{"id":63427,"date":"2025-12-04T18:20:20","date_gmt":"2025-12-04T16:20:20","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=63427"},"modified":"2025-12-04T18:27:22","modified_gmt":"2025-12-04T16:27:22","slug":"tieners-op-tiermelk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/","title":{"rendered":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Drank is groot by optredes en musiekfeeste &#8211; van <i>Liefde by die dam <\/i>tot <em>Plett Rage<\/em>. Noem maar op.<\/p>\n<p>Volgens die <em>Wits School of Public Health<\/em> drink 12% van kinders jonger as 13. Narconon s\u00ea 35% van ons tieners drink en 29% van ons tieners <em>binge<\/em>. <strong>Drankvergrype<\/strong> is die skadelikste vir die brein \u2013 spesifiek vir die tienerbrein wat nou sy finale ontwikkeling deurgaan.<\/p>\n<p>Ons volwassenes stel geen voorbeeld nie. Die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WGO) beskou ons as \u2019n land van harde drinkers met van die hoogste drankverbruik ter w\u00eareld, gemiddeld 12 bottels wyn per persoon per maand, of 3 bottels per week. Dit werk uit op 18 glasies per week. Die grens vir veilige gebruik is een glasie per dag vir vroue en twee vir mans, of 7 en 14 per week, of sowat vier bottels per maand vir \u2019n vrou en agt vir \u2019n man.<\/p>\n<p>Die WGO gee ons 4\/5 vir <strong><em>binge drinking<\/em><\/strong>, wat beskryf word as die aantal mense wat gereeld vyf of meer glase wyn (mans) of drie (vroue) per sitting drink. Drie? Ja, drie is <em>binge<\/em>.<\/p>\n<p>Boonop is drank goedkoop en vrylik beskikbaar. Tieners wat nie saans kan of mag uitgaan nie, kan nog altyd \u201cdagdronk\u201d raak, omdat jy dit \u201cverdien\u201d, want jy werk so hard.<\/p>\n<p>Ons tieners is in \u2019n <strong>rillersituasie<\/strong>. \u2019n Mens kan hulle eintlik nie verkwalik dat hulle te onervare en ontoegerus is om die druk te hanteer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Keer of leer slukkies hulle?<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die meeste van ons drink gesond. Maar hoe leer jy dit vir jou kind? Wat s\u00ea dit as jy vir jou 16-jarige \u2019n drankie aanbied? Klein glasies skink vir die jonger kinders by Kersete? Kleintjies \u2019n slukkie van jou eie drankie gee? Stel jy \u2019n voorbeeld van hoe gesonde drankgebruik lyk, of leer jy jou kind drink?<\/p>\n<p>Daar is heelwat navorsing oor die effek van kinders se eerste kennismaking met drank op hul drinkgedrag. Party wys dit het min effek; ander ondersoeke wys dit laat tieners gouer vorder na vol drankies en dat tieners wat vol drankies gebruik meer dikwels drankprobleme ontwikkel.<\/p>\n<p>So wys \u2019n 2015-ondersoek van die Universiteit van Pittsburgh dat kinders wat van jongs af saam \u201cproe\u201d waarskynlik teen graad 9 al dronk was, selfs al is kinders van ouers wat probleemdrinkers is van die ondersoek uitgesluit.<\/p>\n<p>Tertius Cronj\u00e9, direkteur van korporatiewe dienste by SANRA, s\u00ea die belangrikste boodskap wat jy aan jou tiener oordra, l\u00ea in jou eie houding teenoor drank. \u201cAs jy tevrede is met die manier hoe jy drink (nie wat jy s\u00ea nie maar wat jy d\u00f3\u00e9n), hoef jy jou gewoonlik nie te bekommer nie. Maar oppas as drank die fokus van jou sosiale omgang is. As jy swymel oor \u2019n bottel rooiwyn, leer jou kind wyn is uiters belangrik en waardevol. As jy saans of by elke viering aankondig hoe bly jy is dis drinktyd, leer jou kind ontspanning, vriendskap en familiebande gaan eintlik oor drankies.<\/p>\n<p>\u201cWees veral versigtig hiermee as daar depressie of alkoholisme in jou familie voorkom. Dit kan \u2019n genetiese basis h\u00ea, wat beteken dat jou kind ook meer vatbaar vir alkoholisme as ander kinders is.\u201d<\/p>\n<p>Ondanks jou goeie voorbeeld gaan jou kind nogtans met die volgende te make kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-63436 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Alkohol-500x332.jpg\" alt=\"Alkohol\" width=\"500\" height=\"332\" \/><\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li>\n<h4><strong>Ek kan \u2019n bottel \u2018Down\u2019<\/strong><\/h4>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is iets waaroor party tieners spog: hulle drink \u2019n bottel brandewyn uit en kom niks oor nie.