{"id":6221,"date":"2014-02-28T15:48:10","date_gmt":"2014-02-28T13:48:10","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/"},"modified":"2018-11-26T12:00:34","modified_gmt":"2018-11-26T10:00:34","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-14","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>CHOPSTICKS \u2026<\/strong><\/em><\/p>\n<p>\u201cMeisie! Daar gaat ons!\u201d<\/p>\n<p>Liesl wens sy kon Emily se geesdrif deel. Sy is deels bly om ontslaan te word en ook bang. Nou moet sy die realiteit in die o\u00eb kyk. Die uitstalling was eers iets waarna sy uitgesien het, nou verrys dit soos \u2019n berg voor haar. Skindernuus versprei vining. Sy kan net dink watter sappighede in die kunskringe rondhang \u201coor Liesl wat \u2019n oordosis pille gedrink het\u201d. Daar behoort baie nuuskieriges by die uitstalling te wees.<\/p>\n<p>\u201cIs jy reg vir Roxy se verrassing? Sjym, sy is \u2019n ingel des ligs. Sy voel ek en jy het \u2019n massering nodig om van al die spanning ontslae te raak. Sy het vir ons koepons vir \u2019n gratis sessie by \u2019n nuwe salon gekry. My lyf is vol spanningsknoppe met die twee programme so naby mekaar. En jy, hulle moet sommer al jou geite uit jou uit masseer!\u201d<\/p>\n<p>Hulle vleg deur die verkeer na \u2019n ouer deel van die stad.<\/p>\n<p>\u201cIs dit nie <em>cool<\/em> dat die ou dele nou weer lewe kry nie? Dis nogal dapper om \u2019n nuwe salon hier oop te maak, maar hei, ek steun entrepreneurs en hier is ons!\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Veelkleurige bord verwelkom hulle: <em><strong>Happy Panda Salon<\/strong><\/em>.<\/p>\n<p>In die nou straatjie is \u2019n paar swierige karre geparkeer.<\/p>\n<p>\u201cDie buurt is nie te lekker nie, maar ten minste gaan hulle nie my kar eerste steel nie. Hier is \u2019n luukse verskeidenheid om van te kies. Hoop die bouwerk is al klaar want die gebou lyk nog maar rof.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Taiwanese meisie genaamd Su-Leigh verwelkom hulle met helder pienk drankies en \u2019n oorvriendelike laggie. Hulle is die enigste vroue in die wagkamer met die purper rusbanke en pers fluweelgordyne.<\/p>\n<p>\u201cKorporatiewe groep?\u201d fluister Emily.<\/p>\n<p>Die soet reuk van masseerolie hang in die lug. \u2019n Man met \u2019n wit japon en tevrede glimlag kom vra of hy nog \u2019n koepon kan kry. Die ruimhartige Su-Leigh gee hom sommer twee.<\/p>\n<p>\u201cYou jus bling costome, hei?\u201d<\/p>\n<p>\u201cOh, I will definitely bring costumers!\u201d belowe die man en mens kan sy snorre sien tril van opgewondenheid.<\/p>\n<p>Na die tweede pienk drankie kry Emily en Liesl elk \u2019n wit japon en pantoffels. Die masseerkamertjies is nou en ingeryg aan weerskante van die gang. Ruie plastiekplante en strelende Oosterse musiek skep die illusie dat die Happy Panda dalk inderdaad iewers deur die takke loer.<\/p>\n<p>Liesl het skaars haar japon toegevou of \u2019n fris Taiwanese jong man beduie vriendelik vir haar om haar op die masseertafel tuis te maak.<\/p>\n<p>Sy is eers skrikkerig omdat dit nie \u2019n vrou\u00a0is nie, maar Won se towervingers dryf alle weerstand weg. Sagte warm olie word al langs haar ruggraat gedrup en sy behendige vingers bevoel elke spiertjie op haar rug. Teen die tyd wat hy die agterkante van haar bene takel, gee sy nie meer om as sy hande te hoog op en oor haar agterstewe beweeg nie. Sy voel ook vere vir enige vergete selluliet wat nog aan haar maer bene mag klou.