{"id":62910,"date":"2016-12-06T14:38:22","date_gmt":"2016-12-06T12:38:22","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=62910"},"modified":"2017-07-13T12:58:43","modified_gmt":"2017-07-13T10:58:43","slug":"rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/","title":{"rendered":"Rikus de Beer lag en leef voluit"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Ek was nie soseer bang om dood te gaan nie \u2013 ek was eerder vies omdat ek nog so baie wou doen. Ek was dan nog so jonk!&#8221;<\/p>\n<p>So gesels Rikus de Beer, onder sy duisende aanhangers beter bekend as Jonathan van <strong>Radio Raps<\/strong>. Ons gesels oor wat alles vyf jaar gelede deur sy kop gemaal het toe sy lewe aan \u2019n draadjie gehang het.<\/p>\n<p>Kardiomiopatie, \u2019n toestand van die hartspier wat sy hart laat vergroot het, het hom met twintig persent hartfunksie gelaat.<\/p>\n<p>\u201cDie dokters het nie gedink ek gaan dit oorleef nie \u2013 hulle het in \u2019n stadium selfs my ouers laat kom om te groet. Net daar het ek besluit: ek het net een lewe \u2013 ek gaan hom leef!\u201d<\/p>\n<p>Rikus het nie net sy werk as finansi\u00eble adviseur bedank en sy eie herwinbare energie-onderneming begin nie, maar sommer ook besluit om iets meer te maak van die komiese sketse waarmee hy gereeld sy vriende op \u2019n WhatsApp-groep vermaak het.<\/p>\n<p>Jonathan, die uitgesproke Oos-Randse karakter met sy kenmerkende \u201c\u00f4lrite\u201d, skreeusnaakse (hoewel soms heeltemal onvanpaste) raad en die tennispet wat bokant sy een oor die lug intoring, is amptelik gebore. Binne maande was hy volksbesit en binnekort gaan selfs fliekgangers Jonathan op die silwerdoek in aksie sien.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Maar waar het alles begin? Was hy van kleins af snaaks?<\/h4>\n<p>\u201cSeker maar. Ek was beslis \u2019n bietjie <em>loud<\/em> \u2013 ek was hoofdirigent, daai soort ding. Toe kry ek \u2019n rugbybeurs by die Universiteit van Johannesburg en ek skryf in vir \u2019n B.Com.-graad in entrepreneursbestuur. Mense het toe al vir my ges\u00ea ek moet \u2019n <em>entertainer<\/em> word. Maar waar begin jy?\u201d<\/p>\n<p>Rikus was \u2019n goeie rugbyspeler en lid van die Goue Leeus se 0\/20-oefengroep tot hy vroeg in sy eerste jaar sy rug in \u2019n rugby-oefening gebreek het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><span style=\"text-decoration: underline;\"><em>\u201cDie einde van my rugbyloopbaan het my gedwing om aan kultuurdinge deel te neem, soos die s\u00ear en die eerstejaarsfees. By die sangfees kry ek toe glads die prys as beste akteur!\u201d<\/em><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die skielike gesondheidsprobleme het hom laat besef dat hy die enigste een is wat sy komediedrome kon bewaarheid. Sy vriende het gereeld sy lawwe WhatsApp-boodskappe vir hul vriende aangestuur. Een aand het \u2019n wildvreemdeling by \u2019n geselligheid vir Rikus vertel van \u2019n skreeusnaakse storie wat iemand vir hom aangestuur het.<\/p>\n<p>\u201cEn daar speel hy my eie storie vir my, maar weier om te glo dat dit ek is!\u201d vertel Rikus laggend. Net daar het hy besluit dis tyd om Jonathan se kaskenades op video vas te l\u00ea. Binne weke was Jonathan en Radio Raps \u2019n Internetsensasie.<\/p>\n<p>Die akteur en TV-aanbieder John-Henry Opperman het die potensiaal in Jonathan raakgesien. Hy het Rikus gekontak en hom sedertdien gehelp om van Jonathan volksbesit te maak.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou nog die eerste keer toe ek vir John-Henry \u2019n stukkie <em>stand up<\/em>-komedie in Impala, \u2019n kroeg in Potch, gedoen het Dit was seker my swakste vertoning! Ek het gewonder wat my besiel het om te dink ek kan \u2019n komediant wees. Ek kon dit dan beswaarlik regkry om tien minute lank snaaks te wees. Hoe gaan ek ooit \u2019n uur hiervan op \u2019n verhoog doen, of daarvan \u2019n loopbaan maak?\u201d<\/p>\n<p>Maar ses maande en baie ure se harde werk later, het hy \u2019n gehoor van duisend mense by die Emperors Palace in Johannesburg laat skater en kort daarna is sy eerste DVD opgeneem. Sedert Februarie 2014, toe hy sy eerste, amptelike skerpskerts-vertoning as Jonathan gedoen het, het daar baie water in die see geloop.