{"id":62703,"date":"2016-12-01T14:55:11","date_gmt":"2016-12-01T12:55:11","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=62703"},"modified":"2016-12-01T15:14:59","modified_gmt":"2016-12-01T13:14:59","slug":"kersverhaal-engelekoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/","title":{"rendered":"Kersverhaal: Engelekoor"},"content":{"rendered":"<p>\u201cDie lewe is nie <em>fair<\/em> nie. Nie in Tweevlei nie, maar luister nou mooi vir my, ons hoef dit nie te <em>accept<\/em> nie!\u201d<\/p>\n<p>Ouma Jantjie en haar string \u201cgriep-kinders\u201d het aangesit vir aandete. Die kinders was nog grootoog na Ouma Jantjie se groot tantrum die middag voor Juffrou Bester se <em>prefab<\/em>-klas by die Rietspruit Prim\u00eare Skool.<\/p>\n<p>Dit was vir haar onaanvaarbaar dat haar kinders nie vir die skool se Kersspel gekies is nie. Nie eens vir die engelekoor nie. Sy is die enigste ma wat die kinders ken en dit is nie die eerste <em>fight<\/em> wat sy namens hulle by die Rietvlei-skool aangepak het nie. Haar kinders se ouers is aan &#8220;die groot griep&#8221; dood. Dis hoe mense in Tweevlei se plakkerskamp na die vreeslike siekte verwys. Maar by die Rietspruit Prim\u00eare Skool word na die kinders verwys as \u201cDie Vigs-wesies van Tweevlei.\u201d Die skool het groot probleme daarmee dat Ouma Jantjie nie amptelik as voog vir die kinders geregistreer is nie. Gelukkig het Mevrou Bruwer, die maatskaplike werker van Rietspruit, haar hande vol met al die kinders van die distrik wat nie versorg is nie. Sy is maar te dankbaar Ouma Jantjie versorg die kinders van Tweevlei in haar uitgebreide sinkhuis. Daar is nie meer \u2019n stukkie grond op ouma Jantjie se erf oor wat nie onder sinkplate toe is nie, maar daar is altyd plek vir nog \u2019n\u00a0kind.<\/p>\n<p>\u201cKyk, ek verwag nie my kinders moet \u2019n\u00a0Josef of \u2019n\u00a0Maria of \u2019n\u00a0herder wees nie. Ek weet mos hoe julle hulle kies &#8230; ek weet, maar die engelekoor. Juffrou Murray het darem altyd plan gemaak dat my kinders darem in die engelekoor is!\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Bester het haar o\u00eb ongesiens probeer rol want sy was al hartlik sat vir Ouma Jantjie se gereelde tantrums by die skool.<\/p>\n<p>\u201cWag nou, wag nou, Mevrou Jantjies. Soos ek al ges\u00ea het, vandat Juffrou Murray afgetree het, is ek in beheer van Rietspruit se kultuurgebeure. U sal dit net moet aanvaar. Aanvaar asseblief net my besluite. Daar is eenvoudig nie plek op die verhoog vir meer as vyftig kinders vir die Kersspel nie.\u201d<\/p>\n<p>Ouma Jantjie was niks lus vir aanvaar nie. Sy moes hierdie jaar al hoor sy moet \u201caanvaar\u201d dat daar nie vir haar kinders plek is in die Jeugdag-tablo nie, sy moes \u201caanvaar\u201d dat haar kinders ook nie aan die Lente-parade kon deelneem nie.<\/p>\n<p>\u201cLuister hier, Juffrou, ek <em>accept<\/em> niks nie. Hierdie kinders moet te veel dinge maar net <em>accept<\/em>.\u201d<\/p>\n<p>Ouma Jantjie se skerp ogies het die oogrollery van Juffrou Bester nie misgekyk nie. Daar waar sy met haar swerm teleurgestelde kinders voor die <em>prefab<\/em> klas gestaan het, het haar humeur die limiete van haar ordentlikheid bereik.<\/p>\n<p>\u201cEk gee nou nie om of jy die Queen van Kultuur is nie. Die Jirre het nie vir jou aangestel om te kies wie in sy koor mag sing of nie.\u201d<\/p>\n<p>Juffrou Bester se ordentlikheid het skynbaar ook die perk begin oorskry.<\/p>\n<p>\u201cMevrou Jantjies, ek is aangestel as &#8230;\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, ja, jy het dit mos al ges\u00ea,\u201d het Ouma Jantjie haar ongeduldig onderbreek.<\/p>\n<p>\u201cDie koor is tog ter viering van onse Heiland se geboorte en nou ontneem jy my kinders die voorreg. Ek weet jy sal dit nou nie verstaan\u00a0 nie, maar alle kinders is engele en daar staan n\u00earens in die Woord dat daar \u2019n\u00a0beperking is van watter kinders Hom mag loof nie.\u201d Haar maer beentjies was wyd uit mekaar geplant waar sy voor die klas gestaan het. Haar dun armpies kwaai oor mekaar gevou. Die kopdoek skoon skeef van kwaadgeit.<\/p>\n<p>Na aandete op die dag van die tantrum het Ouma Jantjies se kinders hul eie engelekoor begin oefen. In die weke voor die Kersspel het sy haar <em>Christmas Album<\/em> van Boney M oor en oor gespeel tot die kinders elke liedjie uit volle bors kon sing.