{"id":62250,"date":"2016-11-24T11:42:45","date_gmt":"2016-11-24T09:42:45","guid":{"rendered":"http:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=62250"},"modified":"2016-11-24T11:42:45","modified_gmt":"2016-11-24T09:42:45","slug":"kersverhaal-krismis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/","title":{"rendered":"Kersverhaal: Krismis"},"content":{"rendered":"<p>Net so voor Kersfees het daar moeilikheid in die stal uitgebreek.<\/p>\n<p>Die probleem het met die bekroonde Ayrshire-koei begin. Sy het \u2019n stamboek vol glorie en toekennings gehad.<\/p>\n<p>Soos altyd di\u00e9 tyd van die jaar het die diere begin praat oor Kersfees en oor Boer se vrou se jaarlikse Kersspel in die skuur op Krombult.<\/p>\n<p>Die plaaswerkers se kinders van die distrik sien altyd vreeslik uit na die konsert en daar is gewoonlik \u2019n\u00a0stryery oor wie di\u00e9 jaar beurt gaan kry om Josef, Maria, die herders en die wyse manne te wees.<\/p>\n<p>Nadat Fya en Mercy van Krombult se ma\u2019s die laaste keer by die boervrou woes gaan kla het oor die onregverdigheid dat Elsie van Agnes van Buffelskrans twee keer na mekaar Moeder Maria was, het Boer se vrou begin boek hou oor die rolverdeling.<\/p>\n<p>Min het sy geweet dat sy hierdie jaar moles in haar man se stal gaan kry wat die vrede van Kersfees sal bedreig. Daar was vir dae \u2019n\u00a0fluisterende gebulk onder die koeie oor watter een di\u00e9 jaar \u2019n\u00a0ereplek in die Kersspel sal kry.<\/p>\n<p>Almal behalwe een. Sy het nie getwyfel nie.<\/p>\n<p>Eintlik het die onmin al na die groot veiling op Bredasplaas begin toe Boer met die nuwe Ayrshire-koei hier aangekom het. Bell. Hy het glo \u2019n\u00a0fortuin vir haar betaal en sy was haar prys werd as mens kyk na die rosette wat sy by die daaropvolgende landbouskoue gewen het. Boer het Bell se toekennings trots in \u2019n\u00a0glaskas in die stal vertoon. Tot die ander koeie se verdriet. Bo-aan die glaskas het hy \u2019n\u00a0bord laat aanbring: Hoofkoei: Belladine, dogter van Belladarius en Belladame van Grootvlei.<\/p>\n<p>As Boer se vriende kom kuier, het hy graag met sy stoetkoei gespog. Dan het hulle met biere in die hand voor die glaskas kom staan en Boer gekomplimenteer oor sy koei se uier.<\/p>\n<p>Bell haarself het ook graag voor die glaskas gestaan en pronk, en nooit nagelaat om die ander diere te herinner dat sy by Kannavlei se skou as die Groot Kampioen Koei aangewys is nie. Dit het gevolg op haar prestasie as Kampioen Jong Koei nog voor Boer haar gekoop het. Dan is sy ook laasmaand aangewys by Kromburg se skou as die koei met die grootste uier!<\/p>\n<p>Dis na laasgenoemde wat haar kop so groot geword het dat Perd ges\u00ea het daar sal een van die dae nie meer vir almal plek in die stal wees nie. Met die dat Bell se kop so baie plek inneem.<\/p>\n<p>Perd was juis die eerste een wat by Krismis, die donkie, kom kla het oor die onmin onder die diere oor wie vanjaar die eer behoort te kry om in Boer se vrou se Kersspel te wees.<\/p>\n<p>Krismis is lankal beskou as die dier in die stal in beheer van Kersfees. Sy naam was immers Krismis, en hy bly reeds donkiejare in die stal.<\/p>\n<p>Hy het in die stal beland nadat Boer se vrou hom as klein donkie by die slagpale raakgesien het. Sy ma is verkoop, geslag en na salami-fabriek gestuur. Boer se vrou het die wees donkie jammer gekry en Boer beveel om hom te koop. Dit was net voor Kersfees en sy het gedink die klein donkie sal te fraai lyk in haar Kersspel.<\/p>\n<p>Sedertdien het Krismis nog nie een Kersspel gemis nie.<\/p>\n<p>Maar vir Bell was die verering van \u2019n\u00a0klosserige ou donkie te veel.<\/p>\n<p>\u201cJy word net vir die Kersspel gekies omdat jy die enigste donkie op die plaas is,\u201d het sy kort voor Kersfees bitsig vir hom gebulk.<\/p>\n<p>Bell was nie vreeslik gewild in die stal nie. Trouens, sy was glad nie gewild nie. Veral omdat Boer haar verhef het tot hoof koei. Sy het nie in dieselfde kamp as die koeie van twyfelagtige herkoms gewei nie.<\/p>\n<p>Drie dae voor Kersfees het \u2019n\u00a0koor van koeie gebulk en die varke, wat nie Kersfeeshamme geword het nie, luidkeels geknars oor die onuitstaanbare snobisme van Bell.<\/p>\n<p>Die onrustige onmin so in die feestyd het Krismis as die hoofdier van Kersfees laat besluit om in te gryp en Bell aan te spreek.