<\/p>\n<p>Met ons onderhoud was Rikus al hard aan die voorberei vir die opname van sy derde DVD in November, en \u2019n uur of tagtig minute op die verhoog voor gehore van tot 3 500 mense is nie meer vir hom vreemd nie. Ons gaan hom ook vroeg in Desember die eerste keer op die silwerdoek sien in Jonathan, \u2019n komedie gegrond op die Radio Raps-karakter met dieselfde naam (lees onder.)<\/p>\n<p>\u201cDis net die begin. Ek en John-Henry en Sallas de Jager, die vervaardiger, werk al klaar aan die draaiboek vir die opvolg,\u201d vertel hy. \u201cOns beplan drie flieks, want die storie leen hom lekker tot minstens nog twee opvolgflieks.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hoe word \u2019n mens \u2019n professionele komediant?<\/h4>\n<p>\u201cDis aan die begin baie moeilik. Jy kan dit net op die verhoog aanleer. Ek het al die internasionale meesters se DVD\u2019s gekyk en by almal iets geleer. Die belangrikste is dat jy jou eie stem moet kry en dat jy jou tegniek moet verfyn. Dit raak gelukkig makliker sodra jy op jou gehoor ingestel is. \u2019n Mens kan jou gehoor ook later \u2018lees\u2019 om te sien wat werk en wat nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wie is sy gunsteling-komediante?<\/h4>\n<p>\u201cMichael McIntyre, Robin Williams en Eddie Murphy,\u201d rits hy die name sonder huiwering af. \u201cMcIntyre is my held! Sy menslikheid is opvallend en as hy iets s\u00ea, sien jy jou in daardie selfde situasie en dis eintlik hoekom jy lag.\u201d<\/p>\n<p>Rikus besef Jonathan se Radio Raps-kaskenades is dalk nie vir almal ewe snaaks nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">&#8220;Maar ek dink sy absolute eerlikheid maak dat mense van hom hou. As mense eerlik met hulself is, sal hulle erken hy s\u00ea die soort goed hardop wat baie van ons dink, maar voel ons behoort nie te s\u00ea nie.&#8221;<\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cEk dink ons het almal so \u2019n stukkie Jonathan in ons. Hy draai nie doekies om nie maar hy het \u2019n goeie hart,\u201d s\u00ea hy oor sy karakter.<\/p>\n<p>Rikus is glad nie soos Jonathan nie. Hy is nie luidrugtig nie, vloek in ons onderhoud nie eens een maal amper nie en probeer so onopsigtelik moontlik bly in die restaurant waar ons mekaar ontmoet het. \u2019n Goed gemanierde <em>gentleman<\/em>. Hy is pas terug van \u2019n week lange wegbreek en kan nie wag om sy twee honde, Hennie en Inge, later die middag weer te sien nie. \u201cKyk net hoe mooi is hulle,\u201d vertel hy terwyl hy na foto\u2019s op sy selfoon soek.<\/p>\n<p>Alles aan hom verklap \u2019n goeie opvoeding.<\/p>\n<p>\u201cMy ouers is die rustigste mense wat ek ken,\u201d vertel hy oor sy kinderjare op \u2019n plaas naby Klerksdorp. \u201cMy pa werk by Senwes en boer ook, en my ma werk in die Hervormde Kerk se kantoor. Ek het \u2019n jonger sussie. My pa is eintlik \u2019n introvert, en my ma wou haar aan die begin doodskaam vir Jonathan. Sy hanteer dit nou beter vandat mense vir haar kom vertel het hoe baie hulle dit geniet,\u201d lag hy.<\/p>\n<p>Sedert hy net twee weke voor ons onderhoud die derde keer met hartmoeilikheid in die waakeenheid beland het, besef hy opnuut dat hy na homself moet omsien.<\/p>\n<p>\u201cGelukkig herken ek nou al die tekens \u2013 ek was die keer net daar vir \u2019n dag &#8211; en my dokter het ges\u00ea ek sal moet gewig verloor, meer oefen en alkohol vermy,\u201d vertel hy. Hy is dol op sy werk, hoewel dit soms vir hom moeilik is om mense te laat besef hy is nie soos Jonathan nie.<\/p>\n<p>\u201cEk wil nie saam drink en tot diep in die nag kuier n\u00e1 ek iewers \u2019n vertoning gegee het nie. Daardie tagtig minute op die verhoog is my werk, nie wie ek is nie. Mense verstaan dit nie altyd nie, ook nie dat dit uitputtend kan wees nie.