaak?<\/p>\n<p>\u201cDie meeste mense glo stres is \u2019n vyand wat ons moet vrees, vermy of onderdruk,\u201d s\u00ea dr. Kelly McGonigal, \u2019n sielkundige verbonde aan Stanford-universiteit en die skrywer van <em>The Upside of Stress: why stress is good for you, and how to get good at it<\/em>.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea die jongste wetenskaplike navorsing skets nou \u2019n ander prentjie: \u201cStres kan goed wees vir ons \u2013 sowaar! Stres help mense byvoorbeeld om uitmuntend in groot atletiekbyeenkomste, die uitvoer van delikate operasies of die hantering van moeilike gesprekke te presteer. Ons moet leer om \u2018goed te raak\u2019 met stres. Ons moet verstaan dat daar \u2019n verskeidenheid stresresponse is, en ons benadering tot stresvolle gebeure aanpas.\u201d<\/p>\n<p>Kelly erken dat \u201cstresvolle lewenservarings soos depressie en verliese \u2019n skadelike uitwerking op ons gesondheid, verhoudings en doelstellings kan h\u00ea. Maar om te redeneer dat \u2019n oorlewingstryd in armoedige omstandighede jou gesondheid benadeel, is nie dieselfde as om te beweer dat stres \u00e1ltyd skadelik en die lewe fundamenteel toksies is nie.<\/p>\n<p>\u201cDie negatiewe betekenis wat ons aan die woord \u2018stres\u2019 koppel, is toe te skryf aan die werk van Hans Selye, die oupa van stres-navorsing wat in 1982 oorlede is. Hy het stres omskryf as die liggaam se reaksie op enigiets wat aanpassing verg.<\/p>\n<p>\u201cSelye het duisende eksperimente met laboratoriumrotte uitgevoer. Hy het hulle onder meer met toksiene ingespuit, in uiterste temperature ge\u00efsoleer en hul rugmurg deurgesny. Hul reaksie hierop het hy as stres gedefinieer.<\/p>\n<p>\u201cSelye het sy boodskap dat stres ons liggame stadig maar seker aftakel, w\u00eareldwyd versprei. Intussen was daar nooit \u2019n mens in sy laboratorium nie &#8211; hy het net met rotte gewerk. Hoewel sekere mense ook eensame opsluiting en langtermynmishandeling soos die rotte in sy eksperimente beleef, is dit selde die soort werklik-heid waarna mense verwys wanneer hulle s\u00ea hulle ervaar stres.<\/p>\n<p>\u201cEk het in my opleiding as sielkundige geleer \u00e9lke keer wanneer ons iets ervaar wat ons \u2018stres\u2019 sou noem, toon ons liggame die veg-of-vlug-reaksie. Hierdie toestand rem jou insig en vermo\u00eb om besluite te neem. Dit versnel jou hartklop, laat jou bloedvate vernou, bevorder inflammasie en stimuleer die vrystelling van hormone wat jou immuunstelsel onderdruk.<\/p>\n<p>\u201cDie probleem met hierdie uitkyk is die aanname dat daar net een stresrespons is: \u2019n toksiese een. Dis gewoon nie waar nie. Ons liggame toon \u2019n spektrum van stresreaksies. Fisiek kan die reaksies ooreenkomste toon, maar nie almal is toksies nie. Sommige maak ons dapperder, veerkragtiger, beter versorgers, of versterk ons verbintenis met ander.\u201d<\/p>\n<h4>3 voordelige stresreaksies<\/h4>\n<p>Die <strong>uitdagingsrespons<\/strong> op stresvolle omstandighede help jou om \u2019n uitdaging die hoof te bied. Dit gee jou energie, laat jou beter fokus en versterk jou motivering. Jy sal nie noodwendig sukses behaal, of alles wat verkeerd is, kan regmaak nie maar jy vertrou dat jy dit kan hanteer en nie onder die druk gaan meegee nie. \u201cFisiologies kom \u2019n uitdagingsrespons ooreen met die simptome wat mense ervaar wanneer hulle oefen. Jou hart kan verwoed klop, maar jy het minder inflammasie en die onderlinge verhou-ding van streshormone lyk nie soos di\u00e9 wat jy in \u2019n paniekbevange veg-of-vlug-reaksie ervaar nie.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em>&#8220;Navorsing wys die uitdagingsrespons optimaliseer jou prestasie in spanningsvolle situasies soos \u2019n eksamen.&#8221;<\/em><\/h4>\n<p>\u201cPrakties beteken dit ons hoef nie langer te \u2018stres omdat ons stres\u2019 nie. Ons dink \u2019n toename in hartklop, versnelde asemhaling en skielike sweet is tekens dat ons nie opgewasse teen die gebeure is nie. Die alternatief is om te besef dat die liggaam ons toerus om die uitdaging te hanteer: vinniger asemhaling stuur byvoorbeeld meer suurstof na die brein.