<\/p>\n<p>Bell, synde \u2019n\u00a0welberese stoetkoei wat al by al die skoue in die Krombult-distrik was, het haar kennis van w\u00eareldgebeure teen die klosserige ou donkie se vermaninge gebruik.<\/p>\n<p>Die meeste van haar kennis doen sy op as sy voor Boer se kantoor in die stal staan en na RSG luister, het sy graag gespog as iemand die moeite gedoen het om te luister. Dis veral aan die klassieke musiek-programme van Wouter de Wet te danke dat haar uier so fluks melk produseer, het sy geglo. Sy het ook beweer daar is al navorsing oor die uitwerking van Barokmusiek op melkproduksie gedoen.<\/p>\n<p>Die weke voor Kersfees het sy veral aangedring op stilte in die stal as haar programme op die radio is. Glo alles ter wille van die volgende skou net na Nuwe Jaar. Sy het haar hart gesit om weer die roset vir die grootste uier te wen.<\/p>\n<p>Krismis het ondanks sy swak kennis van w\u00eareldgebeure voortgegaan met sy vermaning oor die toenemende onmin in die stal so kort voor die herdenking van die geboortedag van die Liewe Heer.<\/p>\n<p>Bell het haar groot o\u00eb \u2019n\u00a0paar keer meewaardig gerol en besluit sy wil die klosserige ou donkie op sy plek sit.<\/p>\n<p>\u201cO, maar wie dink jy is jy?\u201d het sy na Krismis gekap. \u201cJy hoort nie eens in die Kersspel nie! Nie een van julle nie! Ek het op die radio gehoor die Pous homself het aangekondig dat die gebruik van diere in Kersspele nie eintlik gehoord is nie. Hy s\u00ea dis net \u2019n\u00a0mite dat daar diere in die stal was toe Jesus gebore is. Ek het die nuusflits self op RSG gehoor!\u201d<\/p>\n<p>Krismis het verstom en verontwaardig gebalk.<\/p>\n<p>\u201cWaar het jy nou sulke nonsens gehoor? As Jesus in \u2019n\u00a0stal gebore was, was daar diere! Waar dink jy het die donkie geslaap waarop Maria tot in Betlehem gery het? Hmmm?\u201d<\/p>\n<p>Krismis het hom gruwelik vererg en Bell ingelig dat hy dalk niks van die nuusflitse op radio weet nie, maar dat Martiens al vir hom vertel het daar is negentien verse in die Bybel wat na donkies verwys. Martiens is \u2019n\u00a0kerkman en hy weet.<\/p>\n<p>Maar Bella se kennis het nie teruggedeins nie.<\/p>\n<p>\u201cO, en wat van die 23 verse in die Bybel oor koeie?\u201d Krismis het gehoop hy is reg toe hy Bella op haar plek sit: \u201cJa, maar was hulle Ayrshire-koeie?\u201d<\/p>\n<p>Dit het Bella \u2019n\u00a0rukkie laat dink. Met al haar kennis het sy goed geweet die trotse ras van Ayrshire-koeie is eers rondom 1800 in Ayr in Skotland aangeteken.<\/p>\n<p>Krismis was in sy wese \u2019n\u00a0vredeliewende dier en het besluit dit gaan nie deug om so met Bell te staan en stry nie. Hy het geweet Boer se vrou sal voortgaan met haar Kerskonsert al s\u00ea die Pous ook wat.<\/p>\n<p>Hy het ook geweet dis \u2019n\u00a0feit soos \u2019n\u00a0koei dat Boer sal sorg dat sy bekroonde koei \u2019n\u00a0ereplek in die Kersspel kry. Al die boere van die distrik gaan immers daar wees. Hy kan al sien hoe Boer met die komende skou na Nuwe Jaar op hande sal spog oor Bella se allemintige uier.<\/p>\n<p>Krismis weet dit en hy het geweet Bell weet dit maar te goed.<\/p>\n<p>Ondanks die geskinner en gekyf in die stal, het die diere dus soort van berus.<\/p>\n<p>Toe tref \u2019n\u00a0groot moles Krombult twee dae voor die herdenking van die geboortedag van onse Liewe Heer.<\/p>\n<p>Bell het in die natuur van haar eiewysheid besluit om \u2019n\u00a0bietjie verder as haar kamp te gaan wei.<\/p>\n<p>Die ander koeie het reeds dae lank fluisterend gebulk oor Bell en Boer se buurman se stoetbul wat so oor die vlaktes flirteer. Mens kon die buurman se bul al vroegoggend sy beste bulk oor die vlaktes hoor stuur. Dan het Bell koketterig \u00a0gevolg van Krombult se kant. Fyntjies, soos dit \u2019n\u00a0stoetkoei betaam.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n\u00a0kwessie van tyd,\u201d het een van die afgetrede Ayrshire-koeie ges\u00ea. Sy het immers geweet haar dae op die plaas is getel en dat dit haar voorland is dat sy na Nuwe Jaar as afslag-boerewors by \u2019n\u00a0supermark gaan re-inkarneer. Sy het dus nie meer omgegee wat sy bulk nie.<\/p>\n<p>\u201cDaardie Bell gaan nog draad spring, julle sal sien,\u201d en toe verwys sy in verskeie onkuise terme na Bell en die bul se gebulk oor die vlaktes.