\u201d<\/p>\n<p>Tog bly dit vir hom heerlik dat mense gek na Jonathan is. \u201cEk het in Amerika twee vertonings vir Suid-Afrikaners gegee en kon nie glo dat daar mense was wat tot agt uur lank moes ry om na my te kom kyk nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy is steeds verstom oor wat die karakter vir mense beteken. \u201c\u2019n Vrou het eenmaal vir my \u2019n boodskap op facebook gestuur oor hoe Jonathan haar man, toe terminaal siek aan kanker, laat lag het. Ek dink dis waar- oor my werk gaan: ek wil mense help om \u2019n bietjie van al die moeilikhede in die lewe te vergeet, al is dit ook net vir \u2019n klein rukkie.\u201d<\/p>\n<p>Hy beskou sy sin vir humor as sy oorlewingsmeganisme.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4 style=\"text-align: center;\"><em><span style=\"text-decoration: underline;\">\u201cEk kan nors mense nie hanteer nie, ook nie mense wat hulself te ernstig opneem nie.\u201d <\/span><\/em><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die bekendheid het nie na sy kop toe gegaan nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het sedert my universiteitsdae nog dieselfde vriendekring \u2013 hulle hou my nederig. Toe ek in die hospitaal daardie eerste keer so tussen lewe en dood gehuiwer het, was daar altyd so vier of vyf pelle om my bed. Ek het besef hoe kosbaar vriende is. Dis hoe \u2019n mens jou rykdom op aarde meet \u2013 nie aan besittings nie.<\/p>\n<p>\u201cEk het toe ook besluit om alle negatiewe mense en dinge uit my lewe te sny. Dit was \u2019n bewustelike besluit \u2013 ek hou regtig nie van onnodige drama nie.\u201d Sy vriendin van die afgelope paar maande, Kaylee van den Berg, dra ook tot sy kalmte by. \u201cMaar sy het \u2019n wonderlike sin vir humor en kan heerlik lag!\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Het Jonathan hom wat Rikus is, verander?<\/h4>\n<p>\u201cJa, ek dink nogal so. Ek is nou baie rustiger \u2013 ek dink dis omdat ek nou my droom kan uitleef om mense te vermaak. Vroe\u00ebr was ek baie luidrugtiger &#8211; ek het onophoudelik gepraat. Ek was beslis \u2019n gefrustreerde entertainer.\u201d<\/p>\n<p>Dis vir hom belangrik om elkeen van sy verhoogoptredes met \u2019n positiewe boodskap af te sluit, al word dit ook met humor verbloem. \u201cEk wil iets by mense laat waaroor hulle kan nadink.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Meer oor \u2018Jonathan\u2019 die fliek<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-59975 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/jonathan-4-500x334.jpg\" alt=\"Jonathan die movie\" width=\"500\" height=\"334\" \/><br \/>\nWanneer het ouers genoeg gehad van hulle dertigjarige se drome om \u2019n skerpskertser te word? Toe Jonathan \u2019n groot komediekompetisie verloor, verdrink hy sy sorge so deeglik dat hy sy pa se splinternuwe bakkie in \u2019n stuk skrootmetaal verander. Net daar besluit sy pa (Eric Nobbs) en sy ma (Rika Sennett) die jongste kuiken moet nou die nes verlaat. Hy word die eerste keer gedwing om sy eie potjie te krap, maar waar begin \u2019n mens? Jonathan besluit om \u2019n motorwag te word \u2013 dit kan tog nie s\u00f3 moeilik wees nie! Die ander wagte is minder gene\u00eb om hul gebied met die arrogante vreemdeling te deel, tot hul leier Hartog, vertolk deur Paul Eilers, besluit om hom \u2019n kans te gee. Of wil hy hom \u2019n les leer?<\/p>\n<p>Daar, op die parkeerterrein in die bloedige son, leer Jonathan daagliks van verantwoordelikheid, respek, medemenslikheid, vriendskap en mededeelsaamheid. En, veral, van nederigheid. Maar toe raak hy verlief en hy en Hartog wen die Lotto &#8230; Hoe gaan hy dit hanteer?<\/p>\n<p>Jonathan is prettige vermaak met volop kinkels wat \u2019n mens laat skaterlag. Dis beslis nie net vir Radio Raps-aanhangers nie. My kollegas het saamgestem dat die fliek \u2019n mens ook met ander o\u00eb na motorwagte laat kyk, want uiteindelik is ons almal mense, elkeen met \u2019n eie storie, eie drome en \u2019n hart vol hoop \u00e9n spyt. En niemand wil regtig alleen wees nie.<\/p>\n<p>Met Jonathan waag die bekroonde vervaardiger, skrywer en regisseur, Sallas de Jager, die eerste keer sy hand aan komedie.