<\/p>\n<p>In die kamertjies langsaan hoor sy kreune en steune soos die masseerders elke stukkie spanning uit die korporatiewe manne vrywe.<\/p>\n<p>Won help Liesl op haar rug draai. In di\u00e9 stadium weet sy nie meer waar die handdoekie is nie. Hy begin by haar voete en beweeg op teen haar bene.<\/p>\n<p>\u201cYou enjoy?\u201d<\/p>\n<p>Sy knik woordeloos sy \u201cenjoy\u201den raak byna aan die slaap.<\/p>\n<p>Tot skok tot haar deurdring as dit voel of Won op pad is om haar G-kol te soek!<\/p>\n<p>\u201cNo! No!\u201d<\/p>\n<p>Sy spring van die tafel af en gryp haar japon. In die aantrekkamer kan sy nie vinnig genoeg aantrek nie.<\/p>\n<p>Buite die voordeur staan Emily met piering groot o\u00eb. Steeds in haar japon.<\/p>\n<p>\u201cWatse plek is dit die? Weet jy! Ek gaan Roxy verwurg. Die is geen salon nie! Dis \u2019n plesierplekkie vir mans!\u201d<\/p>\n<p>Hulle skree soos hulle lag oor die misverstand en bondel hulself in die kar.<\/p>\n<p>\u201cEk dog nogal Su-Leigh kyk ons effe skeef aan!\u201d Emily sukkel skoon om die stuurwiel vas te hou so lag sy.<\/p>\n<p>\u201cKorporatiewe groep! Emily! Nou weet ek hoekom hulle so ongemaklik gelyk het toe ons instap! Ek het gedink hulle vroue het hulle dalk gedwing om te kom! Waar kom Roxy aan die koepons?\u201d<br \/>\nEmily haal haar sel uit en bel die vrygewige gewer van salonkoeponne.<\/p>\n<p>\u201cRox! Wat op aarde het jy gedink! Weet jy by watse soort plek is die wit blitse pas uit ons gemasseer? \u2019n Plesierplek!!!\u201d<\/p>\n<p>Liesl se maag pyn skoon soos sy lag. Roxy het die koepons gekry toe sy \u2019n katgesiggie op haar pols laat tatoe het. Sy dink dis die grap van die jaar dat Emily en Liesl elke byna \u201c\u2019n los gelukkie gekry het.\u201d<\/p>\n<p>\u201cNou, Liesbet, het ek \u2019n moeder van \u2019n stuk sjokoladekoek en \u2019n <em>cappuccino<\/em> nodig!\u201d<\/p>\n<p>Na die tweede koffie op Olivia\u2019s se stoep voel Liesl hoe die lewe saam met die sonskyn in haar ledemate terugkruip.<\/p>\n<p>Haar foon lui. Dis Erna.<\/p>\n<p>\u201cMy kind, jy sal nooit glo waar ek en tannie Emily pas was nie!\u201d<\/p>\n<p>Sy kan nie glo hoeveel sy die afgelope uur gelag het nie. Sy moet Roxy eintlik bedank.<\/p>\n<p>\u201cErna kom volgende week! Sy gaan my met die uitstalling help en Maks oppas as ons weggaan vir die renosterprojek. Konrad het vir haar \u2019n vliegkaartjie gekoop \u2026\u201d<\/p>\n<p>Emily snork verontwaardig.<\/p>\n<p>\u201cEk wil niks goeds van die liewe Konrad hoor nie. Ek voel in hierdie stadium vir hom net soveel soos vir \u2019n renosterstroper.\u201d<\/p>\n<p>Liesl weet haar vriendin het Konrad al die jare net ter wille van haar verduur. Sy wens sy het soos Emily die kuns geken om deur mense te sien. Maar liefde laat hom nie voorskryf nie.<\/p>\n<p>\u201cKan ons Maks nou gaan haal? Ek verlang my dood na hom. Daarna wil ek lank en ononderbroke in my eie bed gaan slaap.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Verskeidenheid basterbrakke wag hulle in Harry se oprit in.<\/p>\n<p>\u201cHy kan \u2019n nuwe tak van die DBV by sy huis begin. Dis als opteldiere.\u201d<\/p>\n<p>Die honde se baas is kort op hulle hakke. Aan sy hele houding weet hulle klaar Roxy het hom oor die rampsoedige masseersessie ingelig.<\/p>\n<p>\u201cO, julle twee <em>girls<\/em> lyk ontlaai van alle spanning! Was dit die moeite werd?\u201d<\/p>\n<p>Hulle vertel hom met oorgawe van elke minuut van die avontuur.<\/p>\n<p>\u201cOu Maks is agter toegemaak, kom ons gaan groet hom.