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n <strong>illusie<\/strong>, s\u00ea Tertius. \u201cDit voel dalk vir \u2019n uur of twee so maar die feit is dat die effek van die alkohol \u00e1lmal n\u00e1 \u2019n paar ure oorval.<\/p>\n<p>\u201cDink aan jou maag as \u2019n sak met twee kleppe \u2013 een waarby kos ingaan en een waar kos na die derms uitgaan. Gewoonlik open die dermkleppie (piloris) sowat vier uur n\u00e1 jy ge\u00ebet of gedrink het. As jy vinnig drink, met ander woorde \u2019n bottel wyn uitdrink asof dit drie glase koeldrank is, bly dit aanvanklik alles in jou maag. Net \u2019n bietjie word deur die maagwand opgeneem en jy ervaar min effekte. Maar alkohol is \u2019n spierverslapper en n\u00e1 sowat twee, drie uur is genoeg opgeneem dat die spiere begin ontspan, onder meer die pilorisklep. Nou stort al die drank op een slag in die dermkanaal. Jou dermkanaal het \u2019n oppervlak van 30-40m\u00b2. Dit is so groot soos ses, sewe parkeerplekke. Die alkohol word nou oor hierdie groot oppervlak opgeneem. Dit gaan gou. Daarom sien jy dat iemand een oomblik nog heel nugter is en \u2019n paar minute later stormdronk is.<\/p>\n<p>\u201cDie persepsie dat jy \u2018kan drink\u2019 is uiters gevaarlik. Dit laat toe dat jy glo jy is nugter. Jy drink dus verder. Of jy dink jy is nugter genoeg om te bestuur, en word op pad oorval.<\/p>\n<p>\u201cDie ergste is dat al hou jy op drink, bly die alkohol nog ure lank skade doen aan jou brein. As die drank eers in jou dermkanaal is, kan jy heeltemal niks doen om dit te neutraliseer nie. Selfs in die hospitaal kan hulle maar net sorg dat jy bly leef.\u201d<\/p>\n<p>Wat dan van jou \u201clewerpilletjies\u201d wat jou lewer ondersteun?<\/p>\n<p>\u201cJou lewer is soos \u2019n padtonnel wat net een motor elke twee uur deurlaat. Dit kan net een drankie in twee uur afbreek. Dit is \u2019n vaste metaboliese tempo en geld \u00e1lmal. Met ander woorde dit neem almal twintig uur om \u2019n bottel brandewyn (sowat twintig sopies) uit die gestel uit te werk. Jy is amper \u2019n dag lank \u2019n magtelose toeskouer wat kyk hoe stukkies van jou brein doodgaan.\u201d<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li>\n<h4><strong>\u2018Johnny is nie dood nie, hy\u2019s net uitge-<em>pass<\/em>\u2019<\/strong><\/h4>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy mooi luister na di\u00e9 liedjie van Koos Kombuis hoor jy Johnny is toe dood. Dit is \u2019n baie werklike risiko.<\/p>\n<p>Tertius verduidelik dat alkohol die sentrale senuweestelsel onderdruk (verlam) en dus ook jou onwillekeurige spiere, soos jou hartspier wat jou hart aan die klop hou en jou diafragma wat jou outomaties laat asemhaal.<\/p>\n<p>\u201cMense wat te veel gedrink het, lyk net \u2018uitge-<em>pass<\/em>\u2019 maar is in werklikheid op daardie oomblik aan die sterf. Dit gebeur reg tussen hul maats, wat nie weet wat die tekens van alkoholsterfte is nie. Dit kom meisies selfs makliker oor.\u201d<\/p>\n<p>Wat is die tekens? En wat moet jy doen?<\/p>\n<p>\u201cHy raak blouerig om die mond \u2013 jy sal dit nie sommer in \u2019n donkerige kuierplek raaksien nie. Sy vel sal koud en klam voel en hy is pap en slaperig. Braking is \u2019n verdere risiko, want hy kan verstik aangesien sy slukspiere verlam is. Die finale fase is wanneer hulle ophou asemhaal en\/of as die hart ophou klop.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n mediese noodgeval. Moenie tyd mors om hom te probeer bykry of iets soos koffie in te gee nie. Hy moet dadelik hospitaal toe. Onmiddellik.<\/p>\n<p>\u201cKry hom in die motor, laat hom op sy sy l\u00ea, sorg dat hy warm is en jaag hospitaal toe. Probeer intussen sy hart masseer en maak seker dat hy bly asemhaal. Doen mond-tot-mond asemhaling as hy ophou asemhaal.\u201d<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li>\n<h4><strong>Skemerkelkie-uur<\/strong><\/h4>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Baie mense kan nie<em> happy hour<\/em>-winskopies weerstaan nie. Maar goedkoop is duurkoop. Die slu kuierplekke hoop jy val vas en koop die res van die aand duur drank.