<\/p>\n<p>Kyk hier na die lokprent:<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"560\" height=\"315\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/HP2O2WAToJc\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het hom leer ken as die skreeusnaakse, effens te reguit \u2018Radio Raps\u2019-jafel, maar Rikus de Beer moes eers by die dood omdraai voordat hy die moed gehad het om sy komediedrome na te jaag. Deur Ilse Salzwedel. Foto deur Andrea caldwell<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":62912,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[3957,6510,23450,24339,1387,3621],"class_list":["post-62910","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-afrikaanse-fliek","tag-hartsiekte","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-celebs","tag-afrikaanse-akteur"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ons het hom leer ken as die skreeusnaakse, effens te reguit \u2018Radio Raps\u2019-jafel, maar Rikus de Beer moes eers by die dood omdraai voordat hy die moed gehad het om sy komediedrome na te jaag. Deur Ilse Salzwedel. Foto deur Andrea caldwell\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-12-06T12:38:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2017-07-13T10:58:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"996\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1336\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Rikus de Beer lag en leef voluit\",\"datePublished\":\"2016-12-06T12:38:22+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:58:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/\"},\"wordCount\":1822,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg\",\"keywords\":[\"afrikaanse fliek\",\"hartsiekte\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"celebs\",\"afrikaanse akteur\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/\",\"name\":\"Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg\",\"datePublished\":\"2016-12-06T12:38:22+00:00\",\"dateModified\":\"2017-07-13T10:58:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg\",\"width\":996,\"height\":1336,\"caption\":\"Rikus de Beer RadioRaps\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Rikus de Beer lag en leef voluit\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose","og_description":"Ons het hom leer ken as die skreeusnaakse, effens te reguit \u2018Radio Raps\u2019-jafel, maar Rikus de Beer moes eers by die dood omdraai voordat hy die moed gehad het om sy komediedrome na te jaag. Deur Ilse Salzwedel. Foto deur Andrea caldwell","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-12-06T12:38:22+00:00","article_modified_time":"2017-07-13T10:58:43+00:00","og_image":[{"width":996,"height":1336,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Rikus de Beer lag en leef voluit","datePublished":"2016-12-06T12:38:22+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:58:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/"},"wordCount":1822,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg","keywords":["afrikaanse fliek","hartsiekte","entertainment","local celebs","celebs","afrikaanse akteur"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/","name":"Rikus de Beer lag en leef voluit | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg","datePublished":"2016-12-06T12:38:22+00:00","dateModified":"2017-07-13T10:58:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Rikus-de-Beer-e1481027944301.jpg","width":996,"height":1336,"caption":"Rikus de Beer RadioRaps"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/rikus-de-beer-lag-en-leef-voluit\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Rikus de Beer lag en leef voluit"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62910","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62910"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62910\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/62912"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62910"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62910"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62910"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}