<\/p>\n<p>Met Bell se uitbreek uit haar kamp kom die ou koei se profesie toe waar. Sy en die andere koeie het met spits ore staan en luister hoe Bell en die bul al nader aan mekaar bulk.<\/p>\n<p>Maar toe verander Bell se bulk in \u2019n\u00a0benoude hulpkreet.<\/p>\n<p>Daar was groot drama op Krombult toe Boer hoor sy bekroonde koei het in die swart klei van die buurman se plaasdam vasgeval.<\/p>\n<p>Bell \u00a0se bulkery om hulp het vir ure temend oor die vlakte weerklink.<\/p>\n<p>Krismis en Martiens was op pad om \u2019n\u00a0vrag hooi vir die Kersspel na die skuur te vat toe hulle Bell se hulpkrete hoor.<\/p>\n<p>Dis Martiens wat aan Boer voorgestel het dat hulle die hooi voor die bedremmelde Bell op die klei moet gooi om die arme koei vastrapplek te gee. Martiens het \u2019n\u00a0tou om Bell se nek gebind en Krismis aan die ander kant ingespan. Krismis het getrek so al hy kan. Balkend het hy Bell moed ingepraat. Brullend het Boer bevele uitgedeel aan Krismis en Martiens. Hy het ook skietgebede opgestuur dat sy bekroonde koei se uier tog ongeskonde moet bly.<\/p>\n<p>Dit was \u2019n\u00a0gesukkel. Elke keer as Krismis dit regkry om Bell \u2019n\u00a0entjie uit die klei te trek, sak sy moeg terug en dan syg die klei weer vas om haar hoewe.<\/p>\n<p>Al was hy reeds donkiejare oud, was Krismis taai van al die swaar vragte wat hy en Martiens al met die wa getrek het. Hy het getrek dat die klei so spat. Sy klosserige pels was later pikswart van die klei.<\/p>\n<p>Boer het gepleit, geswets, gebid.<\/p>\n<p>Toe doen Boer \u2019n\u00a0vreeslike ding.<\/p>\n<p>\u201cNee wat Martiens, gaan haal die perd. Hierdie ou donkie is gedaan. Hy is nou net goed vir die slagpale.\u201d<\/p>\n<p>Sy woorde het Krismis laat lam word van vrees. Hy het teruggedink hoe hy as klein donkie moes toekyk hoe sy ma by die slagpale se deur ingaan en hy het later gehoor sy ma het waarskynlik in \u2019n\u00a0paar worse salami opge\u00efndig.<\/p>\n<p>Krismis het balkend geprotesteer dat hy nog nie reg is om salami te word nie. Hy het immers nog \u2019n\u00a0Kersspel om in te speel.<\/p>\n<p>Toe skop Krismis sy hoewe vas en trek dat dit bars. Hy het nie een keer gerus nie. Elke keer as Bell terugbeur om te rus, het hy haar aangemoedig om uit te hou.<\/p>\n<p>\u201cDink aan die skou. Dink\u00a0 aan die roset vir jou groot uier,\u201d het hy haar moed ingepraat.<\/p>\n<p>Toe skep Bell moed. Sy het saam met Krismis gebeur en gebulk. Treetjie vir treetjie het hulle twee die klei gewen. Die salpeter het op Krismis se klosse uitgeslaan soos hy trek. Hy het getrek asof sy lewe daarvan afhang.<\/p>\n<p>\u201cOnthou die roset. Dink net aan die roset,\u201d het hy Bell vir oulaas moed gegee.<\/p>\n<p>\u201cTrek! Trek! Trek!\u201d het Boer geskree.<\/p>\n<p>Die buurman se stoetbul het hulpeloos eenkant gestaan en bulk.<\/p>\n<p>Toe gebeur dit. Bella het dapper \u2019n\u00a0paar tree op die dro\u00eb hooi gegee en gedaan op die grond langs die dam neergesyg. Sy was bevry!<\/p>\n<p>Dit het \u2019n\u00a0span werkers gekos om haar later op die trok te laai. Die ander koeie het staan en kyk hoe die bekroonde koei gewas en gepamperlang word.<\/p>\n<p>Die afgetrede Ayrshire-koei het die stilte verbreek: \u201cEk het julle mos ges\u00ea dis net \u2019n\u00a0kwessie van tyd!\u201d<\/p>\n<p>Krismis was tot met Kersfees nie homself nie. Die reddingsdrama was net te veel vir \u2019n\u00a0donkie wat reeds donkiejare oud is. Hy het met moeite saam met Martiens tot by die skuur gestap vir die Kersspel. Hy het moeg op die hooi langs die krip gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>Die distrik se kinders het gesing van die Heiland wat gebore is \u201cin stille B\u00eahetl\u00eahemmm\u201d en Boer het n\u00e1 die Kersspel saam met die ander boere rondom Bella saamgedrom om te praat oor die bekroonde koei wat so byna in die klei verswelg het.<\/p>\n<p>Dis Martiens wat later besef het Krismis l\u00ea vreeslik stil in sy posisie langs die krip. Hy het stilgebly oor Krismis se heengaan tot al die gaste vertrek het.<\/p>\n<p>\u201cLangs die krip van Jesus waar \u2019n\u00a0donkie hoort. Nevermaaind die Pous,\u201d het Bella later, na haar bekroning as die koei in die distrik met die grootste uier, in haar bedankingstoespraak in die stal hulde gebring aan Krismis.