\u201d<\/p>\n<p>Die <em>tend and befriend<\/em>&#8211; of <strong>uitreikrespons<\/strong> op stres het \u2019n eiesoortige hormoonprofiel. \u201cPleks dat dit jou met energiegewende hormone soos adrenalien en kortisol oorspoel, verhoog dit die afskeiding van oksitosien, die cuddle hormone wat ons skielik na fisieke en emosionele nabyheid laat hunker; ons is gewilliger om ander te versorg en te ondersteun en ons vra makliker hulp. Wetenskaplikes reken dis waarom vrywillige werkers en versorgers nie \u2019n groter sterfterisiko as ander mense ervaar, of groter stresverwante gesondheidsprobleme het nie. Die uitreik-respons is meer algemeen by vroue as by mans: estrogeen bevorder die afskeiding van oksitosien terwyl testosteroon dit inhibeer. Onder mans is dit dikwels ouerskap wat die respons aktiveer.<\/p>\n<p>\u201cMin mense besef oksitosien is \u2019n str\u00e9shormoon. Dis net so deel van die stresrespons as die adrenalien wat jou hart vinniger laat klop. Ons stres-respons wil h\u00ea ons moet in swaar omstandighede omring word deur mense wat vir ons omgee.<\/p>\n<p>\u201cOksitosien is \u2019n natuurlike antioksidant. Die uitreikrespons verminder inflammasie en help jou bloedvate ontspan, dra by tot die hernuwing van jou hartselle en herstel stresverwante hartskade. Dis jou ingeboude veerkragtigheidsmeganisme.<\/p>\n<p>\u201cDie resultate van navorsing wat onder duisend volwasse Amerikaners tussen die ouderdom van 34 en 93 gedoen is, lig hierdie stresrespons uitstekend toe. Elkeen is gevra of hulle die vorige jaar min, matige of baie stres ervaar het en hoeveel tyd hulle daaraan bestee het om vriende, bure en ander mense in hul gemeenskap te help. Die volgende vyf jaar het navorsers die openbare sterfterekords dopgehou om vas te stel watter van die proefpersone oorlede is. Vir elke beduidende stresvolle lewens-ervaring, soos \u2019n finansi\u00eble of gesinskrisis, het die sterfterisiko met dertig persent toegeneem. Maar dit het nie almal gegeld nie. Di\u00e9 wat \u2019n aansienlike hoeveelheid tyd aan omgee bestee het, het g\u00e9\u00e9n toename in sterfterisiko getoon nie. <em>Caring created resilience<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Die <strong>groeirespons<\/strong> wys die vermo\u00eb om weens stres te groei is biologies in ons ingebed. \u201cHierdie respons kan neuroplastisiteit bevorder en jou brein help om uit die ervaring te leer. Dit laat jou streshormone vrystel wat soos stero\u00efede funksio-neer; dit \u2018bou spiere\u2019 in die liggaam sowel as die brein. In die jare tagtig het wetenskaplikes hierdie respons waargeneem en dit \u201cstress-induced toughening\u201d of \u201cstress inoculation\u201d genoem, maar hulle het nie die presiese biologiese werking verstaan nie. Sedertdien is die sogenaamde groei-indeks van streshormone nagevors. Dit dui op die onderlinge verhouding van stres-hormone, byvoorbeeld van kortisol tot DHEA, waarvolgens voorspel kan word of \u2019n stresvolle ervaring jou sterker gaan maak.<\/p>\n<p>\u201cInsig in die groeirespons het wetenskaplikes laat besef die rede vir stres is nie net om onmiddellike oorlewing te verseker soos aanvanklik gemeen is nie, maar ook om ons op die lang duur te beskerm omdat ons in staat is om te leer.\u201d<\/p>\n<h4>Ervaar die voordele<\/h4>\n<p>Hoe kan ons die voordele wat stres bied \u2013 soos om \u2019n uitdaging makliker kaf te draf, ons verhoudings te versterk, en ons te laat groei \u2013 ons eie maak?<\/p>\n<p>\u201cDeur \u2019n kopskuif,\u201d s\u00ea Kelly. \u201cNavorsingsresultate wys die manier waarop ons oor stres dink, maak saak. Dit omvorm ons ervaring van stres en het \u2019n merkbare uitwerking op ons gesondheid.<\/p>\n<p>\u201cIn een navorsingstudie is die deelnemers aan erge sosiale stres onderwerp. Die eerste groep is verwyt omdat hulle gespanne raak, terwyl die tweede groep geleer is dat hul fisieke reaksies hulle help om die situasie te hanteer. Die tweede groep was beduidend minder angstig. Hulle het meer selfvertroue gehad en beter besluite geneem. Meer nog: die eerste groep se bloedvate het vernou terwyl di\u00e9 van die tweede groep ontspanne gebly het ondanks \u2019n woeste hartklop. Dis \u2019n baie gesonder kardiovaskul\u00eare profiel.