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<ul>\n<li>\n<h4><strong>Drinkspeletjies<\/strong><\/h4>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Waar drank goedkoop is, is drinkspeletjies aan die orde van die dag, waarvan die arsenaal oneindig is, s\u00ea Tertius.<\/p>\n<p>\u201cDrinkspeletjies is almal op drie konsepte gegrond: vinnige besluite en\/of goeie oog-hand-ko\u00f6rdinasie en\/of vinnige reaksietyd. Drank verswak aldrie. Jy kan nie anders as om te fouteer nie, en moet drink vir jou straf, waarna jy meer fouteer en meer moet drink \u2026 hoe dom kan \u2019n mens wees?<\/p>\n<p>\u201cVir tieners gaan dit ook oor die kameraderie \u2013 daardie ritueel van bonding. Hulle dink dit is age appropriate. Hulle glo dit gee hulle straatstatus. Die meisies wat saamspeel, is nie \u2018koeke\u2019 nie en die seuns spog met hul \u2018prestasies\u2019.<\/p>\n<p>\u201cMaar dink net vir \u2019n oomblik na oor wat jy nou eintlik bewys? Dat jy \u2018beter dronk\u2019 is as ander? Dit maak jou nie ouliker, mooier, manliker of beter nie. Dit is \u2019n nie-prestasie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bou-of-breek-jy-jou-kind-se-selfbeeld\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Bou of breek jy jou kind se selfbeeld?<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland. Deur Salom\u00e9 Delport<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":160252,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[679,662],"tags":[834,2043,130,134],"class_list":["post-63427","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ouerskap","category-jou-lewe","tag-kinders","tag-alkohol","tag-tieners","tag-ouerskap"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-04T16:20:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-12-04T16:27:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet\",\"datePublished\":\"2025-12-04T16:20:20+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-04T16:27:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/\"},\"wordCount\":1334,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"kinders\",\"alkohol\",\"tieners\",\"ouerskap\"],\"articleSection\":[\"Ouerskap\",\"Jou lewe\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/\",\"name\":\"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-04T16:20:20+00:00\",\"dateModified\":\"2025-12-04T16:27:22+00:00\",\"description\":\"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/12\\\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/tieners-op-tiermelk\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose","description":"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose","og_description":"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-12-04T16:20:20+00:00","article_modified_time":"2025-12-04T16:27:22+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet","datePublished":"2025-12-04T16:20:20+00:00","dateModified":"2025-12-04T16:27:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/"},"wordCount":1334,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg","keywords":["kinders","alkohol","tieners","ouerskap"],"articleSection":["Ouerskap","Jou lewe"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/","name":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg","datePublished":"2025-12-04T16:20:20+00:00","dateModified":"2025-12-04T16:27:22+00:00","description":"Baie tieners beskou drank as \u2019n uitdaging. Dit is nie maklik om hierdie amper volwasse kinders te tem nie. Maar dit is n\u00f3dig. Elkeen kan in di\u00e9 situasies beland.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/abstral-official-tqQoX-DFzvs-unsplash.jpg","width":1920,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/tieners-op-tiermelk\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63427","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=63427"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63427\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":160253,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/63427\/revisions\/160253"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/160252"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=63427"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=63427"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=63427"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}