\u201d<\/p>\n<p>Maks weet nie hoe om sy wriemelende lyf te beheer van opgewondenheid nie. Dit neem \u2019n ruk voor hy rustig by haar voete op Harry se stoep gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle gesels tot die son oor die stad begin sak.<\/p>\n<p>\u201cEk moet by die huis kom! Ek was nog nie eens by die huis vandat ek ontslaan is nie!\u201d<\/p>\n<p>Herman gaan staan in sy volle lengte voor haar.<\/p>\n<p>\u201cO nee, jy gaan nie. Ek het jou hond opgepas en nou gaan jy en Emily vir my kosmaak! Ek sal die musiek verskaf. Daar is slaai en steaks in die yskas.\u201d<\/p>\n<p>Die groot man gaan sit voor die vleuelklavier en sy verkyk haar hoe sy hande oor die klawers speel. Die lang bene wat by die kortbroek uitsteek, is bruingebrand, die kaal voete op die pedale is effens vol modder en gras.<\/p>\n<p>Hy kyk op en Liesl voel verle\u00eb oor hy opgemerk het sy staar na hom.<\/p>\n<p>\u201cKan jy speel?\u201d vra hy skierlik.<\/p>\n<p>\u201cNee jong, net <em>chopsticks<\/em>!\u201d<\/p>\n<p>\u201cNou maar kom sit langs my, dan speel ons saam!\u201d<\/p>\n<p>Na \u2019n paar minute van ongemak sit sy styf teen haar hond se veearts op die klavierstoel en speel tot die lagtrane oor haar wange loop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>CHOPSTICKS \u2026 \u201cMeisie! Daar gaat ons!\u201d Liesl wens sy kon Emily se geesdrif deel. Sy is deels bly om ontslaan te word en ook bang. Nou moet sy die realiteit in die o\u00eb kyk. Die uitstalling was eers iets waarna [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-6221","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"CHOPSTICKS \u2026 \u201cMeisie! Daar gaat ons!\u201d Liesl wens sy kon Emily se geesdrif deel. Sy is deels bly om ontslaan te word en ook bang. Nou moet sy die realiteit in die o\u00eb kyk. Die uitstalling was eers iets waarna [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-02-28T13:48:10+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-11-26T10:00:34+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14\",\"datePublished\":\"2014-02-28T13:48:10+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-26T10:00:34+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/\"},\"wordCount\":1253,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-02-28T13:48:10+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-26T10:00:34+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose","og_description":"CHOPSTICKS \u2026 \u201cMeisie! Daar gaat ons!\u201d Liesl wens sy kon Emily se geesdrif deel. Sy is deels bly om ontslaan te word en ook bang. Nou moet sy die realiteit in die o\u00eb kyk. Die uitstalling was eers iets waarna [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-02-28T13:48:10+00:00","article_modified_time":"2018-11-26T10:00:34+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14","datePublished":"2014-02-28T13:48:10+00:00","dateModified":"2018-11-26T10:00:34+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/"},"wordCount":1253,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2014-02-28T13:48:10+00:00","dateModified":"2018-11-26T10:00:34+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-14\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 14"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6221","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6221"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6221\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6221"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6221"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6221"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}