<\/p>\n<p>\u201cIn nog \u2019n studie moes 3 000 deelnemers aandui of hulle die vorige jaar min, matige of baie stres ervaar het, en of hulle glo stres is skadelik vir hul gesondheid of nie. Die volgende agt jaar het die wetenskaplikes vasgestel wie oorlede is. Die bevinding was dat mense wat baie stres ervaar het, \u2019n 43% groter kans gehad het om te sterf. Maar dit het net di\u00e9 gegeld wat geglo het stres is skadelik vir hul gesondheid. Deelnemers wat baie stres ervaar het maar dit nie as skadelik gesien het nie, het die laagste sterfterisiko getoon \u2013 selfs minder as di\u00e9 wat min stres ervaar het.<\/p>\n<p>\u201cAs die afleidings op grond van di\u00e9 studiebevindinge korrek is, is die oortuiging dat stres vir jou sleg is die vyftiende grootste oorsaak van dood in die VSA: meer as velkanker en MIV\/vigs.\u201d<\/p>\n<p>Kortom: \u201cDit maak nie saak hoe min jy daarvan hou dat jy voor \u2019n konfrontasie in sweet uitslaan nie. Jou liggaam gaan jou steeds laat sweet in \u2019n poging om jou te probeer help. Gewoonlik dink ons: As ek \u2019n goeie ma &#8211; of \u2019n bekwame werker &#8211; was, sou ek nou kalm gewees het. Hierdie stres is \u2019n teken van swakheid.<\/p>\n<p>\u201cDi\u00e9 gedagtegang en die gepaard-gaande onbehaaglike gevoelens maak dit moeiliker om die probleem op te los en sin van die situasie te maak. Dit prikkel die veg-of-vlug-reaksie wat nie gesond is nie &#8211; tensy jy uit \u2019n brandende gebou moet vlug.<\/p>\n<p>\u201cJy kan wel jou waarneming van daardie swetende handpalms en bonsende hart bestuur. Wanneer jy glo dis nuttig en dit as \u2019n aanduiding beskou dat die betrokke kwessie vir jou belangrik is, gaan dit jou liggaam minder nadelig be\u00efnvloed.<\/p>\n<p>As jy kan leer om \u2019n stresrespons te verwelkom, sal jy jou natuurlike vermo\u00eb om onder stres te gedy, ontdek.<\/p>\n<p>\u201cHierdie benadering stem ooreen met die plasebo-effek. Die uitwerking wat jy verwag, is die uitwerking wat jy kry. En gaan jy jare lank s\u00f3 met stresvolle omstandighede om, kan jy dalk \u2019n stresverwante hartaanval op vyftig systap en tot in jou negentigs \u2019n goeie lewe lei.\u201d<\/p>\n<h4>Watter een pas by jou?<\/h4>\n<p>Volgens Kelly McGonigal is daar verskillende maniere om \u201cgoed te raak\u201d met stres. Sy beveel aan dat ons al drie probeer aankweek in die mate waartoe ons voordeel daaruit kan trek.<\/p>\n<p>1 Party mense gedy onder druk. Spertye gee hulle woema, hulle hou van kompetisie en voel hulle bereik meer in veeleisende omstandighede. Kelly noem hierdie groep \u201cThe Iron Man Model of Stress\u201d.<br \/>\n2 \u2019n Tweede groep word verlam deur \u201cystermanstres\u201d, maar is goed daarmee om in stresvolle omstandighede uit te reik. Hulle verstaan dat hul swaarkry deel van menswees is en ontwikkel meer empatie en deernis met ander. Hulle kan steun vra of ander help, en versterk daarmee hul verhoudings.<br \/>\n3 Die derde groep is ingestel op groei. Maak nie saak hoe sleg dit gaan nie &#8211; hulle is reeds besig om sin van die gebeure te maak. Hulle dink: Hierdie belewenis gaan my help om ander te help, of hulle herinner hulself aan iets aakligs en s\u00ea: \u201cEk het daaruit geleer dat &#8230; \u201d<\/p>\n<h4>Stres en swangerskap<\/h4>\n<p>\u201cSwanger ma\u2019s word aangemoedig om stres soos die pes te <strong>vermy<\/strong> omdat dit die waarskynlikheid van ongewenste <strong>voorgeboortelike<\/strong> uitkomste verhoog, of omdat hulle \u2019n kind in die w\u00eareld gaan bring met \u2019n swakker vermo\u00eb om stres te hanteer,\u201d s\u00ea Kelly McGonigal. \u201cDis natuurlik onmoontlik om <strong>nege maande<\/strong> lank <strong>stresvry<\/strong> te lewe. Sulke ma\u2019s bekommer hulle uitermatig oor hul stresvlakke.<\/p>\n<p>\u201cDie waarheid is dat sommige soorte stres nie voorkom kan word nie. Dit sluit <strong>armoede<\/strong>, <strong>natuurrampe<\/strong> en die <strong>dood<\/strong> van \u2019n geliefde in. \u2019n Verhouding waarin jy mishandel word, is waarskynlik die beste aanduiding van negatiewe uitkomste.<\/p>\n<p>\u201cStres oor <strong>lang werksure<\/strong> of \u2019n <strong>verhuising<\/strong> val in \u2019n ander kategorie. Sekere studies wys hierdie soort kommer kan kinders se <strong>veerkragtigheid<\/strong> verhoog. Die babas van ma\u2019s wat hulle tydens swangerskap meer bekommer het, word met senustelsels gebore wat stres <strong>makliker<\/strong> hanteer.