<\/p>\n<p>Die Kersspel van Juffrou Bester, Rietvlei Prim\u00eare skool se kultuurbeampte, het seepglad verloop. Juffrou Bester was \u2019n\u00a0trotse vrou.<\/p>\n<p>Toe die laaste applous stil raak, het Ouma Jantjie op die verhoog geklim.<\/p>\n<p>\u201cEn nou, vir \u2019n\u00a0<em>special<\/em> deur die Tweevlei griep-kinders!\u201d<\/p>\n<p>Sy het die sydeur oopgestoot en haar kinders na die verhoog gelei.<\/p>\n<p>Van die mense het al uit die saal begin stap toe die kinders begin sing. Van <em>Jingle Bells<\/em>,<em> Oh My Lord<\/em>,<em> Petit Papa No\u00ebl<\/em> tot <em>When A Child is Born<\/em> het hulle gesing tot die mense begin terugstroom het na die saal. Teen die tyd wat hulle <em>Little Drummer Boy<\/em> en <em>Jos\u00e9 Feliciano<\/em>\u00a0se Feliz Navidad gesing het, het die gehoor saamgeklap en voete gestamp dat die skoolsaal van Rietvlei Prim\u00eare Skool dreun van die Kersfees-gees.<\/p>\n<p>Die Tweevlei griep-kinders het daardie aand gelukkig gaan slaap.<\/p>\n<p>Hulle het geweet die lewe is nie <em>fair<\/em> nie. Nie in Tweevlei nie, maar hulle het geweet hulle hoef dit nie te <em>accept<\/em> nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Engelekoor, \u2019n Kersverhaal deur Martie Swanepoel.<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":62713,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[104,239,1258],"class_list":["post-62703","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-kersfees","tag-verhaal","tag-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Engelekoor, \u2019n Kersverhaal deur Martie Swanepoel.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-12-01T12:55:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2016-12-01T13:14:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"336\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Kersverhaal: Engelekoor\",\"datePublished\":\"2016-12-01T12:55:11+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-01T13:14:59+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/\"},\"wordCount\":804,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Engele.jpg\",\"keywords\":[\"Kersfees\",\"Verhaal\",\"lees\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/\",\"name\":\"Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Engele.jpg\",\"datePublished\":\"2016-12-01T12:55:11+00:00\",\"dateModified\":\"2016-12-01T13:14:59+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Engele.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/12\\\/Engele.jpg\",\"width\":336,\"height\":400,\"caption\":\"engele\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-engelekoor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kersverhaal: Engelekoor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose","og_description":"Engelekoor, \u2019n Kersverhaal deur Martie Swanepoel.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-12-01T12:55:11+00:00","article_modified_time":"2016-12-01T13:14:59+00:00","og_image":[{"width":336,"height":400,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Kersverhaal: Engelekoor","datePublished":"2016-12-01T12:55:11+00:00","dateModified":"2016-12-01T13:14:59+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/"},"wordCount":804,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg","keywords":["Kersfees","Verhaal","lees"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/","name":"Kersverhaal: Engelekoor | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg","datePublished":"2016-12-01T12:55:11+00:00","dateModified":"2016-12-01T13:14:59+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/12\/Engele.jpg","width":336,"height":400,"caption":"engele"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-engelekoor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kersverhaal: Engelekoor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62703","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62703"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62703\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/62713"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62703"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62703"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62703"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}