{"id":6189,"date":"2014-02-21T12:44:28","date_gmt":"2014-02-21T10:44:28","guid":{"rendered":"http:\/\/rooirose.dvlp.site\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/"},"modified":"2018-04-10T09:45:19","modified_gmt":"2018-04-10T07:45:19","slug":"botox-barbies-en-bietse-episode-13","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/","title":{"rendered":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13"},"content":{"rendered":"<p><em><strong>My pel<\/strong><\/em><\/p>\n<p>Salige, diep slaap. Ontsnapping. Liesl weet in die tye wat sy nugter is dat dit net die werklikheid uitstel. As sy slaap, hoef sy nie te dink nie. Ook nie te onthou nie. Onthou is in die laaste tyd nie goed vir haar nie.<\/p>\n<p>Sy is bang om huis toe te gaan. Veral omdat sy steeds nie weet presies wat daardie nag van die pille gebeur het nie. Een ding weet sy, sy wou nie selfmoord pleeg nie.<\/p>\n<p>Die mediese personeel moes haar laat slaap het, want dis al besoektyd as sy wakker word. Deur die skrefies van haar slaperige o\u00eb sien sy \u2019n man langs die bed sit.<\/p>\n<p>Dan het Konrad teruggekom?<\/p>\n<p>\u2019n Mengsel van verrassing en teleurstelling ruk haar behoorlik wakker.<\/p>\n<p>\u201cHerman, hoe lank is jy al hier?\u201d<\/p>\n<p>Die groot man se skewe glimlag is verle\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cHet jy geweet jy snork as jy slaap?\u201d<\/p>\n<p>Hoekom het hierdie man die manier om haar verkeerd op te vryf?<\/p>\n<p>\u201cEk is op swaar medikasie,\u201d verdedig sy haarself.<\/p>\n<p>\u201cJy snork ook van brandewyn.\u201d<\/p>\n<p>Hy lag lekker en sit \u2019n plak Lindt-sjokolade op haar skoot.<\/p>\n<p>\u201cEk het gehoor jy is effe olik.\u201d<\/p>\n<p>Liesl vee selfbewus oor die super kort kapsel wat oorgebly het nadat die haarkapper moes red wat te redde was.<\/p>\n<p>\u201cDit lyk nogal <em>cute<\/em>,\u201d merk Herman op en hou sy kop skeef asof hy \u2019n beoordelaar by \u2019n hondeskou is.<\/p>\n<p>\u201cEmily en Roxy praat te veel\u2026\u201d begin sy verduidelik. \u201cDit was \u2019n ongeluk\u2026\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy hoef niks aan my te verduidelik nie. Ek is net jou hond se veearts.\u201d<\/p>\n<p>Liesl voel effe teleurgesteld oor die opmerking. Dan maan haar redelike brein haar: Wat het jy verwag? Weet jy wat in jou kop aangaan? Jy het dan pas gehoop dis Konrad wat langs jou bed sit?<\/p>\n<p>Herman haal sy tablet uit die sakkie en skakel dit aan.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir jou \u2019n boodskap van iemand wat baie na jou verlang.\u201d<\/p>\n<p>Maks se dierbare gesig verskyn op die skerm. Die video wys hoe hy saam met \u2019n jong veearts in \u2019n swembad oefeninge doen. Na \u2019n ruk sit hy stil en aandagtig en luister na Herman se stem en knip sy o\u00eb asof hy elke woord verstaan.<\/p>\n<p>\u201cMaks, s\u00ea hallo vir Liesl.\u201d Maks knip-knip sy o\u00eb.<\/p>\n<p>\u201cWys vir haar jou nuutste triek. Gee jou poot!\u201d \u2019n Groot poot verkyn op die skerm. \u201cSlim hond! Sit nou mooi stil met die beskuitjie op jou neus \u2026\u201d<\/p>\n<p>Liesl kan nie anders as om haar bui te verander nie. Herman is eintlik dierbaar.<\/p>\n<p>\u201cWanneer kan Maks huis toe kom?\u201d<\/p>\n<p>Herman maak die sjokolade oop en breek \u2019n groot stuk af en kou lustig. Die man verstom Liesl elke keer oor sy oorgemaklike optrede.<\/p>\n<p>\u201cEk hoor jy word m\u00f4re ontslaan. Emily neem jou huis toe? Op pad kan julle \u2019n draai by my maak. Ek sal die ou bielie mis. Ek en hy het lekker gekuier. Hy het baie goed herstel, jy sal sien.\u201d<\/p>\n<p>Hy wys haar foto\u2019s van die renosters op sy plaas en \u2019n video van die area op die plaas waar die renosterhorings behandel gaan word om die diere teen stropers te beskerm. Op een deel van die video verskyn \u2019n vrou op \u2019n perd. Sy sit fier en regop. Pragtige lyf. Liesl wonder of dit die geheimsinnige vrou in Herman se lewe is, maar vra niks.<\/p>\n<p>\u201cAs julle kom, slaap ons in die opstal en ry elke dag uit na die renosters. Die plaas is net die regte plek vir jou om te gaan rus. Jy sal sien dis die beste medisyne. As ek nie gereeld soontoe gaan nie, sal ek oppak.\u201d<\/p>\n<p>Ja, dink Liesl, ek dink naas die rustigheid is daar ook \u2019n ander trekpleister.<\/p>\n<p>\u201cRoxy s\u00ea sy beplan \u2019n verrassing vir jou en Emily voor julle Maks m\u00f4re by my kom haal. Jy moet lig loop vir Rox se relings, die meisie bedoel dinge goed, maar daardie kop is baie deurmekaar.\u201d<\/p>\n<p>Hy breek nog \u2019n stuk sjokolade af en hou dit na haar.<\/p>\n<p>\u201cEk wou nie selfmoord pleeg nie \u2026\u201d<\/p>\n<p>Hy sit sy vinger op haar lippe.<\/p>\n<p>\u201cEk weet. Gee kans, jy sal dinge nog uitpluis. En as jy dit nie kan verstaan nie, los dit. Dis nou verby. Fokus op ou Maks \u2026 en jou pelle. Emily kom vanaand terug.\u201d<\/p>\n<p>Liesl voel skielik hartseer.<\/p>\n<p>\u201cIs jy ook my pel, Dr Harry?\u201d<\/p>\n<p>Hy neem die Dr Harry-beker van die bedkassie af en lig dit asof hy \u2019n heildronk instel.<\/p>\n<p>\u201cDis wat my beker s\u00ea, is dit nie?\u201d<\/p>\n<p>Sy kan nie help om vir die soms vreemde man te lag nie. Hoe anders is hy nie as Konrad nie! Hoekom kon sy nie toe sy jonk was vir \u2019n rustige mens soos Herman geval het nie. Maar haar redelike brein herinner haar koggelend: Maar Konrad was nog altyd vir jou onweerstaanbaar. Gevaarlik, maar \u2026 Sy praat die stem dood.<\/p>\n<p>\u201cDankie Harry, jy is eintlik oulik, weet jy?\u201d<\/p>\n<p>Hy lyk skielik skaam en lag dat sy groot lyf skud.