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Krismis &#8211; \u2019n Kersverhaal vir kinders wat al grootmense is. Deur Martie Swanepoel<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":62288,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452,3476],"tags":[239,1258,1518],"class_list":["post-62250","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-lees","category-ontspanning","tag-verhaal","tag-lees","tag-kortverhaal"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kersverhaal: Krismis | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kersverhaal: Krismis | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Krismis - \u2019n Kersverhaal vir kinders wat al grootmense is. Deur Martie Swanepoel\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2016-11-24T09:42:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1071\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Michelle Nortje\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"11 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Michelle Nortje\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\"},\"headline\":\"Kersverhaal: Krismis\",\"datePublished\":\"2016-11-24T09:42:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/\"},\"wordCount\":2121,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Donkie.jpg\",\"keywords\":[\"Verhaal\",\"lees\",\"kortverhaal\"],\"articleSection\":[\"Lees\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2016\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/\",\"name\":\"Kersverhaal: Krismis | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Donkie.jpg\",\"datePublished\":\"2016-11-24T09:42:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Donkie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2016\\\/11\\\/Donkie.jpg\",\"width\":1000,\"height\":1071,\"caption\":\"donkie\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/kersverhaal-krismis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kersverhaal: Krismis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd\",\"name\":\"Michelle Nortje\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Michelle Nortje\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kersverhaal: Krismis | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kersverhaal: Krismis | rooi rose","og_description":"Krismis - \u2019n Kersverhaal vir kinders wat al grootmense is. Deur Martie Swanepoel","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2016-11-24T09:42:45+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":1071,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Michelle Nortje","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Michelle Nortje","Est. reading time":"11 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/"},"author":{"name":"Michelle Nortje","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd"},"headline":"Kersverhaal: Krismis","datePublished":"2016-11-24T09:42:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/"},"wordCount":2121,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg","keywords":["Verhaal","lees","kortverhaal"],"articleSection":["Lees","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2016","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/","name":"Kersverhaal: Krismis | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg","datePublished":"2016-11-24T09:42:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Donkie.jpg","width":1000,"height":1071,"caption":"donkie"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/kersverhaal-krismis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kersverhaal: Krismis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/5e2ea2899ffb0152930df78c23d3dddd","name":"Michelle Nortje","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/5ebe6c7bc7f362ce66b3e1f8aaea8a5836a40ef79add1a2c9f37b41b5dddc825?s=96&d=mm&r=g","caption":"Michelle Nortje"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62250","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=62250"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/62250\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/62288"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=62250"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=62250"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=62250"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}