<\/p>\n<p>\u201cDi\u00e9 <strong>patroon<\/strong> word in kinders se eerste paar jaar voortgesit. <strong>Matige stres<\/strong> soos om soms van hul ouers geskei te word, of in onbekende situasies te beland waar hulle moet <strong>aanpas<\/strong>, lei tot groter veerkragtigheid en die ontwikkeling van <strong>groter selfbeheersing<\/strong>. Ons het stres nodig om te <strong>groei<\/strong>.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kruispaaie-raad-hoe-jy-krisistye-kan-oorleef\/\">Kruispaaie &amp;#8211; hoe jy krisistye kan oorleef<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy moet \u2019n voorlegging doen wat \u2019n beduidende invloed op jou loopbaan kan h\u00ea. Jou hart hamer in jou borskas, jou asemhaling versnel en jy begin sweet. Asof dit nie genoeg is nie, stres jy boonop omdat jy so gespanne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":144144,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[677,662],"tags":[730],"class_list":["post-63441","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-inspirasie","category-jou-lewe","tag-stres"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Maak vriende met stres | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Maak vriende met stres | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-04-06T15:36:06+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-04-06T15:40:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Maak vriende met stres\",\"datePublished\":\"2024-04-06T15:36:06+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-06T15:40:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/\"},\"wordCount\":1951,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"stres\"],\"articleSection\":[\"Inspirasie\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2024\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/\",\"name\":\"Maak vriende met stres | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2024-04-06T15:36:06+00:00\",\"dateModified\":\"2024-04-06T15:40:59+00:00\",\"description\":\"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2024\\\/04\\\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/maak-vriende-met-stres\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Maak vriende met stres\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Maak vriende met stres | rooi rose","description":"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Maak vriende met stres | rooi rose","og_description":"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2024-04-06T15:36:06+00:00","article_modified_time":"2024-04-06T15:40:59+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Maak vriende met stres","datePublished":"2024-04-06T15:36:06+00:00","dateModified":"2024-04-06T15:40:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/"},"wordCount":1951,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg","keywords":["stres"],"articleSection":["Inspirasie","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2024","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/","name":"Maak vriende met stres | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg","datePublished":"2024-04-06T15:36:06+00:00","dateModified":"2024-04-06T15:40:59+00:00","description":"Stres is altyd sleg vir jou, reg? Verkeerd! Navorsing wys die knoop l\u00ea in ons sienswyse van stres. \u2019n Vars benadering kan dalk jou lewe red ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/jeremy-bishop-9k9nFKmCuE8-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-vriende-met-stres\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Maak vriende met stres"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63441","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63441"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63441\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/144144"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63441"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63441"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63441"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}