<\/p>\n<p>\u201cEn jy Liesl, jy is interessant! Die vet weet, jou lewe is nie sonder aksie nie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cJy sal nie glo hoe vervelig my lewe voorheen was nie! Vaal en vervelig. Maar nou mis ek dit. Hemel, wat kan nog met my gebeur?\u201d<\/p>\n<p>Die suster se kop loer nuuskierig in hoekom die twee mense so lekker lag. Sy knipoog vir Liesl.<br \/>\n\u201cEn die <em>handsome<\/em> man, wie is hy?\u201d<br \/>\n\u201cO, dis Harry, my veearts!\u201d<br \/>\n\u201cHaar hond se veearts, dis wat sy bedoel. Ek is Harry, een van Liesl se vriende,\u201d stel hy homself voor.<\/p>\n<p>Die woorde laat Liesl se hart warm voel. Vriende, dis wat sy nodig het. Dit maak nie saak of daar \u2019n vrou op die plaas vir Harry wag nie. Hy is haar vriend en hy laat haar veilig voel. Hy sit nog lank na besoektyd en voer \u2019n monoloog oor die renosterprojek. As hy van die plaas praat, raak sy o\u00eb mistig. Dis sy familieplaas. Vier geslagte lank beywer hulle hulle om die wild ongerep te laat rondloop.<\/p>\n<p>\u201cKan jy perd dry? Ek sal jou die watergat by die kloof gaan wys waar ek en my sussie ure om geswem en gespeel het.\u201d<\/p>\n<p>Sy is skoon jammer toe hy uiteindelik aankondig dis tyd om te ry.<\/p>\n<p>\u201cVroumens, gedra vir jou. Geen aksie vir die res van die dag nie, hoor? Net Oros in die koffiebeker!\u201d<\/p>\n<p>Hy soen haar op haar voorkop. Sy ruik die veld in sy klere. Sy hare is windverwaaid, sy hemp het twee onpas-knope wat hy waarskynlik self aangewerk het. Dae se sonbrand dop op sy neus af.<br \/>\nDr Harry, die diere se pel.<\/p>\n<p>En hare.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My pel Salige, diep slaap. Ontsnapping. Liesl weet in die tye wat sy nugter is dat dit net die werklikheid uitstel. As sy slaap, hoef sy nie te dink nie. Ook nie te onthou nie. Onthou is in die laaste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":4,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[43452],"tags":[],"class_list":["post-6189","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-lees"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"My pel Salige, diep slaap. Ontsnapping. Liesl weet in die tye wat sy nugter is dat dit net die werklikheid uitstel. As sy slaap, hoef sy nie te dink nie. Ook nie te onthou nie. Onthou is in die laaste [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2014-02-21T10:44:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-04-10T07:45:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Rooi Rose\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rooi Rose\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\"},\"headline\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13\",\"datePublished\":\"2014-02-21T10:44:28+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:45:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/\"},\"wordCount\":1103,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"articleSection\":[\"Lees\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2014\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/\",\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"datePublished\":\"2014-02-21T10:44:28+00:00\",\"dateModified\":\"2018-04-10T07:45:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/\"]}]},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516\",\"name\":\"Rooi Rose\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rooi Rose\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose","og_description":"My pel Salige, diep slaap. Ontsnapping. Liesl weet in die tye wat sy nugter is dat dit net die werklikheid uitstel. As sy slaap, hoef sy nie te dink nie. Ook nie te onthou nie. Onthou is in die laaste [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2014-02-21T10:44:28+00:00","article_modified_time":"2018-04-10T07:45:19+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":675,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rooi-rose-social-ogo.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rooi Rose","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Rooi Rose","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/"},"author":{"name":"Rooi Rose","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516"},"headline":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13","datePublished":"2014-02-21T10:44:28+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:45:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/"},"wordCount":1103,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"articleSection":["Lees"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2014","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/","name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13 | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"datePublished":"2014-02-21T10:44:28+00:00","dateModified":"2018-04-10T07:45:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/"]}]},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/botox-barbies-en-bietse-episode-13\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Botox, Barbies en Bietse: Episode 13"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/f8d33c7219c781bd9ee0b9136ace1516","name":"Rooi Rose","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/53edc7cc71f145fc6a1a3ea54f4a2c493350d0b1055b542a5d228e18835056ba?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rooi Rose"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6189","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6189"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6189\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6189"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6189"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6189"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}